Skrywer Onderwerp: Kom ons stook mampoer  (Read 5401 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #20 op: March 20, 2009, 04:34:55 PM »
KB jy is heeltemal reg as jy sê 'n persoon mag vir sy eie gebruik mampoer stook sonder 'n lisensie.

Die probleem kom indien jy kommersieël wil stook. Hulle het jare gelede die uitreiking van permitte gestop. Daar is twee instansies betrokke by die wetgewing wat hierdie bedryf reguleer deur middel van wetgewing. Daar is die Drankwet en die Wet op Aksyns. SARS is die verantwoordelike instansie vir die Wet op Aksyns en daar word tans met hulle onderhandel om die wet sodanig te wysig dat meer stokers toegelaat kan word tot die bedryf.

Die Kultuurstokers Gilde speel 'n belangrike rol in die regulering deur die daarstelling van nodige standaarde en dan ook opleiding. Tree gerus met hulle in verbinding. Hulle kontak inligting kan gevind word by:  http://www.mampoersa.co.za/kontak.html

Voorspoed!
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #21 op: March 20, 2009, 04:42:05 PM »
Baie dankie vir die inligting, lyk my ons het sommer 'n bobaasstoker raakgeloop  ;D

Mense, ek moet net seker dit duidelik maak, voor iemand dalk aan my drinkgewoontes begin twyfel, dat Marianne (een van ons burgers) aan my 'n privaatboodskap gestuur het en gevra het of ek meer inligting het oor stokerye. Nou, tipies Bravolander, help ek haar toe deur hierdie draad te begin. So, Marianne, ek hoop jy kry meer as jy wou he, want blykbaar het oom Andre vir ons baie interessante inligting.

Stokery is  'n baie interessante bedryf, maar dit is waar my belangstelling ophou. Die produk daarvan sal vir my nie veel vreugde inhou nie, maar nou het ek mos darem vriende wat dit tien teen een sal geniet. ;D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Gert B

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Mampoerstook en lisensie
« Antwoord #22 op: February 14, 2010, 10:06:58 PM »
Kyk by www.distillique.com hoe om mamper, brandwyn en ander drank te stook. Hulle verkoop toerusting, gee kursusse en gee ook die proses hoe om jou eie stookketel lisensie te kry. Die lisensie kos R1.00 per jaar en laat mens toe om 'n ketel te besit vir eie gebruik.
« Laaste verandering : February 14, 2010, 11:07:54 PM deur Gert B »

Afwesig Gert B

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Insake: Kom ons stook mampoer
« Antwoord #23 op: February 14, 2010, 11:16:00 PM »
Hi Andre,
Ek stem nie heeltemal saam nie. Dit is wel wettig om sonder 'n lisensie drank te stook vir eie gebruik, MAAR dit is ONWETTIG om 'n stook ketel te besit, te gebruik of in jou besit te he SONDER die nodige lisensie. ...en sonder 'n stookketel kan mens nie eintlik drank stook nie!.
Ek is nou net deur 'n 6 maande lange proses om uit te vind waar en hoe 'n mens die lisensie kry. Ongelukkig weet alle nuwe staatsamptenare nie wat die regte proses is om te volg nie. Die lisensie/permit gelde is tans nog R1.00 per jaar. Dit word tans hersien en sal nie meer lank so goedkoop bly nie.

KB jy is heeltemal reg as jy sê 'n persoon mag vir sy eie gebruik mampoer stook sonder 'n lisensie.

Die probleem kom indien jy kommersieël wil stook. Hulle het jare gelede die uitreiking van permitte gestop. Daar is twee instansies betrokke by die wetgewing wat hierdie bedryf reguleer deur middel van wetgewing. Daar is die Drankwet en die Wet op Aksyns. SARS is die verantwoordelike instansie vir die Wet op Aksyns en daar word tans met hulle onderhandel om die wet sodanig te wysig dat meer stokers toegelaat kan word tot die bedryf.

Die Kultuurstokers Gilde speel 'n belangrike rol in die regulering deur die daarstelling van nodige standaarde en dan ook opleiding. Tree gerus met hulle in verbinding. Hulle kontak inligting kan gevind word by:  http://www.mampoersa.co.za/kontak.html

Voorspoed!
« Laaste verandering : February 14, 2010, 11:18:31 PM deur Gert B »

Afwesig Gert B

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Kom ons stook mampoer - KURSUS vanaf 1 to 3 Oktober 2010
« Antwoord #24 op: September 10, 2010, 01:10:42 AM »
Vir die wat moontlik mag belangstel: Daar is 'n kursus vanaf Vrydag aand 01 Oktober 2010 to 03 Oktober in Pretoria oor hoe om te stook. Dit sluit ook mampoer stook in. Wat alles gedek word gedurende die kursus:
1. Geskiedenis van distillering
2. Veiligheids aspekte
3. Verantwoordelike drank gebruik
4. Verskillende soorte dranke (en hoe dit gemaak word)
5. Hoe om jou ketel permit te kry en te registreer om wettiglik te stook
5. Verskillende soorte ketels
6. Ander distillerings toerusting vir huis gebruik
7. Vrugte Fermentasies
8. Hoe distillering werk
9. Hoe om voorloop, hart en naloop te skei
10. Vermenging
11. Hoe om te proe, te ruik en jou resultaat te evalueer
12. ...en nog baie meer. (ook praktiese distillering)
Na die kursus kan mens MET SELF VERTROUE dadelik begin...
kontak training@distillique.co.za vir meer inligting.

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal