Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Moet ons nie in kampies plaas nie.  (Read 2958 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Moet ons nie in kampies plaas nie.
« op: May 08, 2009, 04:50:26 PM »
Die vryheidsgesinde Afrikaners is nie skape nie. Daarmee bedoel ek dat die vryheidsgesinde Afrikaners nie aan skaap mentaliteit ly nie. Ek sluit myself by hierdie groep in en daarom praat ek gemaklik van ons. Daarom vra ek, moet ons nie in kampies plaas nie.

Die Afrikaners wat wel aan skaap mentaliteit ly, volg die massa en soos 'n skaap kan hulle nie vir hulleself besluit of dit wat die massa glo reg of verkeerd is nie. Die populere siening, is die skape se siening.

In die tye waarin ons leef is die vryheidsgesinde Afrikaner nie so nie. Ten spyte van 'n wereld wat neer sien op ons vryheidsideaal, word hierdie ideaal nagestreef, want dit is die regte ding om te doen.

Ek merk dat 'n seker persoon met die titel "Dr", die vryheidsgesinde Afrikaners in drie kampies geplaas het. Hy het sekere voorstelle wat insluit dat elke kampie 'n groep vorm en dat die groepe soms met mekaar gesels.

Hoe is dit moontlik dat 'n "Dr" nie die gevaar insien van "verdeel en heers" nie? Hoe is dit moontlik dat die waarskuwing wat Paul Kruger in die verband gerig het, nie ingesink het nie?

Wie het nou 'n vyand nodig, as daar 'n "Dr" is, wat ons verdeel deur ons in kampies te plaas?

Asb Dr Roodt, hier is vir jou twee gedagtes, neem dit in en as jy nie beter voel in die oggend nie, kontak my.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #1 op: May 08, 2009, 06:09:39 PM »
Ben, afrikaners plaas hulleself in kampies. Daar bestaan ongelukkig baie van hierdie kampies waarvan sommige se standpunte en doelstellings aan die absurde grens. Ek stem heeltemal saam met Dr Roodt se stelling, al waarmee ek nie saamstem nie is waar hy Solidariteiet plaas.

Hy het heelwaarskynlik nie Flip Buys se artikel in Sondag 03/05/2009 se Rapport gelees nie.
Hierin skryf Flip juis oor selfdoen instellings wat afrikaners vir hulleself moet skep. Dit is ook Bravoland se siening. Solidariteit is ongetwyfeld die organisasie wat oor baie jare nog die meeste gedoen het vir afrikaners.

Ek bevorder nie hier enige organisasie of leier nie, inteendeel ekself is baie geiriteerd oor die feit dat ons sogenaamde "leiers" nie na mekaar wil luister nie en eerder mekaar wil afkraak. Ek het 'n tyd gelede oor die baie kampies hier op die forum geskryf, en as ek reg kan onthou is daar toe gese hoe meer kampies hoe beter want dan weet die vyand nie waar om te keer as almal protesteer nie.

Kom ons weerhou ons eerder daarvan om deel te wees van die brekers kom ons praat eerder met mekaar om sodoende eenheid te bevorder.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #2 op: May 08, 2009, 11:32:50 PM »
Ek het ook na die praatjie van Dr. Roodt geluister, en het ook die ongemaklikheid ervaar waarvan jy praat Ben. Ek het ook al mense in kampies probeer plaas, maar mens kom gou agter dat dit neerkom op oorvereenvoudiging.

En as jy dan aan die ontvangkant hiervan is, is dit menslik om jouself onwillekeurig te evalueer om te probeer uitvind watter kampie nou joune is. Dan wonder jy onwillekeurig of daar nie dalk n vierde kampie moes wees nie.

Die motivering vir menslike optrede is veels te ingewikkeld vir kampie-klassifikasie.

N mens kan liewer n stelling maak dat almal nie oor dieselfde mate van politieke bewussyn beskik nie.

Dat sommiges doodgelukkig is om elke 5 jaar na n magdom propaganda te luister, en dan sy kampie vir die volgende 5 jaar te kies. Kom ons noem hulle dan maar die skapies.

Dan kry jy natuurlik die wildsbokke wat nie van kampies hou nie - en eerder die oop vrye ruimtes verkies.

Ek dink dat die aard van partypolitiek juis sodanig is dat die skaapkamp mentaliteit aangemoedig word. Prof Hendrik van der Wateren het juis hierdie aspek aangeroer in sy praatjie gisteraand - dat die party-politieke stelsel ons mense verander het van daders na praters.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #3 op: May 09, 2009, 09:09:38 AM »
Ben dalk kan ek net byvoeg, daar is talle afrikaner organisasies wat die afrikaner in sy "skaap kraal" inlok vir eie gewin, in die meeste gevalle natuurlik finansieel of vir persoonlike aansien.

Die grootste skape is natuurlik die klomp "leiers" wat alewig wil voorloop en wat nie kan insien dat hulle die trop al hoe groter verdeel nie. Al wat hierdie klomp skape moet begin doen is om REALISTIES te kyk na die kampies waarnatoe hulle so maklik gelok word.

Vir baie jare al sukkel hierdie klein mistieke afrikaner organisasietjies om noemenswaardige getalle lede te werf en ek kan vir jou se hoekom; ek dink die afrikaner is besig om sy politieke skaap mentaliteit te bowe te kom. Meer afrikaners is besig om die realiteite van die huidige situasie in perspektief te plaas.

Mar ek wil nie ook net op webblaaie sit en kritiseer nie. My oplossing is ons moet werk aan 'n plan om in een groot organisasie saam te werk vir 'n beter toekoms. Daar is versklillende metodes om ons vryheidsidiaal te verwesenlik.  Maar op hierdie stadium verdeel ons onsself en die anc heers lekker oor die verdeelde afrikaner volk.

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #4 op: May 09, 2009, 09:33:29 AM »
Jy vat hier aan n paar waarhede Mike.

Tog wil dit voorkom asof daar n oplewing en bewuswording by ons jonger mense te bespeur is, wat my baie opgewonde maak. In hierdie verband is ek van mening dat die VVK die pad is om te loop.

As ons jaloers kan waak oor hierdie proses, en die foute van die verlede kan voorkom, dui die VVK ongetwyfeld die pad na vryheid aan.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #5 op: May 09, 2009, 10:15:51 AM »
Meerkat ek sal enige poging ondersteun, en ek raak baie opgewonde as ek sien iemand probeer een of ander poging vir selfbeskikking hoe gering ookal. Ek ondersteun die VVK se visie en doelstellings maar ek neig om te verskil met hulle metodes oor hoe om dit te bereik.

Somtyds is dit nodig om jou vyand te gebruik (of te misbruik) om jou doel te bereik, hou dit in gedagte. Jy moet die situasie op die grond (bv. die gevoel van jou mense) lees en verstaan en so ook jou vyand of opponent. Daarvolgens moet jy jou optrede beplan en uitvoer. Ek moet eerlik met jou wees, ek is bekommerd dat die VVK glad nie 'n noemenswaardige getal kiesers gaan he teen die einde van die jaar bv. nie.

Nou sal jy vra wat is 'n noemenswaardige getal, wel ek sou onmiddelik wil se so 'n getal mense moet darem 'n redelikke persentasie uitmaak van jou bevolking. Meerkat ek moet ongelukkig nou afsluit maar kom ons hou die gesprek warm. Volgende keer praat ons oor bemarking.

Sanderis

  • Gas
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #6 op: May 09, 2009, 12:00:53 PM »

Nou sal jy vra wat is 'n noemenswaardige getal, wel ek sou onmiddelik wil se so 'n getal mense moet darem 'n redelikke persentasie uitmaak van jou bevolking.

Dink jy as die VVK soveel kiesers kan registreer en laat stem soos wat die DA die afgelope verkiesing getrek het (nie blankes uitgesluit) dat dit noemenswaardig sal wees ?

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #7 op: May 10, 2009, 05:30:37 PM »
Sandaris dit sal idiaal wees, maar dit is nie moontlik nie. Ek wil eers net se ek vereenselwig my met die doel van die VVK en ek bevorder sy einddoel nl. volksvryheid maar ek is ook realisties. Die algemene verkiesing wat nou in ons land plaasgevind het, is iets totaal anders as die VVK. Kom ons kyk net na die aantal mense wat  die vraag beantwoord het of jy geregistreer is by die VVK as kieser op Bravoland se webwerf. Die laaste keer wat ek gaan kyk het was dit maar sestien. Dit kan vir jou min of meer 'n aanduiding gee van wat die belangstelling by afrikaners is.

Jy moet in gedagte hou blanke afrikaners is nie noemenswaardig betrokke by enige volksaksies nie. Baie mense beskou enige aksies buite party politiek as regse aksies. So is daar talle redes hoekom ek bietjie skepties is, te veel om op te noem, maar kom ons soek eerder oplossings. Die VVK sal sonder twyfel aan 'n buitengewone strategie moet werk om sy bemarking meer doeltreffend te maak. As die beplande verkiesing uit net 'n paar duisend stemmers bestaan sal dit van nul en gener waarde wees. Dit is maar my beskeie mening.
« Laaste verandering : May 10, 2009, 05:33:43 PM deur Mike »

Sanderis

  • Gas
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #8 op: May 10, 2009, 08:46:28 PM »
Kom ons kyk net na die aantal mense wat  die vraag beantwoord het of jy geregistreer is by die VVK as kieser op Bravoland se webwerf. Die laaste keer wat ek gaan kyk het was dit maar sestien. Dit kan vir jou min of meer 'n aanduiding gee van wat die belangstelling by afrikaners is.

 

Mike , Bravoland is maar 'n druppel in die VVK dam , oor paar jaar kan dit 'n oseaan wees .
 Ook moet jy in ag neem die nuwe voorblad is nou maar nog nie eers 'n maand in bestaan nie , ook alle mense wat dit besoek neem nie noodwendig deel aan die meningspeiling nie .
Tog verstaan ek wat jy sê , maar om daaroor te kla gaan nie help nie - daar is baie werk wat wag .
Elke dag of elke kans wat ons kry moet elkeen van ons ons mede volksgenote bewus maak van die VVK en die belangrikheid van die VVK .
Selfs al word dit 'n stryd van tien jaar of meer is dit nodig om voort te beur , moenie terugkyk nie - nee - net vorentoe .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #9 op: May 11, 2009, 08:33:55 AM »
Ek ondervind probelem om op die tuisblad aan te dui dat ek geregistreer is. Al wat oopmaak, is die uitslag.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #10 op: May 13, 2009, 12:16:12 PM »
Ek ondervind probelem om op die tuisblad aan te dui dat ek geregistreer is. Al wat oopmaak, is die uitslag.

Hi Adri, het jy al reggekom? Die voorblad is van gister af bietjie anders sodat ons met "gewone" skerms ook alles kan sien. Laat weet maar as jy steeds sukkel.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #11 op: May 14, 2009, 07:11:58 AM »
Dankie Karina, ek kon darem uiteindelik rapporteer dat ek lankal geregistreer het. Dankie vir die opgradering - dit is indrukwekkend!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #12 op: May 14, 2009, 09:08:14 AM »
Groot plesier ds. Adri, ek het nie besef ek het met 'n predikant te doen nie.  :D

Ek is bly Ds. het reggekom. Ja hier is mannetjies wat hard werk agter die skerms...  ;)
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #13 op: May 14, 2009, 03:20:33 PM »
Nou watter verskil maak dit? Ai man, ek wil so graag 'n gewone mens wees, en nou het Clem alles gaan bederf! Onthou net: ek is uit die bediening uit en dra nog net (swaar aan) die ou titeltjie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #14 op: May 14, 2009, 03:58:00 PM »
Adri, a nee a ! Moet jy nie weer n keer Spr.28 v 13 lees nie? :) :) :)
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #15 op: May 14, 2009, 04:01:41 PM »
Karina, lyk my ons het nog 'n 'Oom' bygekry. As ek reg onthou staan dit nou al op drie 'Ooms'  ;D :D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #16 op: May 14, 2009, 04:06:54 PM »
KB, wat voer jy in die mou met daardie opmerking?
Kennis is mag

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #17 op: May 14, 2009, 04:36:58 PM »
Hehehe, jy is reg KB, dan is dit Oom Adri van nou af as die Ds.-gedeelte die emeritus-dominee so pla...  ;)

Terwyl ons dan nou die titels uit die weg geruim het, kan ons lekker verder gesels!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #18 op: May 14, 2009, 04:56:49 PM »
Voor ons aangaan met die doel van die draad, nog net dit: Oom Clem, julle 'Ooms' is vir ons kosbaar, die dat ons julle so tel  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #19 op: May 14, 2009, 06:32:42 PM »
KB,

Julle het nou weer nie die opskrif van die draad gelees nie; "moet ons nie in kampies plaas nie".

Nie in "Ooms" kampies nie en blykbaar ook nie in "Ds" kampies nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal