Skrywer Onderwerp: Skep vir jou 'n toekoms!  (Read 2949 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Skep vir jou 'n toekoms!
« op: June 12, 2009, 11:08:51 AM »

Die Afrikaner moet besef in 1994 het hy alles verloor wat hy eens opgebou het in Suid-Afrika. Tans is talle daarvan vervalle of verwoes en dit wat oor is, se naam word verander of verengels, net om die Afrikaner tot die besef te bring dit behoort nie meer aan hom nie.

So is dit ook met die Universiteite en staatskole. Dit behoort aan die staat en die staat word deur die ANC regime beheer. Hierdie regime het ten doel om 'n revolusie te laat plaasvind en die Afrikaner en sy strukture pas nie in by hierdie beplanning nie. Dit is sinneloos om hierdie revolusie te probeer keer, alle pogings om dit te probeer keer, stel slegs die kwade dag. Hierdie energie kan beter aangewend word.

As die Afrikaner wil oorleef in die Nuwe Suid-Afrika, sal hy vir homself sy eie toekoms moet skep. Sy eie strukture daar moet stel wat hy self beheer.

Voorbeelde hiervan bestaan reeds. Toe die SAUK die ANCBC geword het, is Radio Pretoria geskep. Vandag is Radio Pretoria ‘n baken van hoop en ‘n toonbeeld van ‘n volk se wil om te oorleef in die donkerste van kontinente. Dieselfde geld vir die skoolstelsel. Daar was gelukkig mense met visie, wat 15 jaar gelede reeds besef het dat die ANC regime se doel is om alle Afrikaanse skole te verengels en die skole te gebruik om hulle revolusionere propaganda te versprei. Daarom het hierdie visionere die BCVO gestig en hieruit is gebore die onafhanklike Afrikaanse eksamenraad. Vandag word daar twee Afrikaanse matrieksertifikate in Suid-Afrika erken. Die van die staat en die van die OAE. Universiteite aanvaar die OAE se matrieksertifikaat met ope arms, oor die standaard van die staat se matrieksertifikaat is daar talle vrae. Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike Afrikaanse universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte wereld standaarde. Hierdie droom is baie naby daaraan om ‘n realiteit te word!

Hierdie strukture kos egter geld, daarom is dit belangrik om ‘n eie ekonomie binne die ekonomie te skep. Die eerste stappe in hierdie verband is reeds geneem met ‘n eie bank wat gestig is. So ook eie sakekamers, wat van krag tot krag groei ten spyte van die moeilike ekonomiese toestand waarin die land verkeer.

Laat die regime dus voortgaan met sy swart ekonomiese bevoordeling, om dit te probeer stop is sinneloos. Om dit te ondersteun is net so sinneloos, want alhoewel dit mag voorkom of net die pinkie nou gevra word, sal die hele hand uit eiendelik gegryp word.

Die Afrikaner is besig met sy eie ekonomiese bemagtiging. Uit hierdie ekonomie sal die Afrikaner weer sy eie strukture daar stel. Strukture wat hy self sal beheer en wat nie afgetrek sal word na ‘n Afrika standaard toe nie. Hierdie strukture word op ‘n eerste-wereld standaard gehandhaaf, soos waaraan die Afrikaner gewoond is en waarmee die Afrikaner gemaklik voel. 

‘n Uitdaging waarmee die Afrikaner ook sit, is dat niemand ‘n mandaat het om namens hom op te tree of na sy belange om te sien nie. Daarom is ek opgewonde oor die proses wat die VVK begin het. ‘n Proses waar daar ‘n demokratiese raad verkies gaan word wat ‘n mandaat sal besit om namens die Afrikaner op te tree en na sy belange om te sien.

Dit is egter tyd dat elkeen hand in eie boesem steek. Dat die strukture wat reeds geskep is ondersteun word en dat daar ‘n toekoms verseker word vir ons en die wat na ons as Afrikaners gebore word in hierdie land.

Sanderis

  • Gas
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #1 op: September 20, 2009, 11:26:08 PM »

Leonard has left a new comment on your post "Skep jou eie toekoms -
Amptelike persverklaring ui...":

Dis opwindend dat daar meer Afrikaners is wat besef dat ons ten eerste
self vir ons toekoms verantwoordelik is, en dat mens soms jou neerlae
moet erken, en dan die volgende veldslag des te beter beplan en tot
aksie oorgaan.

Feitelike korrektheid is egter van groot strategiese belang: dit kan
dodelike gevolge hê as jou inligting nie korrek is nie.

Let dus op die volgende feitelike sake:

1. Die OAER (nie OAE nie), wat aan die BCVO behoort, is een van twee
onafhanklike eksamenrade. Die ander een is die Independent Examination
Board (IEB) wat ook al baie jare sy eie eksamens aanbied.

2. Die IEB bied sy eksamens ook in Afrikaans aan, en tel onder andere
die Olifantshoek Akademie vir CVO as een van sy eksamenskole. Die IEB
is dus deel van die Afrikaanse eksamenwese en is 'n faktor wat
verdiskonteer moet word as daar oor die toekoms van Afrikaneronderwys
besin word.

3. Die "onafhanklikheid" van beide van hierdie sogenaamde onafhanklike
eksamenrade is beperk: beide staan onder Umalusi se sogenaamde toesig,
wat op 'n groot mate van beheer neerkom. Die vraestelle mag byvoorbeeld
nie uitgaan alvorens Umalusi se moderering daarvan afgehandel is nie,
en as jy die Umalusi-verslae lees, is daar bv meer as een OAER-vraestel
verlede jaar (2008) aanvanklik afgekeur en is deur Umalusi beïnvloed.

4. Die matrieksertifikaat lyk vir staat, IEB en OAER presies dieselfde.
Inteendeel het die debakel oor die laatuitreiking van die amptelike
sertifikate net weer gewys hoe afhanklik ook die OAER en IEB van
Umalusi se nukke, grille is. As jy een van die "onafhanklike" eksamens
gedoen het, het jy darem die voordeel van 'n bykomstige sertifikaat van
die eksamenliggaam wat jy - as die burokrasie jou die kans gee by jou
tersiêre inskrywing - kan wys.

5. Die OAER het baie werk aan die gehalte van sy aanbieding: die
Umalusi-verslae oor vorige eksamens het probleme uitgewys. Dit word
gehoop dat die saak van laatvoorlegging van vraestelle van 2008 bv nie
nou in 2009 weer voorgekom het nie.

Groete
Leonard van der Dussen
Selfoon: 082-5732-732



Posted by Leonard to Bravoland Media at September 20, 2009 10:55 PM

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #2 op: September 21, 2009, 01:13:47 PM »
Ek weet nie, die IEB lyk maar vir my vreeslik Engels. http://www.ieb.co.za/ Ek sien niks wat soos Afrikaans lyk nie en sien ook nerens dat hulle wel hulle kurikulum in Afrikaans aanbied nie. Indien wel, is dit 'n geheim wat niemand my van vertel het nie en vra ek verskoning vir my onkunde.

Sanderis

  • Gas
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #3 op: September 21, 2009, 01:35:17 PM »

Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike Afrikaanse universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte wereld standaarde. Hierdie droom is baie naby daaraan om ‘n realiteit te word!


Ja Ben , dit is net Ingels . Val die boonste aangehaalde stuk nie goed in met die gesprekke van laasweek nie .

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #4 op: September 21, 2009, 02:12:43 PM »
Die IEB is inderdaad ingels, soos die naam aandui:"Independant examination Board" en is deur 'n groep ingelse privaat skole tot stand gebring. HO het daar baie mee te doene gehad ... Dit is waarom die BCVO destyds sy eie Afrikaanse eksamenraad op die been gebring het.


Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike Afrikaanse universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte wereld standaarde. Hierdie droom is baie naby daaraan om ‘n realiteit te word!



Ja Ben , dit is net Ingels . Val die boonste aangehaalde stuk nie goed in met die gesprekke van laasweek nie .


Die studente van die APA sal seker nog van hulle laat hoor, maar daar is al 'n begin gemaak met so 'n Christelike Afrikaner tersiêre instelling!!!

Kyk by www.apa.ac.za
« Laaste verandering : September 21, 2009, 02:22:07 PM deur Adri van Staden »
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #5 op: September 21, 2009, 02:15:59 PM »
Dit is goeie nuus Oom Adri!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #6 op: September 21, 2009, 04:54:25 PM »
Ek het die volgende inligting ontvang via Ds Gideon Grobler, wat tot baie onlangs die voorsitter was van die BCVO. Jammer dit is so lank maar dit gee wyer agtergrond tot gesprekke wat tans gevoer word in die onderwyskringe. Sien ook die aanhangsel soos aangeheg en waarna daar verwys word.

Na aanleiding van inligting wat na verskeie mense en instansies gestuur is insake onderwys in Suid-Afrika, is heelwat terugvoer die laaste tyd ontvang op verskillende wyses, en interessante aangeleenthede het uit hierdie gesprekke en boodskappe na vore gekom. In hierdie boodskap word ‘n paar sake opgesom wat prakties vir Afrikaner-ouers, onderwysers en belanghebbendes in die onderwys van belang is:
 
1.   Word Cambridge-eksamen in Suid-Afrika erken? – ‘n uitdruk van twee bladsye uit Tuks se “Toelatingsvereistes en Algemene Inligting 2010” is aangeheg. Tabel 8 is baie duidelik daaroor hoe         verskillende Cambridge¬¬-vlakke regstreeks erken word om die TPT (toelatingspunttelling) te bereken. Dit is in ooreenstemming met die amptelike erkenning wat Cambridge¬  geniet in die hoëronderwys wetlike struktuur. As in ag geneem word dat selfs die “IGCSE”-eksamen in ag geneem word vir die TPT (hoewel dit baie goeie simbole vereis!) en IGCSE by CVO Skool Verwoerdburg in ooreenstemming met ‘n ander privaatskool wat Cambridge  al jare lank aanbied as Graad 10-eksamen gebruik word, hoef daar min twyfel te wees dat Cambridge deeglik erken word. Die Botswana en Namibiese regerings is regstreekse kliënte van Cambridge, en van hulle burgers word by ons tersiêre instellings toegelaat. Cambridge het in werklikheid ‘n taamlike sterk vastrapplek in suidelike Afrika.

2.      “Jy gaan dubbel betaal by die universiteit as jy ‘n Cambridge-sertifikaat het” – dit gaan oor burgerskap en nie oor die oorsprong van jou sertifikaat nie. As jy ‘n Suid-Afrikaanse burger is, en tot ‘n tersiêre inrigting toegelaat word, word die prestasiemeting toegepas volgens jou sertifikaat, maar die betaalkwessie volgens jou burgerskap.

3.       “Cambridge  se standaard is baie hoog” – Meeste ouers bedoel met hierdie stelling eintlik dat hulle “gehoor het dat ons kinders maar bietjie met Cambridge sal sukkel” (hierdie woorde het ek die afgelope maande dikwels gehoor).

a.    Die proefnemings en studie wat die afgelope jaar by CVO Skool Verwoerdburg in die implementeringsproses gedoen is, het gewys dat Cambridge  se IGCSE en AS heeltemaal doenbaar vergelyk met die standaard van die ou staatsmatriek (let wel: dit verg sokkies optrek in verhouding tot die huidige Umalusi¬-matriek). Daar is sekere inhoude wat so bietjie afskuif in die grade (‘n verskynsel wat orals sigbaar is), en die Cambridge-benadering vir eksamenskryf het ‘n element wat op insig en beredenering ingestel, maar bly steeds deeglik vakgebonde en getrou aan ‘n wetenskaplike benadering, en kan daarom sonder komplikasies gedoseer word. Die “A-levels” is haalbaar vir prestasie-leerlinge in matriek, is inderdaad op ‘n besonder hoë standaard, presies waarvoor dit ontwerp is, maar is nie noodsaaklik om te behaal nie. “Tabel 8” in die dokument wat hierby aangeheg is, wys die erkenning wat daaraan gegee word, deur die hoë TPT per vak wat aan die simbole gekoppel word.


b.   Die stelling is – sonder dat mense dit bedoel – ‘n klap in ons Afrikaners se eie gesig wat ons ons eie kinders toedien: “O-levels” (IGCSE) is die standaardskoolverlatingseksamen in Botswana. As hulle dit kan deurkom, kan ons seker ook. Hulle maak ook in sommige skole vir AS en A voorsiening, en daar is van hulle wat dit deurkom. Dan kan ons seker ook. En hulle kom studeer aan ons universiteite en technikons en word toegelaat tot sodanige studie.
c.    Is ‘n hoë standaard dan nie presies wat ons met ons eie skole en al die moeite wat dit verg, beoog nie? As die Engelse dit kan deurkom, is ons seker ook veronderstel om daarby te kan kom, tensy die siening dat die Afrikaner van Afrika is, nou deesdae insluit dat hy homself as deel van die mislukkende Afrika sien, wat ons al jare lank noord van ons sien, en wat tans sigbaar word in hoe Suid-Afrika soortgelyk as die voormalige kolonies in Afrika agteruitgaan.

d.   Enige akademiese mylpaal verg harde werk, maar die persepsies wat geskep word dat Cambridge net vir ‘n uitgelese groepie toegepas kan word en bedoel is, is nie waar nie. Sommiges sal net-net deurkom, heelwat sal in die middel presteer en’n paar sal onderskeidings kry, soos dit verwag word. Dit styg egter bo die peoples education uit en verg dat daar op skool gewerk word.

4.   “Cambridge se eksamens is net in Engels” – dit is waar: dieselfde vraestel word op dieselfde dag wêreldwyd geskryf. Dit beteken nie dat alle lesings, vakaanbiedings, toetse en eksamens op pad na die eksamens toe in Engels aangebied hoef te word nie; dit spreek egter vanself dat daar na die Engelse eksamenvermoë gewerk moet word en dat die terminologie en stelwyses in Engels geleer moet word.

5.   Is daar Cambridge¬¬¬-boeke in Afrikaans?  -  heelwat mense het al opgemerk dat hulle hoor Cambridge is in Engels, maar hulle het Afrikaanse handboeke gesien.

a.   Daar is soms verwarring tussen boeke wat deur die Cambridge University Press uitgegee word, wat boeke insluit wat tans in staatsonderwys gebruik word – in Afrikaans en Engels. Die drukkery se besigheid is los van die eksamenbedryf. Cambridge se kurrikulum gee verskeie opsies van boeke wat gebruik kan word, maar ‘n Engelse eksamen verwys logieserwys na Engelse handboeke. Ons sien egter reeds dat ons verskeie Afrikaanse handboeke wel sal kan benut in die aanbieding van die vakke, maar dit sal nie die primêre handboek kan wees nie – dit is beter om die handboeke wat in oorleg met die kurrikulum opgestel is, te gebruik.

b.   Die Cambridge University Press se boeke veroorsaak by sommige mense ook op ‘n ander manier verwarring: daar word bv onaanvaarbare dinge daarin gesien wat daarin is om Kurrikulum 2005 te dien, en dan word daar verkeerdelik veronderstel dat dit noodwendig deel is van die Cambridge¬-kurrikulum. Stel eers bietjie meer ondersoek in voordat u dalk onbedoeld foutiewe aannames oor die Cambridge¬-eksamens maak net omdat u ‘n boek in  boekwinkel deurgekyk het.

6.   Die stelling word gemaak en in gespreksgroepe op die web gelees: “Daar is net twee goedgekeurde Afrikaanse matriekeksamens” – daar is tans drie Afrikaanse matriekeksamens wat onder Umalusi se beheer staan en daarom amptelike erkenning geniet:

a.   Staat (die elf provinsies bied die eksamens aan, maar dis ‘n landwye vraestel); hulle bied natuurlik Engelse en Afrikaanse vraestelle aan, en dit wil voorkom of die bedryf grotendeels in Engels is.

b.   IEB (Independent Examination Board) – ja, hulle bied eksamens in Engels maar ook in Afrikaans aan. ‘n Lys van skole wat hulle eksamen aflê, verskyn by http://www.ieb.co.za/sce/schools.php . Die “Hoërskool Olifantshoek Akademie vir CVO” en “Privaatskool Keetmanshoop”, “Privaatskool Moria”, “Tsumeb Gimnasium”, en “Windhoek Afrikaanse Privaatskool” kom op hulle lys voor.
c.   OAER (Onafhanlike Afrikaanse Eksamenraad) – is die eiendom van die BCVO. Hierdie eksamen word primêr in Afrikaans bedryf en aangebied.
7.   Portefeuljes – Suid-Afrikaanse staatsonderwys se vereistes is so opgestel dat ‘n leerling vanaf Graad 10 – 12 ‘n volledige stel portefeuljes oftewel lêers met sy skoolwerk moet hê, wat deur die eksamenliggamen gemodereer word. Die uitwerking daarvan is dat pogings om leerlinge onafhanklik van die staat te onderrig, bykans onmoontlik word, soos die dilemma waarin tuisskolers hulle bevind, dat hulle daardeur gedwing word om by verskaffers en stelsels in te skakel om dan minstens van Graad 10 af, in ‘n voorgeskrewe baan van onderwys te moet beweeg. Cambridge fokus op die eksamen as die toetsingmedium en laat baie ruimte vir eie keuse en beheer oor die wyse en inhoud van onderrig, selfs tot op hulle A-vlak.
8.   “Cambridge is duur” – dit kan wissel in verskillende situasies, en dit is waar dat die paar skole wat tans in Suid-Afrika Cambridge¬ aanbied, die lewe vir hulleself vergemaklik met die vlak van skoolgelde en die akademiese vereistes wat hulle vir toelating stel. Vir CVO-skole sal die volgende ‘n aanduiding wees: dit gaan CVO Skool Verwoerdburg in basiese kontant per jaar minder kos om ‘n Cambridge-eksamensentrum te word as om binne die BCVO te werk. Die Cambridge-mense het wel ‘n paar minimumvereistes oor klasgroottes, laboratorium, rekenaarfasiliteite en geriewe soos ‘n kluis vir eksamenvraestelle wat insette verg, maar dit is niks meer as wat ‘n hoërskool in elk geval moet hê nie en is duidelike en billike vereistes wat geensins ‘n groot blink, skool vereis nie, maar net minimums wat ons self nodig ag. Goeie onderwys kom nie sonder koste nie, en geriewe word benodig vir goeie onderwys ongeag wie se eksamen afgelê word.
9.   Kan ons onderwysers Cambridge aanbied?  -  ons het by CVO Skool Verwoerdburg¬  die vakke deurgekyk, en ons onderwysers sien kans en begin alreeds met implimentering – wat gemaklik verloop, omdat wiskunde wiskunde bly, en biologie nie wesentlik as vak verander net omdat ‘n ander kurrikulum as basis gebruik word nie; ens vir die ander vakke. Dieselfde beredenering as wat geld vir die leerlinge se vermoë om die eksamen te kan deurkom of nie, geld vir die onderwysers se vermoë om dit aan te bied. As homo sapiens  dit in Brittanje, Ysland, Bangladesh, Indië, Botswana en nog baie ander lande kan aanbied en leerlinge kom deur, kan die Afrikaner met sy ryk genepoel dit darem seker ook doen. Dit is dalk ietwat gemaklik om vanuit CVO Skool Verwoerdburg te praat daaroor, omdat ons besonder bekwame en ervare onderwysers het, maar oor die algemeen behoort onderwysers wat bv leerlinge deur die OAER- of IEB-eksamens kry, nie terug te staan om ‘n ander kurrikulum aan te bied nie. Al vereiste is dat die onderwyser werklik ‘n liefde vir die vak moet hê, sodat die Cambridge¬-ingesteldheid wat ‘n deel beredenering en insig verg, vereis dat daar baie lekker en wyd met die vakinhoude gewerk moet word om dit regtig te verstaan en nie net ‘n paar bladsye te memoriseer nie.
10.   Hoekom kies mens ‘n Engelse eksamen bo die drie Afrikaanse aanbiedings wat wel beskikbaar is?  -  Cambridge is ‘n opsie wat akademies gefokus is, en in nie ideologies nie. Dit bied ‘n huidige oplossing om selfs binne die raamwerk van amptelike erkenning, baie vryer in jou onderwys te wees, en by die vakke en die leerlinge uit te kom. Dit het duidelike internasionale erkenning, en met die verval van die tersiêre onderwysraamwerk in Suid-Afrika, moet raakgesien word dat dit voordelig is om ‘n internasionaal-erkende kwalifikasie te hê by skoolverlating. Moedertaalonderrig tot in die laaste vraestel bly die ideaal, en die ideaal word nie prysgegee nie. Die noodsaak vir gehalteonderwys, en meer vryheid in die aanbieding en hoe die skool bedryf word, gee op die oomblik die deurslag.

Groete

Leonard
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #7 op: September 22, 2009, 08:16:51 PM »
Ek het nou "CVO" Verwoerdburg se onderhoud op Volksmikrofoon geluister vanmiddag. Die voorsitter verdudielik toe dat hulle die cambridge silabus gaan aanbied in Afrikaans, maar dat die eksamen in Engels is.

Die CVO by CVO Verwoerdburg staan seker vir Christelike Volksvreemde Onderwys??

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #8 op: September 22, 2009, 09:08:43 PM »
Ek het nou "CVO" Verwoerdburg se onderhoud op Volksmikrofoon geluister vanmiddag. Die voorsitter verdudielik toe dat hulle die cambridge silabus gaan aanbied in Afrikaans, maar dat die eksamen in Engels is.

Die CVO by CVO Verwoerdburg staan seker vir Christelike Volksvreemde Onderwys??

Ek het dieselfde gevoel begin kry SP. Ek gaan ook gesprek voer met Ben van Tonder, wat ook op die BCVO direksie dien en aktief betrokke is met die curriculum ontwikkeling vir BCVO.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #9 op: September 22, 2009, 09:10:52 PM »
Weet ons nou al wat van Gideon Grobler geword het?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #10 op: September 23, 2009, 08:27:00 AM »
Ek het nou "CVO" Verwoerdburg se onderhoud op Volksmikrofoon geluister vanmiddag. Die voorsitter verdudielik toe dat hulle die cambridge silabus gaan aanbied in Afrikaans, maar dat die eksamen in Engels is.

Die CVO by CVO Verwoerdburg staan seker vir Christelike Volksvreemde Onderwys??

As ek my matriek-eksamen in engels moes aflê, was ek nou nog op skool! Sjoe, ek kan nie verstaan hoe die dinge te rym is nie. Wat is die inhoud van dié ingelse se geskiedenis-sillabus? Gaan hulle vir die kinders leer van die Groot Trek, Bloedrivier, die Engelse Oorloë? Beteken Blood River dieselfde? Wat sou die "Big Pull" wees?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #11 op: September 23, 2009, 08:39:16 AM »
Weet ons nou al wat van Gideon Grobler geword het?

SP, hy het my ingelig dat hy op die 8 ste September 2009 bedank het as voorsitter van die BCVO en dat hy en ek later in meer detail sal gesels. Niks verder op hierdie tydstip nie. Moontlik is daar ander landsgenote wat dalk meer inligting het.
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #12 op: September 23, 2009, 08:52:14 AM »
Ek het nou "CVO" Verwoerdburg se onderhoud op Volksmikrofoon geluister vanmiddag. Die voorsitter verdudielik toe dat hulle die cambridge silabus gaan aanbied in Afrikaans, maar dat die eksamen in Engels is.

Die CVO by CVO Verwoerdburg staan seker vir Christelike Volksvreemde Onderwys??

Moeilike situasie waarin ons onsself bevind. Die kuns blyk te wees om 'n internasionale standaard te handhaaf en dienooreenkomstig geakkrediteer te word (los van die ANC), maar ook 'n Christelike volkseie onderbou te behou.

Ek en my vroutjie het gisteraand lank hieroor gesels. 'n Moontlike oplossing sou wees om dalk akkreditasie deur Nederlandse en Vlaamse instansies op te soek - miskien sal hulle meer moeite doen om vraestelle in Afrikaans beskikbaar te stel.

Ek het 'n voël op 'n keer hoor fluit dat ds. Gideon hierdie moontlikheid ook ondersoek het; wat toe daarvan geword het, weet ek nie.

Maar dit moet ons eerste opsie wees sou ons internasionale akkreditasie soek - om ons na ons stamlande te wend en nie Engeland nie, anders voer ons self die stelselmatige verengelsing van ons eie skole in.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #13 op: September 23, 2009, 09:08:03 AM »
Boo,

Ek stem heeltemal met jou saam en nou wonder ek hoekom die BCVO se silabus nie deur Verwoerdburg gebruik word nie.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #14 op: September 23, 2009, 09:18:37 AM »
Wat het hulle op Radio Pta gesê?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #15 op: September 23, 2009, 09:24:44 AM »
Boo,

Ek stem heeltemal met jou saam en nou wonder ek hoekom die BCVO se silabus nie deur Verwoerdburg gebruik word nie.

As ons eendag alleen is, sal ek jou vertel ...
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #16 op: September 23, 2009, 09:33:45 AM »
Wat het hulle op Radio Pta gesê?

Hulle het niks daarvan vertel nie. As ek reg onthou het hulle so jaar of twee terug onttrek van die BCVO vir een of ander onsinnige rede. Dit wil nou voorkom of hulle tussen daardie tyd en nou op die ANC se silabus was en het nou besluit om op die engelse se silabus te gaan.

Ek dink steeds die BCVO se silabus is op hierdie stadium die enigste suiwer alternatief. Dit is nou, as Christelike, Volkseie opvoeding in AFRIKAANS vir jou belangrik is.

Ek onthou skielik dat hier in Krugersdorp 'n privaat skool is wie se advertensie my nogal laat lag het. Sien, hulle is ook op Cambridge en adverteer hulle self as 'n Afrikaanse privaatskool, wie se klasse in Engels aangebied word??

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #17 op: November 04, 2009, 04:59:04 PM »
Ek sien ons het lekker afgedwaal met hierdie bespreking. Die punt wat ek eintlik wou maak, is dat ons toekoms, in ons eie hande is, maar dan sal ons moet die strukture wat geskep is suiwer hou en dit ondersteun.

Sanderis

  • Gas
Re: Skep vir jou 'n toekoms!
« Antwoord #18 op: November 04, 2009, 05:31:28 PM »
Die punt wat ek eintlik wou maak, is dat ons toekoms, in ons eie hande is, maar dan sal ons moet die strukture wat geskep is suiwer hou en dit ondersteun.

Dít is van kardinale belang , anders kan ons net sowel inskakel by die ANK en alles wat daarmee saamgaan .


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal