Volksekonomie > Departement van Welsyn en Maatskaplike Werke

Dienslewering

(1/2) > >>

RiaanvS:
So kyk ek toe gisteraand na die Nuus om 7 op SANCBC 2, en weereens is daar 'n berig oor opstande in die buiteland (Ruwe Suid-Afrika, dus nie hier in Bravoland nie) waar inwoners van Thokoza kla oor gebrekkige dienslewering van die vreemde en onteenwoordige ANC-regering van daardie land.

Ek sit toe en dink so by myself, Aai, maar ek is darem bevoorreg om in 'n huis te sit met water, elektrisiteit, riool, vullisverwydering, ens.  Ek is bly ek kry die dienste waarvoor ek betaal.  En toe besef ek:  Dit is die snaaksigheid:  Ek betaal, en ek kry!  Hulle betaal nie, en hulle kry nie!

Toe wonder ek:  Waaroor is hulle nou eintlik vies?  As hulle nie betaal nie, hoe kan hulle die vakbond-vastrap doen, buitebande brand, klippe gooi, en so aan, as hulle eenvoudig nie kry waarvoor hulle nie betaal nie?  Dit maak eintlik mos sin?

Toe sien ek daardie een betogertjie met die plakkaat:  We vote for better, not for worse.  Toe wonder ek:  Vir wie het jy en jou mense gestem?  Seker nie vir die deurmekaar Regerende Party nie, want dan sou jy dalk gekry het waarvoor jy gestem het?

Hoe werk dit dat hulle jaar na jaar stry en baklei en brand en toi-toi en so aan, maar steeds wen dieselfde party elke jaar?  Miskien het dit iets te doen met die borde kos wat hulle op die byeenkomste weggee? Is dit die manier om die gepeupel om te koop?  Hou hulle mae vol, dan hou jy hulle verstande gevange, of so iets?

Teen die tempo sal dinge seker nie gou verbeter nie.  Eerder, dinge sal nie verbeter nie, punt.  Gelukkig gaan dit goed hier in Bravoland.  Viva Bravoland, Viva!  Amandla!  Eyetho! (Of so iets?)

Sanderis:

--- Aanhaling van: RiaanvS op July 22, 2009, 09:14:11 AM ---Ek is bly ek kry die dienste waarvoor ek betaal.  En toe besef ek:  Dit is die snaaksigheid:  Ek betaal, en ek kry!  Hulle betaal nie, en hulle kry nie!


--- End quote ---

Ek wil nie jou lugkasteel bars nie maar eintlik deur om te betaal vir jou dienste subsidieer jy dié wat nie betaal nie - dit werk oral net nie so lekker soos bv. in Pretoria nie .

RiaanvS:
Ja, ek besef dit, maar oor die algemeen geld die beginsel, dink ek, dat ons ten minste vir dienste betaal!  Ek dink ook daar is meer mislike-paliteite waar die ding nie werk nie!  Nie eers die gesubsidieerde dienste is in plek nie!  Interessante tye hierdie!  Sterkte daar!

Adri van Staden:

--- Aanhaling van: Sanderis op July 22, 2009, 09:29:01 AM ---Ek wil nie jou lugkasteel bars nie maar eintlik deur om te betaal vir jou dienste subsidieer jy dié wat nie betaal nie - dit werk oral net nie so lekker soos bv. in Pretoria nie .

--- End quote ---

Sanderis, ek wonder hoe lank gaan dit nog "goed" gaan soos hier in Pretoria. Wat my betref is die totale en finale ineenstorting van alle strukture onafwendbaar. Bloot weens wat ek graag noem "black incompetence".

Adri van Staden:
“Aanbidding”: Wat het hy vir SA gedoen?
Jul 21 2009 04:54:03:427PM  - (SA)  Beeld

 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

Marietjie van Pretoria skryf:

Noudat die “aanbiddingsdag” van 18 Julie 2009 verby is, net my mening.

Eerstens die vraag: Wat het Nelson Mandela vir Suid-Afrika gedoen? Nadat hy vrygelaat is tussen magsbehepte swart mense, het moord (plaasboere), roof (daagliks), verkragting (selfs babas), ’n staatsdiens wat in duie stort, paaie wat verweer het tot niks, Eskom (is dit nodig om hierop iets te sê?) en algemene verarming van derduisende mense tienvoudig vererger!

Ek luister na Jacaranda 94.2 waar mense enigiets aan armes kan skenk en is verbaas om te hoor dit is slegs wit mense wat inskakel! Hoe dan so?

Wat het ek met die sogenaamde “67 minute” gedoen? In my tuin gewerk waar ek my Skepper geloof het!

Wanneer gaan die wêreld besef ons is besig om ’n mens so te verhef en te aanbid dat ons nie meer tussen reg en verkeerd kan onderskei nie? Dié man het in die tronk gesit weens ’n misdaad wat hy gepleeg het. Niks meer of minder nie.

Intussen is duisende kaalvoet kinders koud en honger, maar waar is die Nelson Mandela-kinderfonds? Dis tog veronderstel om na hierdie kinders se behoeftes om te sien?

Ek is jammer, maar hierdie man het my nie oortuig nie!

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version