Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Bloemfontein: Stigtingsdag/Van Riebeeckdag  (Read 1004 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Op kantoor Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1924
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Bloemfontein: Stigtingsdag/Van Riebeeckdag
« op: May 20, 2009, 08:35:46 PM »
BLOEMFONTEINSE KULTUURVERENIGING

(‘n Gesinskultuurvereniging vir Afrikaners)

Ons leuse:  ‘n VOLK RED HOMSELF


Liewe Kultuurvriend,

‘n VRIENDELIKE UITNODIGING NA ONS VOLGENDE KULTUURAAND

Dit wil voorkom asof STIGTINGSDAG/VAN RIEBEECKDAG deesdae nie meer vir die Afrikaner baie belangrik is nie.  Baie jongmense weet dalk nie eers meer dat Jan van Riebeeck op 6 April 1652 voet aan wal in Suid-Afrika gesit het nie. 

Ons bestuur het besluit om by ons volgende kultuuraand gedagtes te wissel oor die betekenis van Stigtingsdag vir ons volk in 2009. 

Hier is jou uitnodiging met die besonderhede:

Datum en tyd: Vrydagaand, 22 Mei 2009 om 19:00.
Plek:        Ouditorium, Bybelhuis.
Geleentheid:    Stigtingsdag/Van Riebeeckdag.


Gespreksonderwerp:  Het Van Riebeeck se koms na Suid-Afrika vir ons volk hoegenaamd nog enige betekenis?
Gespreksleier:  Dr. Chris Verwoerd


Aanvullende program:

* Voordrag:  Uittreksels uit Die Dieper Reg van NP van Wyk Louw
   (Jeanette de Winnaar, student, UV.)
* Instrumentale nommers (Elsabé Raath, student, UV)
* Sangsolo’s (Christine Hugo, leerling, President Steyn)
* Samesang

By ons kultuuraand van 27 Februarie 2009 was die bywoning goed en het die bespreking goeie reaksie uitgelok.  Kom ons gebruik hierdie geleentheid weer om saam met volksgenote kultuur te beoefen en kultuur te geniet. 

Welkom by voorbaat by hierdie kultuurgeleentheid!

Vriendelike groete.
Sam de Klerk      
(Voorsitter  - 14 Mei 2009 / Tel.: 051-4461899)
« Laaste verandering : May 20, 2009, 08:39:02 PM deur Karina de Jager »
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal