Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal  (Read 3618 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« op: July 15, 2009, 01:44:49 PM »
By 'n vergadering van die Paardekraal Verkenners is daar besluit om weereens op 10 Oktober 2009 'n fees aan te bied by die Paardekraal monument.

Alwyn de Klerk is verkies as fees ko-ordineerder en ek wil hom bedank vir sy bereid willigheid om dit te doen en ook sterkte toewens met die taak.

Daar is by hierdie vergadering besluit dat dit 'n tradisionele fees sal wees en dat die fees hierdie jaar onder naam "Paul Kruger fees" bekend sal staan. Om by die tradisionele tema in te pas, is daar besluit dat gaste aangemoedig sal word om in tradisionele drag die dag by te woon.

Daar is ook gedagtes geruil m.b.t Boeresport, maar ek sal dit aan Alwyn oor laat om verdere inligting in die verband te plaas.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #1 op: July 15, 2009, 03:45:52 PM »
Dankie vir die draad Ben.
Ek sal die reelings soos dit in plek val opdateer.
Ek kan solank aankondig dat Hekkie dela Guerre bereid is om op te tree.(Teen minimale koste)
Dis lekker om met mense te praat wat die volksaak op di hart dra!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Op kantoor Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #2 op: July 15, 2009, 06:05:18 PM »
Baie geluk, Alwyn en baie sterkte met die reelings.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #3 op: July 16, 2009, 01:08:22 AM »
Sterkte Alwyn .

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #4 op: July 18, 2009, 07:03:17 PM »
Sterkte Alwyn. Ek weet jy sal dit meesterlik hanteer.


Sanderis

  • Gas
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #5 op: August 05, 2009, 08:17:22 AM »
Alwyn , het jy dalk 'n Bravoland eposadres ?

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #6 op: August 05, 2009, 11:59:32 AM »
Nee Sanderis,

Jy kan my e-pos addres op my profiel kry.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #7 op: August 05, 2009, 12:14:48 PM »
Dankie Alwyn , ek sien dit nie op jou profiel nie - ek neem aan dit is dieselfde as op die Facebook besprekingsblad van die fees , ek het die skakel gebruik vir mense om te bespreek . Ek dink net dit sal beter wees as ek 'n epos adres ook kan gebruik .
Ek sal die een op die besprekingsblad gebruik indien dit in orde is met jou ?

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #8 op: September 10, 2009, 10:48:54 AM »
Vandag is daar presies 'n maand oor voor die Paul Krugerfees te Paardekraal. EK kan egter noem dat Alwyn uitstekend gedoen het met die reelings. Daar is nou wraggies nie 'n ding uit plek nie.

So bietjie terugvoer oor die dag. Dit is nou nie meer net 'n dag nie, maar 'n naweek. Die Vrydagaand gaan daar weer vir Oom Paul se standbeeld 'n ampserp op gesit word. Dit is die derde keer wat dit nou gebeur en ons kan seker al van 'n instelling praat. Dit is ook 'n gewilde instelling, verlede jaar het ons bykans 'n 100 mense daar gehad sonder dat ons werklik mense genooi het. Hierdie jaar sal daar verseker meer mense daar wees!

Die ander goeie nuus is dat die beveiling van Paardekraal teen volgende week klaar sal wees. Wat beteken dat dit nou baie veilig sal wees om daar te kamp. Een van die Paardekraal Verkenners wat ook 'n elektrisien is, het onderneem om die badkamers met krag en warmwater te voorsien voor 10 Oktober. Gevolglik verwag ons baie meer kampers vir daardie naweek. Die reuse bedrag van R75-00 per staanplek per nag sal gehef word. Hierdie bedrag sal gebruik word om die kamp gebied verder te verbeter.

Die gewilde skyfskiet sal weer aangebied word en daar sal ook 'n Boeresport stalletjie wees, waar daar bokmis gespoeg sal word, paal gegooi sal word en ook baksteen gegooi sal word. Deur die loop van die dag sal daar sakressies en toutrek ook wees.

Die gewilde friesperde sal ook weer daar wees en ek het verneem van 'n perdekarretjie waarop oud en jonk sal kan ry.

Aangesien ons Oom Paul se verjaarsdag vier, is daar besluit op 'n hoogs tradisionele fees. Daar kom blykbaar 'n Tannie wat gaan Boerebrood bak. Verskeie Boere-orkeste gaan optree waaronder die gewilde Penkoppe ook is. Natuurlik is die Volkspele ook wees daar, want geen fees by Paardekraal sal volmaak wees sonder die Volkspele nie.

Van die stalletjies wat al bevestig het is:

Camdix - met hulle militaria uitstalling.
GK267 - Volkseie aandenkings
Willie Bienedell -Volkseie boeke
Horst - Volkseie boeke
Orania beweging - Inligting m.b.t Orania
VVK -Registrasie en inligtingspunt
HVO - Oranjekas, HVO en enige ander inligting m.b.t die Volksekonomie
Verkenners - Inligting oor die Verkenners
CVO Brandwag - Inligting oor die CVO bestel

Die kosstalletjies sal deur verskeie volkseie kerke behartig word.

Persone wat die fees bywoon is welkom om in tradisionele drag te kom, ons volk het niks om voor skaam te wees nie en gevolglik sal ons met trots ons erfenis uitleef! 

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #9 op: September 10, 2009, 11:22:24 AM »

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #10 op: September 15, 2009, 04:33:29 PM »
Goeie middag almal,

Hier is die program vir die dag. Ek het dit ook as 'n aanhangesel bygesit omdat ek nie die program en die prent saam kan opsit nie. Ek verstaan nie aldag hierdie elektroniese goed nie.

Versprei maar die inligting so ver en wyd as moontlik. Ons wil graag heelwat volksmense daar kry op hierdie dag.
 
Sanderis, jammer ek sien nou eers jou vraag oor die e-pos: alwyn@fenco.co.za

Dankie Ben vir jou moeite met die bemarking sover.

Arena Program Paul Kruger Fees 10 Oktober 2009 te Paardekraal Monument
10:00 - 10:30    Vlag optog
10:30 - 10:45    Vlag voorstelling
10:45 - 11:00    Vlag hysing
11:00 – 11:15    Opening – Ds. Johan
11:15 - 11:30    Spreker – Ben Geldenhuys
11:30 - 12:30    Volkspele
12:30 - 13:30    Pouse
13:30 - 14:30    Penkoppe – Junior Boere Orkes
14:30 - 15:30    Fourie Broers - Boere orkes - Tradisioneel
15:30 - 16:30    Hekkie de la Guerre
16:30 – 16:45    Bedankings, Vlagstryking, Afsluiting
17:00 – laat     Bring en braai
Groot skerm rugby – Transvaal vs. W.P.

Deurlopend:
Stalletjies
Skyfskiet
Boeresport
Perdekar ritte
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Sanderis

  • Gas
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #11 op: September 15, 2009, 05:53:22 PM »
Middag Alwyn , dankie vir die Program .

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #12 op: September 16, 2009, 10:38:04 AM »

Afwesig Clem de Klerk

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4259
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #13 op: September 16, 2009, 11:59:46 AM »
Dit beloof om n wonderlike geleentheid te wees - dankie SP vir jou onvermoeide ywer in die volksaak.
Kennis is mag

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #14 op: September 16, 2009, 02:52:00 PM »
Dankie SP. Ek sal maar eendag moet kom vir opleiding!
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #15 op: September 20, 2009, 05:23:26 PM »
Ter voorbereiding van die herdenking van Paul Kruger se 184ste verjaarsdag, het die Paardekraal Verkenners besluit om Oom Paul se standbeeld skoon te maak. Die nodigheid om die standbeeld skoon te maak, het ontstaan nadat vandaliste die standbeeld ontsuur het met grafiti. Die Verkenners het redelik vinnig die grafiti verwyder gekry en het daarom ook besluit dat die standbeeld skoon gemaak moet word.






Simbolies is Oom Paul se voete ook gewas. Hiermee is verskoning aangebied aan Oom Paul dat ons toegelaat het dat die land in so gemors verval het en daarmee al sy opofferinge ongedaan gemaak het.


Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #16 op: September 20, 2009, 06:35:02 PM »
Dankie aan die Paardekraal Verkenners vir die pragtige voorbeeld wat julle stel van hoe dinge gedoen kan en moet word! Ons salueer julle!
Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #17 op: September 20, 2009, 06:59:11 PM »
Salueer SALUUT

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7621
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #18 op: September 23, 2009, 11:05:20 AM »

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1286
Re: Paul Krugerdag - 10 Oktober 2009 Paardekraal
« Antwoord #19 op: September 23, 2009, 01:03:38 PM »
Lyk my ek gaan uitmis op 'n heerlike feesgeleentheid.  Dis jammer dat prakties nou so moet inmeng maar ek sal nie kan af kry nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal