Publieke Kantoor van die Volksraad > Algemene Klagtekantoor
Opskrifte
(1/1)
RiaanvS:
Ek is redelik nuut tot die Bravoland-forum, so ek vra dalk 'n vraag wat al vantevore gevra en afgehandel is. Maar ek wonder.
Waarom is al die opskrifte op die webblad in Engels? Dit is net vir my vreemd dat alles in Afrikaans is, maar die skakels en ander boodskappe Engels is. Kan dit nie vertaal word nie?
Vra maar net...
Ben Geldenhuys:
Riaan,
Die forum was al verskeie kere vertaal in Afrikaans, die probleem is egter elke keer wat daar 'n opgradering gedoen word, moet die vertaling weer gedoen word. Tans is Cois besig met die vertaling maar dit is 'n tydsame proses.
Navigation
[0] Message Index
Go to full version