Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Ingelse/Anderse De la Rey gaan die Tukkies lei?  (Read 1034 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Ingelse/Anderse De la Rey gaan die Tukkies lei?
« op: July 31, 2009, 08:50:40 AM »
Afrikaans gaan nie by die Universiteit van Pretoria (UP) verdwyn nie.

Dit is een van die amptelike tale en sy beskou dit as deel van haar eie erfenis, het dr. Cheryl de la Rey, nuwe rektor, gister verseker.

De la Rey (47), die eerste bruin en vrouerektor vir Tukkies, is baie opgewonde oor haar aanstelling. “Ek dink dit weerspieël die universiteit se wil om demokrasie te omhels en geleenthede vir almal te skep.”

Sy het geglimlag oor Beeld se plakkaat ná haar aanstelling wat gelees het: “De la Rey sal Tukkies kom lei”. Haar moedertaal is wel Engels, maar sy ken die liedjie van Bok van Blerk.

As ’n boorling van KwaZulu-Natal onderskryf sy beslis die belangrikheid van veeltaligheid omdat dit “van kritiese belang vir ’n nasionale identiteit is”.

Sy meen Afrikaans is deel van die UP se trotse geskiedenis en daarom is dit een van die kerntale in sy veeltaligheidsbeleid. Dit gaan so bly.

Volgens De la Rey is die groot uitdaging die toepassing van die veeltaligheidsbeleid. “In dié stadium kan ek nie sê hoe dit gaan verander nie omdat ek die universiteit net van buite ken en weet wat ek daaroor (die beleid) gelees het.

“Ek gaan eers die mense leer ken en kyk hoe die beleid van binne werk voordat ek kan begin om dit gelyker en toeganklik te maak vir alle studente wat hierheen kom.”

De la Rey meen daar moet ook na ander tale gekyk word.

“Dit is nie realisties vir elke universiteit om al elf tale hê nie. As hoëronderwysstelsel moet al 23 openbare universiteite bymekaar kom en bespreek hoe veeltaligheid by almal toegepas kan word.”

Aan die UP is Sepedi geïdentifiseer en daarom moet ons dit bevorder. “Ons moet ernstig daaroor wees en nie net simbolies wees soos met name vir geboue nie. Daarom gaan ek self Sepedi leer.

“My Afrikaans is nie goed nie, maar ek gaan dit gebruik en hoop mense gaan verdraagsaam wees met die foute wat ek maak. Ek omhels Afrikaans en Sepedi en gaan ’n voorbeeld stel.”

De la Rey, wat gister ontspanne en selfversekerd oorgekom het, het gesê sy het nie planne om enigiets oornag by Tukkies te verander nie. “Ek dink dis swak leierskap om dinge te verander as mens nie mense ken nie.”

Sy wil eers die mense aan die UP leer ken. Een van haar doelwitte is om te verseker dat die UP hoër op moet kom wat leierskapstelsels betref.Sy wil nie by die ingewikkeldhede van stelsels vasval nie, maar fokus op die bevordering van gehalte.

Sy meen die UP beskik oor die intellektuele kapasiteit om al die uitdagings die hoof te bied waarvoor die land te staan kom.

“Ek het groot waardering vir die bydrae van mense hier en wil sáám met hulle werk om die universiteit oor die volgende 100 jaar of langer te ontwikkel. Vyf jaar gaan baie vinnig verby en ek wil in die tyd wat ek hier is my bydrae lewer.”

De la Rey meen die UP is in die verlede uitmuntend bestuur en sy wil daarop voortbou.

Ander kwessies waaraan sy aandag wil gee, is die skep van navorsingsgeleenthede vir personeel in die lig van die navorsingsbehoeftes in die land.

Op ’n vraag hoe haalbaar die ANC se plan vir gratis onderwys vir arm, verdienstelike studente is, het sy gesê dit is moontlik deur die hersiening van die nasionale finansiële studentehulpskema (Nsfas).

Die UP self is in die proses om te kyk hoe die administrasie van dié stelsel verbeter kan word.

“Dit is vir my ’n passie dat arm studente toegang tot hoër onderwys moet hê.

“Toe ek begin studeer het, het my ouers nie geld gehad nie. Ek moes om beurse aansoek doen en deeltyds werk.

“As dit nie vir beurse was nie, het ek nie geleenthede gehad nie.”

Sy het verwys na die huidige finansiële klimaat in die land en gesê “daar is dikwels armoede waar mense dink dit nie is nie”.

http://jv.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2543646,00.html
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal