Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Moet ons nie in kampies plaas nie.  (Read 2958 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #20 op: May 14, 2009, 08:53:52 PM »
Jong, ek weet nie van julle Transvalers nie, maar hier by ons in Namakwaland is 'n kamp so om en by 1000ha groot.  ;D Ek neem aan dat dit groot genoeg is vir die 'Ooms'? ;D ;D

Skuus, skuus, sal nie weer die draad omver werp nie.

u-u-uhm, mense keer asb terug na die onderwerp ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #21 op: May 15, 2009, 09:00:42 AM »
Kleinbekkie, jong, hierdie "ome" is al 'n bietjie minder wild as die jong rammetjies. Ons kan met kleiner kampies regkom.

Wat die eintlike draad betref: Daar was al soveel pogings om Afrikaner-eenheid te bewerkstellig, dit is nie eens snaaks nie. En nie een het regtig gewerk nie. Daarom glo ek dat 'n georganiseerde struktuur nie die regte pad is om te volg nie, maar wel iets soos die VVK wat nie bestaan uit 'n bestuur wat namens ander besluite neem, ens nie. En ek wil Radio Pretoria ook hier byvoeg. Die tipe eenheid wat daar deur Radio Pretoria bewerkstellig is, is van veel groter waarde as wat enige party of organisasie kan bereik.

Daarmee wil ek nie sê dat die verskillende organisasies en selfs partye nie bestaansreg het nie. Glad nie, trouens elkeen het 'n belangrike rol te vervul op sy eie terrein. Toe ek nog daarvoor die ywer gehad het, het ek aan elke moontlike organisasie behoort en groot bevrediging daaruit geput. Ek glo dat al hierdie betrokkenheid deur die jare vormend op my ingewerk het en van my die nasionalis gemaak wat ek is. Net so, glo ek, sal dit vir elke ander Afrikaner goed wees om oral betrokke te raak.

Maar nou het ek by die probleem gekom waaroor ons moet praat: hoe kry jy 75% van die Afrikanervolk betrokke? Ek glo baie dink presies soos ons, maar het lou geword en kort een of ander stimulasie om weer aktief te raak. Kom ons probeer 'n bietjie antwoorde soek vir die kwessie. So sal ons uiteindelik ook die VVK drmamties laat groei. Juis omdat registrasie by die VVK aanvanklik nie opofferings vra en eise stel nie, voel baie onbetrokke mense veilig daar. Algaande kan ons dalk weer die Boere se harte warm aat klop vir ons saak!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #22 op: May 15, 2009, 09:16:11 AM »
Jy is reg Adri , baie mense het nie tyd of lus om veel meer te doen as die basiese nie . Die VVK is ideaal in dié opsig , dit eis werklik nie veel nie : registreer en vertel jou mede volksgenote om ook so te doen - so maklik soos dit .
Vir die wat meer ywer het , tree op as Registrasie beampte en help om almal te registreer wat jy kan .

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Insake: Moet ons nie in kampies plaas nie.
« Antwoord #23 op: May 15, 2009, 09:27:21 AM »
Ek dink dit is Ben wat eendag gesê het ons moet ophou streef na eenheid, maar eerder na eendragtigheid.

En dit is baie waar, hierdie strewe na eenheid wat ons nooit gaan bereik nie gee vir die vyandigesindes net nog 'n lat om ons mee te slaan. Ek dink nie eens die ANC het eenheid nie, maar wanneer hulle optree, tree hulle eendragtig op. Dan kan ons vra hoekom?? Hoe kry hulle dit reg? Ek kan maar net bespiegel hulle het óf dieselfde vyand, óf dieselfde doelwit.

So vandag werk hulle saam wanneer hulle iets wil bereik, en more dan stry en baklei dit maar weer en die een steel die ander se lone ens.

Ek twyfel of ons ooit eendag eenheid sal hê, maar daar is by my geen twyfel nie dat ons eendragtig kan optree. En wat Oom Adri sê het meriete, die VVK is nie 'n liggaam wat besluite neem nie, hulle is maar net daar soos die OVK wat die verkiesing reël, dus sal daar nie weer na die tyd stryery onder organisasies wees van "die een het daai een se aksie gekaap" en "wie is nou eintlik verantwoordelik vir die VVK se sukses", ens.

Dus dink ek die VVK-roete is die ideale roete vir eendragtigheid.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal