Nuusflits


Skrywer Onderwerp: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?  (Read 24445 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« op: Mei 07, 2009, 11:01:29 am »
Ek wonder al geruime tyd oor hierdie onderwerp.
Het ons as volk `n tradisionele drag? As ek dink aan die Skotte kom daar onwillekeurig die beeld van die mans met hulle rokke op. Dink ek aan die Duitsers dan is dit weer die mans met hulle leerbroek met kruisbande en kenmerkende veer in die hoed.

het ons so `n tradisionele drag wat 'n persoon van `n ander volk dadelik met ons verbind? Is dit ons volksspele drag, of dalk kakie drag?

Verder is daar 'n protokol vir die dra van hierdie drag? Wanneer sal die aangewese tyd wees om so 'n drag te dra, en verskil die drag van geleentheid tot geleentheid?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #1 op: Mei 07, 2009, 02:09:15 pm »
Hendrik,

Dit is 'n belangrike onderwerp vir my hierdie, aangesien volksdrag ook volkstrots kweek.

Een ding wat ek duidelik wil stel, kakie is nie volksdrag nie. Ek het onlangs met 'n Oom gesels wat my vertel het sy Oupa was in die tweede vryheidsoorlog en het gewyer om kakie te dra of om iemand wat kakie aan het in sy huis toe te laat. Kakie was die drag van die Ingilse tydens die tweede vryheidsoorlog gewees, daarom ook dat hulle kakies genoem was.

Die stigter van die Volkspele in SA het ook geworstel oor wat is tradisionele drag, daarom het hy gevra dat by 'n Geloftefees kort voor die stigting van die Volkspele, dat die mense met tradisionele drag kom. Ek verbeel my ook dat kort voor die 1938 trek, daar gevra is vir die volk om in tradisionele drag die feesdae by te woon. Voorbeelde van tradisionele drag is in die koerante geplaas. Die volk het in hulle honderdeduisende van hierdie drag gemaak en aan getrek na die feesdae wat gepaard gegaan het met die 1938 trek.

Die vrouens het meestal wit rokke gemaak en in die verband is die mooiste verhaal waarvan ek gehoor het, die verhaal wat hom afgespeel het in Bloemfontein in 1938.

Ons moet nou onthou dat die vrouens hierdie rokke met die hand gemaak het en dat daar baie moeite daarin gegaan het. Ons moet ook onthou dat die volk op daardie stadium dit nie breed gehad het nie.

By elke dorp waar die waens aan gekom het, was die gewoonte dat die stadsraad aan hulle mak osse verskaf om die waens deur die dorp te trek. Ook het hulle dan 'n straat in die dorp vernoem na 'n Voortrekkerleier of sommer Voortrekkerstraat.

Bloemfontein se stadsvaders wou dit egter nie, met hierdie fees wou hulle blykbaar niks te doen gehad het nie. Die osse wat die waens trek, kon nie die waens deur die dorp trek nie, want hulle was nie mak genoeg nie.

Dit het gelyk of die feesviering in Bloemfontein, gedoem is.......maar, soos telkens in die verlede, het die nageslag van die "kaalvoet oor die Drakensberge" gereken dit kan nie. Die vrouens het gemeen as daar nie osse beskikbaar is nie, dan trek hulle die waens self deur Bloemfontein.

Daar het seker kommer onder hulle geheers dat hulle mooi wit rokke waarop hulle so trots was en soveel moeite mee gedoen het, sou vuil word. Ek is ook seker dat menigte van hulle se rokke wel vuil geword het, maar hier is die ander mooi in die verhaal. Die vrouens het van die wiel gries gevat en aan hulle rokke gesmeer. Dit vertel vir my dat hulle nie sou toelaat dat van hulle in die verleentheid sou staan omdat hulle klere vuil is nie. Dit vertel ook vir my dat hulle daardie vuil met trots gedra het en dat dit as simbool gedien het van 'n volk wat eendragtig is en nie sal toelaat dat hy gestuit sal word, wanneer hy opstaan nie!

Ek weet ek het nou so bietjie van die punt af gedwaal, maar wou net die waarde wys van tradisionele drag, watse volkstrots dit kan veroorsaak.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #2 op: Mei 07, 2009, 03:34:54 pm »


Ek het hierdie boek gekoop so tyd terug.

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #3 op: Mei 07, 2009, 03:47:02 pm »
Een ding wat ek duidelik wil stel, kakie is nie volksdrag nie. Ek het onlangs met 'n Oom gesels wat my vertel het sy Oupa was in die tweede vryheidsoorlog en het gewyer om kakie te dra of om iemand wat kakie aan het in sy huis toe te laat. Kakie was die drag van die Ingilse tydens die tweede vryheidsoorlog gewees, daarom ook dat hulle kakies genoem was.

Ek het reeds hierdie gedagte van kakie geopper omdat, sou ons aan persone wat nie volks gerig is, vra sal dit dadelik een van die antwoorde wees wat hulle vir jou gee. Ek het dit getoets en dit het waarlik gebeur.

Ek voel dat ons daadwerklik moet begin om ons identiteit meer sigbaar te vertoon. Veral deur die gebruik en dra van ons tradisionele drag. Daarom ook die vraag wat sal ons sê is ons identifiseerbare drag aan die buite wêreld.

Die boek is ook in  my besit en die patrone daarin het ons dan ook met die herdenking van die Tweede Vryheidsoorlog gebruik vir die burgerdrag.

Reeds rondom die trots van volksdrag, het julle geweet dit is verbode in Engeland, dat wanneer Skotland en England teen mekaar deelneem in sport, dat die Skotte hulle hulle tradisionele drag mag dra, ook mag hulle nie die doedelsak blaas nie, dit sweep die Skotte glo te veel op

 

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #4 op: Mei 07, 2009, 04:05:56 pm »
Wat dink julle, is hierdie akuraat?






Afwesig Jankejan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 231
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #5 op: Mei 07, 2009, 08:23:25 pm »
En wat hiervan?
Apartheid is Liefde

Sanderis

  • Gas
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #6 op: Mei 07, 2009, 08:31:03 pm »
Dit lyk meer bekend ja , maar Jankejan is jy nie bietjie jonk vir die "Army" nie ?
Ben is die fotos van "Ons vir jou" musiekblyspel ?
« Laaste verandering : Mei 07, 2009, 08:34:52 pm deur Sanderis »

Afwesig Jankejan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 231
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #7 op: Mei 07, 2009, 08:38:57 pm »
Sanderis, as ek reg verstaan handel hierdie draad nie oor of ek in die weermag was nie, maar wat ons tradisionele drag is. En nee ek was 8 jaar lank lid van die weermag se kommando strukture.
Apartheid is Liefde

c.de klerk

  • Gas
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #8 op: Mei 07, 2009, 08:41:55 pm »
Die koms van die Volkspelelaers het juis probeer om beslag te gee aan 'n kenmerkende kleredrag wat afkomstig is uit die stamlande. Ongelukkig het dit nie altyd by almal inslag gevind nie - een van die belangrikste redes was dat dit van meet af nogal duur was om te bekom, en ons volk in daardie dae dit nie baie breed gehad het nie.

Sanderis

  • Gas
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #9 op: Mei 07, 2009, 09:33:15 pm »
Sanderis, as ek reg verstaan handel hierdie draad nie oor of ek in die weermag was nie, maar wat ons tradisionele drag is.

Verskoon my , as dit jou houding is sal ek jou ignoreer in die vervolg.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 918
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #10 op: Mei 07, 2009, 09:36:22 pm »
Stadig nou julle twee - ek was ook in die weermag en ek is ook sensitief daaroor. Wil graag n medalje iewers opdruk.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #11 op: Mei 07, 2009, 09:43:52 pm »
Sanderis,

Ja dit is van Ons vir Jou.

Sanderis

  • Gas
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #12 op: Mei 08, 2009, 11:25:16 am »
Dankie Ben .
Ek praat nou uit onkunde maar dit lyk vir my soos Hollandse / Nederlandse / Duitse tradisionele drag . Ons voorvaders is tog van sulke herkoms so dit maak sin .

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #13 op: Mei 08, 2009, 01:05:50 pm »
Die koms van die Volkspelelaers het juis probeer om beslag te gee aan 'n kenmerkende kleredrag wat afkomstig is uit die stamlande. Ongelukkig het dit nie altyd by almal inslag gevind nie - een van die belangrikste redes was dat dit van meet af nogal duur was om te bekom, en ons volk in daardie dae dit nie baie breed gehad het nie.


Juis uit hierdie oogpunt is dit dalk nodig dat ons besin oor wat ons tradisionele drag is, en hoe dit so bekostigbar moontlik vir ons volksgenote kan wees om in volksdrag aangetrek te wees. Hoe meer die volksdrag gedra word tydens geleenthede soveel te meer sal dit ook `n aanvanklike koste regverdig.

Stadig nou julle twee - ek was ook in die weermag en ek is ook sensitief daaroor. Wil graag n medalje iewers opdruk.
Oom Meerkat ons kan gerus ook gesels oor die protokol oor die dra van die drag. Wat sal ons graag saam wil dra as onderskeiding en ook as dekorasie (bv. voorheen ontvange medaljes, toekennings ens.) Is die drag altyd dieselfde of wissel dit per geleentheid.

Die foto's wat ons SP hiergeplaas het laat dink aan "Kommando drag" wat ons dalk as alledaagse drag kan beskou. Die Volkspele drag as geleentheids drag vir bv. Volkspele, Geloftedag, Kerkdrag ens.


Dankie Ben .
Ek praat nou uit onkunde maar dit lyk vir my soos Hollandse / Nederlandse / Duitse tradisionele drag . Ons voorvaders is tog van sulke herkoms so dit maak sin .
Tog kan ons dink aan kenmerke wat deurgaans herhaal word, sodat wanneer iemand ons in watter drag ook al sien moet hulle dadelik weet ons behoort aan die Boere-Afrikaner Volk. En ons is anders as die ander blanke volke in Suid Afrika.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 134
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #14 op: Mei 08, 2009, 01:37:28 pm »
Dit laat my dink aan die ywerige persone (onder oom Franz Jooste?) wat d.m.v 'n lang proses van beraadslaging met volksgenote en -instansies, vir ons 'n nuwe Afrikanervlag (Boerevlag) ontwerp en bekendgestel het. 
Ek voel dit is die proses wat gevolg moet word, deur 'n groepie persone met kennis en ywer, wat al die argumente wat hierbo genoem is en veel meer, saamvoeg en voorleggings maak om vir eens en altyd vir ons 'n stel klere wat sal dien as tradisionele drag, saam te stel en bekend te stel.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #15 op: Mei 08, 2009, 01:43:12 pm »
Jy maak 'n goeie punt Jopieswan. Dit is dalk 'n gedagte wat ons na die AKB moet verwys?

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #16 op: Mei 08, 2009, 02:08:04 pm »
Jy maak 'n goeie punt Jopieswan. Dit is dalk 'n gedagte wat ons na die AKB moet verwys?

SP dit is `n goeie gedagte dat ons sovel as moontlik volksgenote aan hierdie geprek sal laat deelneem, en ons kan gerus van die AKB se lid organisasies gebruik om so die gevoel van die volk (volkswil) te peil.

Bestaan GAS nog? Indien nie sal dit dalk nodig wees om GAS weer byeen te roep, om ook aan hierdie saak aandag te gee. Ons kan dalk ook van die Afrikanerfront se ander organisasies hierby betrek.


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 8205
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #17 op: Mei 10, 2009, 11:20:53 am »

Afwesig Karina

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2482
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #18 op: Mei 14, 2009, 06:29:12 pm »
Ek weet darem nie hoe sal ek in so 'n rok lyk nie...  :o

My pa het altyd vertel, toe hy klein was het die buurtannie altyd haar meisiekinders se kappies met met naald en garing aan hulle hare vasgewerk sodat hulle nie die kappies deur die dag in Upington se son kon afhaal nie. Maar soos kinders ook maar is, dan haal hulle die kappies af en bêre dit in 'n bos, en vanaand voordat hulle huis toe gaan, dan gaan haal hulle die kappies en sit dit weer op. En een dag, toe terg my pa die meisiekinders en hy gryp een se kappie en hou dit oor die vuur... en hy laat val toe die kappie in die vuur. Hulle kon toe die halfgebrande kappie uit die vuur red, maar daardie dag het die kinders wye draaie om ant Baby Bekker geloop. ;D

O ja, die punt van my storie, iemand sal ook daai klere met naald en garing aan my moet vaswerk.  :D

Behalwe nou as ek daai tannie met die pers rok by die volkspele se rok kan kry met die baie valle en frille op... hehehe.  ;D
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Insake: Hoe Lyk Ons Tradisionele Drag?
« Antwoord #19 op: Mei 15, 2009, 09:57:13 am »
Ek weet darem nie hoe sal ek in so 'n rok lyk nie...  :o
 ...

O ja, die punt van my storie, iemand sal ook daai klere met naald en garing aan my moet vaswerk.  :D

Behalwe nou as ek daai tannie met die pers rok by die volkspele se rok kan kry met die baie valle en frille op... hehehe.  ;D

Karina

Juis op hierdie punt moet ons `n tradisionele drag vind wat tydloos is en tog aanklank by die meerderheid volksgenote kan vind. Hier kan `n mens dalk dink aan iets wat deurlopend die selfde karakter dra maar tog individueel aanpasbaar is. Dus indien jy `n persoon sal opmerk wat so `n drag dra sal jy weet hy behoort tot `n bepaalde volk.

Dalk moet ons `n lys opstel van wat verwag ons van so `n drag en dan kan ons verder werk om ook die binne draadwerk van hoe so `n drag moet of kan lyk aanspreek.

Ek dink hier as voorbeeld aan:
1 Dit moet aanpasbaar wees by die volgende omstandighede:
 a.  Klimaat en Seisoen
 b. Die geleentheid waar die drag gedra word. (Soveel moontlike geleenthede sodat dit ook punt 2 regverdig)
 c. Die persoonlikheid en smaak van die draer.
2 Die drag moet bekostigbaar wees sodat soveel moontlik persone dit kan dra.
3 Die volkskarakter moet in die drag weerspieel word.[/color



Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal