Skrywer Onderwerp: Wittes hét baie skuld  (Read 2129 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Elmien Drent

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 56
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #40 op: July 21, 2011, 11:33:18 AM »
Die skrywer van die artikel skryf so asof ons nou 'n probleem moet he met die dinge wat Abel voorstaan.
WORD WAKKER!!!
Ek dink alle Christene moet so oor die nuwe Republiek se reels voel...
"Ek glo in God, die Vader, die Almagtige, die Skepper van hemel en aarde..." NGB

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #41 op: July 24, 2011, 12:59:38 AM »

MEDIA-VERKLARING DEUR DIE SENTRALE KOMITEE VAN DIE VOLKSRAAD VERKIESING KOMMISSIE

"Indien sekere Afrikaners se strewe om hulleself te regeer by voorbaat as "fascisme" afgemaak word, is daar geen sin in dialoog tussen politieke teenpole in Afrikaner-geledere nie." So sê Mnr. Paul Kruger, Voorsitter van die VVK, wat die Volksraad-verkiesing van September vanjaar fasiliteer en waarin Mnr. Abel Malan 'n kandidaat is.

Breyten Breytenbach het sedert Malan se beweerde aanranding op Prof. Anton van Niekerk van Stellenbosch verklaar dat - soos hy dit stel - "filosowe en fasciste" met mekaar in gesprek moet tree, in stede van fisiese geweldpleging.

Kruger sê dat die Volksraad Verkiesing Kommissie ten gunste van dialoog met enigeiemand is wat in beginsel erken dat daardie deel van die Boere-Afrikanervolk wat hulleself wil regeer, die reg het om dit te doen."

Uitgereik deur: Sentrale Komitee van die VVK

                     Pretoria

                     17 Julie 2011

                     Kontaknommer: 0822670364
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #42 op: July 24, 2011, 01:12:09 AM »
Abel se volkstaat 'duld nie vreemdes'
2011-07-23 21:13


Mnr. Abel Malan



Johannes de Villiers en Jan-Jan Joubert

’n Verbod op professionele en Sondagsport, ongelowiges wat uit die land geskop word, openbare teregstellings van verkragters en ’n straf vir “volksverraaiers en spioene” wat die doodstraf na ’n “genadige uitkoms” sal laat lyk.

Dít sal alles deel wees van die wit paradys waarvoor die verregse mnr. Abel Malan hom beywer.

Wanneer Malan, wat tans teregstaan weens die aanval op die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk, nie met filosowe in hul kantore baklei nie, voer hy ’n landwye veldtog om tot ’n organisasie genaamd die Volksraad verkies te word.

As deel van dié veldtog het hy ’n vraelys van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) ingevul met sy drome vir ’n wit republiek. Die antwoorde is aanlyn versprei.

In dié regse utopie sal slegs Afrikaanse Protestante (“almal van Wes-Europese etniese afkoms”) toegelaat word, terwyl die res van die bevolking, na wie hy deurgaans as “volksvreemdes” verwys, die trekpas kry.

Volgens ’n kaart wat Malan by die dokument aangeheg het, sal die volkstaat stuk-stuk in die Noord-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Suid-Kaap en Oos-Vrystaat versprei wees.

Dit blyk ook uit die dokument dat Malan al ’n renons in filosowe gehad het nog voordat hy met Van Niekerk gaan baklei het. Oor die volkstaat se onderwysbeleid skryf hy: “Tegniese onderwys moet prioriteit geniet bo te veel akademiese kwalifikasies. Ons kinders moet prakties weerbaar wees en nie almal hoogs betaalde filosowe in duur kantore wat nie weet hoe om ’n motor se band om te ruil nie.”

Voorts: “Besigheid of sport op Sondag is ’n onaanvaarbare praktyk wat nie ’n plek in ’n streng Christen-samelewing het nie.”

En: “Geen godsdiens buite die Christelike sfeer moet eers probeer om deel van die Republiek te word nie. Alle heidense kerke, tempels en strukture sal as eerste prioriteit verwyder of gesloop word.”

Asook: “Geen dobbelary, pornografie, homoseksualisme of enige vorm daarvan sal toegelaat word nie.”

Die doodstraf, met onder meer openbare teregstellings, sal mildelik toegepas word. Van verkragters tot gewapende rowers en dwelmhandelaars sal om die lewe gebring word.

Vir diegene wat gedink het dit klink nog nie genoeg na die ou Suid-Afrika nie, het Malan die volgende belofte: “Verpligte militêre diensplig vir beide mans en dames sal heel moontlik hoog op die agenda wees. Dit sal sommer twee vlieë met een klap slaan aangesien ons ou Volkie se jeug so bietjie dissipline en durf geleer moet word.”

***

Intussen mag Malan nie sy voete in die distrik Stellenbosch sit nie.

Hy mag die distrik net binnekom die dag voordat hy in die hof moet verskyn, het landdros Anita Potgieter Woensdag gesê toe sy hom op borgtog van R5 000 vrygelaat het om op 25 Augustus in die Stellenbosse streekhof te verskyn.

Die klagte teen hom is intimidasie en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Tot met sy volgende verskyning moet hy elke Vrydag aanmeld by die polisiekantoor in Nelspruit, waar hy woon.

Hy moes ook sy paspoort indien.

Malan was sedert verlede Donderdag in aanhouding.

Hoewel hy verlede Vrydag met ’n eetstaking begin het, het hy dit reeds verlede Saterdagmiddag laat vaar omdat sy chroniese bloeddruk-medikasie vereis dat hy eet.

Malan het by navraag gesê die tyd in die selle het goed afgeloop, maar dat hy daarna uitsien om huis toe te gaan.

Die geld vir Malan se borgtog is by ondersteuners ingevorder, het mnr. Paul Kruger, Malan se regsverteenwoordiger, in die hof gesê.

Dit lyk of Malan se tydjie agter tralies goeie gevolge gehad het vir die organisasie Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) waartoe hy behoort.

Kruger, wat ook voorsitter van die VVK is, het gesê hulle kry nou veel meer belangstelling van die publiek.

Kruger en Malan het die media ná Malan se vrylating toegespreek op die sypaadjie buite die hofkompleks.

Volgens Malan, wat gesê het hy het nie Van Niekerk se artikel gelees voor die onderonsie nie, maar slegs ’n rubriek daaroor, is daar twee soorte Afrikaners: dié wat tevrede is in die huidige bedeling en dié wat hulself wil regeer.

Kruger het gesê die VVK sal hom nie laat etiketteer en kleineer nie.

Nadat hulle die media toegespreek het, het hulle in Kruger se motor, wat ’n bufferplakker van die Duitse keisersvlag agterop het, geklim en dorpuit gery terug noorde toe.
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #43 op: July 24, 2011, 01:20:14 AM »
Ja, praat, maar ‘nee dankie’ vir Breyten se hulp
deur Cliff Saunders, Northcliff

2011-07-23 16:29

Met betrekking tot Rapport se hoofberig, “Breyten: Praat eerder as slaan”, verlede Sondag waarin verwys word na die “slaan” van prof. Anton van Niekerk deur mnr. Abel Malan: Ek stem saam dat oplossings deur “te praat” gevind moet word, maar sê “nee dankie” vir Breyten se aanbod om in Suid-Afrika aan so ’n gesprek deel te neem. Aangesien hy al ongeveer 40 jaar ’n burger van Frankryk is en dit verkies om daar te woon, hoekom wil hy nou in Suid-Afrika se interne politieke probleme inmeng?

Ek stem saam met prof. Willie Esterhuyse dat Afrikaners sal kies téén geweld, maar ek hoop hulle kies nie die “Breyten-opsie” van landuit vlug en van daar af wyshede kwytraak nie.

Hulle moet ook beslis nie ANC-onderdrukking goedsmoeds aanvaar nie. Daar is ’n Engelse gesegde: “Grovel, grovel, flatter, flatter, let nothing but the master matter.” Wit Suid-Afrikaners (alle minderheidsgroepe) moet sulke lamsakkigheid vermy.

Soos Jan F.E. Cilliers geskryf het: “Ek hou van ’n man wat sy man kan staan.”
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #44 op: July 25, 2011, 10:57:28 PM »
Aanhaling van: Elsa Muller   1:32pm Jul 24
Volkgsenote: Ek wil hiermee 'n dringend pleit by ons mense, van nou af gaan daar berigte in die ANC koerante verskyn, van ons verset. Ek wil smeek en vra asseblief moet nie alles glo wat in daardie koerante geskryf word nie. Media 24 behoort aan die kommuniste, en hulle gaan 'n storie verdraai tot dit hulle pas..

Daar is vrae wat ontstaan in die berig in Rapport: In die regse Utopie sal slegs Afrikaanse Protestante (almal van Wes europese etniese afkoms) toegelaat word, terwyl die res van die bevolking na wie hy deurgaans as volksvreemdes verwys die trekpas gaan kry.

Die doodstraf onder andere openbare teregstelling sal aan die orde van die dag wees, ek dink ons moet iemand van die VVK kry en net uitklaring kry oor hierdie berig.......

Inderdaad is dit die verdraaing van feite Elsa , 'n klassieke taktiek van disinformasie - om feite te verdraai en dit as die werklikheid voor te lê . Die skrywer probeer nogtans hard om dit te verwesenlik alhoewel hy nie eintlik weet waarvan hy praat nie soos "
voer hy ’n landwye veldtog om tot ’n organisasie genaamd die Volksraad verkies te word.
"  ; net so tussen my en jou , die Volksraad is nie 'n organisasie nie maar wel die VVK .
Verder probeer hy dit laat klink asof openbare teregstelling 'n daaglikse nasionale tydverdryf sal wees dus ruk die skrywer die feite heeltemal uit proporsie uit .

Ek ondersteun Abel se sienings en standpunte volkome .
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #45 op: August 01, 2011, 09:40:16 PM »
Kyk hoe (on)veilig is Maties
2011-07-30 20:17


Marlene Malan

Ons breek in by die Lettere Gebou by Universiteit Stellenbosch


Die “verskerpte” veiligheidsmaatreëls wat die Universiteit van Stellenbosch (US) ingestel het ná die vermeende aanval sowat twee weke gelede op prof. Anton van Niekerk is ’n “klug”.

So sê Matie-studente in ’n video wat hulle in en om die lettere-en-sosiale-wetenskappe-gebou, wat Van Niekerk se kantoor huisves, gemaak het.

Van Niekerk is glo deur mnr. Abel Malan, ’n Nelspruitse sakeman en kandidaat van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK), in sy kantoor op die sesde verdieping aangerand.

Malan is tans uit op borgtog nadat Van Niekerk hom van aanranding aangekla het.

Malan het die ontmoeting met Van Niekerk, direkteur van die Sentrum vir Toegepaste Etiek, gereël nadat hy kritiek gelees het op Van Niekerk se artikel “Moenie apartheid vergoeilik nie”.

Die US het gesê hy het ná die voorval beter veiligheidsmaatreëls ingestel.

Dit behels onder meer een wag voor die hoofingang van die gebou wat elke student en personeellid se identifikasiekaart moet nagaan.

“Die voorval waarin prof. Van Niekerk betrokke was, is voorafgegaan deur dreigemente om hom persoonlik leed aan te doen.

“Dis ’n saak wat die US nie ligtelik opneem nie,” het mnr. Mohamed Shaikh, US-woordvoerder, aan Rapport gesê.

Maar twee studente, mnre. ­Joshua Carstens en AJ Opperman, en hul kameraman, Nielen Bottomley, se video met die titel “Doelwit: Breek in by die Lettere-gebou” word tans op YouTube versprei.

Hierin wys hulle hoe maklik dit is om, ondanks die beweerde verskerpte maatreëls, ongesiens tot by Van Niekerk se kantoor te loop.

Hulle dra boonop metaallepels in hul sak wat toon daar is geen metaalverklikker wat hulle gekeer het om “wapens” in die gebou in te neem nie.

Medestudente wat in die video om kommentaar genader word, kritiseer die US dat strenger veiligheidsmaatreëls eers nou, ná die Van Niekerk-voorval, ondersoek word.

Dít terwyl prof. Ronel Foster van die departement Afrikaans en Nederlands sowat twee maande gelede in haar kantoor, wat op dieselfde verdieping as dié van Van Niekerk is, aangerand en van haar handsak beroof is.

Hulle sê ook die veiligheidsmaatreëls is ’n klug.

Shaikh erken die Foster-voorval, maar skryf dit toe aan “ekonomies verwante” misdaad.

Volgens hom werk die US tans aan strenger toegangsbeheer-maatreëls by alle akademiese en administratiewe geboue.

“Dit sal sigbare patrollering en tegnologiese steun insluit.”

Shaikh sê veiligheidsmaatreëls word deurlopend aangepas.

“Die hoofkampus is met die dorp verweef. Dit skep eiesoortige risiko’s. Die stelsel van risiko- en veiligheidskomitees is lank reeds in geboue gevestig om gepaste voorkomingsmaatreëls te tref. Dis een rede dat sekere voorsorgmaatreëls in werking was tydens die aanval op prof. Anton van Niekerk.”
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #46 op: August 01, 2011, 09:46:25 PM »
Ja-nee, ek kan getuig.

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #47 op: August 02, 2011, 08:39:27 AM »
Naspers is besig met ongelooflike propaganda!!

Daar is vandag alweer nie 'n kommentaar funksie in die Volksblad by die berig oor die boer van Reitz wat met klippe doodgegooi is nie!

Ek vra u hulp.

Skakel gerus vir Gert 051-4047879 of Annalize 051- 4047693 by die Volksblad (na 10:00 as hulle op kantoor kom) om te hoor hoekom sekere artikels veral die oor Malema, die onteiening in mosambiek en die plaasmoorde nie 'n kommentaar funksie het nie.

Dit is niks anders as propaganda as een artikel moedswillig anders as 'n artikel behandel word.

Genoeg hiervan! Hulle dink ons is onnosel.


Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #48 op: August 26, 2011, 08:53:54 AM »
Abel se volkstaat 'duld nie vreemdes'
2011-07-23 21:13


Mnr. Abel Malan



Johannes de Villiers en Jan-Jan Joubert

’n Verbod op professionele en Sondagsport, ongelowiges wat uit die land geskop word, openbare teregstellings van verkragters en ’n straf vir “volksverraaiers en spioene” wat die doodstraf na ’n “genadige uitkoms” sal laat lyk.

Dít sal alles deel wees van die wit paradys waarvoor die verregse mnr. Abel Malan hom beywer.

Wanneer Malan, wat tans teregstaan weens die aanval op die Stellenbosse filosoof prof. Anton van Niekerk, nie met filosowe in hul kantore baklei nie, voer hy ’n landwye veldtog om tot ’n organisasie genaamd die Volksraad verkies te word.

As deel van dié veldtog het hy ’n vraelys van die Volksraad Verkiesing Kommissie (VVK) ingevul met sy drome vir ’n wit republiek. Die antwoorde is aanlyn versprei.

In dié regse utopie sal slegs Afrikaanse Protestante (“almal van Wes-Europese etniese afkoms”) toegelaat word, terwyl die res van die bevolking, na wie hy deurgaans as “volksvreemdes” verwys, die trekpas kry.

Volgens ’n kaart wat Malan by die dokument aangeheg het, sal die volkstaat stuk-stuk in die Noord-Kaap, Noordwes, Mpumalanga, Suid-Kaap en Oos-Vrystaat versprei wees.

Dit blyk ook uit die dokument dat Malan al ’n renons in filosowe gehad het nog voordat hy met Van Niekerk gaan baklei het. Oor die volkstaat se onderwysbeleid skryf hy: “Tegniese onderwys moet prioriteit geniet bo te veel akademiese kwalifikasies. Ons kinders moet prakties weerbaar wees en nie almal hoogs betaalde filosowe in duur kantore wat nie weet hoe om ’n motor se band om te ruil nie.”

Voorts: “Besigheid of sport op Sondag is ’n onaanvaarbare praktyk wat nie ’n plek in ’n streng Christen-samelewing het nie.”

En: “Geen godsdiens buite die Christelike sfeer moet eers probeer om deel van die Republiek te word nie. Alle heidense kerke, tempels en strukture sal as eerste prioriteit verwyder of gesloop word.”

Asook: “Geen dobbelary, pornografie, homoseksualisme of enige vorm daarvan sal toegelaat word nie.”

Die doodstraf, met onder meer openbare teregstellings, sal mildelik toegepas word. Van verkragters tot gewapende rowers en dwelmhandelaars sal om die lewe gebring word.

Vir diegene wat gedink het dit klink nog nie genoeg na die ou Suid-Afrika nie, het Malan die volgende belofte: “Verpligte militêre diensplig vir beide mans en dames sal heel moontlik hoog op die agenda wees. Dit sal sommer twee vlieë met een klap slaan aangesien ons ou Volkie se jeug so bietjie dissipline en durf geleer moet word.”

***

Intussen mag Malan nie sy voete in die distrik Stellenbosch sit nie.

Hy mag die distrik net binnekom die dag voordat hy in die hof moet verskyn, het landdros Anita Potgieter Woensdag gesê toe sy hom op borgtog van R5 000 vrygelaat het om op 25 Augustus in die Stellenbosse streekhof te verskyn.

Die klagte teen hom is intimidasie en aanranding met die opset om ernstig te beseer.

Tot met sy volgende verskyning moet hy elke Vrydag aanmeld by die polisiekantoor in Nelspruit, waar hy woon.

Hy moes ook sy paspoort indien.

Malan was sedert verlede Donderdag in aanhouding.

Hoewel hy verlede Vrydag met ’n eetstaking begin het, het hy dit reeds verlede Saterdagmiddag laat vaar omdat sy chroniese bloeddruk-medikasie vereis dat hy eet.

Malan het by navraag gesê die tyd in die selle het goed afgeloop, maar dat hy daarna uitsien om huis toe te gaan.

Die geld vir Malan se borgtog is by ondersteuners ingevorder, het mnr. Paul Kruger, Malan se regsverteenwoordiger, in die hof gesê.

Dit lyk of Malan se tydjie agter tralies goeie gevolge gehad het vir die organisasie Volksraad Verkiesingskommissie (VVK) waartoe hy behoort.

Kruger, wat ook voorsitter van die VVK is, het gesê hulle kry nou veel meer belangstelling van die publiek.

Kruger en Malan het die media ná Malan se vrylating toegespreek op die sypaadjie buite die hofkompleks.

Volgens Malan, wat gesê het hy het nie Van Niekerk se artikel gelees voor die onderonsie nie, maar slegs ’n rubriek daaroor, is daar twee soorte Afrikaners: dié wat tevrede is in die huidige bedeling en dié wat hulself wil regeer.

Kruger het gesê die VVK sal hom nie laat etiketteer en kleineer nie.

Nadat hulle die media toegespreek het, het hulle in Kruger se motor, wat ’n bufferplakker van die Duitse keisersvlag agterop het, geklim en dorpuit gery terug noorde toe.




Hier is Jan-Jan Joubert (en sy meisie?) by die ANC jeug kongres in 2008. Is dit hoekom hy in die artikel so te velde trek teen Abel? Hang sy ANC onderrok uit?

Afwesig vannermerwe

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 258
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #49 op: August 26, 2011, 08:56:11 AM »
Lyk meer na "Djan-Djan Djoubert..."

 ;D

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 177
  • Verkenner
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #50 op: August 26, 2011, 06:47:47 PM »
Lyk meer na "Djan-Djan Djoubert..."

 ;D

Puik opgesom! My bloed wou begin kook toe ek na die foto kyk, maar dit het sommer vinnig afgekoel na ek jou woordspeling gesien het.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #51 op: October 12, 2011, 08:41:03 AM »
Nog is dit dat einde niet! Party mense leer maar moeilik.

Hoe nou met wit skuld?
2011-10-11 22:53
 
Jan-Jan Joubert

In ’n fassinerende gesprek verlede week tydens die Beeld-diskoersreeks by Clover Aardklop het die filosowe prof. Anton van Niekerk en mnr. Eusebius McKaiser hul benaderings tot die omstrede onderwerp van wit skuld uitgepluis. Jan-Jan Joubert vertel meer.

’n Herrie woed tans in die land nadat dr. Samantha Vice, verbonde aan die departement filosofie aan die Rhodes-universiteit, haar denke oor wit skuld (white shame) uiteengesit het.

Dit het gelei tot hewige meningsverskil en ’n hofsaak vind later vanjaar plaas nadat Van Niekerk blykbaar in sy kantoor by die universiteit aangerand is deur ’n andersdenkende.

Omdat die hofsaak hangende is, is die gebeure rondom die beweerde aanranding nie tydens die debat opgehaal nie, maar twee veiligheidswagte het ’n wakende oog gehou ingeval enigiemand die reg in eie hande sou wou neem.

Van Niekerk het gesê hy het by die kwessie betrokke geraak, nie omdat hy ’n ertjie oor sogenaamde “wit skuld” het nie, maar omdat hy dit nodig geag het om krities te reageer op ’n neiging wat hy in sekere Afrikaner- intellektuele kringe opgemerk het: Die neiging om apartheid op subtiele en onsubtiele maniere te begin vergoeilik of te maak of dit nie so erg was nie.

“Ek meen dis ’n ernstige fout as wit mense, en veral Afrikaners, wat in die apartheidstyd die sterkste ondersteuners van die Nasionale Party-regering was, so begin reageer.

“Ek is nie getroud met die begrip ‘skuld’ nie en stem saam dat dit dikwels ’n verlammende, uitsiglose kategorie kan wees in terme waarvan ’n mens oor die Suid-Afrikaanse problematiek praat.

“Wat egter nie onderhandelbaar is nie as ons die toekoms konstruktief wil aanpak, is om verantwoordelikheid te aanvaar vir die mensonterende stelsel van apartheid wat in sy wese rassisties was, wit mense beduidend bevoordeel het en swart mense op baie groot skaal met agterstande gelaat het.

“Die begrip verantwoordelikheid, eerder as skuld, dui daarop dat aanspreeklikheid aanvaar word vir die goed sowel as die sleg van apartheid.

“Om te erken apartheid was verkeerd en verantwoordelikheid daarvoor te aanvaar, beteken nie dat ’n mens daarmee die meriete ontken van wit Afrikaners wat hard gewerk het om te bereik wat hulle bereik het nie.

“Dit beteken ook op geen manier dat ’n mens die veelvuldige foute van die huidige ANC-regering op enige manier probeer goedpraat nie. Niks wat die huidige regering verkeerd doen, regverdig apartheid op enige manier nie.

“Dit beteken ook nie dat ek blind is vir die problematiek van jong wit mense wat voel dat hulle geen aandeel in apartheid gehad het nie.

“Dis bloot om te erken dat as jy of jou ouers wit was in die apartheidstyd, jy normaalweg toegang gehad het (en steeds het) tot geleenthede – veral op die arbeids- en onderwysterrein – wat meestal nie vir swart mense bestaan het nie of op ’n baie beperkte skaal bestaan het.

“Dit regverdig ’n mate van regstelling in die huidige tyd, hoewel ek ook skerp krities staan teenoor onverstandige regstellende aksie wat mense in poste aanstel waarvoor hulle nie behoorlik genoeg opgelei en voorbereid is nie.”

McKaiser het op sy beurt gesê Vice se standpunt kom op drie dinge neer:

Wit mense is onregverdiglik bevoordeel deur apartheid;
Wit mense behoort daaroor skaam te wees; en
Wit mense behoort hulself dus in nederigheid uit deelname aan die openbare debat te weerhou.

Hy het gesê dit skok hom dat daar enige meningsverskil oor die eerste punt kan wees.

Ook op die tweede punt stem hy met Vice saam, met dien verstande dat shame (skaam wees) dikwels nie beperk is tot iets waarop ’n mens self skuldig is nie.

Ouers kan skaam wees oor ’n kind wat kul in die eksamen of oor ’n dogter wat buite die huwelik swanger raak.

Suid-Afrikaners kan ook skaam wees oor die regering se hantering van die Dalai Lama, al het verreweg die meeste Suid-Afrikaners niks daarmee te doen gehad en niks inspraak gehad het daaroor nie.

McKaiser stem egter nie saam met Vice dat Afrikaners hulself uit die openbare debat moet verwyder nie.

Van Niekerk het gesê die debat behoort eintlik te wees oor hoe Afrikaners vir apartheid kan vergoed.

Wat hom absoluut geskok het, is die hoeveelheid naakte rassisme waaruit sommige Afrikaner-reaksie op die gebeure bestaan het.

Toe kom Van Niekerk by die kernvraag oor wanneer die skuld dan nou betaal, vergifnis gegee en die saak afgehandel is.

Hy het die situasie vergelyk met die posisie binne ’n huwelik, waar ’n probleem slegs opgelos word wanneer albei partye tevrede is.

Partykeer is ’n mens reg, maar jy gee toe omdat dit jou huweliksmaat is.

Van Niekerk voel ambivalent oor die welvaartskeppingsfonds deur wit mense waarvoor emeritus aartsbiskop Desmond Tutu hom beywer.

Hy meen nie dit sal nou, 17 jaar ná die aanbreek van demokrasie, sin maak om so ’n rasgebaseerde fonds te stig nie.

Volgens Van Niekerk is daar sedert 1994 ontsettend baie wit mense wat swart mense bystaan deur te doen wat hul hand vind om te doen.

So word byvoorbeeld groot bydraes gelewer tot onderwys en vaardigheidsontwikkeling; dikwels sonder vergoeding.

Baie wit mense vra wat hulle dan kan doen. ’n Voorbeeld van wat moontlik is, is om in eie kring te begin met betrokkenheid by die verbetering van hul huiswerkers se lewenspeil en die opleiding van die huiswerkers se kinders.

McKaiser het egter aangevoer dis nie net ’n kwessie van “wat kan ek doen om vir apartheid te boet” nie.

Jy moet in jou hart kyk – net jy kan weet wat daar aangaan.

Voorts moet mense ophou vashaak by hul eie verstaan van Vice se woorde en eerder probeer kyk wat sy bedoel.

“Die punt van filosofiese debat is nie om die debat te wen nie, maar om die ander persoon se standpunt te verstaan,” het hy verduidelik.

Hy het dus gevra dat mense nie vashaak by bewoording nie, en eerder aanbeweeg na betekenis.

Suid-Afrika het vele uitdagings, waarvan die nagevolge van wit bevoorregting maar een is.

’n Ander is seksisme. Die oplossing daarvoor dat daar in die verlede in raadsale van Suid-Afrikaanse maatskappye grootskaalse seksisme was, is nie dat al die mans nou stil in die hoekie gaan sit nie.

Die oplossing, so sê McKaiser, is dat daardie mansdirekteurs kennis neem van wat in hul gedrag die tot wasdom kom van belowende vroue geïnhibeer het en hul gedrag aanpas om meer sensitief te wees daarvoor.

Hy sê dieselfde geld die debat rakende wit mense. Eweneens meen hy nie wit mense moet stil in die hoek gaan sit soos Vice sê nie.

McKaiser meen wel wit mense moet sensitief wees vir die praktiese impak van maatskaplike norme.

So byvoorbeeld bel ’n onbekende wit Kapenaar hom nou die dag oor middagete, die ene welwillendheid, omdat hy dadelik, nou, met hom wil praat daaroor dat soveel wit mense uitreik na swart mense.

McKaiser sê hy het geluister, maar kon nie anders nie as om te wonder of ’n wit vrou, as ’n onbekende swart man haar nader in die winkelsentrum om iets dadelik, nou, met haar te bespreek waarskynlik haar handsak vaster sou druk en spore maak.

Dit is die maatskaplike norme waarvoor mense sensitief moet wees.

Uit die gehoor het die TV-joernalis Ruda Landman vertel hoe iemand die vorige dag, by die kunstefees, ewe guitig ’n rassistiese opmerking jeens haar gemaak het.

Sy was te stomverbaas om die persoon te antwoord, maar meen almal moet meer uitgesproke teen rassisme wees.

http://www.beeld.com/In-Diepte/Nuus/Hoe-nou-met-wit-skuld-20111011
Ons Sal!!!

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Wittes hét baie skuld
« Antwoord #52 op: October 12, 2011, 08:37:05 PM »
Djan-djan Djoubert kry nie die idee nie .....

Ek het niks om oor skuldig te voel nie .

Aanhaling
“Dit beteken ook nie dat ek blind is vir die problematiek van jong wit mense wat voel dat hulle geen aandeel in apartheid gehad het nie.

“Dis bloot om te erken dat as jy of jou ouers wit was in die apartheidstyd, jy normaalweg toegang gehad het (en steeds het) tot geleenthede – veral op die arbeids- en onderwysterrein – wat meestal nie vir swart mense bestaan het nie of op ’n baie beperkte skaal bestaan het.


???  ???  ??? ?!!
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal