Skrywer Onderwerp: VTM Nuus  (Read 6730 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
VTM Nuus
« op: July 23, 2009, 04:48:45 PM »
Beste Kollegas en Vriende

 

1.   Graag word bekend gemaak dat die direksie van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat (‘n Artikel 21 maatskappy sonder winsbejag), goedgekeur het dat daar ‘n Muur van Herinnering opgerig kan word op die Voortrekkermonument Erfenisterrein ter ere van die lede van die SA Weermag wat aan diens gesterf het. Die volgende riglyne geld in hierdie verband:

 

a.                Dit word uit oortuiging gedoen en derhalwe:

 

i.  Nie in kompetisie met Fort Klapperkop nie. Die hoof voordele sal egter wees groter sigbaarheid (veral vir die bykans 200 000 besoekers per jaar aan die Voortrekkermonument), makliker toegang (deurdat die VTM Erfenisterrein 365 dae per jaar oop is en die muur direk toeganklik sal wees vir alle besoekers aan die VTM), beter infrastruktuur (dit word ver genoeg vanaf die VTM gebou geplaas om nie esteties of andersins direk met lg. in te meng nie maar daar kan steeds van die VTM se hoofparkeergebied en ander fasiliteite gebruik gemaak word) asook beter sekerheid (sekerheidsdienste is vir 24 uur per dag op die terrein beskikbaar).  Die VTM en die Erfenisstigting sal steeds deelneem aan herdenkingsdienste te Fort Klapperkop en elders, maar organisasies wat mettertyd uit vrye wil verkies om hul herdenkingsdienste by die VTM te kom hou, sal baie welkom wees.

 

ii. Nie gedoen in reaksie op Freedom Park se Muur van Herinnering en die bestuur van Freedom Park se doen en late nie.  Dr Serote van Freedom Park is hoflikheidshalwe voorgelig oor die beplanning en dit staan die militêre veterane-organisasies steeds vry om hulle in hul eie reg vir of teen die name op die Freedom Park –muur te beywer, maar die VTM en die Erfenisstigting sal nie verder aan hierdie debat deelneem nie. Kyk hieronder vir terugvoer oor die gesprek met dr Serote.

 

b.                Hulde sal, tov tydperk 1961 (Republiekwording) en 1994 (oorgang na die SANW), gebring word aan:

 

i.  Lede van die SA Weermag wat gedurende operasies gedood is (by name).

 

ii. Lede van die SA Weermag wat vanweë ander redes aan diens gedood is (by name).

 

iii.          Lede van Geallieërde Magte wat in samewerking met die SA Weermag gedood is. (Sonder om die magte of die individue by name te identifiseer).

 

iv.         Lede van ander departemente en burgerlikes wat tydens operasies gedood is (Sonder om die departemente of die individue by name te identifiseer).

 

v. Voorsiening sal in die muur gemaak word vir die oorskot van die Ebo-vier.

 

c.      Tov die name:

 

               i.       Sal die name soos by Fort Klapperkop verskyn, as uitgangspunt gebruik word, met enkele kleiner korreksies.

 

               ii.      Sal daar gepoog word om duideliker onderskeid te maak tussen wie tydens operasie en wie agv ander redes gedood is.

 

iii.          Sal met Genl Geldenhuys gesprek gevoer word oor ander name waarop hy afgekom het maar wat nie by Fort Klapperkop verskyn nie.

 

iv.         Sal die naamlyste wat by die Oorlogsmuseum in Johannesbuirg is, ook nagegaan word om enige verskille te probeer identifiseer.

 

v. Sal met die betrokke direktorate van die SANW gesprek gevoer voer tov gevalle waaroor daar twyfel mag bestaan.

 

vi.         Daar is ongelukkig geen rekords in hierdie verband beskikbaar by die SANW Dokumentasiediens nie en derhalwe kan daar nie na die brondokumente teruggegaan word nie.

 

vii.        Die naamlys is té groot om aan almal te versend, maar is op aanvraag beskikbaar vir persone wat graag kommentaar daarop wil lewer alvorens ons begin met die gravering.

 

d.                Tov die plasing en ontwerp van die muur, die volgende:

 

i.  Die muur word ongeveer 100 m ten weste van die VTM aan die binnekant van die ringpad om die VTM geplaas, waar dit ‘n logiese geheel vorm met, maar heeltemal afsonderlik staan van die Erfenissentrum en die VTM Gedenktuin. Dit word geplaas in die gedeelte wat as deel van die VTM se makro-beplanning goedgekeur is as ‘n Tuin van Standbeelde, wat eers later verder ontwikkel sal word.

 

ii. Dit is só geplaas dat dit gladnie inmeng met die VTM nie. Trouens, dit is agv groot bome bykans nie moontlik om die VTM te sien vanaf die plek waar die Muur opgerig gaan word nie.

 

iii.          Die Muur word ontwerp deur MEG Argitekte, die kasteel word as embleem daarin vervat en dit sal ook voorsiening maak vir ‘n vlam van herinnering.

 

iv.         Alhoewel daar in die onmiddellike omgewing voorsiening gemaak sal word vir ‘n standbeeld wat later aanvullend opgerig sou kon word, vorm dit nie deel van die aanvanklike ontwerp en beplanning nie.

 

v. Daar sal voldoende ruimte wees vir herdenkingsgeleenthede, alhoewel dit eerder as besoekpunt vir besoekers aan die VTM en nie net vir herdenkingsgeleenthede nie, gebruik sal word.

 

e.                Oprigting en koste

 

i.  Ons het reeds die granietpanele gratis bekom en die gravering sal ook gratis vir ons gedoen word.

 

ii. Die basiese grondwerk word ook gratis vir ons gedoen.

 

iii.          Die fisiese oprigting, afronding en landskapering sal deur die VTM uit eie vermoë gedoen word en die vlak van afwerking sal minstens netsogoed as díe van die VTM (Nis-) Gedenktuin wees.

 

iv.         Daar sal fondse ingesamel moet word ten einde die publiek die geleentheid te gee om betrokke te raak en om te verseker dat geen staats- of VTM fondse daarvoor aangewend word nie.

 

2.                          Tov die gesprek met dr Serote van Freedom Park kan soos volg gerapporteer word:

 

a.                Ek het van meet af aan beklemtoon dat ek bloot gekom het om te verneem wat die status van die saak is en nie om te vra dat die SAW-gestorwenes se name noodwendig op hulle muur moet kom nie. Wat my betref is hulle welkom om te doen wat hule wil, maar is ek nie bereid om vanaf VTM kant verder betrokke te raak by die debat of korrespondensie oor wat op Freedom Park se muur moet kom of nie moet kom nie.

 

b.                Hy het gesê dat Freedom Park sover gegaan het met die SAW-name as wat hulle kan, nl:

 

i.                      Hulle het verlede jaar “ongeveer 100” naasbestaandes van  SAW gestorwenes na ‘n plegtigheid te Freedom Park genooi en aan hulle die geleenthede gegee om hul name in ‘n spesiale boek te skryf. Die boek word nou in Freedom Park se argiewe gebêre.

 

ii.                     Hulle het besluit om te wag “vir leiding van die nasie” oor hoe die saak vorentoe hanteer moet word, sonder om self iets verder daaromtrent te doen.

 

iii.                    Ons is welkom om aan die nuwe Minister van Kuns en Kultuur en die President te skryf en te vra dat die SAW-name op hulle muur moet kom.

 

c.                Toe ek hom spesifiek gevra het oor waar hy as persoon tov hierdie saak staan (omdat die vorige Minister van Kuns en Kultuur volgens hulle die besluit geneem het dat SAW-gestorwenes se name nie op die muur moet kom nie), het hy bloot gesê dat ons moet aanvaar dat daar sterk gevoelens oor die saak is, omdat hulle, “namate hulle toenemend kontak het met mense in Namibië, Angola en Mosambiek het, hulle alhoemeer hoor van die ‘attrocities’ wat deur die SAW gepleeg is. Dit was duidelik dat hy nie ten gunste daarvan sou wees om die SAW-gestorwenes se name op hulle muur te plaas nie.

 

d.                Toe  hoflikheidshalwe aan hom genoem het dat ons wel ‘n muur van herinnering  op die VTM Erfenisterrein gaan oprig, het hy die volgende vrae gevra:

 

i.                      Het ons klaar die nodige navorsing gedoen en kan ons ‘n afskrif van die naamlys aan hulle gee?

 

ii.                     Verskyn die name nie reeds op ander monumente nie?

 

iii.                    Gaan ons die name van al die slagoffers van SAW-optrede ook op die muur sit?

 

e.                Ek het voor my gesprek met dr Serote  eers telefonies met verskeie sleutelrolspelers uit die ou-SAW gepraat en dit is baie duidelik dat daar vanuit eie geledere ‘n baie sterk reaksie sal wees teen enige pogings om die SAW-name op die Freedom Park muur te kry (al moes dit in belang van ware nasiebou en versoening eintlik daar gewees het). Van die oud-Weermaghoofde het bv. baie sterk beklemtoon dat hulle hoegenaamd nie by enige gesprekke met Pres Zuma en/of Freedom Park self oor die aangeleentheid betrokke sal raak nie.

 

f.                 Nav my gesprek met dr Serote is dit vir my nog duideliker as vantevore dat nie ek of die VTM enigiets kan wen uit pogings om die SAW-name op die Freedom Park muur te probeer kry nie en dat daar eerder uit eie geledere, en dan praat ek van die breë bevolking wat by die SAW betrokke was en nie net van oud-SAW lede nie, ‘n baie negatiewe reaksie op só-iets sou wees.

 

3.                          Graag word belangstellendes vriendelik uitgenooi om om 10h00 op Woensdag, 5 Augustus in De Raadzaal te kom kyk na die plek van en planne vir die beplande Muur van Herinnering op die VTM Erfenisterrein. Slegs R5 erfenisheffing per voertuig sal by die Hoofhek betaalbaar wees vir persone wat nie opbetaalde Vriende van die VTM is nie.

 

4.                          Voorts word versoek dat u bostaande inligting aan geïnteresseeerde en belangstellende partye bekend te stel, asb.

 

5.                          Kommentaar kan gelewer word aan hub@voortrekkermon.org.za en bydraes kan inbetaal word in die VTM se lopende rekening by Absa Brooklyn, takkode 632005, rekeningnommer 1500 168 990. Geliewe ‘n afskrif van die inbetalingstrokie te faks aan 086 615 9587 en duidelik te meld dat dit is vir die “SAW-gedenkmuur”. Dit word vertrou dat persone en naasbestaandes van persone wat by die ou-SAW betrokke was, mildelik hiertoe sal bydra.

 

By voorbaat baie dankie.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Die Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting

Tel: (012) 326 6770

Fax/faks: 086 635 4683

Sel/cell:083 300 4580

Epos/-mail: hub@voortrekkermon.org.za

                  gerto12@telkomsa.net
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #1 op: July 23, 2009, 04:57:56 PM »
"al moes dit in belang van ware nasiebou en versoening eintlik daar gewees"

Gert kan maak wat hy wil, maar moet blykbaar altyd hierdie versoeningskaart iewers in gooi......

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #2 op: July 23, 2009, 05:13:16 PM »
Geagte Vriende

 

Die aangehegte skrywe en naamlys van ondersoekspanne word graag vir u dringende insae deurgestuur. Waarop dit neerkom, is die volgende:

 

a.                Die Voortrekkermonument en verwante organisasies het die afgelope ongeveer 10 jr ongekende groei en voortuitgang beleef en kan in verskeie opsigte gesien word as na aan die boonste draaipunt van die sinuskirwe.

 

b.                Die afname in die getal buitelandse besoekers die afgelope 18 maande, asook verskeie ander faktore, het die VTM onder groot druk geplaas, veral wat sy kontantvloei betref.

 

c.                Bostaande twee faktore lei die direksie van die VTM daartoe om indringend introspeksie te doen, ten einde te bepaal watter, indien enige, aanpassings gedoen moet word, ten einde voortgesette groei en langtermyn volhoubaarheid te verseker.

 

d.                Met die oog daarop is ‘n aantal kundiges betrek om die volgende aspekte grondig te ondersoek, ten einde ‘n meer beredeneerde basis vir besluitneming te verskaf:

 

i.                 ‘n Regsoudit (Miskien is die Engelse woord “due diligence” (DD) meer beskrywend.

ii.                ‘n Finansiële DD

iii.               ‘n Ondersoek na alternatiewe en aanvullende bronne van inkomste.

iv.              ‘n Vakkundige ondersoek.

v.                ‘n Emosionele oudit

 

e.                Die name van die ondersoekspanne en die sameroeper van elke span verskyn in die aangehegte naamlys. Daar is doelbewys gekonsentreer op klein spanne eksterne kundiges, wat bereid was om die ondersoek kosteloos te doen, ten einde ‘n breër siening en vars denke oor die saak te verseker.

 

f.                 Elke ondersoekspan het die reg om addisionele lede te koöpteer of net wyd te konsulteer, maar die ideaal bly dat daar wye raadpleging en inkoop moet wees.

 

g.               Enige persoon of organisasies wat graag tersaaklike insette wil lewer, word vriendelik versoek om so spoedig moontlik met die betrokke sameroeper in verbinding te tree, asb. Niemand moet na die tyd kan sê dat hulle nie die geleentheid gehad het om ook insette te lewer nie, iets wat op veral die Emosionele Oudit van toepassing is.

 

h.                Alhoewel die situasie ernstig is, is daar nie rede tot paniek nie, want dit is net natuurlik dat enige organisasie homself van tyd tot tyd grondig moet ondersoek om te kyk na sy volgehoue groei en langtermyn volhoubaarheid.

 

By voorbaat dankie vir u aandag aan hierdie baie belangrike saak, wat ons almal se aandag en deelname vereis, asb.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Die Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting

Tel: (012) 326 6770

Fax/faks: 086 635 4683

Sel/cell:083 300 4580

Epos/-mail: hub@voortrekkermon.org.za

                  gerto12@telkomsa.net
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Hendrik van der Merwe

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 106
Re: VTM Nuus
« Antwoord #3 op: July 24, 2009, 08:21:19 AM »
Hierdie lyk na 'n verskuilde poging om die VTM weer onder staats beheer te laat kom. Dit is dringend noodsaaklik dat ons en die organisasies wat ons aan verbonde is by hierdie proses betrokke raak. Verder is dit nodig dat ons deur middel van ons organisasies, die magsbasis wat die AB en aanverwante organisasies op die VTM het verminder.

Kom ons dink aan organisasies wat betrokke kan raak.

Hierdie monument is gebou met ons voorouers se harde werk. Ons moet ons eie terug neem.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #4 op: July 24, 2009, 10:33:34 AM »
*Goeiedag!*

* **Ons jaarlikse Gholfdag (30 Julie 2009 en gehou by dienste in
Pretoria) spoed nou baie vinnig nader en u hulp word nog verlang.
Hierdie is ‘n spesiale gholfdag, ter herdenking aan die
Voortrekkermonument se 60 jaar viering. Ons hoofborg ABSA verseker dat
hierdie dag ‘n heerlike en ontspanne dag sal wees. Hierdie is ook
die ideale geleentheid om u artikels/ besigheid aan ons spelers te
bemark.*
* *
*Ons het nog beperkte afslaan tye en borgskap opsies beskikbaar.
Individue ook welkom. Ons het ‘n 3 bal wat nog een individue
benodig.*
* *
* **Indien u egter nie gholf kan kom speel nie, maar steeds die
funksie wil ondersteun is daar verskeie maniere/ behoeftes
beskikbaar:*
* *
· *Skenk/borg van pryse( enige prys is welkom, wyn, hemde, t-hemde,
elektriese ware, geskenkbewyse, blomme, haarsnye, gholfballle,
sambrele, biltong hampers, vleispakke ens. *
· *Skenk/borgvan Alkohol vir ‘n kruiwa looting*
· *Skenk/borg van ‘n naweek wegbreek wat opgeveil kan word.( Enige
ander items vir veiling/ loting ook welkom)*
· *Skenk / borgskap van ‘n watergat.*
· *Skenk / borg van donasie*
*Alle borge en donateure word op die program vir die gholfdag na ons
100+ spelers bemark.*
* *
*Indien u meer inligting verlang skakel my gerus (083)419-7506*
* *
*Gholfers Groete*
*Jana Bester*
*VTM-60 Gholfdag organsieerder*

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: VTM Nuus
« Antwoord #5 op: July 24, 2009, 10:41:55 AM »
Al wat ek raaksien is : Borg of skenk - bietjie bakhandagtig nie waar nie?
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #6 op: July 25, 2009, 10:54:59 AM »
Oom Clem is reg. Gert het mooi geleer by die a&see

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #7 op: August 31, 2009, 05:51:28 PM »
Geagte Vriende

 

U is bewus van die Ebo Projek, wat ten doel het om die menslike oorskot van vier gesneuwelde SAW-lede in Angola te laat opgrawe en na die RSA te laat terugbring. Drie van hulle se oorskot sal in nisse in die Muur van Herinnering by die VTM geplaas word, terwyl die vierde een s’n saam met die res van sy familie se oorskot in Riebeeck-Kasteel geplaas sal word. Die drie is gedood toe hul verkenningsvliegtuig op 25 November 1975 naby die Ebo-dorpie deur Kubaanse lugafweergeskut afgeskiet is, terwyl die vierde lid gesneuwel het toe sy pantserkar op 23 November 1975 buite Ebo uitgeskiet is. (Kyk aangehegte inligtingstuk).

 

Nadat daar aanvanklik geen vordering gemaak is om goedkeuring te verkry vanaf die SA en die Angolese owerhede om met die projek voort te gaan nie, het daar, na die stigting van die Ebo Trust en die formalisering van die skakelkanale met die owerhede, wel mettertyd ‘n gesindheidsverandering begin intree, op voorwaarde dat die Trust self die fondse vir die projek vind. Lg. het die afgelope week gekulmineer toe Pres Zuma die aangeleentheid met sy Angolese eweknie, Pres Dos Santos, bespreek en lg. se ondersteuning vir die projek verkry het.

 

Pres Zuma het nou aangedui dat hy die afhandeling van die saak vandag aan een van sy Ministers sal opdra (ons weet nog nie watter een nie en presies wat hy daarmee bedoel het nie), maar volgens aanduidings behoort die saak nou “vinnig” in ‘n rigting te kan begin beweeg (as dit nie weer deur rompslomp vertraag word nie!).

 

Intussen kan bevestig word dat die Ebo Trust en die professionele span gereedstaan om op kort kennisgewing met die uitvoering daarvan voort te gaan en dat die Trust homself beywer dat ons die oorskot terug moet hê in die RSA sodat dit DV op 25 Oktober, wanneer die nuwe SAW Muur van Herinnering op die VTM Erfenisterrein ingehuldig word, in die nisse geplaas kan word.

 

Baie dankie aan almal wat reeds só mildelik bygedra het tot die Ebo Projek, as gevolg waarvan die Trust reeds ongeveer R175 000,00 kon insamel. Graag word ‘n beroep gedoen op almal wat eers gewag het om te kyk of die projek ooit ten uitvoer sal kom alvorens hulle ook ‘n bydrae doen, om asb nie langer daarmee te verwyl nie. Enige bydraes kan inbetaal word in die lopende rekening van die Ebo Trust, Absa Brooklyn, takkode 632005, rekeningnommer 9208 178 694. Dit sal waardeer word indien u ‘n afskrif van die inbetalingstrokie kan faks aan 086 615 9587, asb.

 

By voorbaat baie dankie.

 

Vriendelike groete.

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting

Tel : 012 326 6770

Faks: 086 615 9587

Sel: 083 300 4580

E-pos: hub@voortrekkermon.org.za

             gerto12@telkomsa.net

            www.voortrekkermon.org.za
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #8 op: August 31, 2009, 05:53:19 PM »
Zuma se naam het my opgeval.  Dit herinner my aan die voeltjie wat ek hoor fluit het dat daar beplan word dat Zuma die muur gaan inhuldig, of het ek verkeerd gehoor   ???
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #9 op: August 31, 2009, 08:11:56 PM »
Smook,

Ek het iewers gelees dat Oom Gert sy maat Zuma genooi het na die Voortrekkermonument. Ek het egter nerens nog gesien dat Zuma ge-antwoord het nie. Dit is egter so dat Oom Gert daarvan hou dat 'n president dinge open by die Voortrekkermonument. Die Danie Theron monument dien as voorbeeld waarby Oom Gert die terroris Nelson Mandela betrek het.

Sal dit dan verbaas as Oom Gert vir Zuma nooi om die gedenkmuur te open uit dankbaarheid vir die kloeke daad wat Zuma hom bewys het (Dit is nou om met Dos Santos te praat, maar om 'n bydrae te weier)? Dit sal seker nie, daar is egter tot op die stadium nog geen bewys daarvoor nie.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: VTM Nuus
« Antwoord #10 op: September 01, 2009, 04:42:41 AM »
Wat van die R1,7 m en die R2 m - dit speel dalk af teen n uitnodiging.....
Kennis is mag

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #11 op: September 01, 2009, 07:09:57 PM »
Geagte Vriende

 

Graag word soos volg terugvoer gegee tov waar ons nou staan met die projek:

 

1.      Die detailbeplanning is afgehandel en daar word fluks gevorder met die bou van die muur. Die beplande voltooiingsdatum is 9 Oktober 2009. (Kyk aangehegte voorstelling van hoe die muur gaan lyk).

 

2.      Daar is goed gevorder met die fondsinsameling maar ek glo baie persone het nog nie eens daadwerklik daaroor begin dink nie, omdat hulle dalk onder die indruk was dat ons praat van iets wat dalk eers baie later kan gebeur. Ons het nietemin reeds ongeveer R115 000,00 ingesamel en benodig nog slegs R85 000,00 aangesien die VTM se bouspan die werk doen en ons die graniet, gravering en grondwerke gratis van weldoeners ontvang het. Enige bydraes kan inbetaal word in die Voortrekkermonument se lopende rekening by Absa Bank, Brooklyn, takkode 632005, rekeningnommer 1500168990 en ‘n kopie van die inbetalingstrokie moet gefaks word aan 086 615 9587, asb. (Die totale koste sou R355 000,00 bedra het).

 

3.      Dit het spoedig geblyk dat ons grondige navorsing sou moes doen oor die name wat op die muur gaan verskyn. Die volgende is as maatstawwe gebruik in die finalisering van die naamlys wat nou aan die graveerders gestuur sal word (op aanvraag beskikbaar):

 

3.1.   Die name wat op die muur by Fort Klapperkop verskyn (±2 029 in totaal) is as uitgangsgpunt gebruik. Niks moes gedoen word om die geloofwaardigheid van hierdie name te ondermyn nie, maar die lys moes nagegaan word om klaarblyklike foute en duplikasie, wat daar wel was, te korrigeer, sodat dit nie op die nuwe Muur van Herinnering herhaal word nie.

 

3.2.   In die proses is krities na die volgende gekyk, ten einde soveel moontlik bevestiging te kon kry:

 

3.2.1        Die addisionele name wat in Genl Geldenhuys se boek voorkom.

 

3.2.2        Die nuutste naamlyste wat geproduseer is aan die hand van spesifieke eenhede en –individue se navorsing (bv. 32 Bn – veral Louis Bothma en Piet Nortjé, 101 Bn -veral Stephen Bothma, maar ook ander, 61 Meg Bn (veral Nadia Rühling, maar ook andere) en nog verskeie ander persone wat inligting deurgestuur het).

 

3.2.3        Die SALM se ererol en die name soos dit by die SALM Gedenkteken voorkom.

 

3.2.4        Ek het self ‘n opsomming van die SALM se vlieginsidente (ongelukke, verliese ens) vir die tydperk 1961-1994 deurgewerk, ten einde name te identifiseer wat dalk nog op die Muur ingesluit kon word. Twyfelgevalle is vir uitsluitsel na die SALM Veterane-organisasie (Kol Derick Page) verwys vir uitsluitsel.

 

3.2.5        Die lys van verliese soos bygehou deur John Dovey Publikasies was deurlopend en met waardering as bron benut en was besonder waardevol (www.justdone.co.za/roh).

 

3.2.6        Al bostaande is vergelyk met die “SA Wargraves Project”, wat die besonderhede van al die bekende sterfgevalle en -grafte oor die betrokke en ander tydperke bevat. Dit was eweneens ‘n baie waardevolle bron van inligting.(www.southafricawargraves.org).

 

3.3      Dit was nogal moeilik om te bepaal presies wat die norm in die verlede was vir die plasing van name op Fort Klapperkop, aangesien daar klaarblyklik verskillende benaderings in die onderskeie Weermagsdele bestaan het. Ongelukkig kon daar nie meer toegang tot die oorspronklike brondokumentasie bekom word nie (dit bestaan blykbaar nie meer nie), met die gevolg dat daar opnuut besin moes word oor watter benadering gevolg sou word tov die VTM se Muur van Herinnering.

 

3.4      Ten einde as ‘n Muur van Herinnering (LW nie ererol nie) te kon dien en afsluiting (“closure”), veral vir NDP’s se naasbestaandes, te help fasiliteer, is daar besluit om eerder te kyk na wie ingesluit kan as wie uitgesluit moet word. Dit spreek dus vanself dat, benewens ander redes daarvoor, daar meer name op die VTM se Muur van Herinnering as by Fort Klapperkop sal wees (in hierdie stadium minstens 2 521).

 

3.5      Om die Muur só besoekersvriendelik as moontlik te maak, is afgewyk van ‘n rangindeling van die name en is eerder voorkeur gegee aan ‘n streng alfabetiese indeling van vanne, gevolg deur voorletters en dan eers die range, per jaartal en weermagsdeel. Dit behoort dit baie makliker te maak vir belangstellendes om wel te bepaal of die naam van ‘n geliefde op die muur is of nie, al moet daar by verskillende jare gekyk word. Persone wat in skietgevegte en verwante operasionele omstandighede gesterf het, se name sal steeds met ‘n asterisk aangedui word (779 in totaal, alhoewel hierdie getal ‘n bietjie meer of ‘n bietjie minder kan wees, afhangend van die norm wat gebruik word).

 

3.6      Aangesien dit in hierdie stadium uiters moeilik (onmoontlik) is om alle besonderhede opnuut te bevestig, is dit baie moontlik dat daar, ten spyte van al die moeite wat gedoen is en voorsorg wat getref is, tog sekere foute kan voorkom (bv tov range, voorletters, spelling van vanne, na-naamse titels, gedood tydens operasies of nie ens). Ek is nietemin tevrede dat ons werklik alles in ons vermoë gedoen het om die lys só volledig en só geloofwaardig as moontlik te kry, danksy minstens agt weke se absoluut toegewyde pogings deur ons navorser, mev Estelle Pretorius. Alhoewel dit uiteraard riskant is, het ek self die finale besluit geneem, nav eie verdere navorsing en gesprekke wat ek met die amptelike eenheidsverteenwoordigers, waar van toepassing, en ander ingeligte belanghebbendes daaroor gevoer het. Ons het gepoog om nie afbreuk te doen aan die weermagsdele/formasies/eenhede se eiesoortige benadering in hierdie verband nie.

 

3.7      Die baie waarderende reaksie van naasbestaandes en oud-kollegas wat van regoor die wêreld inligting deurgegee het, was ‘n riem onder die hart.

 

3.8      Aangesien daar steeds navorsing deur verskeie persone na eenheids- en verwante rekords gedoen word, is dit baie waarskynlik dat daar vorentoe nog verdere name geïdentifiseer kan word wat op die Muur geplaas behoort te word. Daar sal derhalwe voldoende ruimte gelaat word vir toekomstige korreksies en aanvullings.

 

4.      Daar is reeds ver gevorder met die beplanning van die inwydingsplegtigheid, wat geskeduleer is vir 09h30 vir 10h00 op Sondag, 25 Oktober 2009. As geoordeel word na die oorweldigende positiewe reaksie en belangstelling, word voorsien dat die plegtigheid baie goed bygewoon en ondersteun sal word. Daar word reeds by voorbaat versoek dat alle geadresseerdes dit asb moet dagboek. Verdere besonderhede sal mettertyd aan u gestuur word, maar persone wat graag uitgenooi wil word, word graag versoek om so spoedig moontlik hulle besonderhede deur te gee aan Geraldine of Collette by 012 326 6770 of bemarking@voortrekkermon.org.za of 086 615 9587 (faks).

 

5.   Saam met die oprigting van die Muur van Herinnering word daar ook voorsiening gemaak vir die moontlike verskuiwing na die VTM se Tuin van Beelde van eenhede se ererolle en standbeelde wat nie meer elders welkom is nie. Só bv is daar reeds ‘n bruikleenooreenkoms met 32 Bn gesluit en sal die boomstomp waarop hul ererol verskyn, binnekort vanaf Zeerust na die VTM oorgeplaas word vir ‘n tydperk van minstens drie jaar. (Dit sal ook in die Tuin van Beelde opgerig wees voor die inwydingsplegtigheid van 25 Oktober). Daar is nog verdere gesprekke in hierdie verband met ander partye aan die gang, maar meer besonderhede daaroor later.

 

6.   Graag word daar opnuut ‘n vriendelike uitnodiging aan almal wat in die verlede op een of ander wyse by die SA Weermag betrokke was, gedoen om dit asb te oorweeg om tog ‘n bydrae te doen, aangesien ons nie graag belastingbetalersgeld of ander VTM fondse vir die projek wil aanwend nie. ‘n Naamlys van die persone wat tot dusver bygedra het, word graag vir u insae hierby aangeheg.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting

Tel:      012 326 6770

Sel:      083 300 4580

e-pos: hub@voortrekkermon.org.za

          gerto12@telkomsa.net
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #12 op: September 01, 2009, 07:13:29 PM »
BYDRAES VIR MUUR VAN HERINNERING TOT OP 31 AUGUSTUS 2009         

Reeksno   Bydraer   Gratis bydraes    Waarde
1   Cerneels Lourens   Granietpanele   
2   Philip Riekert   Gravering   
3   Lone Rock Construction   Grondwerke   
4   Cold Control Services       38,750.54
5   Oud-soldaat       30,000.00
6   Solidariteit       20,000.00
7   AccTech       10,000.00
8   Delarey Ferreira       5,000.00
9   Martyn Abrahams       1,500.00
10   Badenhorst, PC       1,000.00
11   Dr WA van Niekerk (sedertdien oorlede)       1,000.00
12   Lt-genl JJ Bisschoff       1,000.00
13   Kobus Jacobs       1,000.00
14   Edwin Robert Baldé       1,000.00
15   H van der Hoven       1,000.00
16   Genl-maj (Aft) RA Knipe       1,000.00
17   Manie van Rensburg       500.00
18   Genl-maj Johan de Witt       500.00
19   Jacob Graaff       500.00
20   J Retief       500.00
21   Derick van Schalkwyk       200.00
22   Johan Schoeman       200.00
23   Cornelius van Tonder       100.00
   Totaal       114,750.54
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #13 op: September 23, 2009, 01:56:23 PM »
Geagte Vriende

 

Wat 'n mooi gebaar uit Australasië, waar die lede van die SAW Militêre Veterane Vereniging in Australasië die mooi bedrag van ongeveer R14 500,00 bymekaar gemaak het ter ondersteuning van die SAW Muur van Herinnering projek op die VTM Erfenisterrein!

 

Ons vorder fluks met die muur en is nog op skedule. Intussen heers daar  in oud SAW-geledere en in die tersaaklike gemeenskappe baie groot opwinding oor die projek, alhoewel dit nie heeltemal gereflekteer word in die kontantbydraes wat tot dusver ontvang is nie. (Ons het nog ongeveer R60 000,00 nodig!).

 

Die belangstelling word nietemin weerspieël in die getal media-onderhoude wat daaroor gevoer moet word. Op 24 September 2009 (Erfenisdag) word die hele Praat Saam program van Freek Robinson op RSG daaraan gewy (Hy praat daaroor met my en met dr Wally Serote van Freedom Park), en op Sondag 27 September is dit weer só op die Fokus-program op SABC2 (ek weet nog nie wie die ander gespreksgenote op Fokus gaan wees nie) Intussen is daar ook gereeld onderhoude op hul versoek op Radio Pretoria en verskeie ander gemeenskapsradios.

 

Indien u dalk nog ‘n bydrae wil maak ter onderteuning van die Muur-projek, word die besonderhede van die Voortrekkermonument se lopende rekening graag bevestig, nl Absa Bank Brooklyn, takkode 632005, rekeningnomer 1500 168 990. Geliewe ‘n afskrif van die inbetalingsbewys te stuur aan 086 615 9587. Ek sal volgende keer weer ‘n naamlysie aanheg van al die bydraes wat tot in daardie stadium ontvang is.

 

Tov die Ebo Projek, spyt dit my om te bevestig dat ons verplig is om die voorgenome besoek aan Angola oor die tydperk 30 Sep-9 Okt 2009 vereers uit te stel, omdat ons steeds nie die amptelike goedkeuring van veral die Angolese owerhede in die hand het nie (dit is nietemin na verneem word reeds deur beide Presidente goedgekeur). Ek het die saak gister weer direk met die Ministerie van Internasionale Betrekkinge en Samewerking opgevolg, maar nog niks verder van hulle gehoor nie en daar is net nie meer genoeg tyd oor om nog al die vereiste permitte, visums ens in plek te kry voor 30 September nie.

 

Wees nietemin verseker dat daar voortgegaan word om die Angolese se skriftelike goedkeuring so sou as moontlik te probeer bekom, waarna ons ook dringend die verkryging van permitte ens sal opvolg en hopelik nog voor die einde van November na Angola sal kan reis.

 

Daar is nietemin reeds nisse ingebou in die SAW Muur van Herinnering wat op 25 Oktober ingewy word, met die name van die vier slagoffers op die nisdeksels aangebring, al word drie van hulle se oorskot eers later privaat daarin geplaas.

 

Die Ebo Trust se bankrekening is ook by ABSA Brooklyn, takkode 632005, rekeningnommer 9208178694. Dieselfde faksnommer as hierbo kan gebruik word vir die aanstuur van die inbetalingstrokie.

 

Net vir diegene wat naby is en belangstel, daar is eerskomende Donderdag weer ‘n antiekmark by die VTM (Amfiteater) en later die dag ‘n braai op die piekniekterrein. U is baie welkom om by ons te kom aansluit om ons erfenis te vier.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

 

From: Dave Curry [mailto:]
Sent: 21 September 2009 08:10
To: hub@voortrekkermon.org.za
Subject: Re: SADF Wall of Remembrance at the VTM Heritage Site

 

G'day Sir,

I have finished the fund raising here in Australia and we've raised AU$2250 which will be about R14500 or better.  More than double what I initially expected which is fantastic. I will be doing the deposit tomorrow from the bank as I can't do international transfers to SA on the internet. It should take about 72 hours to show in the bank account over there.

I'm compiling the names of the donors and will forward this to you on Thursday or so.

I'm sure I don't have to ask but once received please confirm to me so I can pass on to the donors that the money has been safely received.

I see the opening is scheduled for later next month and I wish you every success in this. While I can't be there in person, I will be in spirit and I look forward to news of the ceremony.

Good luck and thank you for leading this project and honouring our men and women.

Best regards

Dave

    ----- Original Message -----

            From: Dave Curry

            To: hub@voortrekkermon.org.za

            Sent: Thursday, September 03, 2009 4:49 PM

            Subject: Re: Status report on the SADF Wall of Remembrance at the VTM Heritage Site

             

            General Sir!

            It is indeed a pleasure to be part of this noble and worthy project. I hope we can gather a reasonable amount of money- I have given the members 10 days to respond and then I'll make the transfer to SA.

            Best regards

            Dave

            WO1(ret), RSM 1 Medical Battalion Group 2001- 2007

             

            Dave Curry
            8/16 Cecil Street
            Gordon
            Sydney
            NSW 2072
            Australia
            dave.curry@bigpond.com
            mobile +61 (0)412 696 640
            alternate +61 (0)2 9498 6397

"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #14 op: September 27, 2009, 09:24:43 PM »
Gert is nou 'n profesionele bedelaar.

Drie hoeras vir Gert!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: VTM Nuus
« Antwoord #15 op: September 28, 2009, 08:32:21 AM »
Gert was gisteraand bonop op die televisie program Fokus waar hy met Freek gepraat het.  Ek was nie baie gelukkig met die gesprek nie.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #16 op: September 28, 2009, 08:39:24 AM »
Gert was gisteraand bonop op die televisie program Fokus waar hy met Freek gepraat het.  Ek was nie baie gelukkig met die gesprek nie.

Johan, vertel ons bietjie meer!
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #17 op: September 28, 2009, 08:47:14 AM »
Ek wens regtig ek kon hierdie gesprek gesien het.  Selfs die klankbaan daarvan sou vir my baie beteken het  :'(
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: VTM Nuus
« Antwoord #18 op: September 28, 2009, 09:00:34 AM »
Dag Werner

Ek weet Fokus herhaal weer in die week kyk of jy 'n tydskrif met 'n televisie program skedule kan kry en kyk wanneer dit herhaal.  Ongelukkig kon ek dit nie opneem nie.  Ek hoop jy kom reg.
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: VTM Nuus
« Antwoord #19 op: September 28, 2009, 09:50:14 AM »
Mag ek kortliks opsom waaroor die gesprek gegaan het? GO het verduidelik waarom VTM 'n gedenkmuur vir oud-SA Weermaglede wat in diens gestefrf het, oprig: die "persoon" wat verantwoordelik is vir die gedenkmuur by Vryheidspark weier om dié name by die oud-Mk-lede se name op die gedenkmuur daar te voeg. Alle oud-weermaglede wat in die vreemde gesneuwel het, se name kom daarop en die weermag "is 'n multikulturele organisasie", dus sal dit nie net blankes se name wees nie. Ek dink dit is ongeveer die kern van sy gesprek. Voeg maar by as iemand nog iets kan onthou.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal