Nuusflits


Skrywer Onderwerp: Borduur- / Kerspitwerk  (Read 7256 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 8758
  • Christa Burger
Borduur- / Kerspitwerk
« op: Mei 03, 2009, 12:48:54 pm »
Die borduur- of kerspitwerk gogga het my nou uit die bloute gebyt. Ek het baie onlangs op 'n lappie afgekom wat deur my ouma se suster met die hand borduur is. Dit is sowaar so fyn gedoen, dat enige hedendaagse masjienborduursel maar kan gaan slaap. Dit het my weer laat dink dat ons in 'n sekere sin besig is om al hierdie vaardighede te verloor as gevolg van meganisasie en te min tyd.

Ek is op soek na ontwerpe en wil graag die groot taak van 'n beddeken aanpak. Almal is baie welkom om saam te gesels en idees en/of raad te gee.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Insake: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #1 op: Mei 03, 2009, 02:31:45 pm »
Ek het 'n "skildery" wat 'n wolborduurwerk is van die Voortrekkermonument , die raam is bietjie gehawend . Ek het dit al oorweeg om 'n nuwe raam op te sit , maar het gewonder of dit die moeite werd sal wees .
Ek dink jy't so pas my gehelp om daardie besluit te neem , ja ek sal dit moet herraam .

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 8758
  • Christa Burger
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #2 op: Junie 15, 2009, 07:55:27 am »
Enige iemand wat dalk kan help met kerspitwerkpatrone? Ek het 'n boek gehad, maar die boek het verlore geraak.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kwaaitjie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 3
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #3 op: Junie 16, 2009, 08:46:42 pm »
Probeer 'n biblioteek - hulle behoort 'n verskeidenheid van boeke te he.  Dit is die goedkoopste manier om te begin tot jy sekerheid gekry het dat jy wel die (duur) stokperdjie wil aanpak.

Anders kan jy rondvra by ou tannies bv. by die kerk.  Ek het 'n paar jaar gelede werk gedoen by 'n ouetehuis, en die tannies wou met alle mag en mening my leer hekel - sonder sukses, ongelukkig  ::).  Ek was verstom om te sien hoeveel patrone en goedjies hulle uitgrou om my te leer.

Sterkte!

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #4 op: Junie 16, 2009, 09:11:05 pm »
Sanderis

Pas op net as jy dit laat herrraam dat jy nie van die antieke waarde verloor nie.  Ek sou aanbeveel dat jy eers by navorsers oor daaardie tipe kunsvorm uitkom voordat jy dit laat herraam.  Dalk kan dit sinvol restoureer word sonder om van die waarde prys te gee.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #5 op: Junie 16, 2009, 09:28:38 pm »
Christa

Celestine Pretorius het navorsing gedoen oor Volkskuns in SA.  Sy gee baie mooi in haar boek die historiese agtergrond van waar borduurwerk en kerspitwerk vandaan kom.  Dalk kan jy by haar meer inligting kry.  Ek self is 'n voorstander daarvan dat ons begin om die volkseie kunsvorms weer te bevorder.  My vrou vertel nou die dag vir my dat hulle, toe sy BSc HHK geswot het, gekyk het na die terapeutiese waarde van handwerk.  Dis dalk iets wat vandag se gespanne, sewendelaan gebreinspoelde vroue nodig het om weer rustig te raak.   

Ek sien die afgelope paar jaar "quilting" is so in ding.  Dis die Amerikaanse vorm van laslappieswerk.  Die tegnieke stem nogal baie ooreen met die laslappie tegnieke wat ek by my ouma gesien het as kind.  Die rede daarvoor is dat die Amerikaners dit ook geerf het van hulle Protestantse Hollandse voorsate.  Het jy geweet dat Nederlands met net een of twee stemme die knie moes buig as amptelike landstaal van Amerika in die pioenierstyd?  Die Hollanders se invloed daar is ook nog baie sigbaar in die gereformeerde kerke daar.  Ek sê ons behoort ons mense te leer om weer trots te raak op laslappiewerk en dit nie quitlt te noem nie.  Dis deel van ons kultuur.

As ons bv. die werklose volksgenote kan volkskuns leer sal die europese toeriste dalk ook iets van ons kultuur kan aankoop as aandenkings oor Afrika.

Ek dink bv. aan kruithorings met sirkelblom motiewe, geborduurde twaksakkies en voortrekkerkappies met kerspitwerk versier. 

Iets baie interesant in die boek is dat elke jong Voortrekkerman sy eie sirkelblom motief op sy kruithoring se boom gemaak het, dit was van hout of leer, en dat wanneer hy aan 'n nooi verloof geraak het sy daardie selfde blommotief op haar kappie se agterkant met kerspitwerk borduur het.

Ek dink daar is wonderlike goed in ons kultuur wat verlore geraak het a.g.v. die veramerikaansing en verstedeliking van die afgelope eeu.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #6 op: Junie 16, 2009, 09:56:54 pm »
Martin , dankie vir die raad . Soos wat jy praat hierbo maak dit vir my volkome sin hoekom die mense voor die TV vasgeplak is , hul hande bly nie meer besig nie .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8185
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #7 op: Junie 16, 2009, 10:22:20 pm »
Ek het self die boek van Celestine Pretorius. Ek het hom toevalig nou die dag by Jasmyn raak geloop en natuurlik moes ek hom koop.

Daar is baie dinge in daardie boek wat ek nie geweet het nie, dit is voorwaar 'n moet lees.


Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #8 op: Junie 16, 2009, 10:27:29 pm »
Beslis 'n boek wat gelees moet word.  Dis maar skaars in die handel deesdae.  dalk nog by een of twee boekwinkels.  As iemand hom soek, probeer maar Protea Boekehuis.  Dalk kan hulle hom nog hê.  Ek sal salf graag haar verhandeling wat aanleiding gegee het tot die boek wil lees.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

André Strydom

  • Gas
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #9 op: Junie 16, 2009, 11:47:39 pm »

As ons bv. die werklose volksgenote kan volkskuns leer sal die europese toeriste dalk ook iets van ons kultuur kan aankoop as aandenkings oor Afrika.

Ek dink bv. aan kruithorings met sirkelblom motiewe, geborduurde twaksakkies en voortrekkerkappies met kerspitwerk versier. 


As hierdie 'n ekonomies vatbare projek kan word, dan kan die Afrika gemors wat Rooi Gert en sy bende by die VTM en ander Boere-Afrikaner erfenis instellings verkoop, met egte regte Boere-Afrikaner items vervang word! Dit kan deel vorm van die "Volkseie Ekonomiese Bemagtigings" ideaal!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8185
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #10 op: Junie 17, 2009, 07:42:26 am »
Nou wonder ek of die sogenaamde erfenisstigting so projek sal aanpak?

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1331
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #11 op: Junie 17, 2009, 01:29:06 pm »
My ma het heelwat kerspit patrone.  Wat het jy in gedagte KB?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 8758
  • Christa Burger
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #12 op: Junie 17, 2009, 05:02:40 pm »
Julle mans is voorwaar staatmakers en hier sit ek nou sommer met 'n klomp nuwe inligting boonop :)

Johan, ek wil graag patrone hê wat mooi sal werk op blokke van 'n kwilt.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 127
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #13 op: Junie 18, 2009, 11:03:50 am »
Laslappiekombers Christa
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 8758
  • Christa Burger
Re: Borduur- / Kerspitwerk
« Antwoord #14 op: Junie 18, 2009, 12:04:13 pm »
Dankie vir regstelling, Kapelaan :)
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal