Skrywer Onderwerp: Valse gerustheid  (Read 2156 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Valse gerustheid
« op: July 27, 2009, 11:07:53 PM »
Ek raak dalk weereens 'n punt aan wat al vantevore bespreek is, maar ek wil dit graag van my hart afkry.  Ek gaan binne 4 jaar amptelik deel wees van die onderwys as my oudste daardie stadium van haar lewe betree, en ek is voortdurend op die uitkyk na moontlikhede, sodat ek nie onkant betrap word nie.

Vir my is die CVO-Skole werklik 'n oplossing vir die onderwysdilemma waarin ons ons bevind.  My standpunt is ook dat, sou ek op 'n plek woon waar nie 'n CVO-Skool is nie, ek eerder tuisonderrig toepas voordat ek my kind in 'n staatskool plaas.  Gelukkig is ek met 'n onderwyseres getroud, so dit sal nie te moeilik wees nie, glo ek.

Dan gesels ek met ouers wie se kinders in gemengde staatskole is, en hulle is tevrede daarmee dat daar darem godsdiensonderrig plaasvind, en die onderwysers doen hulle bes om die beginsels van Christelike onderwys toe te pas.  Wat hulle egter nie raaksien of besef nie, is dat die Godsdiensonderrig maar net 'n klein deeltjie van die probleem is.  Wat van geskiedenis waar die Boerevolk se geskiedenis geignoreer word, en net die ANC se geskiedenis geleer word.  Verder leef hulle kinders tussen anderskleuriges, neem saam deel aan sport, en het hulle selfs vriende vanuit ander bevolkingsgroepe.  Is die Godsdiensonderrig dan genoeg as hulle kinders geleer word om in die gesiglose gemengde ideologie van die kommunisme opgevoed word, waar geloof onbelangrik is?  Is daardie ouers bewus van die nuttelose ANC geskiedenisonderrig waar die wittes as die skurke beskou word?  Is hulle tevrede daarmee?

Of hulle is gerus omdat die skool heeltemal blank is, alhoewel die skool deel is van die staatsopset vir onderwys.  In hierdie geval ook kyk hulle die fyner besonderhede mis van die staat se ondermyning van alle Boere beginsels, soos in die geskiedenis en godsdiens.  Dan ook sal die ouers verdedig dat die onderwysers hulle bes doen om die kinders dit te leer wat vir ons belangrik is.  Is een faset van ons kinders se opvoeding belangriker as om eerder die volle suiwere pakket van CVO-Skole se onderrigplan na te streef en alles in die stryd te werp om ons kinders as ware Boere-Afrikaners met al die nodige kennis van Godsdiens, geskiedenis, taal en algemene kurrikulum van die CVO-opset na te jaag?

Ek dink hierdie ouers sus hulleself met minderwaardige redenasies, net om die sg. duurder opsie van CVO-Skole op te soek.  Dan sug ek saam met die profeet Hosea in hoofstuk 4:6 dat my volk ten gronde gaan weens 'n gebrek aan kennis.  En dit sal so aangaan tensy ons as ouers begin erns maak met ons kinders se opvoeding, en nie meer tevrede is met minderwaardige staatskole nie.  Ek waardeer die onderwysers in die staatskole wat hulle bes doen om die kinders die nodige beste onderwys te gee soos ons gewoond is, maar hulle is amptenare van 'n hulpelose en kommunistiese bestel, wat nie sal toelaat dat die onderwysers daarmee voortgaan nie, as hulle "uitgevang" word.

As almal saamwerk om die CVO-idee in alle opsigte te steun, sal die skole nie net goedkoper word weens 'n grote getal kinders nie, maar die CVO skole sal ook die onderwysers beter kan betaal (dit is gewoonlik die verweer as 'n onderwyser gesoek word vir n CVO-Skool), dalk selfs beter as hulle arme kollegas wat vasgevang is in die staatsbestel nie. 

As my volk net hulle oe wil oopmaak, en hulle kinders se onderwys ernstig opneem, sal ons volk se kinders weer geleer word wat dit beteken om deel van wees van hierdie trotse Boerevolk.  Dan het ons 'n toekoms.
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #1 op: July 28, 2009, 07:12:36 AM »
In gister se Beeld is daar 'n brief van 'n ouer wat vra: Wéét ouers wat staan in hulle kinders se handboeke?" Ek het 'n briefie geskryf en haar geantwoord dat sommige ouers wel weet, daarom het ons CVO Skole gestig. Ek weet nnie of dit geplaas is nie. Dit lyk tog of daar 'n geleidelike ontwaking kom. Ons moet maar volhard om daaroor te praat.

As daar nie 'n CVO Skool is vir jou kind nie - stig een! Ek het.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #2 op: July 28, 2009, 11:19:25 AM »
Soos verwag, is my brief nie in Beeld geplaas nie. So swyg die massamedia ons dood!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #3 op: July 28, 2009, 11:27:38 AM »
Ruan Combrinck se altyd dat wat regtig nodig is, is dat daar net een jaar 'n baie sterk groep kinders in gr.1 by die CVO-skole inskryf, en daardeur so 'n sterk basis gevorm word dat mense die CVO as 'n werklike opsie wat getalle en al die getalle se voordele insluit.
Apartheid is Liefde

Afwesig mbzn

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 16
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #4 op: July 28, 2009, 05:57:56 PM »
Ek voel dat staat-skole nie `n goeie plek is vir `n afrikaanse kind nie. Alhoewel onderwysers baie graag goeie Christelike beginsels, en egte geskiedenis van ons volk wil leer, is dit vir hulle byna onmoontlik.  Ek was self nie lank gelede in `n staatskool gewees, die eerste jaar van tweetalige onderig was klaar chaos. Die veiligheid van my en my maaters was dadelik `n proebleem. gelukkig was ons nog in die meerderheid, en dit was my laaste jaar van skool.
Skielik was daar nie meer `n geskiedenis vir ons volk nie, daar was wel apartheid en `n mandela. Ons geskiedenis kom vandag slegs op die internet voor en vanaf ons ouers.
Daarom moedig ek ouers aan om gebruik te maak van CVO-skole en dalk kan ons nog die onderwysers ook trek.

 

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #5 op: July 29, 2009, 01:45:07 PM »
Terwyl CVO-skole ter sprake is, wil ek graag 'n lansie breek vir die CVO Verwoerdburg (VWB).  Die skool is nie lid van die BCVO soos meeste CVO skole nie.  Daar word gepoog om volledig buite die nasionale skoolstelsel te funksioneer.  M.a.w geheel en al los van "uitkoms-gebaseerde onderwys" en om in staat te wees om akademiese standaarde daar te stel sodat toelating tot geen universiteit, binne-sowel as buitelands, 'n probleem sal wees nie. Ons universiteite raak buitendien ook al hoe verder agter wat standaarde betref, en buitelandse studie raak al hoe meer 'n opsie (voordat 'n onafhanklike Afrikaneruniversitiet tot stand kom).

Die CVO VWB is naamlik besig om hoërskool, en veral matriek, m.b.v die Cambridge-stelsel te implimenteer, wat meebring wêreldstandaarde, en toelating tot enige tersiêre inrigting. Godsdiensonderrig sal gebied word soos ons dit graag wil doen.  En die langtermynmikpunt (of hoop / vertroue) is 'n volkome onafhanklike Afrikaner-onderwysbedeling.  Maar dit berus natuurlik nie net by 'n skool of paar skole nie, maar by 'n gekoordineerde poging vanuit ons hele volk.
Ek glo hierdie is 'n wonderlike poging om kinders oor die volgende aantal jare goeie onderrig te bied - totdat ons EIE stelsel kom waarin ons eindelik volkome vry is van die Nuwe SA se hopelose skoolstelsel.

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #6 op: July 30, 2009, 08:12:33 AM »
Dis waar wat Ruan sê, die feit dat CVO Skole so klein is, maak dat Afrikaners eerder hulle kinders in 'groter' staatskole sit. Hulle staan vir die beginsels van die CVO-skole, maar 'sal die kinders daarin sit wanneer die skool bietjie gegroei het'. Hoe verwag hulle dat die skole gaan groei as almal huiwer om hulle kinders daar in te sit voordat die skool groot genoeg is? Al wat ons nodig het, is daardie een groot groep Gr.1's, daarna sal die skool vanself groei. Dit is ongelukkig so dat Afrikaners behep geraak het met sport en dat hulle eerder die onderrig agteruit sal laat gaan net sodat die kinders kan presteer op sportgebied.
Jopieswan, so terloops, daar is niks fout met die BCVO se onderwysstelsel nie. Hulle het niks met die regering se onderwysmetodes in gemeen nie en die leermateriaal is suiwer Christelik en Afrikanergesind. Ons het van afsonderlike ontwikkeling en Mandela geleer ja, maar uit ons oogpunt, en ek dink dis absoluut noodsaaklik dat elke kind dit weet om hom toe te rus teen die aanslae en beskuldigings wat elke dag uit die samelewing na hom toe kom. Hy moet sy man kan staan teen liberales wat hom probeer skaam maak oor sy volksgeskiedenis. Al hoe hy dit gaan regkry, is deur die feite te ken. Daar is nie fout met die BCVO nie.
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #7 op: July 30, 2009, 08:25:55 AM »
Onsekerheid heers oor getal Afrikaanse skole
ALET RADEMEYER
29/07/2009 09:38:15 PM - (SA)

Pretoria. - Hoeveel Afrikaans-enkelmediumskole is daar wérklik in die land oor?

Dít is die vraag wat geopper word nadat die getal skole wat die onderwysdepartement uitgewys het, radikaal verskil van opnames wat die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) onlangs gedoen het.

Die SAOU het in Mei vanjaar gesê die mees onlangse opnames dui daarop dat daar net sowat 667 Afrikaans-enkelmediumskole in die land oor is. Hiervan is 223 hoër- en 434 laerskole. Dit verteenwoordig 175 350 hoër- en 217 100 laerskoolleerders.

In ’n parlementêre vraag wat dr. Pieter Mulder, adjunkminister van landbou en leier van die VF+, onlangs gevra het aan me. Angie Motskekga, minister van basiese onderwys, was daar volgens die departement in 2008 altesame 1 767 enkelmedium- Afrikaanse skole. In 2002 was dié syfer volgens die departement 1 814. Die departement het nie statistieke vir 1994 nie.

Met verwysing na parallelmediumskole (waar Afrikaans en Engels as onderrigtale in afsonderlike klasse gebruik word), meen die departement daar was in 2002 én 2008 altesame 1 037 sulke skole. Volgens die SAOU is daar vanjaar 728 parallelmediumskole oor.

Mnr. Chris Klopper, uitvoerende hoof van die SAOU, het by navraag gesê die syfers val vreemd op aangesien die vakbond se syfers gegrond is op statistieke wat hy van provinsiale departemente verkry het.

“Dit is optimistiese syfers en nie bo verdenking nie. Die SAOU sal dit verwelkom as daar groter toegang tot openbare databanke kan wees sodat mense kan sien wat die werklike prentjie in die land is.”

Daar is volgens die departement nie inligting beskikbaar oor hoeveel dubbelmediumskole (waar Afrikaans en Engels in dieselfde klasopset gebruik word) beskikbaar nie. Die verskil tussen die getal enkelmedium- en parallelmediumskole tussen 2002 en 2008 is geneem en daar is tot die slotsom gekom daar is 47 sulke skole.

Die redes wat vir dié verandering aangevoer word, is “gemeenskappe wat in die omgewing van skole verander het”.

Daar word aangevoer skole het in die lig van die toename in leerlinge wat Engels as onderrigtaal wil hê, Engels as onderrigmedium ingesluit.

“Die afname in die getal Afrikaanssprekende leerlinge dwing skole om na parallelmedium oor te skakel en sommige ouers verkies dat hul kinders in Engels onderrig word,” lui die departement se antwoord.

Die redes wat hiervoor aangevoer is, is meer werkgeleenthede vir kinders, beter voorbereiding vir hoër onderwys en om leerlinge vir die uitdagings van die moderne lewe voor te berei, soos om bank- en ander vorms te voltooi.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #8 op: July 30, 2009, 01:38:53 PM »
Jopieswan, so terloops, daar is niks fout met die BCVO se onderwysstelsel nie. Hulle het niks met die regering se onderwysmetodes in gemeen nie en die leermateriaal is suiwer Christelik en Afrikanergesind. Ons het van afsonderlike ontwikkeling en Mandela geleer ja, maar uit ons oogpunt, en ek dink dis absoluut noodsaaklik dat elke kind dit weet om hom toe te rus teen die aanslae en beskuldigings wat elke dag uit die samelewing na hom toe kom. Hy moet sy man kan staan teen liberales wat hom probeer skaam maak oor sy volksgeskiedenis. Al hoe hy dit gaan regkry, is deur die feite te ken. Daar is nie fout met die BCVO nie.
EK weet nie genoeg om dit te weerspreek nie; en ons stem almal saam dat ons moet ophou onderling stry. Ek weet net CVO Verwoerdburg is totaal los van die nasional stelsel en sal toegang tot enige tersiêre inrigting wêreldwyd bied.

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #9 op: July 31, 2009, 08:31:56 AM »
Laat ek gou met my beperkte kennis verduidelik. Daar bestaan tans twee instansies in SA wat erkende matriek eksamens mag laat skryf. Dit is slegs hierdie twee wat se matriekonderrig erken word in SA. Dit is die een van die NSA en die BCVO.

Impak tuisskoolstelsel byvoorbeeld gebruik ook die BCVO leerplan, wat totaal en al verskil van die NSA leerplan. Cambridge is net die engelse weergawe van Impak, dus leer jou kinders in Engels. Sover my kennis strek word die BCVO se matriek internasionaal erken.

Dus, tot op hede bly die BCVO leerplan die beste alternatiewe stelsel of sal ek eerder sê diè leerplan in SA, aangesien dit al erken is dat die NSA leerplan geflop het.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #10 op: July 31, 2009, 09:06:27 AM »
BCVO se matriekkwalifikasie word nie net internasionaal erken nie, dit word oral hoog aangeskryf!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Jopieswan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #11 op: July 31, 2009, 03:15:15 PM »
Mag dit so bly . . .

Afwesig RiaanvS

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 63
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #12 op: July 31, 2009, 08:08:21 PM »
Ek dink, na al die geselsery, dat, om 'n CVO-skool te stig, waar 'n mens ookal woon, die beste opsie is.  Tog het ek al teenstand gekry, selfs van volksgenote, omdat hulle oordeel dat die staatskole in die dorpe dalk wel godsdiensonderrig aanbied, al is dit 'n afgewaterde sedelessie, en daarom is 'n CVO-skool in die bepaalde dorp nie prakties nie.

Weereens die valse gerustheid op grond van een, wel baie belangrike, punt, maar die probleem strek baie verder.  Wat help dit jy word geleer van God en die Bybel (fantasties!) maar jou kind is nog steeds deel van 'n identiteitlose Nuwe-era geslag, wat nie 'n verlede het nie.

Ek weet van 'n bepaalde dorp waar daar 'n poging is om 'n CVO-skool te stig, maar juis die bogenoemde standpunt kelder die poging.  Dit gaan nog steeds my verstand te bowe!  Gelukkig maak die Here nie op skole staat om sy koninkryk te vestig nie, Hy sal dit met net 'n paar mense doen.  Ons ouers moet net bereid wees om opofferings te maak, TER WILLE VAN ONS KINDERS!
"Die land is nie meer myne nie; my volk is doodgestry" - C Louis Leipoldt

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #13 op: August 02, 2009, 11:18:42 AM »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #14 op: October 19, 2009, 09:53:57 AM »
Iemand het my aandag op die onderstaande berig in die ponie-koerant "Sondag" gevestig. Ek het dit effens geredigeer sodat dit in ordentlike geselskap geplaas kan word. Maar die artikel is myns insiens baie goed:
Ligte mistyk
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het vir die eerste in die openbaar erken uitkomsgebaseerde onderwys was ’n groot fout.
“Die bedoeling om uitkomsgebaseerde onderwys in te stel, was edel, maar dit het ons onderwysstelsel gekelder,” sê sy.
Wat Groot Juffrou vergeet het om by te las, is dat mense soos prof. Jonathan Jansen en ander onderwyskundiges dit al etlike jare vir die ANC-regering sê.
Jansen is onlangs nog deur Jessie Duarte, toe nog ANC-segsvrou, aangespreek oor hy nie genoeg respek vir Groot Juffrou in die openbaar betoon het nie.
Jansen het in een van sy vele kwaai buie gesê Groot Juffrou is “lui en ondoeltreffend”, veral as mens haar “track record” as Gauteng MEC in aanmerking neem.
Duarte was adamant dat sy niks anders as ’n openbare verskoning van Jansen soek vir sy gedrag nie. Ek dink sy wag steeds. Maar intussen het Jansen se taktiek die regte kol getref. Ons gaan terug na die basiese van lees, skryf en tel.
Inligting oor die aangepaste kurrikulum is ietwat skraps, maar dit sal reeds volgende jaar in skole gebruik word.
Ja mense, Bantu Onderwys was sleg vir ons land en sy mense. Maar die afgelope 15 jaar onder die ANC is onderwys “gekelder”. Dit wat apartheid vir ons gelos het, was ’n uitdaging. En dié is verbrou. Ons kan boonop nie aanhou om die verlede die skuld te gee nie. Daar is werk om te doen.
Die afgelope tien jaar was daar talle simpel pogings om ons nasionale matriek-slaagsyfer te verbeter. Sonder sukses. Die regering se onbeholpe gekarring het as ’t ware van die eens gesogte matrieksertifikaat toiletpapier gemaak.
Die prentjie wat die kundiges skilder oor ons onderwysstelsel is kommerwekkend. Helfte van ons kinders kan nie lees of spel nie, vergeet nog van somme maak. Theuns Eloff van Hoër Onderwys SA het onlangs aan die parlement gesê eerstejaarstudente by universiteite in Pretoria, Vrystaat, Noordwes en Rhodes kan nie eers behoorlik lees of spel nie. Dit veroorsaak ’n rimpel-effek wat beteken dat tersiêre hulpbronne ingespan moet word om sekondêre probleme te ondervang, sê prof. George Euvrard van Rhodes.
Die ANC se sekretaris-generaal, Gwede Mantashe, blameer Bantu Onderwys... maar hy is reg as hy sê apartheid kan nie die skuld kry vir huidige probleme soos lui en afwesige onderwysers nie. Maar hy sal dié kwessies op die hart van die vakbonde moet druk.
Tussen die warboel deur probeer ek hard verstaan hoe dit moontlik was vir die destydse stelsel in al sy krom en skeefgeit om nogtans “young minds” soos Jonathan Jansen, Neville Alexander, Danie Titus, Tamsanga Kambule, Navanethem Pillay, Yvonne Mokgoro, Njabulu Ndebele, Mampele Ramphele, Steve Biko en wêreldikone soos Nelson Mandela, Walter Sisulu, Yusuf Badoo en Albert Luthuli op te lewer? NB: Mens hoef nie altyd die baba saam met die badwater uit te smyt nie!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Valse gerustheid
« Antwoord #15 op: October 19, 2009, 01:53:39 PM »
Foeitog ne, as mens ook niks weet van iets nie en jy word die verantwoordelikheid gegee.....
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal