Skrywer Onderwerp: Orania - Helpsaamfonds dinee  (Read 1457 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Orania - Helpsaamfonds dinee
« op: May 06, 2009, 12:35:27 PM »
Mense se baie keer vir my Orania is net te klein, my teenvraag is
gewoonlik wat het jy gedoen om te help om dit groter te maak. Die probleem
is as volg.

1) Min mense kan Orania toe trek om n besigheid te begin as daar nie
arbeid is nie. Maar volgende keer as daar gepraat word oor arm blankes wil
mense weet hoekom ons hulle nie ALMAL daar help vestig nie, 2) Arm blankes
kan nie daar vestig as daar nie werk is nie. 3) Daar moet gesubsidieerde
behuising vir arbeid geskep word. Werkgewers kan nie altyd die koste ook
dra nie.

Dis bietjie van n eers die hoender of eers die eier probleem.

Wat van ons hou bietjie op met kla, en sit n handjie by. Die Helpsaamfonds
van die Oraniabeweging hou n aantal dinees met die gaskunstenaar Steyn Fourie
wat optree om geld in te samel om gesubsidieerde behuising vir blanke
arbeiders op Orania te bou, daar word beoog om die bestaande Elim
Arbeidsentrum te vergroot en die projek uit te brei. Koste: R140 per
persoon vir die vertoning sowel as n driegangmaaltyd

Konserte word gehou :
Vrydag 8 Mei - Bloemfontein (Olive Ranch Wildealskloofstraat 10)
Saterdag 9 Mei - Orania (Elimsaal kleingeluk)
Vrydag 15 Mei - Potchefstroom (Borcherdstraat 78)
Saterdag16 Mei - Pretoria ( Irene Village Hall, Pioneerweg 1)

Vir verdere besonderhede kontak Frans de Klerk – 053 207 0062 of
Steve Horn – 071 670 6395
N Volkstaat val nie uit die lug nie dit word gebou een steen op n slag!!!

Groete,
Attie
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #1 op: May 06, 2009, 06:24:29 PM »
Attie,

Terwyl ek die pos van jou lees het ek gedink aan wat die VSA se slagspreuk was toe hulle, hulle bemarking gedoen het vir setlaars:

Give me your tired, your poor,
Your huddled masses yearning to breath free;
The wretched refuse of your teeming shore,
Send these, the homeless,
Tempest-tossed to me
I lift my lamp beside the golden door!


Ons ken die geskiedenis van die VSA (hulle druk dit mos in ons kele af met al wat 'n film is). Ons weet ook wat die gevolg was van hierdie strategie van hulle.

Nou wonder ek, as hulle strategie was om te vertel, "stuur ons jou flukse mense, wat ryk genoeg is en nie hoef te werk nie, maar steeds sal werk, stuur vir ons geld, sodat ons 'n land kan bou en geleenthede kan skep."
Dink jy die VSA sou so baie mense gelok het?

Moet my tog nie verkeerd verstaan nie. Met die gedagte van Orania is daar niks verkeerd nie, maar wel met die bemarkingstrategie.   

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #2 op: May 06, 2009, 10:42:04 PM »
Attie

Toe ek nou die dag by my pa hulle kuier kla hy oor die steen vir steen projek wat die helpsaamfonds begin het vir die varbeterings aan die Elim tehuis.  Hy sê hy sou self ook graag 'n steen of twee daar wou bydra, maar hy kan nie die prys vir die stene betaal nie.  Hulle vra blykbaar R1000 per donasie.  Nou sê hy hy wil graag bydra maar kan nie R1000 bydra nie, net R100.  Maar daar is nie sulke stene nie.  Miskien moet hulle 'n ander steenverskaffer kry, dan kan Jan (my pa) en alleman, ook dalk vir hulle 'n paar koop. 
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #3 op: May 07, 2009, 09:31:01 AM »
Martin - Ek het ook nie so baie om te gee nie. Elke R100 tel, hierdie is n belangrike projek wat hulle geloods het. Ek dink die R1000 per steen idee was om te toon hoe vinnig hulle hul mikpunt van R500,000 sou haal. Maar ek dink ook dit het verwarring geskep, as jy net R50 het om te gee, dan help dit ook, as almal ietsie ingooi is ons nou-nou daar.

SP - 1700's en 2000's verkil ietwat, Amerika se deure was oop vir enigieen, ons probeer n bestaande volk konsolideer. Die 2 voorbeelde is nie eens vergelykbaar nie.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #4 op: May 07, 2009, 02:45:37 PM »
Attie,

Met respek, die 1700's en 2000's verskil in sekere opsigte, maar basiese bemarking strategie het in al die eeue nog nie verander nie. Feit is, die bemarkingstrategie wat Orania tot op datum gevolg het werk nie, as dit gewerk het, sou daar nie 650 mense in Orania gewees het en 1 000 000 oorsee nie. Met 'n ander bemarkingstrategie kon Orania dalk 10% van die 1000 000 daar gehad het.

'n Goeie begin met 'n bemarking strategie sou wees om na Maslow se hiragie van menslike behoeftes te gaan kyk.

Dan sal ek ook voorstel dat daar 'n behoefte bepaling gedoen word van die volksgenote wat die land verlaat en na die redes hoekom hulle die land verlaat. Bemark dan jou produk (Orania) om in daardie behoeftes te voldoen.

Gaan kyk nou weer na die VSA voorbeeld. Hoekom het hulle, hulle produk op daardie manier bemark? Eenvoudig, daar was 'n magdom van daardie mense op daardie stadium.

Daar is tans 'n magdom volksgenote wat die land verlaat het of beplan om die land te verlaat, sou dit nie 'n goeie teiken mark gemaak het nie?

Maar jy is tien teen een reg met wat jy nou dink. Wat weet ek tog. Ek het nog nooit 'n volksdorp begin nie.

Bemarking bly egter bemarking en daarmee het ek wel so bietjie ondervinding.

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #5 op: May 07, 2009, 04:03:32 PM »
SP, Attie begin die draad deur te noem dat mense kla dat Orania net te klein is. Die gedagte met die uitbreiding van die Elim-huis is juis om soveel as moontlik as volksgenote te kan akkommodeer. Tans beskik Orania net eenvoudig nie oor die middele om enige iemand in te neem en vir hulle verantwoordelikheid te neem nie. Ondersteun die projek, sluit aan by die Orania Beweging, raak betrokke by die Helpsaamfonds. Bou saam aan `n Volkstaat. Maar kom ons begin deur te kyk hoeveel van ons kan die Pretoria-konsert bywoon. Ek gaan voorbarig wees en Attie se naam opsit aangesien hy die draad begin het.

1. Attie
2. Attie se metgesel (Jy gaan seker nie alleen nie, of hoe?)
3. James
4. James plus een

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #6 op: May 07, 2009, 04:08:00 PM »
Nou gaan jy twee keer James?

3. James
4. James plus een......

Afwesig James Kemp

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 245
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #7 op: May 07, 2009, 04:16:44 PM »
Nee SP, ek moet ook seker maar `n metgesel saamneem...

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #8 op: May 10, 2009, 02:09:05 PM »
Hi. SP, Jy is seker reg in terme van bemarking is daar nog oneindig meer wat ons kan doen. Maar ek verstaan ook dat in die huidige omstandighede waar al die hoofstroom koerante, televisie, basies alle media reeds besluit het jy “is van die bose”, en “dit sal nie werk nie” is dit nie maklik nie.

Maar dis op die ou einde elkeen van ons wat die konsep ondersteun se plig om dit te help bemark en by te staan om seker te maak dat dit n sukses is. Ek glo dat, dit met tyd vanself ook makliker gaan word vir 3 redes. 1)Die nabyheid van apartheid kwyn en 2) Orania se bestaan kry met tyd aanvaarding(legitimiteit).3) Transformasie se uiteindelike marginalisering van Afrikaners tot op die punt waar S.A ons nie meer nodig het nie en ons nie SA nie.
Hierdie is nie moontlikhede nie, dis onafwendbaar! slegs die hoeveelheid tydsverloop is n nie-konstante op die formule.

Miskien is hierdie n goeie geleentheid om van die Orania mense te ontmoet en ons vrae direk aan hulle te stel en ook voorstelle te maak.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #9 op: May 11, 2009, 03:44:43 PM »
Martin, Het my nogal bekommerd dalk dink almal hulle kan nie minder as n R1000 vir die projek bydra nie. Dis bloot nie waar nie, genade ek het ook nie soveel geld nie.

SP kan ons dan nie as elkeen se n R100 skenk en dit dan as Bravoland oorhandig nie?? 
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #10 op: May 11, 2009, 05:14:45 PM »
Attie,

Ek stel voor die BOK ondersoek die saak en maak 'n aanbeveling aan die VR.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #11 op: May 11, 2009, 07:36:47 PM »
Die BOK (Bravoland Ondersteunersklub) sal daarna kyk. Net soos die Orania Beweging afhanklik is van maandelikse donasies of "ledegeld" so is die BOK ook afhanklik van maandelikse ledegeld.

Die BOK-ledegeld van R30 dek skaars die kostes om die webblad en forum te betaal, omdat daar maar 'n handjievol BOK-lede is, en dan vra ons elke nou en dan skenkings wanneer Bravoland 'n volkshulpaksie loods om die fondse aan te vul. Maar ons kan 'n plan maak en moontlik skenkings vra en dan kyk ons waar kom ons uit vir Orania se projek.

Ek is 'n lid van die Orania Beweging. Attie, is jy 'n lid van die Bravoland Ondersteunersklub?  ;)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Attie

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 71
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #12 op: May 13, 2009, 09:40:42 AM »
Hi Karina,

Ja, nou is ek  8), het gister middag net gesukkel met die internet bankdienste.
If history is anything to go by then the mystery of the Zimbabwe ruins is now quite obvious.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Orania - Helpsaamfonds dinee
« Antwoord #13 op: May 13, 2009, 11:29:38 AM »
Baie dankie Attie, dit is wonderlike nuus!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal