Afdeling van die Afrikanerfront > Kennisgewings

Afrikanerfront - media verklaring - 22 Mei 2009

(1/1)

Ben Geldenhuys:
Lees gerus die media verklaring hier: http://www.bravoland.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=133:afrikanerfront-verklaring-22-mei-2009&catid=63:afrikanerfront-nuus&Itemid=74 en lewer dan kommentaar op hierdie draad.

Sanderis:
Hoe kan ons as burgers van Bravoland betrokke raak en sodoende 'n bydrae lewer ?

Jopieswan:
Ek wil net sĂȘ in my enigheid voel ek baie bly en opgewonde oor die feit dat die AF 'n klomp "Volksdirektorate" gaan stig. Dit voel soos 'n logiese volgende stap in die ontplooiing van 'n eie "administrasie" en "gesagsnetwerk" sodat die lang lys van probleme waarmee ons op alle bestaande gebiede geteister word, aangepak en met gekoordineerde aksies en werk aangespreek kan word.

Persoonlik tel ek nie onder die "kundiges" wat gemonster sal word vir die groot stryd wat voolĂȘ nie, behalwe as baie van hulle eindelik benodig word sodat ons half-kundiges ook nodig raak. Maar ek sal graag, soos vele ander glo ek, my ondersteuning en voorbidding belowe en as ons dalk iewers kan help met gewone of sleurtakies soos administrasie of wat ook al, sal ons aanmeld.

Cois.:
Ek dink Jopieswan het my gevoel ook hiermee aangespreek

Clem de Klerk:
Vriende, diegene wat op die bestuur van Afrikaner Front verkies is, is ook maar gewone mense wat nie noodwendig altyd kundiges is nie.

Julle ondersteuning, en veral jul voorbidding, is van uiterste belang. Kom ons kyk waarheen alles op pad is, en kom ons hoop op die toekoms - ons sal weer vry wees in ons eie land!

Navigation

[0] Message Index

Go to full version