Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Bespotting van waarheid!  (Read 750 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Bespotting van waarheid!
« op: July 26, 2009, 04:37:27 PM »

In haar reaksie op opmerkings deur prof. Jonathan Jansen, aangewese rektor van die Universiteit van die Vrystaat, oor die vermoëns van me. Angie Motshekga, minister van basiese onderwys, raak die ANC-woordvoerder me. Jessie Duarte onwaarhede kwyt en maak dreigemente.

Sy vergelyk Jansen se werk met die “vrouehater-benadering van hoogs opgevoede akademici dat apartheid nooit bestaan het nie”. Dit maak ’n bespotting van die waarheid. Jansen haat vroue nie en het nog nooit beweer dat apartheid nie bestaan het nie.

Maar luister hierna: “… ons herinner hom (Jansen) daaraan dat die universiteit nie ’n private instelling is nie, maar een wat deur die regering onder leiding van die ANC gesubsidieer word”. Die subsidie wat aan alle universiteite betaal word, is belastingbetalers se geld waartoe almal bydra, nie net burgers wat tot die ANC behoort of vir hom stem nie. Die subsidie is gegrond op ’n formule wat studente-inskrywings en navorsingsprestasie in ag neem en waarop daar landwyd ooreengekom word.

Die formule is ’n middel om universiteite teen politieke inmenging te beskerm, soos in ons Grondwet gewaarborg word.

Verbeel jou dat politieke partye, of hulle regeer of nie, universiteite bloot op grond van ’n hekel aan normale opmerkings wat die ronde doen, kan afpers.

Ek glo nie aan persoonlike aanvalle op enigiemand nie, hetsy op min. Motshekga of prof. Jansen.

As die ANC van Jansen vereis dat hy in die openbaar verskoning moet vra, moetDuarte ook in die openbaar teenoor Jansen verskoning vra vir haar leuens.

Die DA doen ’n beroep op Duarte om haar dreigement rakende die subsidiëring van die universiteit terug te trek. Dit is die gedrag van ’n bullebak wat deur vrees eerder as met oorreding regeer.

Dr. Wilmot James, DA-LP, Kaapstad


http://jv.news24.com/Rapport/Briewe/0,,752-805_2541794,00.html
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal