Skrywer Onderwerp: VTM Nuus  (Read 6731 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #20 op: September 28, 2009, 10:05:50 AM »
Maw. ons word gevra om te help om ook hulde te bring aan die andersvolkiges wat aan SAW se kant geveg het.  Sover my kennis strek sal dit nie wys wees om te ontken dat daar andersvolkiges aan ons kant geveg het nie?  Tog bly dit vir my ironies dat ons nou weer daarvoor moet betaal ens.  Is daar enige pogings vanuit andersvolkige geledere aangewend om hulde te bring aan hul mense wat in die oorlog aan SAW kant gesneuwel het?

Die grap is dat die verlede, wat die nasiebouers so graag wil verlieg en vergeet, nou verewig gaan word.  Die een muur vir "ons" en die ander muur vir "hulle".

Die weiering van SAW soldate se name by Vryheidspark bevestig dat die oorlog, in 'n ander vorm, voortduur.

Ek verwelkom die mate van "eerlikheid" wat so stil stil seevier.........
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #21 op: October 02, 2009, 01:17:20 PM »
Geagte Vriende

 

Soos u weet moet die Voortrekkermonument en die Erfenisstigting hard spook om op ‘n volhoubare wyse kop bo water te hou. Reeds daarom is daar ‘n voortdurende soeke na alternatiewe en aanvullende bronne van inkomste. Dit is derhalwe geweldig verblydend om te sien dat toenemend meer ondersteuners dit oorweeg om in hul testamente iets na te laat vir vermelde organisasies. Een van ons afgestorwe lewenslange Vriende van die Voortrekkermonument, wyle Lefras van Rensburg, het bv verlede jaar R200 000,00 aan die VTM en R100 000,00 aan Bloedrivier nagelaat en dit behoort binnekort uitbetaal te word, waarvoor ons diep dankbaar is.

 

Graag word hierdie moontlike wyse van begunstiging opnuut onder alle geadresseerdes se aandag gebring vir vriendelike oorweging, asb.

 

Op grond van ‘n inset wat onlangs in hierdie verband vanaf ons ouditeur ontvang is, kan bevestig word dat die volgende belastingtoegewings op bemakings en skenkings aan die

Voortrekkermonument (insluitende Bloedrivier), die Erfenisstigting en die Navorsingstrust van toepassing is:

 

a.         Testamentêre bemakings. Testamentêre bemakings aan die organisasies kwalifiseer vir boedelbelastingdoeleindes as ’n aftrekking.  Die effek van die aftrekking is dat boedelbelasting met 20% van die waarde van die testamentêre bemaking verminder word.

 

b.         Skenking aan die Navorsingstrust. Jaarlikse of eenmalige skenkings aan die Navorsingstrust kwalifiseer in terme van art 18.A as ’n aftrekking teen die skenker se belasbare inkomste.  Tans is die maksimum bedrag 10% van belasbare inkomste uitgesluit enkelbedrae by aftrede en voor mediese aftrekkings.

 

c.         Skenkings aan VTM en Erfenisstigting. Skenkings deur ’n individu aan bogenoemde organisasies is vrygestel van geskenkbelasting (20%).

 

Enige navrae wat u in hierdie verband mag hê, sal in oorleg met ons regsadviseur en ouditeur beantwoord word.

 

Daarbenewens word die inset wat vanaf mnr John Frith, ‘n belastingkundige , ontvang is, ook graag vir u insae deurgestuur. U is welkom om meer besonderhede te kry op sy webblad te wete www.yfcwill.co.za.

 

By voorbaat baie dankie.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #22 op: October 03, 2009, 11:20:49 PM »
 :( :( :( ???

Paul Mashatile, adjunkminister van kuns en kultuur, het verlede week ’n werksbesoek aan die Voortrekkermonument-erfenisterrein gebring.

Mashatile, vergesel deur ’n topamptenaar van sy departement, wou hom vergewis van die omstandighede van die monument en die Erfenisstigting, maar wou veral meer uitvind hoe Afrikaners die bewaring van hul kultuurhistoriese erfenis ná 1994 beleef en die pad vorentoe sien.

Tydens die besoek het genl.maj. Gert Opperman, uitvoerende hoof van die Voortrekkermonument- erfenisterrein, Mashatile breedvoerig hieroor ingelig.

Mashatile kon ook die Voortrekkermonument- erfenisterrein as sentrum van uitnemendheid – as erfenisinstansie sowel as toeristebestemming van internasionale standaard – eerstehands ervaar.

Ná die voorligting het die adjunkminister die monument, die muur van herinnering wat ter ere van afgestorwe SAW-lede in aanbou is asook die erfenis­sentrum besoek.

Op sy toer het Mashatile ’n groep besoekende skoolkinders op die trappe raakgeloop en hulle bedank vir hul besoek. Hy het hulle aangemoedig om meer te leer oor die land en sy mense se kultuurerfenis.

Ongeveer 700 leerlinge van ’n groot verskeidenheid skole, van sover as Thohoyando in Venda, was gedurende die loop van die oggend by die monument.

Volgens Opperman is sulke besoekersgroepe baie welkom aangesien dit die belangstelling by die jeug in erfenisbewaring prikkel en ook help om die leemte te vul wat gelaat word deur die afname in internasionale besoekers aan Suid-Afrika.

Die adjunkminister is gretig om die moontlikhede van beter samewerking tussen die staat en private bewaringsinstansies soos die Voortrekkermonument te ondersoek.

Hy is ook ten gunste van die soeke na aanvullende en ander moontlikhede van finansiering om sulke instansies beter te ondersteun.

Hy het opdrag gegee dat sy departement ’n taakspan moet saamstel met die oog op die volhoubare bewaring van Afrikaners se erfenisgoed op lang termyn.


http://www.beeld.com/Content/Streekkoerante/Nuus/1984/4f4fb533ee1a4ad5be1897df2e8d485c/30-09-2009-08-04/Tshwane_%E2%80%98Kinders,_leer_oor_ons_land_,%E2%80%99_s%C3%AA_ho%C3%AB

Hier kom 'n ding!

Ons mense sal ons ore op die grond moet hou en inligting insamel oor waarmee Rooi Gert besig is. Ons weet hy is naarstigtelik op soek na geld en hy is kapabel om ons erfenisgoed weg te teken. Veral die feit dat die adjunkminister van kuns en kultuur spesifiek opdrag gegee het dat sy departement ’n taakspan moet saamstel met die oog op die volhoubare bewaring van Afrikaners se erfenisgoed op die langtermyn. Hierdie kan 'n ideale geleentheid word vir die ANC om beheer te neem oor ons erfenisgoed.

Oplossing? Ek weet nie. Maar dat ons iets sal moet doen, dit is 'n feit.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #23 op: October 03, 2009, 11:51:58 PM »
Daar is 'n gerug wat die rondte doen dat Gert die moontlikheid ondersoek om die Bloedrivier terrein aa ndie staat te gee. Deel van die plan is dan om die waens wat daar staan na die Voortrekkermonument terrein te verskuif.

Indien dit waar is en indien dit gebeur, ag ek dit as 'n vyandige aksie wat beslis aangspreek sal moet word.

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #24 op: October 04, 2009, 08:16:15 AM »
Waar 'n rokie trek is 'n vuurtjie. Werner en die Genl. skryf so vir mekaar dalk kan hy dit vir ons opvolg.

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #25 op: October 04, 2009, 06:05:20 PM »

Ons mense sal ons ore op die grond moet hou en inligting insamel oor waarmee Rooi Gert besig is.

Is die Verkenners opgewasse vir so oefening ?

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #26 op: October 04, 2009, 08:54:49 PM »

Ons mense sal ons ore op die grond moet hou en inligting insamel oor waarmee Rooi Gert besig is.

Is die Verkenners opgewasse vir so oefening ?

Verseker is die Verkenners gerat vir so iets...

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #27 op: October 12, 2009, 10:39:21 PM »
Geagte Vriende

 

Een van bekendste gedenktekens uit die sg. Bosoorlog is op 10 Okt 2009 op die VTMErfenisterrein gevestig. Die Erestomp van 32 Bn bevat die name van die gevegsverliese van hierdie gewese elite-gevegseenheid van die ou SA Weermag, wat met groot sukses aan die Bosoorlog deelgeneem het.

 

Die Gedenkboom is op 25 Mei 1985 tydens ’n parade op Buffalo, die bataljon se basis in die Caprivi, amptelik onthul as die eenheid se erestomp deur Genl-maj Georg Meiring, toenmalige Bevelvoerende Generaal van die SWA Gebiedsmag. Die Erestomp het sedertdien gedien as die spilpunt van alle 32 Bn–gedenkdienste.

 

Toe 32 Bn aan die einde van die Bosoorlog na Pomfret in die Noord-Kaap  verskuif is, is die Erestomp, wat na beraming minstens 3 500 kg  weeg, saamgeneem. Met die ontbinding van die eenheid, is die Erestomp in 1993 na 2 SA Infanteriebataljon in Zeerust verskuif, waar dit ‘n onwelkome ontvangs geniet en sedertdien nie tot sy reg gekom het nie. Daar is gevolglik deur die 32 Bn Veterane-assosiasie versoek dat dit na die VTM Erfenisterrein oorgeplaas moet word, om in die Beeldetuin in die omgewing van die nuwe SAW Muur van Herinnering staangemaak te word.

 

Die oprigting van die nuwe SAW Muur van Herinnering het reeds tot ongekende positiewe belangstelling en -reaksie gelei. Teen 11 Okt 2009 het daar reeds ongeveer 600 gaste die uitnodiging na die ingebruiknemingsplegtigheid daarvan op 25 Okt 2009 aanvaar. Dit word verwag dat die finale getal heelwat meer as  700 sal wees. Veral verblydend is die groot getal naasbestaandes van afgestorwe lede wat aanvaar het en aan die kransleggingseremonie sal deelneem.

 

Daar sal ongelukkig slegs sitplek verskaf kan word aan diegene wat formeel geantwoord het en wie se name op die sitplekplan verskyn. Ander lede van die publiek is ook welkom om by te woon, alhoewel hulle waarskynlik tevrede sal moet wees met staanplek vir die volle duur van die plegtigheid van ongeveer twee uur.

 

Die SAW Muur van Herinnering sal, soos die Erestomp, na 25 Oktober 2009  toeganklik wees vir die lede van die publiek wat dit wil besoek. Dit sal ook in die toekoms gebruik word as die standplaas vir verskeie veterane-assosiasies se jaarlikse herdenkingsdienste.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting

Tel : 012 326 6770

Faks: 086 615 9587

Sel: 083 300 4580

E-pos: hub@voortrekkermon.org.za

             gerto12@telkomsa.net

            www.voortrekkermon.org.za
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #28 op: October 22, 2009, 09:27:26 PM »
Die Voortrekkermonument se muur van herinnering word gebou met geld wat van Afrikaners ingesamel is. Op die dag wat daar by die Voortrekkermonument 'n konferensie oor Afrikanerarmoede gehou word, is daar fotos geneem van volksvreemdes wat hierdie muur van herinnering bou. Dit sou beteken dat Afrikanergeld gebruik word om werk te verskaf aan volksvreemdes, dit terwyl derduisende Afrikaners nie werk kan kry weens die rassistiese regering se sogenaamde "affirmative action". Dit is hartseer dat die bestuur van die Voortrekkermonument nie omgee vir arm, werklose Afrikaners nie en eerder met Afrikanergeld, werk verskaf aan volksvreemdes.






Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1333
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #29 op: October 23, 2009, 08:51:20 AM »
Skande!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #30 op: October 26, 2009, 06:25:52 PM »
Public Info:

VTM 60 FESTIVAL CONCERT

Voortrekker Monument Hall of Heroes (above)

Sat 7 Nov 2009

19h30 for 20h00

R80 (R50 STUDENTS & SENIOR CITIZENS 65+

R30 LEARNERS AND PRE-SCHOOL

Bookings

Monument Office 0123266770

ontvangs@voortrekkermon.org.za

.

 

PERSVRYSTELLINGPRESS RELEASE
 (Afrikaanse vertaling)

Die Voortrekkermonument is vanjaar 60 jaar oud. As deel van die vieringe is Francois le Roux (die HA!Man) gevra om 'n Feeskonsert op Saterdag 7 November byeen te bring. Daar is onlangs wyd berig in die Rapport en Sunday Times oor die unieke loopbaan van die HA!Man wat oor byna twintig jaar strek. Waarom sou die keuse op hierdie spontane tjellis val wat die wereld deurkruis met sy optredes en werkswinkels?

Naas sy ervaring as musikale regisseur van groot geleenthede soos die “Woman of the Year” gala en spontane massakoor- en orkesuitvoerings, was die hoofrede sy nuwe koorwerk "Afrikaner is my naam." Anders as die nuwe populere liedere wat Afrikanertrots bevorder op grond van die geskiedenis, is hierdie 'n ernstige massa-saamsinglied wat met diep emosie die hand uitreik na ander: "Ek het my ysterhand verloor / toe ek jou hartklop hoor." Dit sing eerlik oor "'n boodskap van elkeen apart" as donker deel van die Afrikanerverlede en spel tipiese vrese oor Suid-Afrika uit: "die angs van 'n skip wat kan sink." Dit vra "kan die Boer nog sy planne verkoop?" en stel met waagmoed voor: "miskien word ons hier uitgedaag / om met menslike brugbou te slaag!" Volgens die HA!Man is dit net met eerlike emosie dat die Afrikaner sy onsekerheid oor die toekoms kan help besweer. Die musiek slaag dan ook daarin om gehore diep aan te raak en lok sedert die eerste uitvoering daarvan by Durban se Kolligfees (2008) staande ovasies uit.

Tydens die feeskonsert op 7 November word "Afrikaner is my naam" deur die gewilde Singkronies Kamerkoor in samewerking met ad hoc sangers uitgevoer. Dit vorm die klimaks van 'n program wat daarop gemik is om musiek en woord uit die dieper lae van Afrikanergevoelens aan te bied en te bevorder. Uiteenlopende en dinamiese kunstenaars word byeengebring om gehoorlede te verras, mee te voer en uiteindelik te inspireer vir die toekoms, net soos wat hierdie besondere landmerk dit by geleentheid in die verlede gedoen het.

Die uitsonderlike akoestiese ruimte van die Monument word keurig benut deur koperblaas-fanfares, instrumentale invoeginge deur Clorinda Panebianco-Warrens (hobo) en Marie Oosthuizen (fluit), die voordragstem van onder andere Gisela de Villiers asook die improvisasiekuns van die HA!Man op tjello, klawerbord en orrel. Die onmisbare Afrika-konteks word ingekleur deur talentvolle jong spelers (drom, saksofoon, blokfluit) uit Soshanguve wat deel is van die UNISA musiekstigting (John Roos) se gemeenskapsmusiekontwikkelings-projek.

Dieptemomente uit die Afrikanergeskiedenis word ingekleur deur innige werke van C.M. vd Heever, Totius, Jan F Celliers, I.D. du Plessis, Antjie Krog, asook die opkomende Carina Stander. Die kragtige stem van die grootliks onontdekte Afrikaanse verhoogdigter Laura Kirsten basuin eietydse gevoelens oor Afrikanerwees uit.

Roerende kunsliedere soos Mali die slaaf se lied, Dis Al (Jan Bouws toonsetting) en die onderwaardeerde Liefdeswee (Mornay du Plessis) word deur sangers Hannes Pienaar, Madeleen Engelbrecht en die opwindende jong tenoor Henrico Coetzer uitgevoer. Sinkronies Kamerkoor verryk die geleentheid verder met uittreksels uit Niel Van der Watt se “Liedwerk van Klip” (NP van Wyk Louw) wat onlangs by die UP se Woordpoortfees uitgevoer is. ‘n Bonus is die hartroerende lied van 'n eeu gelede "Boereseun," gesing deur Lebogang Khumalo, 'n jong tenoor uit Soweto.

Ander items sluit in ‘n verwerking van die minder bekende maar uiters meevoerende Voortrekkerwysie van Psalm 51, ‘n eksperimentele Afrikaanse werk deur elektroniese kunstenaar Benedikt Sebastian en volle bors-samesang met “Prys die Heer” (ook Voortrekkerwysie) en die bekende “En hoor jy die magtige dreuning.” Naas die finale klimaks van “Afrikaner is my naam” vorm die HA!Man se verwerking van Sarie Marais vir viool (Willem Servius) en orkes (opname) ook ‘n hoogtepunt. Dit is in 2004 vir die Ukkasiefees geskep en is onder dawering uitgevoer in die Royal Albert Hall, Londen.

Hierdie eenmalige VTM 60 Feeskonsert vind dan op Saterdag 7 November om 19h30 vir 20h00 plaas. Toegang is R80 (R50 vir studente en senior burgers oor 65jr, R30 vir leerders en voorskoolse kinders). Besprekings moet vroegtydig by die Monumentkantoor (0123266770 of ontvangs@voortrekkermon.org.za) gedoen word. Die Afrikaanse en wyer publiek word uitgenooi om naas die baie ontspannende en ligte vermaak wat hedendaags aangebied word, ook skoonheid, grootsheid en inspirasie hul deel te maak.
« Laaste verandering : October 26, 2009, 06:39:43 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #31 op: November 05, 2009, 08:57:41 AM »
 ??? ??? :o :o >:( >:(

Koperblaas-fanfares, instrumen­tale uitvoerings, gedigte wat die geskiedenis van die Afrikaner vasvat en ’n jong tenoor van Soweto wat Boereseun sing, is van die elemente waaruit ’n groot konsert in die Voortrekker­monument in Pretoria gaan bestaan.

Dit word Saterdag gehou ter viering van die monument se 60ste bestaansjaar.

Dan is daar nog ’n verwerking van die meevoerende Voor­trekkerwysie van Psalm 51, ’n eksperimentele Afrikaanse werk deur die kunstenaar Benedikt Sebas­tian, samesang van Prys die Heer en En hoor jy die magtige dreuning.

Om die kroon te span is daar Afrikaner is my naam – die HA!Man oftewel Francois le Roux se verwerking van ­Sarie Marais vir viool en orkes.

“Uiteenlopende en dinamiese kunstenaars word byeengebring om die gehoor te verras, mee te voer en te inspireer vir die toekoms, net soos wat ­hierdie besondere landmerk dit by geleentheid in die verlede ­gedoen het,” skryf Francois le Roux in ’n inligtingstuk oor ­die konsert.

Later vertel hy in ’n gesprek hy wou met die program die ­Afrikaner se emosionele ­geskiedenis blootlê.

“Dit gaan egter nie net oor die verlede nie. Dit wil openheid ­aanmoedig. ’n Mens kan tog nie met vertroue na die toekoms kyk sonder eerlikheid oor jouself nie.

“Ander wil die toekoms vorm soos ons dit in die verlede gehad het. Dis ook nie ’n oplossing nie.”

Die saamstel van die konsert was vir hom ’n “baie verant­woordelike opdrag”.

“Die monument is ­gekoppel aan die verlede. Ek het balans probeer bring deur oud en nuut, bekend en onbekend en ’n wye verskeidenheid kunstenaars byeen te bring. Ek wou ook hê mense wat dit bywoon moet ontspan en dit geniet.”

Hierdie konsert is maar een van talle dinge waarmee dié bekende tjellis en komponis hom die laaste ruk besig gehou het.

In sy loopbaan het hy al meer as 700 stukke geskep en 60 albums saamgestel. Hy tree jaarliks ­sowat 200 keer, plaaslik en oorsee, op.

Een van sy jongste opdragte was om ’n klankbaan te komponeer vir ’n dokumentêre fliek oor die Knysna-olifante, The Search for the Knysna Elephants. Dit is deur NHU Africa in samewerking met Animal ­Planet vervaardig.

Die rolprentmaker Mark van Wijk het dit as ’n buitengewone ervaring beskryf om die rolprent te maak. En vir Le Roux was dit eweneens ’n ervaring om die musiek vir die rolprent te komponeer.

Hy het probeer om reg te laat geskied aan die soektog in die ­Knysnawoud en die hoop dat die sku olifante op­gespoor sal word.

“’n Mens het uiteraard ontsag vir die wonderlike diere wat so geheimsinnig oorleef het. Ek wou die musiek ’n mens laat intrek in die misterie. Dat die rolprent iets so mooi oor my land vertel, is spesiaal. Ook dat die woud sy geheime so streng ­bewaar dat die mens en tegno­logie dit nie kan ontsluit nie.”

Die feeskonsert begin om 19:30 vir 20:00. Kaartjies kos R80, R50 vir studente en mense ouer as 65 en R30 vir skoliere en voorskoolse kinders. Bespreek plek by die Monumentkantoor by 012 326 6770.
Ons Sal!!!

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: VTM Nuus
« Antwoord #32 op: November 05, 2009, 02:03:43 PM »
"Die Afrikaanse en wyer publiek word uitgenooi om naas die baie ontspannende en ligte vermaak wat hedendaags aangebied word, ook skoonheid, grootsheid en inspirasie hul deel te maak." . . (aanhaling)

En wat ons ook asseblief ons "deel" moet maak, is politiek-korrektheid, getrou aan die 'totale aanslag' van die nuwe orde en die een-mensdom sindroom.

Dit ruik maar weer sterk na die 'Broederbond'-tipe gebeurtenis (verskoon tog, maar ek weet nie van 'n beter beskrywing van hierdie magte as om na die AB te verwys nie). Dit oorweldig jou deur die kwaliteit, die standaard van optrede, die organisasering, die kompleksiteit, die 'modernisme' (skuus, my woordeskat is te min) . . . MAAR dit gaan mank aan beginsels, patriotisme, opregtheid, geloof, eenvoud, en ander mooi dinge wat SLEGS onder 'n volk en slegs in nederige afhanklikheid van God belewe kan word.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #33 op: November 06, 2009, 02:54:11 PM »
Die bemarkingsbestuurder van die Monument, mnr. Willie Smith het op navraag aan Die Afrikaner gesê dat daar geen druk van die regering op die bestuur was in verband met die feesprogram nie. Hy het bevestig dat die Monumenterfenisterrein jaarliks ‘n skenking van R1,7 miljoen van die departement van kuns en kultuur ontvang.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #34 op: November 06, 2009, 03:24:10 PM »
Aan die wat graag wil hoor

Dit het onder my aandag gekom dat daar by party Afrikaners ernstige besorgdheid bestaan oor die teenwoordigheid van swart kunstenaars by die Voortrekkermonument 60 Feeskonsert op Saterdag 7 November.

Ek is verantwoordelik vir die samestelling van die program en derhalwe ook vir die keuse van die betrokke kunstenaars. Ek het gevoel om self iets daaroor te se.

Eerstens: ek begrip het vir die besware. Die Monument is nie maar net nog ‘n openbare lokaal wat op ‘n arbitrere of suiwer kommersiele basis bestuur kan word nie, wie ookal in beheer is. Enige gebou, en sekere geboue meer as ander, het ook ‘n dimensie van betekenis, van assosiasie, ‘n bepaalde grondslag vir die bou daarvan en in hierdie geval ook ‘n historiese rol. Ek wil dit onomwonde stel dat die Monument vir my ‘n Afrikanerbaken is, ‘n tuiste vir ‘n bepaalde gemeenskap wat in die verlede en hopelik so ook in die toekoms as inspirasie vir daardie gemeenskap sal dien - inspirasie tot kreatiwiteit as ‘n gemeenskap wat telkens voor nuwe uitdagings te staan kom.

Die insluiting van drie swart instrumentaliste, ‘n gemengde koor, ‘n Nederlandse violis en ‘n Engelse hobospeler is geensins ‘n poging om die Monument te verdun tot ‘n algemene ruimte, of om as verskoning te dien vir sy verlede nie. Dit is allermins ‘n poging om polities korrek te wees en die owerhede van die dag te plesier.

Hoor my mooi:

1. Hierdie konsert is ‘n poging uit die hart, om die dieper emosies van die Afrikaner te ondersoek, te erken en uit te druk. Emosies wat kom oor 350 jaar en steeds ‘n toekoms in die gesig staar. Want hier gaan ons - of ten minste ek! - bly. My naam is nie verniet AFRIKA-ner nie.

2. Ek is nie skaam of bang vir die donker nie. Ons verlede is nie net mooi en suiwer nie. Niemand s’n is nie. Daarom is ek ook nie skaam om in ons foute en flaters in te delf nie. Want net as ons kan eerlik wees oor ons goed en sleg, kan ons met selfvertroue saam met ander leef. Die konsert is dus gevul met trots, met grootsheid, maar ook met ootmoed, met selfkritiek, met hartseer, eensaamheid en vervreemding. Dit eindig met ‘n lied wat al hierdie goed saamvat en se: Afrikaner is my naam / in twee werelde maak ek my staan / ek het my ysterhand verloor / toe ek jou hartklop hoor.

3. Die insluiting van nie-Afrikaners het spontaan gebeur. Hulle is onder geen illusies oor waaroor die konsert gaan nie. Ek het persoonlik met elkeen daaroor gepraat en die algemene gevoel is dat dit vir hulle ‘n voorreg is om dit wat uit die Affrikanerhart kom te kan deel, net soos wat dit vir my ‘n voorreg sal wees as ‘n klomp Zoeloes my sou vra om ‘n tradisionele Zoeloefees mee te maak en saam te sing en te dans. So kan ek eerstehands leer hoe dit voel om Zoeloe te wees. Hierdie swartes gaan moreaand eerstehands leer, iets van die gevoel van Afrikaner-wees. En ek kan julle waarborg, vriende, dat hulle van nou af vriende van die Afrikaner sal wees. En vriende het ons altyd nodig.

4. Ons geskiedenis maak in elk geval nie sin sonder die verwysing na die invloed en inkleding deur die mense om ons nie, veral as dit kom by die Afrikaan. As ons dit wil ignoreer, dan moet ons al daardie relief-beelde van die Monument se mure afpluk, want nie een is omtrent sonder afbeelings van Afrikane nie.

Ter opsomming: ek is nie gister gebore nie. Ek het twee jaar diensplig gedoen, was in die Pretoria stadsaal met die groot KP vergaderings en het my longe uitgesing; is deur die warboel van emosies van die vroee negentigs en wou op ‘n stadium emigreer; het vir vyf jaar Suid-Afrika platgeryloop en het brood op straathoeke geeet saam met bedelaars van alle geure. En vir sowat 10 jaar nou sing en speel ek die klanke van my mense, my land, en my kontinent die wereld oor. Ek is nie ‘n kommersialis nie en ek volg my hart, ‘n hart wat vergroei is aan Afrika en Afrikanerwees. Ek pak hierdie konsert aan om Afrikaners die geleentheid te gee om hulleself vir ‘n slag uit VOLLE BORS uit te druk, ‘n bors wat kan wip van die lag, maar ook kan ruk van die huil. Afrikaners wat vir ‘n verandering weer OUTENTIEK kan wees, in hul eie heiligdom, op so ‘n manier dat ANDER DAARIN KAN DEEL. Bou ‘n muur om jou, en jy sal rowers en diewe uitlok. Maak jou deure oop, en jy ontwapen jou vyande van hulle grootste ammunisie: wantroue.

Ek nooi julle uit om hierdie konsert by te woon. As dit moet, sal ek julle kaartjies self dek. Voordat jy ‘n plakkaat kom swaai, of dit onaangenaam maak vir nie-Afrikaners om in ons spasie te kom kuier, maak eers jou hart oop - vir jouself, vir jou mense en vir die diep emosies wat Afrika in ons losgemaak het oor drie eeue heen. Doen dit eers, dan, maak jou mond oop en se wat jy wil se. Ek, ten minste, sal luister. Want ek deel dit met julle: ‘n diep liefde vir die Afrikaner-Boer, en ‘n besorgdheid dat ons sal vergeet dat ons ‘n gemeenskap is, ‘n gemeenskap met ‘n rol en ‘n roeping.

Ja, die Monument moet herleef as herlaairuimte om daardie roeping te kan vervul!

Groetnis
Francois (le Roux)

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #35 op: November 06, 2009, 03:34:36 PM »
Jammer Francois, jy het my nie oortuig dat dit:

1. Spontaan gebeur het dat daar volksvreemde kunstenaars is nie en;
2. dat dit nodig is om volksvreemdes in te sluit in die program.

Jy erken dat jy geweet het dit sal mense ontstel, tog voel jy niks vir die Afrikaner wie dit ontstel nie. Jy en die opsigter Mnr Opperman het mos al die mag om self te besluit en julle wil te laat geskied.

Ek is nie eens kwaad vir julle nie, ek vervoei julle eerder, aangesien julle net soos die terrorsite wat hierdie land tans regeer, glo dat julle met en aan die Afrikaner kan maak net wat julle wil, bloot omdat julle die mag het om dit te doen en omdat julle glo die Afrikaner kan niks daaraan doen nie.




Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #36 op: November 06, 2009, 05:35:16 PM »
Jammer Francois, jy het my nie oortuig dat dit:

1. Spontaan gebeur het dat daar volksvreemde kunstenaars is nie en;
2. dat dit nodig is om volksvreemdes in te sluit in die program.

Jy erken dat jy geweet het dit sal mense ontstel, tog voel jy niks vir die Afrikaner wie dit ontstel nie. Jy en die opsigter Mnr Opperman het mos al die mag om self te besluit en julle wil te laat geskied.

Ek is nie eens kwaad vir julle nie, ek vervoei julle eerder, aangesien julle net soos die terrorsite wat hierdie land tans regeer, glo dat julle met en aan die Afrikaner kan maak net wat julle wil, bloot omdat julle die mag het om dit te doen en omdat julle glo die Afrikaner kan niks daaraan doen nie.

Bravo SP! Bravo!
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: VTM Nuus
« Antwoord #37 op: November 07, 2009, 03:34:26 AM »
Op watter planeet lewe Francois (le Roux)?
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #38 op: November 07, 2009, 11:03:41 AM »
Op watter planeet lewe Francois (le Roux)?

Meerkat, ek glo nie hy kan van 'n planeet af wees nie, want dit is tog alombekend dat daar intelligente wesens op die ander planete woon. Ek sou eerder vra uit watter "kraal" het hy uitgekruip!

Hierdie aksie is blatante uittarting van die Boere-Afrikaners! Ons weet wie sit daaragter.
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #39 op: November 24, 2009, 11:15:34 AM »
Geagte Vriende

 

Graag word u in kennis gestel dat die Dagbreek Trust op 23 November 2009 aangekondig het dat hulle op 1 Desember 2009 ‘n bedrag van R2 miljoen aan die VTM/Erfenisstigting sal oorbetaal. Die skenking is onvoorwaardelik, maar is gebaseer op die volgende verstandhouding tussen die skenker en die bevoordeelde:

 

a.                   Sonder om voorskriftelik daaroor te wees, sou die Dagbreek Trust  gemaklik daarmee wees as die bedrag in geheel benut word om die VTM/ES se skuldlas en gevolglik finansieringskoste by die bank dienooreenkomstig te verminder. Dit sal daartoe lei dat beide organisasies se kontantvloeisituasie en die uiteindelike aflossing van hul totale skuldlas aansienlik bespoedig en vergemaklik word.

 

b.                  Die VTM/ES sal voortaan as spesialisorganisasie deur die Dagbreek Trust benut word om lg. te adviseer tov die meriete en prioriteit van versoeke om befondsing deur ander instansies vir erfenisverwante projekte. Die finale besluit sal uiteraard by die beheerraad van die Dagbreek Trust berus.

 

c.                   Die VTM/ES kan die Dagbreek Trust bystaan as die uitvoerende been tov bepaalde erfenisverwante projekte, waaroor onderling ooreengekom moet word. Die befondsing daarvoor sal afsonderlik met die Dagbreek Trust beding word en vorm nie deel van die aanvanklike skenking van R2 miljoen nie.

 

d.                  Soos reeds aangekondig, sal die HUB van die VTM en Erfenisstigting DV in sy pos aanbly tot 31 Julie 2012.

 

e.                   Die HUB sal ook met die volle steun van die Dagbreek Trust persoonlik betrokke raak by die pogings om die situasie by die Letterkundige Museum in Bloemfontein (NLAN) te beredder. Dit beteken egter nie dat die VTM en ES noodwendig sal poog om die inhoud van NALN na ‘n alternatiewe standplaas (bv. die Erfenissentrum) oor te plaas nie, maar wel om die aanspreeklikheid vir NALN op nasionale eerder as provinsiale vlak te vestig. Die HUB sal, in oorleg met ander betrokke instansies en individue, met die owerhede skakel in hierdie verband.

 

Die direksies van die VTM en die Erfenisstigting se opregte waardering vir hierdie ruim skenking en die wyse waarop Afrikaner erfenisbewaring daardeur onderskraag word, is reeds aan die beheerraad van die Dagbreek Trust oorgedra. Daar word verwag dat dit kan lei tot aansporing van ander organisasies en besighede om op soortgelyke wyse verdere finansiële steun aan die VTM en die Erfenisstigting te gee, ter ondersteuning van spesifieke erfenisverwante projekte.

 

Die VTM en die Erfenisstigting sal graag in soortgelyke vennootskapsooreenkomste met ander potensiële weldoeners betrokke wil raak.

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal