Skrywer Onderwerp: Wit armoede 'styg met 150%'  (Read 1656 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Wit armoede 'styg met 150%'
« op: July 27, 2009, 08:43:01 AM »

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2542208,00.html
Alet Rademeyer



’n Nuwe gesprek oor armoede is nodig, sê dr. Danie Langner, uitvoerende direkteur van die Solidariteit se Helpende Hand-fonds.

Volgens Langner het pres. Jacob Zuma se uitreiking na wit armes enersyds ’n politieke ruimte geskep vir die bewusmaking van die wit armoede-probleem en andersyds ’n klimaat waarin ten minste oor die onderliggende probleme gepraat kan word.

Dit was Vrydag ’n jaar gelede dat Zuma die armoedige Bethlehem-nedersetting in die noordweste van Pretoria besoek het.

Daar is toe vir die eerste keer mét die sowat 1 300 arm Afrikaners gepraat en nie óór hulle nie, sê Langner.

Hy het in ’n verklaring gesê sedert die verslag oor wit armoede in Mei verlede jaar bekend gemaak is, het informele nedersettings en skuilings van die wit gemeenskap in Pretoria binne ’n jaar van 38 tot 77 toegeneem.

“Waar dit in die verlede nodig was om twee tot drie keer per week lewensmiddele te versprei, word daar nou twee tot drie keer per dag na skuilings, nedersettings en ouetehuise gery weens die ál groter wordende kosnood.”

Ander onrusbarende tendense is ouers wat kinderspeelgoed op straat verkoop om kos te koop.

“Die lewensomstandighede versleg daagliks in skuilings. Kinders word blootgestel aan seksuele vergrype, misdade en prostitusie en daar is geen maatskaplike net om dit te ondervang of statutêr te takel nie,” meen hy.

’n Probleem wat aandag moet kry, is die onoordeelkundige toepassing van regstellende aksie wat meegebring het dat werkloosheid in die wit gemeenskap met 150% toegeneem het. Sowat 2 miljoen Afrikaners leef onder die broodlyn.

Langner het hom uitgespreek oor die huidige benadering van “opheffing deur toelaes”. Hy sê dit is in wese niks anders as ’n instandhoudingsmodel nie.

“Dit beteken die publiek gee uit jammerhartigheid kos, klere en ander lewensmiddele aan mense in nood, terwyl daar vir oplossings op die regering staat gemaak word.”

Dit is krities vir die land dat groter klem op opleiding in skaars en kritiese vaardighede geplaas word, het hy gesê.

“In ’n land waar 50% van die bevolking honger is, moet burokratiese rompslomp wat ’n struikelblok is, verfyn word.”

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #1 op: July 27, 2009, 08:47:01 AM »
As al die statistieke reg is, beteken dit daar is 2 miljoen Afrikaners wat ekonomies onaktief is en 'n verdere miljoen wat die land uit is. Wat beteken dat daar slegs 1 miljoen ekonomies aktiewe Afrikaners oor is.

Hoe kan 1 miljoen ekonomies aktiewe Afrikaners se belastinggeld vir die res van die bykans 100 miljoen inwoners van SA sorg?

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #2 op: July 27, 2009, 08:52:16 AM »
Dit is nou as ons belastinggeld nie nog tussen deur vir korrupsie aangewend word nie...
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #3 op: July 27, 2009, 09:35:52 AM »

het informele nedersettings en skuilings van die wit gemeenskap in Pretoria binne ’n jaar van 38 tot 77 toegeneem.


Dít is die plekke wat geregistreerd is en waarvan hulle weet , daar is talle meer wat onbekend is .

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #4 op: July 27, 2009, 10:31:39 AM »
Is dit nie weer tyd vir 'n volkshulpaksie nie, ons almal wat hier aktief is het 'n blyplek, 'n werk, kos, selfs internetverbinding.

Dit is die minste wat ons kan doen.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #5 op: July 27, 2009, 11:13:23 AM »
Is dit nie weer tyd vir 'n volkshulpaksie nie, ons almal wat hier aktief is het 'n blyplek, 'n werk, kos, selfs internetverbinding.

Dit is die minste wat ons kan doen.

Dit klink interessant Karina. Wat het jy in gedagte?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #6 op: July 27, 2009, 11:52:13 AM »
Oom Adri, ek het nie eintlik iets spesifieks in gedagte nie, in die verlede het ons al twee keer by Wolmer gehelp en twee keer by die arm mense in Vanderbijlpark, een keer in Parys en een keer in Krugersdorp.

Dit maak seker nie regtig saak waar ons help nie, ons kan weer na enige van hierdie plekke gaan, in die verlede het ons skenkings gevra van kos, klere komberse, maar die meeste mense het 'n kontantbydrae gemaak en dan het Sjarko of Cois of sommer 'n klomp van ons Makro toe gegaan en kruideniersware gekoop met die geld wat ingesamel was.

Hier is foto's van ons eerste aksie in Wolmer, ons het amper R10 000 ingesamel en Sakkie van Koppies het 300kg mieliemeel gebring en daar was regtig baie reaksie van die Bravolanders, almal het gegee. http://www.facebook.com/album.php?aid=7786&id=696302480&l=cc5466d382 (Verskoon maar die ander foto'tjies so tussenin... ;D

Ons het egter nog nie weer so 'n groot aksie gehad nie. Maar dit is altyd lekker om te help, maak nie saak hoe gering dit is nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #7 op: July 27, 2009, 02:39:46 PM »
Hoewel ek al baie "barmhartigheidswerk" in my lewe gedoen het, het ek nog nie deelgeneem as so 'n aksie nie. Ons moet seker wag vir ons minister van welsyn en pensioene om die leiding te neem?  ;)

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Wilco

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 54
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #8 op: July 27, 2009, 03:42:10 PM »
Wat doen Solidariteit se Helpende Hand projek? Is dit die moeite werd om te ondersteun?

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #9 op: July 27, 2009, 04:28:21 PM »
Ek dink nie dit is verkeerd om Helpende Hand te ondersteun nie, maar dit is tog ook lekker om meer persoonlik betrokke te wees by 'n volkshulpaksie en self die goed wat ingesamel is by die mense af te lewer en self te sien wat werklik aangaan. Dit maak regtig 'n mens se oë oop.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #10 op: July 28, 2009, 06:29:20 AM »
Helpende Hand en Volkshulp 2000 doen goeie werk - maar ons weet dit is die korttermyn oplossing. Uiteindelik is werkskepping vir ons eie mense die antwoord. Ons benodig n totale strategie in hierdie verband.
Kennis is mag

Afwesig Danie Theron

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 184
  • Verkenner
Re: Wit armoede 'styg met 150%'
« Antwoord #11 op: July 28, 2009, 10:08:51 AM »
Oom Clem en Karina.

Ek stem saam met beide.  Ek het ook ervaar dat dit is een ding om skenkings te maak maar dit is 'n ander ding om self die skenkings uit te deel.  Dit is dan wanneer dit 'n harts ding word.

Ek het bv. my kinders eendag gevat om self skenkings uit deel aan arm wit kinders.  Dit het hulle lewens verander.

Groete.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal