Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Vriende van die AVKB  (Read 1351 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Vriende van die AVKB
« op: June 19, 2009, 05:20:18 PM »
Vriende van die AVKB
 
“Jou kind kan sy geleerdheid nog by die skool agterlaat;
sy opvoeding sal hom vergesel tot in die graf”
- C.J. Langenhoven
 
Geagte volksgenoot,
 
Die AVKB is ʼn Afrikaner Volkskultuur beweging wat ons kinders toerus vir diens aan GOD, VOLK en VADERLAND.
 
Indien u kinders al op ʼn AVKB kamp was, sal u weet dat die AVKB wonderlike werk doen om ons volk se jeug voor te berei vir die dag van more. Die AVKB bemagtig ons kinders van kleins af met kennis, selfvertroue, geestelike paraatheid, fisiese paraatheid en Bybelse begronding. Dus kan elke kind wat deur die AVKB voorberei is, met durf en daadkrag sy/haar man staan teen die wêreld daar buite wat vuur blaas teenoor ons volk se jongmense en kinders.
 
Vanuit AVKB-geledere het daar al Huiskomiteelede by Universiteitkoshuise, Studenteraadslede, jeugleiers van behoudende politieke partye, leiers van aktivistiese Afrikanerorganisasies en vele meer gekom.  Dit dien as bewys van die feit dat die aktiwiteite van die AVKB vir die moderne Afrikanerkind van onskatbare waarde is.
 
Tans is die enigste inkomste wat die AVKB jaarliks ontvang, die minimale ledegelde van R50 per kind per jaar met ʼn maksimum van R150 per gesin. Hiermee is dit byna onmoontlik vir die AVKB om al sy basiese funksies te verrig en verantwoordelikhede na te kom. Dit is ʼn jammerte, want die AVKB doen wonderlike werk met die jeug van ons volk.
 
Ons sou graag wou sien dat die AVKB tot so ʼn mate finansiële vryheid beleef dat ons in staat sou wees om ʼn eie kampterrein te bekom en dalk selfs ʼn eie voltydse amptenaar aan te stel om sodoende meer kinders te bereik. Terselfdertyd is dit egter belangrik dat die kostes van lidmaatskap en betrokkenheid by die AVKB so laag as moontlik gehou word om te verseker dat niemand op grond van finansiële redes verhoed word om by die AVKB betrokke te raak nie.
 
Daarom het sommige van die oud-kampers dit goedgedink om ʼn fonds te stig wat die AVKB finansieel sal bystaan. Alle gegenereerde fondse sal uitsluitlik aangewend word tot opbouing en bevordering van die AVKB.
 
Dit is maklik om die aftrekorder in te vul met ʼn minimum bedrag van R50 per maand. Daardeur help ons die AVKB om te groei en groter hoogtes te bereik. U as werkende persoon se bydrae sal opreg waardeer word.
 
Alhoewel ons ʼn aftrekorder sal verkies, is ons dankbaar vir enige skenkings wat ons kan kry. U kan dus ook ʼn eenmalige bydrae maak, indien u nie ʼn aftrekorder wil teken nie.
 
Ons bankbesonderhede is:

Bank:            Absa
Rekening naam:      Oranjekas
Verwysing:         0133556533 (en u naam en van)
Rekening nommer:   9209625626
 
Aangeheg is die aftrekordervorm. Vul dit asseblief in stuur dit saam met u kind na die 2009 Westfalia kamp, of u kan dit pos na:

Sarel Roets
Posbus 678
Groblersdal
0470
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Vriende van die AVKB
« Antwoord #1 op: June 23, 2009, 10:26:31 AM »
Ek sit nou net en wonder, hierdie is 'n baie goeie idee, maar ek sal graag net sekerheid wil kry, gaan daar met die geld R13000.00 se "paintball guns" gekoop word?
Apartheid is Liefde

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Re: Vriende van die AVKB
« Antwoord #2 op: June 23, 2009, 12:45:21 PM »
Sarel

Kan jy ons miskien meer vertel oor hoe die struktuur van die AVKB nou werk. Konsentreer hulle meer op kampe of is die gedagte nog dat daar in elke dorp of omgewing `n groep gestig word?

Die rede waarom ek vra is omdat dit dalk makliker sal wees wanneer persone opvoetsool vlak (plaaslik) die invloed van die AVKB kan ervaar. Hierdeur sal dit dan ook makliker wees om so `n "Vriend" waarde vir sy geld te kan gee.
Baie persone kan nie altyd op kampe betrokke wees nie maar sal tog graag wil betrokke wees indien dit plaaslik momentum geniet.

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Re: Vriende van die AVKB
« Antwoord #3 op: June 23, 2009, 03:06:15 PM »
Hendrik, ja die idee is steeds dat daar op elke dorp 'n AVKB tak gestig moet word. Daarvoor is daar egter mannekrag nodig. Ek kan bv nie 'n tak op Klerksdorp stig en verwag dat dit moet funksioneer nie. My verantwoordelikheid lê in Groblersdal waar ek bly.

Ek dink steeds dit sal die beste wees as 'n nuweling begin deur saam te gaan kamp. So kan jy leer hoe die AVKB funksioneer en toegerus word om in jou eie omgewing die AVKB te begin.

Hierdie draad handel egter oor die die "Vriende Van Die AVKB" As iemand anders vrae het kan julle my gerus in hierdie verband vra.

Sarel
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Re: Vriende van die AVKB
« Antwoord #4 op: June 23, 2009, 03:15:27 PM »
Jan, die geld word aan die AVKB Hoofbestuur oorbetaal. Wat hulle daarmee wil doen is hulle eie besluit. As hulle R1300 se "paintball guns" wil koop, dan is dit seker goed so.

As jy verwys na die gewere wat ons vir die Westfalia kamp aangekoop het, verstaan ek nie hoekom jy vra nie. Tensy jy dink ons doen dit vir eie gewin... in daardie geval wil ek nie eens die moeite doen om jou te antwoord nie!  >:(

Sarel
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Vriende van die AVKB
« Antwoord #5 op: June 28, 2009, 05:42:52 PM »
Nee daar kan tog seker nou nie 'n afleiding gemaak word dat iemand sal dink dit is vir eie gewin nie, dit is tog irrasioneel. Ek vra so terloops gegewe sekere vrae wat na my kant toe geslinger word, en ek nie regtig die antwoorde voor het nie. Ek het in elk geval die betrokke persone na jou of jou pa verwys, ek hoop daar het wel mense toe by jou uitgekom om hul vrae te stel en dan die antwoorde te kry wat ek nie het nie.
Apartheid is Liefde


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal