Skrywer Onderwerp: VTM Nuus  (Read 6739 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #40 op: November 24, 2009, 11:31:54 AM »
Solidariteit - http://www.solidaritysa.co.za/Tuis - Nuus

Dagbreek-Trust nou ook �n vennoot van ROF - 2- 2007 - 12: 0

Dagbreek-Trust (DBT), een van die oudste en mees gevestigde Afrikaanse instellings, het �n uitnodiging aanvaar om die vierde vennoot van die Rapport Onderwysfonds (ROF) te word.


Terselfdertyd het die DBT aangekondig dat hy R1,5 miljoen oor �n tydperk van drie jaar in die ROF bel�.

Die vier vennote in die ROF is nou Rapport, die vakbond Solidariteit, die Afrikanerbond en die Dagbreek-Trust. Die vier vennote het die afgelope week �n ooreenkoms onderteken.

Dr. Koos Buitendag, voorsitter van DBT, het ges� die trust het besluit om by die ROF betrokke te raak omdat sy missie Afrikaans is.

�Die toekoms van Afrikaans sal bepaal word deur dit wat die huidige geslag Afrikaanssprekendes bereid is om te doen.

Ons wil met ons toetrede �n bydrae lewer om moedertaalonderrig in Afrikaans te verseker.�

Buitendag het ges� �die ROF is �n kosbare kleinood wat vertroetel moet word.

Die Afrikaanse gemeenskap moet daarna streef om die fonds sterker te maak.�

As een van die destydse stigters van Rapport is dit vir DBT goed om weer by Rapport betrokke te wees, het hy ges�.

Tim du Plessis, redakteur van Rapport, het die DBT se toetrede namens die ander vennote verwelkom. �Dis �n heuglike dag vir Afrikaans.�

Meer as 450 Afrikaanse studente uit alle groepe studeer tans met die hulp van die ROF oral in Suid-Afrika. Danksy DBT sal ons nou nog meer kan help, het Du Plessis ges�.   



http://www.solidaritysa.co.za/Tuis/wmprint.php?ArtID=823
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #41 op: November 24, 2009, 11:39:36 AM »
Die Rapport Onderwysfonds gaan ROF aan

Die Rapport Onderwysfonds het pas die eerste uitbetalings
vir vanjaar se leningsbeurse aan 123 studente
by 12 tersiêre instellings gedoen. Dit is moontlik gemaak
deur die voortgaande finansiële ondersteuning
van Afrikaansprekendes - ten spyte van moeilike
ekonomiese toestande.

Die broers in Oudtshoorn het weer vanjaar tydens die
KKNK ‘n ontbyt aangebied en die Rapport Onderwysfonds
het weer daarby baatgevind. Die Bestuurder
van die Fonds, mnr Kobus Rossouw, het by dié
geleentheid aan die teenwoordiges genoem dat daar
sedert die ontstaan van die Rapport Onderwysfonds
reeds meer as 700 leningsbeurse toegeken is. Prof
Johan Olivier het daarna die gaste getrakteer op ‘n
hoogs insiggewende en vermaaklike toeligting oor
die vermaerde skrywer, CJ Langenhoven. Ons hartlike
dank aan André Viljoen en die Oudtshoornmanne
asook die dames van Dameskring vir ‘n heerlike ontbyt
en gesellige samesyn.

Die Rapport Onderwysfonds was ook verlede jaar ‘n
begunstigde van die radiostasie 94.7 Stereo se Rude
Awekening-span en Rapport se jaarlikse RAW Rocks
konsert in die Superbowl, Sun City. Ons het onlangs
verneem dat ‘n bedrag van R80 000 uit hierdie geleentheid
aan ROF geskenk word.

Die feit dat ‘n Engelse radiostasie ‘n Afrikaanse musiekfees
aanbied en dan R80 000 uit die opbrengs aan
‘n Afrikaanse beursfonds skenk, gee mens moed dat
‘n inklusiewe Suid-Afrikaanse gemeenskap waar ons
mekaar se belange respekteer en selfs bevorder,
moontlik is.

Daarby het die Dagbreek Trust, een van die prinsipale
van die Fonds, pas aangekondig dat hy weer vir die
volgende 3 jaar ‘n skenking van R500 000 per jaar
aan ROF gaan maak. Verder word 'n skenking van
R50 000 per jaar gemaak om ‘n fondswerwer te betaal.
Hierdie gebaar van die Dagbreek Trust word ten
hoogste waardeer en is tekenend van die positiewe
gesindheid wat daar steeds onder die prinsipale van
die Fonds heers.


In hierdie verband wil ons net weer bevestig dat die
Afrikanerbond hom steeds, as prinsipaal van die
ROF, ten nouste met die doelstellings en aspirasies
van die Fonds vereenselwig en word afdelings en lede
steeds aangemoedig om die ROF te ondersteun
deur fondsinsamelingsaksies en skenkings. Hierdie is
‘n baie verdienstelike saak en enige bydrae word –
veral in hierdie ekonomiese omstandighede – met
groot dankbaarheid ontvang. Die ROF se rekeningbesonderhede
is:

Rapport Onderwysfonds
ABSA Melville
Reknr: 4058646741
Faks asb bewys van betaling na: 0866586338


(Hierdie is 'n uittreksel uit 'n AB nuusbrief van Mei 2009)
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: VTM Nuus
« Antwoord #42 op: November 24, 2009, 12:23:15 PM »
Mmmm, baie interessant voorwaar! Dankie Werner, ek het nogal gewonder wie is die vrygewige weldoener toe ek die nuusbrief kry.
« Laaste verandering : November 24, 2009, 12:27:49 PM deur Adri van Staden »
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #43 op: November 25, 2009, 09:18:13 AM »
GELOFTEDIENS OP 16 DESEMBER BY DIE VTM

Pretoria, 18 November 2009.  Die jaarlikse Geloftediens vind hierdie jaar weer op 16 Desember by die Voortrekkermonument plaas.. Die diens sal soos verlede jaar vroegoggend begin en teen 10:30 afsluit, waarna die Monument oopgestel sal word vir gewone dagbesoekers wat nie die diens bygewoon het nie. Hierdie vergunning word gemaak om soveel moontlik besoekers die geleentheid te bied om die sonstraal op die Senotaaf te sien skyn om presies 12:00.

Die diens en die sonverligting van die Senotaaf sal ook op groot skerms in die Heldesaal en die Senotaafsaal geprojekteer word. Gaste moet asb daarop let dat die kwaliteit van die klankprojeksie beter is in die Senotaafsaal. Hulle word vriendelik aangemoedig om eerder in die Senotaafsaal te sit as hulle beter wil hoor.

Persone wat die Geloftediens bywoon, betaal nie toegangsgeld nie, maar ‘n kollekte sal wel voor die aanvang van die diens opgeneem word om te help met die bestryding van die koste van die verrigtinge.

Die program is kortliks soos volg:

o   07:00      VTM hoofhekke maak oop
o   08:00      Assegaaihekke en Monument se deure maak oop en gaste neem
                           plekke in
o   08:30      Samesang: Sangleier Niel Knobel; orrelbegeleiding Tersia Knobel
o   08:45       Monumentdeure sluit
o   09:15      Opneem van kollekte
o   09:30      Voorlees van Gelofte
o   09:35      Geloftediens deur ds Louis Venter – N.G. Kerk Universiteitsoord
o   10:30      Afsluiting – wegpak van stoele
o   10:45   VTM-hoofhekke open vir algemene publiek (normale toegang betaalbaar)   
o   12:00      Waarneem van die son op die Senotaaf

Gaste word vriendelik versoek om vroeg te kom, sodat hulle reeds vanaf 08:00 hulle sitplekke in die Monument kan begin inneem. Die Monument se deure sal om 08:45 toegemaak word, waarna laatkommers onder die tentafdakke buite die Monumert geakkommodeer sal word.

Daar sal 1100 stoele binne-in die Monument en ‘n bykomende 900 stoele buite die Monument onder tentafdakke beskikbaar wees. Persone wat verkies om buite te sit, is ook welkom om hulle eie opvoustoele saam te bring. Klank sal aangelê word sodat almal die diens kan hoor.

Rolstoele en helpers is op aanvraag op die hoofparkeerarea van die Monument beskikbaar om bewegingsgestremde persone met die spesiale rolstoelpad na die Monument te help vervoer. Spesiale voorsiening word ook gemaak vir gehoorgestremde persone wat die diens wil bywoon, met Mev Jackie Oosthuizen wat as tolk sal optree.

Die diens word aangebied in die naam van die Direksie van die Voortrekkermonument, met die bystand van die Voortrekker Jeugbeweging.
Belangstellendes word ook vriendelik uitgenooi om die geleentheid te benut om op 16 Desember privaatkranse by die SA Weermag Muur van Herinnering te lê, ter ere van die lede van die SA Weermag wat hul lewens gedurende die tydperk 1961-1994 verloor het. Daar sal egter geen spesiale seremonie met die oog daarop gereël word nie.

Die Voortrekkermonument Restaurant sal ook die middag ‘n spesiale, nou reeds byna legendariese buffet-ete aanbied. Besprekings daarvoor kan nou reeds gedoen word by 012 321 6230.

Navrae ivm die dag se aktiwiteite kan gerig word aan Annatjie of Geraldine by 012 326 6770 of ontvangs@voortrekkermon.org.za.
__________________________________________________________________
UITGEREIK DEUR:   
GENL.MAJ. (AFT) GERT OPPERMAN
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
VOORTREKKERMONUMENT EN NATUURRESERVAAT
TEL: (012) 326 6770 / 323 0682 / 325 0477
Faks: (012) 326 8374
E-POS: hub@voortrekkermon.org.za
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7400
  • Christa Burger
Re: VTM Nuus
« Antwoord #44 op: November 25, 2009, 10:33:29 AM »
Nou mag ons nou ook ingaan of nie?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #45 op: November 25, 2009, 04:03:57 PM »
Nou mag ons nou ook ingaan of nie?

Goeie vraag, volgende een asb.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #46 op: November 25, 2009, 04:59:54 PM »
As ons genoeg vrae bymekaar kry kan ons alles sommer op een slag vir Gert en sy regsverteenwoordiger stuur  :P
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #47 op: February 08, 2010, 08:02:40 AM »
Pretoria 1 Februarie 2010.

Na bykans 60 jaar se gespook om die Voortrekkermonument waterdig te maak en die gepaardgaande skade aan die struktuur te herstel, gaan die binnekant van dié bekende baken suid van Pretoria, danksy ‘n groot toekenning deur die Nasionale Lotery Distribusie Trust Fonds (die NLDTF) , binnekort soos ‘n nuwe muntstuk daaruit sien.

Die gekompliseerde ontwerp van die Voortrekkermonument wat tussen 1936 en 1949 opgerig is, was uiters gevorderd vir die tyd en die konstruksie van die unieke koepel met opening het besondere hoë eise gestel. Volgens Beheerraad-notules is die eerste herstelwerk aan die struktuur reeds so vroeg as 1955 weens waterlekkasie gedoen. Dit was maar net die begin van ‘n probleem wat jaar na jaar aangespreek moes word en uiteindelik miljoene rande sou kos. Intussen het onooglike waterskade teen die dak en mure op die verskillende vlakke toenemend afbreek aan die gebou gedoen.

In 2003 slaag die Monument daarin om omvattende waterdigting met R3,674 miljoen wat ook van die NLDTF ontvang is, te doen. Die grootste lekkasies is herstel maar die fondse vir die herstel van die waterskade het ontbreek.

Daar was dus groot vreugde toe daar pas bevestig is dat die NLDTF ‘n verdere toekenning van R5 949 607,31 aan die Voortrekkermonument gedoen het. Net meer as R 2,5 miljoen sal aangewend word vir die herstel van die waterskade en die opknapping van die binnekant van die Voortrekkermonument. Die balans van ongeveer R3,4 miljoen is bestem vir die instandhouding van die direkte verbindingspad tussen die Voortrekkermonument en Freedom Park, onder deur die snelweg wat die twee terreine skei.

Beide projekte sal betyds afgehandel word voor die aanvang van die 2010 Wêreldsokker en sal baie help om nog meer besoekers na veral die Voortrekkermonument-terrein te lok. Die verbindingspad sal ook gebruik kan word om direkte vloei van veral buitelandse besoekers tussen die twee erfenisterreine, wat soos tot dusver as afsonderlike en onafhanklike terreine te bestaan en bedryf te word, moontlik te maak.

Die terrein is reeds op Maandag, 1 Februarie amptelik aan die boukontrakteurs vir vestiging oorhandig en die werk aan die Monument sal eersdaags begin. Die kontrakteurs vir die padprojek sal ook eersdaags op terrein wees.

Alhoewel herstelwerk op alle vlakke in die Monument gelyktydig sal plaasvind, sal die VTM steeds oop bly vir die ontvangs van besoekers. Groot sorg sal gedra word dat geen skade aangerig word of die werksaamhede enige gevaar vir besoekers inhou nie. Die werk behels die herstel van alle waterskade, die verf van die binnekant van alle vlakke van die Monument, insluitende alle houtwerk en die akoestiese materiaal in die koepel; die verf van alle staalwerk in die trapskagte en die herstel en skoonmaak van die sandsteenvloer in die Senotaafsaal. Waar nodig sal daar ook aandag gegee word aan kleiner waterlekkasies wat nog mag bestaan.

Graag word by voorbaat om verskoning gevra vir enige ongerief wat deur die restourasiewerk en padwerke veroorsaak mag word. Alles moontlik sal gedoen word om dit tot die absolute minimum te beperk.

UITGEREIK DEUR:

GENL. MAJ. (AFT) GERT OPPERMAN
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
VOORTREKKERMONUMENT ERFENISTERREIN
TEL: 012-326-6770 FAKS: 012-326-8374
E.POS: hub@voortrekkermon.org.za
Ons Sal!!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: VTM Nuus
« Antwoord #48 op: February 08, 2010, 08:40:27 PM »
Al dobbelend gaan die VTM voort op 'n onbekende pad, met 'n man aan die stuur wat nog nooit van afgronde gehoor het nie........
Kennis is mag

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #49 op: February 08, 2010, 10:19:32 PM »
As daar eers 'n fisiese pad is wat die k-monument verbind met die VTM, dan kan dit die "weg" baan vir allerhande ander "reëlings"! ??? :o >:( :o
Ons Sal!!!

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #50 op: March 10, 2010, 01:57:05 PM »
Dit spyt my werklik om die volgende inligting te plaas.  Dit is ongepas vir 'n beskaafde forum, maar dit gaan een van die dae by een van ons kosbare monumente opgevoer word!!!

---------------------------------------------------------

Tukkies trek hul neus op vir ‘V-stuk’


2010-03-06 23:05



Jacqui du Toit in Die vagina-monoloë. (Foto: Martin de Kock)

 

Karin Burger

Die woord ‘vagina’ hoort nie op ’n kampus nie.

So voel Tukkies nadat hulle die Jacaranda Nasionale Kunstefees se versoek geweier het dat Die vagina-monoloë op die Groenkloof-kampus opgevoer word.

Dié fees word van 26 April tot 2 Mei in Pretoria aangebied.

Die aktrise Antoinette Louw, wat die gewilde The Vagina Monologues verlede jaar in Afrikaans vertaal het, sê sy kan nie die “onnatuurlike sielkundige blokkasie” verstaan wat daar steeds by Afrikaners oor dié onderwerp heers nie.

“Ek, Lulu Botha en Jacqui du Toit het verlede jaar op Vrouedag in die Dorpstraatteater in Stellenbosch die eerste optrede van Die vagina-monoloë gehad… die reaksie was ongelooflik! Vroue kom ná die tyd om hul stories te vertel.”

Louw sê seksualiteit is so ’n groot deel van jou. “Die produksie raak almal, want dis deel van almal.”

Die akteur Pedro Camara, wat die Jacaranda Nasionale Kunstefees reël, het Louw gevra om dié produksie Pretoria toe te bring.

“’n Dag later, toe bel ’n lid van die keuringskomitee en sê die Groenkloof-kampus het die produksie afgekeur.

“Ek het nie geweet of ek moet lag of huil nie. Nou is ek net hartseer,” sê Louw.

Me. Gerrie Jamneck, wat saam met die Jacaranda-feeskomitee werk, sê hulle wil baie graag hê dié produksie moet deel wees van die fees – “ons is gek daarna, dis ’n briljante produksie”.

Camara sê hy het nie verduidelikings gevra oor hoekom Die vagina-monoloë nié by Groenkloof opgevoer kan word nie.

“Hulle sal weet wat werk by elke venue,” sê hy.

Die Jacaranda-feeskomitee het toe die Voortrekkermonument se kunssaal bekom waar Die vagina-monoloë nou opgevoer gaan word.


Tossie Lochner se Mites en waardes uit Italië sal in die oorspronklike venue op die Groenkloof-kampus aangebied gaan word.


“Nou het ons vyf vertonings by die Voortrekkermonument van alle plekke?… wat ’n monumentale okkasie,” lag Louw.


Die universiteit het Rapport van bakboord na stuurboord gestuur en niemand wou kommentaar lewer oor Die vagina-monoloë nie.

’n Tukkie wat anoniem wou bly, sê hy verstaan nie hoekom die woord “vagina” nie welkom is op kampus nie. “As hulle maar weet hoeveel keer per dag word die p-woord hier gebruik…”




http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/cbfbd8a63c664fb4bded64a523eb244f/06-03-2010-11-05/Tukkies_trek_hul_neus_op_vir_%E2%80%98V-stuk%E2%80%99
« Laaste verandering : March 10, 2010, 01:59:39 PM deur Werner Smook »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #51 op: March 11, 2010, 06:04:09 AM »
Ek verneem dat hierdie opvoering nie meer daar opgevoer sal word nie.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #52 op: March 11, 2010, 08:30:09 AM »
MEDIAVERKLARING

VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

VAGINA MONOLOË NIE BY MONUMENT AANGEBIED

Pretoria, 9 Maart 2010.

Soos vroeër berig sal die “Vagina Monoloë” nie tydens die eerste Jacaranda Nasionale Kunstefees in April vanjaar op die terrein van die Voortrekkermonument aangebied word nie.

Dit is wel baie belangrik vir die Monument om deel te wees van veral die Afrikaanse uitvoerende en beeldende kunstenaarsgemeenskap. Daarom het die Monument reeds in Desember self die organiseerders genader om te hoor of hulle nie van die fasiliteite op die Monumentterrein gebruik kan maak nie. 

Volgens Cecilia Kruger, hoof vakkundige dienste, geniet die Monument die ondersteuning van die  volle spektrum van Afrikaners – oud, jonk, behoudend en verlig en word dié monument ook allerweë beskou as die toonaangewende sentrum vir die bewaring en bevordering van die Afrikaner se kuns en kultuurerfenis.  Die Monument het dus 'n etiese, morele verpligting teenoor sy hele ondersteuningsgemeenskap.  In die lig hiervan kon daar nie met die aanbied van ‘n kontensieuse produksie soos die Vagina Monoloë op die terrein voortgegaan word nie.

Volgens Kruger was die gebruik van die Monument self (Senotaaf- en Heldesaal) as ‘n fasiliteit nooit ‘n opsie nie en is produksies tot die sale op die piekniekterrein en Galery 20.20, die kunsgalery by die kantoorkompleks, beperk.

Die ander produksies wat by die Monument aangebied sal word sluit in: Bure oppie Bank; Why’t Burp, Sampson as Delilah, Cocktails & Crooners, André die Skreeusnaakse Hipnotiseur, Kook & Stook, Jakkals & Leeu en Suurgat 2. Hennie Maas sal ook twee sterrekykaande vanaf Fort Schankop (ook by die Monument) aanbied. Vir meer inligting hieroor kan die organiseerders se webtuiste geraadpleeg word.

Tydens die fees sal die Monumentpersoneel regstaan om spesiale begeleide toere deur die nuut gerestoureerde Monument, Erfenissentrum en Fort Schanskop te neem.  Ander aktiwiteite waaraan feesgangers op die terrein kan deelneem, is bergfietsry, perdry, stap of gesellig ontspan op die piekniekterrein.  Persone wat hulle Computicket-kaartjies vir vertonings by die hek wys, sal slegs die R5 Erfenisheffing (veilige parkering) betaal.    

Vir verdere navrae rakende Voortrekkermonument aktiwiteite en toegangsgelde tydens die fees skakel Arend Posthuma  by 012-326-6770.
_________________________________________________________

UITGEREIK DEUR:
GENL.MAJ. GERT OPPERMAN (AFT)
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
TEL:      012 326 6770
FAKS:   012 326 8374
E-POS:  hub@voortrekkermon.org.za


"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #53 op: March 11, 2010, 08:47:30 AM »
Dit moes in die eerste plek nie eers 'n opsie gewees het nie. Waarom het die VTM se sogenaamde bestuurspan eers ja gesê en toe gat omgeswaai toe dit warm begin raak. Dit sê veel oor die bestuurs- en oordeelsvermoë van die bestuurspan van die VTM.
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: VTM Nuus
« Antwoord #54 op: March 11, 2010, 09:58:23 AM »
Dit moes in die eerste plek nie eers 'n opsie gewees het nie. Waarom het die VTM se sogenaamde bestuurspan eers ja gesê en toe gat omgeswaai toe dit warm begin raak. Dit sê veel oor die bestuurs- en oordeelsvermoë van die bestuurspan van die VTM.

Dit sê ook baie van die Verkenners, veral Pretoria Verkenner Jeug, se aanhoudende druk op Rooigert ;-)

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: VTM Nuus
« Antwoord #55 op: March 11, 2010, 10:05:58 AM »
toe gat omgeswaai toe dit warm begin raak.

Wie het dit vir hom begin warm maak? Of is dit maar die resultaat van vorige ondervindings met sekere jong manne?  ;)
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #56 op: March 30, 2010, 11:28:58 AM »

Die Direksies van die Voortrekkermonument en Erfenisstigting het 'n Quo
Vadis projek aangepak en besluit om 'n vraelys te benut om menings van
'n wye belangegroep in te win.  Ons versoek asb alle Voortrekkers om
aanlyn die vraelys in te vul - http://www.voortrekkermon.org.za/vraelys.php

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #57 op: March 30, 2010, 10:10:44 PM »
As daar eers 'n fisiese pad is wat die k-monument verbind met die VTM, dan kan dit die "weg" baan vir allerhande ander "reëlings"! ??? :o >:( :o

Waar daar 'n rokie is, is daar 'n vuurtjie! Ons sal moet katvoet loop en vir Rooi-Gert en sy makkers met arendsoë dophou!


"The Freedom Park and the Voortrekker monuments in Pretoria should be linked in a single precinct to undo the appropriation of parts of our history and heritage to individual nationalities in the country, says the ANC".

Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #58 op: March 30, 2010, 10:35:38 PM »
M.a.w. hul ontken ons geskiedenis en gun ons dit nie . Geskiedenis vorm tog in 'n mate 'n sekere kultuurgroep , as die geskiedenis dan ontken word word die kultuurgroep dus ook ontken , dit is tog teenstrydig met hul eie grondwet (nie juis dat hul , hul veel daaraan steur nie) .

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #59 op: October 26, 2010, 02:00:25 PM »
KENNISGEWING 2010/10/26

Kinderdag by die Voortrekkermonument

Vir meer inligting hieroor en ander verwante inligting ivm Voortrekkermonument en Erfenisstigting gaan asb na

http://www.voortrekkers.org.za/VTverwanteInligting.htm

Groete
Hoofkantoor
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal