Skrywer Onderwerp: Swart en wit móét deel  (Read 1663 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Swart en wit móét deel
« op: May 24, 2009, 12:06:28 PM »
Pretoria

Integrasie van universiteitskoshuise moet tot binne-in kamers deurgevoer word.

Om dit te laat gebeur, kan universiteite dit nie aan koshuise oorlaat om te besluit wie kamers deel nie, maar moet dit deur ’n sentrale stelsel gedoen word.

Só lui een van die aanbevelings van ’n taakspan wat die vorige onderwysminister, me. Naledi Pandor, aangestel het om na rassisme op kampusse te kyk. Dit was ná die Reitz-video-voorval verlede jaar waarin skoonmakers ’n brousel moes drink waarin inwoners van dié Universiteit van die Vrystaat-koshuis na bewering geürineer het.

Die taakspan se verslag is bekend gestel kort voordat dr. Blade Nzimande die nuwe minister van hoër onderwys geword het.

Op grond van onder meer bestaande navorsing en dokumente, besoeke aan kampusse en gesprekke met organisasies, het die taakspan bevind dat universiteite deurtrek is van diskriminasie in die vorm van rassisme en seksisme.

Mnr. Frans Cronjé, uitvoerende adjunkhoof van die Suid-Afrikaanse Instituut van Rasseverhoudinge, sê dié bevinding bied aan die regering die verskoning om in te gryp.

Hy is bekommerd dat dit ’n presedent kan skep.

Cronjé sê hoewel hy in beginsel ’n probleem het met gedwonge integrasie, moet hy tog saamstem met die aanbeveling oor koshuiskamers omdat herhaalde rassevoorvalle by wit en histories Afrikaanse universiteite wys dat hul besture nie die kwessie kan oplos nie. So ’n beleid moet met groot sensitiwiteit gepaard gaan sodat mense nie vervreem word nie, sê Cronjé.

Studente moet opgelei word om met ander van dramaties verskillende agtergronde te kan saamleef.

Cronjé steun ook die taakspan se aanbeveling dat die sterk hiërargie in koshuise, asook alle ontgroening beëindig moet word.

“Studente misbruik dit om sekere mense uit te sluit en onwelkom te laat voel.”

Cronjé sê dis onmoontlik om mense se rassevooroordele te verander, maar suksesvolle gemeenskappe bestuur die spanning wat dit veroorsaak.

Die ministeriële taakspan het in sy hoofstuk oor koshuise veral aandag gegee aan histories Afrikaanse kampusse.

Kwotas vir eerstejaarplasings word verwelkom, maar die taakspan wys daarop dat dit nie noodwendig beteken dat studente van verskillende rasse kamers deel of dat gange gemeng is nie.

Die Kovsie-raad het aan die taakspan gesê hulle kry kritiek van ouers en alumni oor gemengde koshuise weens die verskillende maatskaplike en kulturele agtergronde van studente.

“Dit is oukei wanneer studente van dieselfde agtergrond kom, byvoorbeeld swart en wit studente van Grey College. Maar dit is moeilik wanneer ’n boer se seun ’n kamer moet deel met ’n liberale swarte van Soweto,” is aan die taakspan gesê.

’n Opname onder eerstejaarstudente aan die UV het gewys 42% van wit studente wil nie ’n koshuis met swart studente deel nie, terwyl meer as 75% nie ’n kamer met ’n swart student wil deel nie.

http://jv.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2521281,00.html

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #1 op: May 24, 2009, 12:12:56 PM »
Die taakspan vertel dat Universiteite deurtrek is van rassisme en seksisme. Hulle enigste oplossing is gedwange integrasie, nie net van koshuise nie, maar ook van kamers.

Beteken dit nou dat swartmans en witdames kamers gaan deel?

Dit is seker 'n belaglike argument, maar niks meer belaglik as die oplossing wat die sogenaamde taakspan voorstel nie.

Dit gaan hulle egter nie stop nie, hulle gaan koshuis kamers integreer, as dit nie volgende jaar gebeur nie, gaan hulle aanhou karing tot dit gebeur.

Gevolglik is dit nou die tyd om ons eie universiteite te skep. Ons kan nie wag tot die huidige universiteite totaal verwoes is en dan iets nuut wil skep nie.

Ek het dit al vooreen gese, Orania het 'n universiteit nodig. Dit gaan hierdie probleem oplos en sommer 'n paar van Orania ook.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #2 op: May 25, 2009, 05:14:51 PM »
Daar is alreeds reuse vordering gemaak met 'n volkseie universiteit. Besoek gerus hierdie webwerf en gee u terugvoer:  http://www.apa.ac.za/

Sanderis

  • Gas
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #3 op: May 25, 2009, 06:52:54 PM »
Daar is alreeds reuse vordering gemaak met 'n volkseie universiteit. Besoek gerus hierdie webwerf en gee u terugvoer:  http://www.apa.ac.za/


Ek dink ek het al van hulle gehoor op RPta , soos ek verstaan het deur die gesprek is hul sertifikate (korrekte woord ?) van Internasionale waarde en word internasionaal aanvaar .
Ek hoor wat jy sê van 'n Universiteit by Orania , ja dit kan baie probleme met een klap uit die weg uit ruim .

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #4 op: May 26, 2009, 08:56:50 PM »
Dit is sulke goed wat my 'n trotse APKaner maak  ;D :D
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #5 op: June 11, 2009, 02:45:23 PM »
Daardie verslag van Pandor wat aan Nzimande gegee is, het hom mos nou laat reageer - onder andere in vandag se Beeld.
Ek wil net graag sê dat al het ons dit tot 'n groot mate verwag, die berig my vandag geskok het!  Woorde soos 'arrogansie' en 'vermetelheid' en 'verwaand' en 'astrant' is totaal nie in staat om die gedrag van die 'minister van tersiêre onderwys' te beskryf nie.  Om nie eers te praat van 'diefstal' of 'vernietiging' van ons eeue-oue 'alma maters' nie. Ek voel vandag  baie na aan trane, om die minste te sê. 

Daardie woorde wat hy noem, soos 'transformasie' (hierdie woord kan hulle blykbaar nie genoeg gebruik nie); en 'die taalbeleid wat ander mense uitsluit' - pleks dat hy reguit vir ons sê: "Ons wil die universiteite waarin julle en julle ouers en grootouers gestudeer het, oorneem om dit vir ons eie doelwitte te misbruik en terselfdertyd julle taal Afrikaans totaal te verwyder uit alle lesingsale en raadsale.  Ons wil die kwaliteit opvoeding wat daar plaasvind, vernietig - ons haat alles wat ons aan julle herinner want dis beter as enigiets wat ons nog ooit gedoen het en ooit sal doen."
Dit bevestig net weer soos julle sê - ons sal maar weer ons eie instellings moet skep!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #6 op: June 11, 2009, 05:14:09 PM »
Amen
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #7 op: June 11, 2009, 06:55:09 PM »
Dit is goed om dit te besef en tyd dat ons dit doen!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #8 op: June 12, 2009, 02:08:01 PM »
Zooma het nie verniet die onderwys in twee gedeel nie - hy weet as die universiteite Ingels is, dan dwing jy die skole om Ingels te word. En dit verklaar ook waarom die skepsel vir tersiere onderwys aangestel is.

Volkseie onderwys gaan nou hard en diep moet dink - en die Kerke sal moet begin saamwerk anders kom hier groot fout.
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #9 op: June 12, 2009, 02:56:33 PM »
Die Kerk? MMmmmmmmm

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #10 op: June 12, 2009, 04:47:16 PM »
Daar is alreeds reuse vordering gemaak met 'n volkseie universiteit. Besoek gerus hierdie webwerf en gee u terugvoer:  [url]http://www.apa.ac.za/[/url]


Die APA nes die BCVO is huidiglik geakkrediteer by die nSA se Departement van Onderwys, wat jou steeds dwing om (tot 'n mate) volgens ANC reëls te speel.

Met Blade nou by hoër onderwys, is die uitdaging om by 'n onderwysligaam in Nederland of Vlaandere te akkrediteer. Dit mag dalk 'n langsame proses wees, maar sal beslis die moeite werd wees - so sal jy die hele Onderwysdepartement met al sy ideologiese twak en UGO systap.

Dit is nou waarvoor ons moet werk, nie vir onderhandelinge met die staat vir 'n eie Afrikaanse onderwysowerheid nie. Hulle gaan ons net met mooi praatjies in rooi lint vasdraai, terwyl hulle aanhou om ons kinders te breinspoel -  EN DIT moet ouens soos Dr Dan Roodt eerder vroeër as later begin insien.

Groete 
« Laaste verandering : June 12, 2009, 04:50:41 PM deur Boo »

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Swart en wit móét deel
« Antwoord #11 op: June 13, 2009, 05:15:53 AM »
Boo, jy is in die kol - buitelandse onderhandelinge is minstens meer geloofwaardig en bied ruimte vir volkseie geskiedenis, verseker internasionale erkenning en eerste wereld standaarde - niks hiervan word in komunistiese NSA gebied nie.
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal