Skrywer Onderwerp: Oktober 2009 - 70ste herdenking van Redingsdaadbond  (Read 843 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Oktober 2009 - 70ste herdenking van Redingsdaadbond
« op: June 23, 2009, 11:09:31 AM »
Die eerste ekonomiese volkskongres is in Oktober 1939 gehou. Hieruit is die redingsdaadbond gestig.

Vandag, 70 jaar later, met 650 000 volksgenote wat in plakkerkampe is, het ons volk weer redding nodig. Dit is hartseer dat die organisasies wat ontstaan het uit die eerste volkskongres oor ekonomie in 1939, vandag niks met die volk te doen wil he nie. Ek dink hier aan Sanlam, die AHI en ook ABSA.

Ons weet egter dat 'n volk homself red, maar 'n volk wat nie weet dat hy homself kan red nie, sal nooit probeer nie. Laat ons dit dan erns maak om hierdie volk tot die besef te bring dat ons wel onsself kan red.

Daar is reeds reuse stappe in hierdie verband geneem, met o.a die stigting van die Oranjekas en die Oranje Sakekamers. Hierdie strukture staan tans nog in hulle kinderskoene, maar met genoegsame ondersteuning van die volk, kan hierdie strukture en dit wat daaruit sal groei, ons volk weer die vermoee gee om onsself te red.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal