Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb  (Read 6926 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« op: March 19, 2009, 06:03:23 PM »
Soos almal bewus is, is die ekonomie besig om sy tol te eis, ook onder ons volksgenote. Dit word vererger deur rasgebaseerde wetgewing wat daarop uit is om ons te onderdruk en te verarm.

Ons het ‘n hulp-roep ontvang van ‘n verdienstelike organisasie wat nie staatshulp ontvang nie, wat in die huidige ekonomiese klimaat dit moeilik vind om die mense wat om hulp aanklop behoorlik te versorg.

Een van die Bravoland Ondersteunersklub se take is om te help met ons volksgenote in nood.

Hiermee wil ons aan elke Burger ‘n dringende noodsein uitstuur vir hulp met die Lochvaal Deurgangshuis projek. Lees asb. die aangehegde skrywe, vanaf die Lochvaal Deurgangshuis wat selfverduidelikend is.

Enige bydraes is welkom, hetsy dit geldelik, voedsel, komberse, klere of enige iets bruikbaar is.

U kan geldelike bydraes maak in die Bravoland Ondersteunersklub se bankrekening waarvan die besonderhede as volg is:

BRAVOLAND ONDERSTEUNERSKLUB
ABSA – MOSSELBAAI
TJEKREKENING
4071 429 502
632 005

Verwysing: LOCHVAAL

Indien u belangstel om ‘n voedsel- en klere-bydrae te maak kan u ons kontak sodat ons kan reël vir die afhaal daarvan.

Byvoorbaat dank vir julle hulp met hierdie projek.

Bravoland groete

Plaas Botha
Voorsitter: Bravoland Ondersteunersklub
VOEL TUIS

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #1 op: March 19, 2009, 08:09:24 PM »
Ek betaal vandag 'n geldjie in op die rekening

Kom Vriende, ons kan help - enige bedrag is belangrik genoeg om verligting te bring. Dit is nie die aller antwoord nie, maar tot ons beter wee vind, is dit sekerlik die beste wat ons kan doen.
Kennis is mag

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #2 op: March 19, 2009, 08:19:49 PM »
Herinner my asb. weer die 25ste, onthou ek is 'n salaristrekker. Dan sal ek 'n beter bydrae kan maak as waartoe ek vandag in staat is.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #3 op: March 20, 2009, 03:54:37 PM »
Dankie vir die wat reeds in betaal het asook vir die beloftes wat gemaak is.

Ek wil dit net weer beklemtoon dat die bydraes nie noodwendig finansieël van aard hoef te wees nie
VOEL TUIS

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #4 op: March 20, 2009, 09:46:31 PM »
Gee asseblief besonderhede van wanneer.....   Die kruideniers bakkie is oppad !!

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #5 op: March 20, 2009, 10:04:38 PM »
Ai Cois, onthou jy ons eerste Volkshulp-aksie toe ons almal saam Makro toe is om die kruideniersware te koop. Toe het ons nog nie eers mekaar geken nie.

Ek sal dit nooit vergeet nie. :)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #6 op: March 20, 2009, 10:10:15 PM »
Ditto Karina...

Selle ou bakkie gaan weer kreun onder die gewig !!  Op die onderwerp...  Kan Bravoland se verteenwoordiger dalk iets onder die POSKLIP plaas ter kennisname van ons aksie ??

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #7 op: March 20, 2009, 10:13:40 PM »
Jy moet asb spesifiseer onder watter Posklip... ?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1248
  • Swerwer
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #8 op: March 20, 2009, 10:16:09 PM »

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #9 op: March 20, 2009, 10:24:02 PM »
Hahaha, o die regte Posklip. Wie is Bravoland se verteenwoordiger, of moet ek gou Maandag vir Dominic 'n e-pos stuur?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #10 op: March 23, 2009, 08:34:36 AM »
Dankie Karina....
Moed Vryheid Eer

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #11 op: March 23, 2009, 03:55:27 PM »
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #12 op: March 24, 2009, 07:59:24 AM »
Ek het met Sally Bruwer van Lochvaal gesels om haar in te lig dat ons besig is om hulp vir hulle te reel. Sy is baie dankbaar teenoor Bravoland weereens vir ons hulp.

Sy het my ook ingelig dat hulle gereeld mense moet wegwys omdat daar eenvoudig niks meer huisvesting is nie. Sy moes onlanks weer 'n ma en twee kinders wegwys. Daar is glad nie meer plek oor om hulle in te laat bly nie. Dit is 'n baie hartseer situasie. Daarom vra sy dat as daar enige hulp in die vorm van blyplek geskenk kan word sal dit baie welkom wees. Selfs ou tente wat nie meer gebruik word nie en geskenk kan word sal baie welkom wees. Dit bied ten minste skuiling teen wind, reen, en koue en keer dat desperate moeders en kinders weg gewys moet word.

Indien hier Bravolanders is wat enige ou tente, Zozo hut, boumateriaal (hulle inwoners doen self die bouwerk) of enige ander vorm van skuiling kan skenk sal dit BAIE waardeer word.

Kom ons maak ons harte en hande oop vir hierdie mense (ons mense) wat in hierdie desperate situasie is.

Baie dankie,

Sjarko.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #13 op: March 24, 2009, 08:11:53 AM »
Kan iemand bevestig dat die Lochvaal Deurgangshuis uitsluitlik gerig is op Volksgenote?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #14 op: March 24, 2009, 08:20:37 AM »
Dit is Meerkat. Bravoland het verlede jaar ook daar gehelp.

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #15 op: March 24, 2009, 08:42:09 AM »
Ons was so 2 weke terug daar, dis net volksgenote

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #16 op: March 24, 2009, 10:16:48 AM »
Ek was so 6 jaar gelede daar betrokke toe ek nog op Parys was.  Toe was dit nog 'n SAVF instansie, intussen het die SAVF tannie Sally probeer dwing om oop te maak.  Sy het geweier en is uitgeskop.  Ek weet nie eens of die oorspronklike deurgangshuis van die SAVF nog bestaan nie.  Stuur asseblief groete aan tannie Sally.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #17 op: March 24, 2009, 10:18:31 AM »
Skuus die boodskap kan dalk verkeerd verstaan word.  Toe tannie Sally uitgeskop is het sy op haar eie plot 'n nuwe deurgangshuis vir volksgenote oppgemaak, dis nou die een waarvoor ons nou hulp vra.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #18 op: March 24, 2009, 01:21:44 PM »
Ek haal my hoed af in saluut vir dié Tannie Sally .

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3196
Insake: Lochvaal Deurgangshuis - Help asb
« Antwoord #19 op: March 24, 2009, 02:19:47 PM »
Weereens besef ek Bravolanders wonderlike mense is.

Daar is tot op datum al R1 300-00 vir die projek in betaal.

Dankie vir elkeen se bydrae, maak nie saak hoe groot of hoe klein nie. Wees verseker elke bietjie help
VOEL TUIS


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal