Regtelike Sake > Departement van Grondsake

Boeregrond

(1/6) > >>

Martin Jordaan:
Hierdie draad is geskep om te gesels oor moontlike maniere om soveel as moontlik Boeregrond te bekom en te konsolideer in een blok sodat ons soveel as moontlik volksgenote kan verskuif uit die NSA en sodoende te beveilig teen die vlaag van volksmoord teen ons.

Daar is verskeie pogings om volkstaat groeipunte te vestig.  Wat ek egter mis is 'n strategie om soveel as moontlik grond te bekom om dit 'n werkbare oplossing te maak. 

Kom ons wissel gedagtes oor hoe ons die grond kan bekom wat ons nodig het vir soveel van ons vryheidsbehoeftes. 

Geen kritiek teen groeipunte sal geduld word nie maar oplossings oor hoe om die groeipunte te laat groei.  Dalk is daar 'n Oraniaer of Kleinfonteiner wat ons kan laat weet wat hulle planne in die verband is.

Martin Jordaan:
Ek wil my voorstel begin deur van die moderator of administrateur of minister van Binnelandse Sake te vra of daar enige aanduiding is oor hoeveel Bravolanders tans buite die grense van NSA woon.  As dit afgebreek kan word na hoeveel in Rooinekland, Grootbekland en Onderkant woon sal dit ook help om my voorstel gestalte te gee.

Sanderis:

--- Aanhaling van: Martin Jordaan op May 16, 2009, 04:59:33 PM ---
Geen kritiek teen groeipunte sal geduld word nie maar oplossings oor hoe om die groeipunte te laat groei. 

--- End quote ---

As dit die geval is sal jy net een-dimensionele sig hĂȘ . Ek verkies drie-dimensionele sig .

Cois.:
LoL

Martin  ek neem aan jy verwys hier na Engeland, Amerika en Australia  en in die volgorde ??

MEERKAT:
Martin, ek woon op Kleinfontein, en steun hierdie gedagte 100 persent.

Daar is n paar probleme wat in gedagte gehou moet word, en wat oorbrug moet word. Hierdie is nie kritiek nie, net kommentaar dat dit nie n pad van maanskyn en rose is nie.

Die area waar so n groeipunt geskep word, moet baie omsigtig gekies word, en omvangryke uitvoerbaarheidstudies moet gedoen word t.o.v verskeie aspekte.

1.   n Sterk interne ekonomie kom nie oornag tot stand nie. Kapitaalkragtige professionele mense, asook sakemanne word hiervoor benodig. Jy kan nie verwag dat hierdie mense hulle onmiddelik moet isoleer van die NSA-markte en produksiemiddele nie, derhalwe moet jy liewer wegbly uit die Kalahari uit. Jy kan seker jou geld gaan spandeer in die Kalahari, maar dis nie vir almal so maklik om n bestaan te maak volgens hulle verwagtinge daar nie.

Kyk dus na groeipunte binne dagwerk-reisafstand vanaf die stede.

2.  Nie almal in die omgewing van so n groeipunt voel ewe simpatiek daaroor nie. Goeie en geskikte grond binne 50 km vanaf stede, met voldoende water en ontwikkelingspotensiaal, is gesog en duur. Verwag dat daar koppe gestamp gaan word met andersdenkende Volksgenote wat ook dieselfde grond wil bekom, veral as daar uitgebrei moet word, en grond bygekoop moet word.

3.  Samewerking met die groter Volkseie gemeenskap is baie belangrik, veral op die gebied van plattelandse beveiliging. Die gebied moet darem ook redelik maklik beveiligbaar wees, en skoon gehou kan word van volksvreemde informele konsentrasies (plakkerskampe). Volkseie arbeid is n probleem - pasop vir toestroming deur Volksgenote wat nie regtig lus is om te werk nie, en ook nie andersins n ekonomiese bydrae kan lewer nie.

4.  Interne struweling kan n groot probleem word - veral as sommiges voel dat andere bevoordeel word, en daar nie aan hulle verwagtinge voldoen word nie. Mense is afgunstig. Interne strukture en reglimente moet in plek wees om hierdie dinge te handteer.

Die voordele is egter legio, en die meerderheid ervaar die rustigheid en veiligheid waaroor andere maar net kan droom. Ek steun die gedagte om meer van hierdie groeipunte te vestig, met die oog op uiteindelike oorkoepelende selfregering.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version