Skrywer Onderwerp: Boeregrond  (Read 2845 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Boeregrond
« op: May 16, 2009, 04:59:33 PM »
Hierdie draad is geskep om te gesels oor moontlike maniere om soveel as moontlik Boeregrond te bekom en te konsolideer in een blok sodat ons soveel as moontlik volksgenote kan verskuif uit die NSA en sodoende te beveilig teen die vlaag van volksmoord teen ons.

Daar is verskeie pogings om volkstaat groeipunte te vestig.  Wat ek egter mis is 'n strategie om soveel as moontlik grond te bekom om dit 'n werkbare oplossing te maak. 

Kom ons wissel gedagtes oor hoe ons die grond kan bekom wat ons nodig het vir soveel van ons vryheidsbehoeftes. 

Geen kritiek teen groeipunte sal geduld word nie maar oplossings oor hoe om die groeipunte te laat groei.  Dalk is daar 'n Oraniaer of Kleinfonteiner wat ons kan laat weet wat hulle planne in die verband is.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Boeregrond
« Antwoord #1 op: May 16, 2009, 05:02:54 PM »
Ek wil my voorstel begin deur van die moderator of administrateur of minister van Binnelandse Sake te vra of daar enige aanduiding is oor hoeveel Bravolanders tans buite die grense van NSA woon.  As dit afgebreek kan word na hoeveel in Rooinekland, Grootbekland en Onderkant woon sal dit ook help om my voorstel gestalte te gee.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Sanderis

  • Gas
Insake: Boeregrond
« Antwoord #2 op: May 16, 2009, 08:50:59 PM »

Geen kritiek teen groeipunte sal geduld word nie maar oplossings oor hoe om die groeipunte te laat groei. 

As dit die geval is sal jy net een-dimensionele sig hê . Ek verkies drie-dimensionele sig .

Afwesig Cois.

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1252
  • Swerwer
Insake: Boeregrond
« Antwoord #3 op: May 17, 2009, 12:11:52 AM »
LoL

Martin  ek neem aan jy verwys hier na Engeland, Amerika en Australia  en in die volgorde ??

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Insake: Boeregrond
« Antwoord #4 op: May 17, 2009, 02:33:52 AM »
Martin, ek woon op Kleinfontein, en steun hierdie gedagte 100 persent.

Daar is n paar probleme wat in gedagte gehou moet word, en wat oorbrug moet word. Hierdie is nie kritiek nie, net kommentaar dat dit nie n pad van maanskyn en rose is nie.

Die area waar so n groeipunt geskep word, moet baie omsigtig gekies word, en omvangryke uitvoerbaarheidstudies moet gedoen word t.o.v verskeie aspekte.

1.   n Sterk interne ekonomie kom nie oornag tot stand nie. Kapitaalkragtige professionele mense, asook sakemanne word hiervoor benodig. Jy kan nie verwag dat hierdie mense hulle onmiddelik moet isoleer van die NSA-markte en produksiemiddele nie, derhalwe moet jy liewer wegbly uit die Kalahari uit. Jy kan seker jou geld gaan spandeer in die Kalahari, maar dis nie vir almal so maklik om n bestaan te maak volgens hulle verwagtinge daar nie.

Kyk dus na groeipunte binne dagwerk-reisafstand vanaf die stede.

2.  Nie almal in die omgewing van so n groeipunt voel ewe simpatiek daaroor nie. Goeie en geskikte grond binne 50 km vanaf stede, met voldoende water en ontwikkelingspotensiaal, is gesog en duur. Verwag dat daar koppe gestamp gaan word met andersdenkende Volksgenote wat ook dieselfde grond wil bekom, veral as daar uitgebrei moet word, en grond bygekoop moet word.

3.  Samewerking met die groter Volkseie gemeenskap is baie belangrik, veral op die gebied van plattelandse beveiliging. Die gebied moet darem ook redelik maklik beveiligbaar wees, en skoon gehou kan word van volksvreemde informele konsentrasies (plakkerskampe). Volkseie arbeid is n probleem - pasop vir toestroming deur Volksgenote wat nie regtig lus is om te werk nie, en ook nie andersins n ekonomiese bydrae kan lewer nie.

4.  Interne struweling kan n groot probleem word - veral as sommiges voel dat andere bevoordeel word, en daar nie aan hulle verwagtinge voldoen word nie. Mense is afgunstig. Interne strukture en reglimente moet in plek wees om hierdie dinge te handteer.

Die voordele is egter legio, en die meerderheid ervaar die rustigheid en veiligheid waaroor andere maar net kan droom. Ek steun die gedagte om meer van hierdie groeipunte te vestig, met die oog op uiteindelike oorkoepelende selfregering.

Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Boeregrond
« Antwoord #5 op: May 17, 2009, 08:39:31 PM »
Ek wil my voorstel begin deur van die moderator of administrateur of minister van Binnelandse Sake te vra of daar enige aanduiding is oor hoeveel Bravolanders tans buite die grense van NSA woon.  As dit afgebreek kan word na hoeveel in Rooinekland, Grootbekland en Onderkant woon sal dit ook help om my voorstel gestalte te gee.

Martin,

Bravoland het nie daardie statestiek tot ons beskiking nie. Wat ek wel vir jou kan vertel is dat ek weet van lede in die lande wat jy genoem het. Die getalle is egter nie so groot nie, meestal twee of drie per land.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Boeregrond
« Antwoord #6 op: May 19, 2009, 12:46:45 PM »
Meerkat

Ek bedoel nie om 'n nuwe groeipunt te skep nie, maar juis om rondom bestaande groeipunte genoeg grond te bekom om ons mense te kan akommodeer.

Ek sal probeer verduidelik aan die hand van die werkskeppingsplan van Reddingsdaad bond in die vorige eeu.  Hulle het begin (LW Met Staatshulp en bydrae van volksgenote) om besproeiengsprojekte te vestig in verskeie dele van die land, bv Loskopdam-Groblersdal, Harbeespoortdan-Brits, Bloemhofdam-Hartswater, Keimoes-Kakamas ens.  Hulle het die skema gebou, daarna is aan elkeen 'n 3 morg besproeingsperseel gegee waarop hy sy eie bestaan moes maak.  As hy dit nie kom maak nie, moes hy 'n ander heenkome gaan soek.  Ek dink aan iets in dier voege.

Ek wou nie eerste my plan op die blad sit nie maar nou ja, hier gaan ons.  Hierdie plan sou die beste kon werk as ons reeds 'n Volksverteenwoordigende raad gehad het wat daarvoor kon pa staan, maar dalk kan dit in samewerking met Orania gedoen word.

Kry 'n NWO op die been wat fondse kan in vir aankoop van grond, (teen die Oranjerivier?).  Ontwikkel die besproeingskema sodat daar meer mense gevestiog kan word op die grond.  Verdeel die grond in die kleinste moontlike lewensvatbare besproeingspersele ( Met huidige drup en mikro tegnologie hoef dit nie baie groot te wees nie). Stel die grond beskikbaar aan die mense wat bereid was om vir minimumloon in die ontwikkeling van die skema te werk.  Daar kan 'n aantal jare proeftyd aan gekoppel word waartydens die persoon moet sukses behaal onder normale omstandighede.  Na 'n aantal jare proeftydperk kan die persoon deeltitel in die grond bekom, soos op Orania, sodat die grond nie van die volk vervreem kan word nie.  Tot dan bly dit die eiendom van die NWO wat die grond beskikbaar stel. 

Dis die basiese plan, die uitvoerbare sal die slim manne vir ons moet uitwerk.

Waar kry ons geld om 10 000 ha besproeibare grond in die Karoo te koop wat voorsien kan word van water vanuit die Oranje?  LW, dit hoef nie nou besroeingsgrond te wees nie, daar kan kanale en pyp, pompstelsels gebruik word om die water by die grond te kry.  Die belangrikste is dat waterregte bekom moet word.

My vraag oor hoeveel volksgenote daar in die buiteland is kan dalk 'n oplossing bied oor waar die geld vir so ambisieuse projek vandaan kom. 

Die voordeel van 'n landbouprojek is juis dat ons nie binne 50 km van die huidige arbeidsmark hoef te wees nie.  Die vraag na voedsel is aan die toeneem, dalk is dit tyd dat ons die Boere weer terugneem na hulle wortels. 

Ek sal die plan selfs hier in die Kalaharie kan uitvoer as ek die kapitaal het om dit mee te doen.  Hier is 'n boer in die omgewing wat op net sy grond tans 10 spilpunte van 25 - 30 ha elk bedryf.  Gaan kyk bietjie op Google-earth hoeveel spilpuntsirkels jy kan tel tussen Vryburg, Kuruman en Bray.  As die besproeingsswater wat op 20 ha Spilpunt neergesit word eerder met druppers neergesit word kan ongeveer 100 ha besproei word (ek praat onder korreksie).  Koop ons dus een plaas van 500ha met 'n silpunt van 40 ha kan ons feitlik die helfte van die plaas besproei.  Die res kan vir behuising ens gebruik word.   Verdeel die 200ha wat besproei word nou  in 5 ha persele dan kan daar 40 gesinne geleentheid gegee word om 'n nuwe lewe te begin.  Die enigste probleem met die kalaharie is dat grondhervorming so groot deel van die gronde opgeneem het dat dit nie moontlik sal wees om weg van die volksvreemdes af genoeg grond te kan bekom nie.  So ek self verkies die bo-karoo waar daar minder volksvreemdes is, al is ek liewer vir die kalaharie.  En nou het ons die enigste privaat besitte dorp ook nog verloor.  Feit bly staan, dit kan enige plek gedoen word as daar 'n wil is en die kapitaal bekom kan word. 

Daar is aannames en foute in my berekeninge.  Is daar nie dalk 'n besproeingskundige in Bravoland wat ons van die regte inliging kan voorsien nie?

Cois

Jy is reg.  As daar burgers in daardie lande is sal ek graag wil vra hoeveel komissie hulle wil hê om kapitaal daar vir ons te werf, die plan vir die werwing sal ek dalk later uiteensit. 
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Insake: Boeregrond
« Antwoord #7 op: May 19, 2009, 01:56:37 PM »
Jan Beyers moet bietjie hier kom saam gesels. Hy het mos nou al die klas goed ondersoek.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Insake: Boeregrond
« Antwoord #8 op: May 19, 2009, 03:09:47 PM »
SP,

Skakel net gou my kliente en se hulle moet ophou my skakel...

Ek sal later bietjie gedagtes kom deel.  (Later vandag, of later die week, of later die jaar)

Groete

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: Boeregrond
« Antwoord #9 op: May 20, 2009, 07:27:20 AM »
Net 'n gedagte: Dit sluit aan by hoekom ek van mening is dat Pieter Mulder op die regte plek is. Die onderdrukker se doelwit is om 30% landbou grond te hervorm, hulle sê 5% is reeds gedoen. Sou iemand hulle kan oortuig om die oorblywende 25% as aaneenlopende gebiede in bv. die Oos Kaap , Oos VS en Mpumalanga aangrensend aan Lesotho en die ou Bop en Transkei te koop, laat dit jou met die hele westelike gebied vir Volkgsgebruik. Dus gebruik mens in wese die regime se oogmerk en fondse om hul eie gat te grawe.
En hoor jy die magtige dreuning...

Sanderis

  • Gas
Insake: Boeregrond
« Antwoord #10 op: May 20, 2009, 08:10:20 AM »
Ek weet darem nou nie so mooi of Pieter Mulder dit sal kan vermag nie , tyd sal leer .

Afwesig Andre

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 420
Insake: Boeregrond
« Antwoord #11 op: May 20, 2009, 09:14:30 AM »
Hy moet net sy mede kabinet kan oortuig dat dit die regte ding is om te doen.

Dalk moet ons hom help met voorstelle, ek is besig om vir hom 'n briefie te skryf.
En hoor jy die magtige dreuning...

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Insake: Boeregrond
« Antwoord #12 op: May 20, 2009, 11:51:16 AM »
Mulder is adjunkminister vir Landbou nie Grondsake nie en het dus geen sê mbt watse grond opgekoop moet word en wat nie.

Hy kan net daarop hamer dat sekere grondhervormings beleidstandpunte die voedselkrisis kan vererger.

Hy is steriel in daardie pos en enige hoop dat hy iets kan vermag, is gebore uit desperaatheid eerder as gesonde verstand.

Groete

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Boeregrond
« Antwoord #13 op: May 20, 2009, 02:47:38 PM »
In konsep kan die Mulder opsie dalk gevolg word, maar ons sal moet besef dat ons op die ou end self sal moet koop wat ons wil hê.  Dit in een blok konsolideer sodat pienkes, geles(Solly en Ahmed), en ander skakerings van die NSA reënboog nie kan grondregte bekom nie.  Dit help niks ons sit met NSA kaart en transport wat weer aan volksvreemdes verkwansel kan word nie.

Die probleeem met die oos/wes ding is net: Wat gemaak met Harry se nageslag en die nammas. griekwas en ander woestynbewoners?  As hulle nie  deel van die NSA grondgebied is nie gaan ons maar weer met hulle ook probleme kry.  Hier op Vryburg weet hulle nie meer wie griekwas, wie boesmans, wie tswanas en wie net eenvoudig baster is nie.  Die verskuiwing van die wetelike stamme, soos die tswanas en die bg. groepe gaan nie gebeur nie.  Ons sal dan nog altyd met hulle in ons midde sit.  DIe uiteinde is dat die volkie wat aan hul diensknegte verslaaf is weer 'n spul van hulle op die plase gaan laat bly en dan sit ons weer met 'n probleem.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Insake: Boeregrond
« Antwoord #14 op: May 20, 2009, 02:49:44 PM »
wetelike stamme - skuus die vingerfout, dit moet lees westelike stamme.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Badenhorst

  • Gas
Re: Boeregrond
« Antwoord #15 op: April 09, 2010, 04:57:00 PM »
Ek is nuut op die forum en ek verneem ek moet iewers aanmeld maar nadat ek die onderwerp raak gelees het wil ek net gou vir julle die finansies probleem oplos.

Ons huidige regeerders van Suid Afrika bekom slegs finansies op drie maniere en my voorstel is om dieselfde drie maniere te gebruik aangesien dit die enigste metode is om finansieel sterk te staan.

Metode 1: Belasting - Hoe nou vra u? Ek is seker dat elke lid van bravoland wat regtig streef na 'n volkseie gebied sal met gurigheid 'n belasting betaler word om hulle volkseie gebied aan te skaf. Kom ons se R200 per maand en die bravoland lid kry dan "belasting Betaler" of "Bydraende Burger" aangeheg by su avatar. So doende sal dit ook sigbaar wees wie in die volkseie gebied hoort en toegang mag kry.


Metode 2: Buitelandse beleggings - Dit is reeds in werking dat China in Zimbabwe boer vir hulle eie land se gebruik. Hulle koop die grond en betaal belasting en benut die grond vir 'n doel. Talle buitelanders besit grond in die Suid Afrika van vandag. Hotelle, Gaste Huise. Ek dink dat so iets 'n redelike bestaan sou kon maak uit toeriste anntrekking alleen.


Metode 3: 'n Lening by 'n gewillige instansie



Ek is seker nie so slim nie maar as ons se ons moet saam staan dan moet ons saam staan. Soos hierbo uiteengesit is die enigste 3 metodes om enige volkseie gebied te bekom en te ontwikkel. Kry die grond, verseker die grond word slegs deur Bravoland Burgers bewoon en bewerk, maak die skuiwing na die grond lukratief en brei uit met meer grond tot die gebied groot genoeg is om gesag af te dwing op die gepaste manier.

Ek dog ek deel net wat in my kop aangaan.

Dankie

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Boeregrond
« Antwoord #16 op: April 09, 2010, 05:43:06 PM »
Badenhorst,

Ek spook al lankal om 'n tipe Afrikaer klub op die been te bring. R100 per maand ledegeld en jy het klaar 'n leiersinfrastruktuur, 'n kommunikasienetwerk... ens. ens.

die Probleem is baie Afrikaners wil "oorlog" daar iewers hoor voor hulle na jou luister. Die oomblik as jy 'n vreedsame, logiese plan op die tafel sit, dan stel niemand belang nie.

Sanderis

  • Gas
Re: Insake: Boeregrond
« Antwoord #17 op: July 17, 2010, 01:19:58 AM »
SP,

Skakel net gou my kliente en se hulle moet ophou my skakel...

Ek sal later bietjie gedagtes kom deel.  (Later vandag, of later die week, of later die jaar)

Groete

Al bietjie tyd Jan ?

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Boeregrond
« Antwoord #18 op: January 04, 2011, 10:16:20 PM »
Al baie meer tyd Jan. >:(

Badenhorst.  Ek hou van die manier waarop jy dink, veral opsie 1.  Hoop jy is al ingeburger in Bravoland. 

Badenhorst se opsie 1 is die punt waarby ek wil uitkom.  Om aan te sluit by my vorige vrae oor hoeveel Bravolanders in die buiteland is.  Hoeveel van die Afrikaner vrywillige bannelinge in die buiteland sal graag wil terugkeer na 'n veilige stukkie Suid-Afrika?  Hoeveel mense verlang terug om maar weer deel te hê aan Boerekultuur?  Het ons iets om hulle aan te bied? Kom ons skep vir hulle 'n droom om by in te koop en voor by te dra.  Dink bietjie hieroor.  Die wisselkoers is tans R7? per $ en R12? per pond.  Kom ons maak gou 'n statisties gebasseerde som met pondverdieners.  Gestel daar is tans 500 000 Afrikaners in Rooinekland (Dan kan ons daai eiland annekseer, minder Boere het hulle hier drie jaar lank besig gehou ;D) Statisties kan gereken word dat ±5% van die bevolking 'n saak steun.  5% van 500 000 = 25000.  My aanname is dat 25 000 Afrikaners in Britanje die idee van ons eie land sal steun sonder veel oortuigingswerk.  DIe oortuiging gaan kos om hulle te laat inkoop in die plan om te help om ons grondgebied uit te koop.  Gestel nou 'n gemiddelde Afrikaner in Rooinekland verdien 2000 pond.  Ons vra hom 1% van sy maandelikse inkomste, dus 20 pond. 
25000 * 20 pond = 500 000 pond per maand.  Randwaarde:R12 * 500 000 =  R6000 000 per maand.  Besproiingsgrond in Orania gebied kos tans R100 000/ ha.  As OSK/Kambro R6000 000 per maand het kan hulle sowat 60 ha besproeingsgrond per maand aankoop  of anders gestel R27 000 000 se grond per jaar.  Dis meer as wat een van die spog besproeingsplase wat tans daar in die mark is kos.

Maak dit sin vir die somme manne?  Jan?
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: Boeregrond
« Antwoord #19 op: January 05, 2011, 04:58:24 PM »
Ai julle dryf die spot met my!  Alzheimer is nie grappies nie!

Kapelaan en ander...

Die gedagte is rein en edel.  Die somme klop seker ook.  Dit is dieselfde gedagte wat Orania reeds het met hul projek "Vriende van Orania".  Hulle het al in daai klein stink plat eiland oor die see 'n groep wat lede werf vir so iets.  So ook in ander Europese lande.  Nou Orania se bemarking is baie goed.  En hulle kom nie naastenby op daardie bedrae uit nie.

Wat gaan ons ekstra doen om die Boere daar te oortuig om by te dra?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal