Skrywer Onderwerp: Kennisgewing van Volksvergadering  (Read 2314 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Sanderis

  • Gas
Kennisgewing van Volksvergadering
« op: August 02, 2009, 06:41:07 PM »

BRING BYMEKAAR WAT UIT INNERLIKE OORTUIGING BYMEKAAR HOORT

Met hierdie woorde van Dr D F Malan het hy in die dertigerjare van die
vorige eeu die grondslag gelê vir die republikeinse stryd wat in 1961
op die Republiek van SA uitgeloop het.  Ons volk het daardie republiek
verloor en is vandag 'n verslane en verknegte volk.  Ons mag egter nie
daarby berus nie.  Ons moet weer ons vryheid herwin.  Daarom moet
volksgenote wat in hulle harte die oortuiging het dat die God van
Bloedrivier die Geloftevolk bestem het om 'n vrye volk te wees,
bymekaar gebring word sodat ons met mekaar kan ooreenkom oor hoe ons
ons vryheidsroeping gaan vervul.  Daarvoor is die Volksvergadering
gereël en hierby ingeslote vind u die kennisgewing van die vergadering
plus 'n pamflet waarin die prinsipiële grondslag daarvan verduidelik
word.  Ons wil u vra om alles binne u vermoë te doen om die byeenkoms
by te woon en ook soveel moontlik ander vryheidsgesinde volksgenote
daaroor in te lig en daarheen uit te nooi.  Die byeenkoms word gereël
deur die Voksvergaderingreëlingskomitee.

Indien u egter om een of ander rede nie die vergadering self kan
bywoon nie, wil ons die vrymoedigheid neem om u finansiële
ondersteuning daarvoor te vra.  Bydraes kan inbetaal word op:
Volksvergadering Reëlingskomitee, ENB, Groot Marico, 6222 604 8628 of
gestuur word aan: V V R, Posbus 1261,  Lichtenburg, 2740.  Die
vryheidstryd van ons volk is inderdaad 'n saak waarin u en ek ons
energie, tyd en fondse kan belê.  Die 18de eeuse denker George Byron
het eenkeer gesê: "Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van
die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen
word, hoe moeilik ookal ."

Dankie vir u medewerking.

FRIKKIE STRAUSS

SEKRETARIS VAN DIE VVR




Dokumente verkrygbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/99bb8be316d73510

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #1 op: August 20, 2009, 11:14:29 AM »

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #2 op: August 20, 2009, 11:24:42 AM »
Sanderis, dalk moet jy die volledige teks hier kom plak, want daar is nou twee gebeurtenisse by Vegkop, dat die mense net kan sien watter een is watter een.

Ek sien dis nog net ek wat in die meningspeiling gestem het. My ma is bedrywig in die BVI en het gevra ek moet hierdie naweek (van 24 September) saam met haar Vegkop toe gaan, en tans beoog ek nog om saam te gaan as my reelings uitwerk.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #3 op: August 20, 2009, 02:27:06 PM »
Karina ek kan nie spoeg en plak met dokumente van my foon af nie , maar hier is 'n weergawe wat ek gekry het .
 Daar is natuurlik ander dokumente ook ter sprake dit is net om duidelikheid te skep tussen die twee gebeurtenisse .

Aanhaling
Hierdie is 'n landswye kennisgewing!
 Volksvergadering


Kennis geskied hiermee van ‘n Volksvergadering van die Geloftevolk van Suid-Afrika




Tema:     Soewereiniteit binne Gelofteverband
Tyd:    DV 24 - 27 September 2009
Plek:       Vegkop Geloftefeesterrein (Tussen Heilbron en Lindley)



Geagte Volksgenote

Toe Moses na Farao gestuur is, was die opdrag as volg: “Laat My volk trek, dat hulle My kan dien.” – (Gen. 9 :1). Hieruit is dit duidelik dat die volk nie hul Vader kon dien onder ‘n volksvreemde bewind nie. Huidiglik verkeer die Geloftevolk onder soortgelyke toestande.

Soos wat Israel van ouds uit die Egiptiese slawerny weggetrek het, het die Voortrekkers onder die Brits-filantropiese landsbestuur weggetrek. Hierdie trek het uiteindelik gelei tot die verbondsluiting by Bloedrivier.

Benewens die feit dat ons as volk dmv heilige geloftes aan ons Skepper gebind is, het ons ’n verpligting om die erwe van ons vaders vir ons kinders erwe te laat bly, wat tans nie moontlik is nie. Die huidige toedrag van sake druis lynreg in teen ons geloofsopdrag om nie saam met anders-gelowiges in dieselfde juk te trek nie - (2 Kor 6 :14-18). Met dit ingedagte is ons verplig om ‘n volkshuishouding te stig waarin alle eer op alle lewensterreine aan ons Skepper gegee sal word.

Hierdie toedrag van sake noop dat ons as Geloftevolk bymekaar sal kom om ons verpligtinge teenoor ons Hemelse Vader, onsself en ons nageslag na te kom. Hiervoor is ‘n gesamentlike strategie nodig.

U word hiermee opgeroep tot gesprek rakende ons soewereiniteit en die pad daarheen. Die volksgeloftes as fondament van soewereine volksbestaan moet opnuut in oënskou geneem word. Laat ons soos ons voorouers, ons opnuut bind tot die Wil van ons Hemelse Vader om Hom as volk te dien.

Die Vergadering: Elke volksgenoot is welkom om die vergadering toe te spreek. U moet voor 1 September 2009 met die komitee in verbinding tree om u spreukbeurt te registreer. Na gelang van die aantal aansoeke sal die komitee u in kennis stel hoe lank u spreekbeurt sal wees.

Besprekingspunte sal afgesluit word met die formulering van 'n volksbesluit waar toepaslik.

Verblyf: Karavaan- en tentstaanplekke is gratis beskikbaar op die terrein. Ons beveel kampering sterk aan, veral om mekaar beter te leer ken. Vir alternatiewe akkommodasie in die omgewing kan u ons kontak by onderstaande adresse:

Kontakbesonderhede:

Posadres:     Die Volksvergadering Reëlingskomitee,
          Posbus 85, Fraserburg,  6960
           of
           Posbus 122, Groot Marico,  2850
E-pos:    vrkomitee@gmail.com of vvr@xsinet.co.za
Faks:    086 619 2695
Facebook:    www.facebook.com  Gaan na die Groep:
                      Volksvergadering: Soewereiniteit Binne Gelofteverband
Webwerf:      www.volksvergadering.co.za

Telelefoonnommers: 
Dr Ronnie van der Merwe (Fraserburg)    073 – 557 3337/02072 vra 2221
Flip Swanepoel (Groot Marico)   082 – 455 4303 / 014252 vra 3731
Frikkie Strauss (Piketberg)    022 - 913 2391
Phillip Groenenstein (Petrusburg)   083 – 334 1547
Japie Chambers (Springbok)   083 – 317 2980
Thinus Mare (Newcastle)   034 – 325 9063

Terugvoering: Gee asb. 'n vooraf aanduiding van die aantal persone (volwassenes en kinders) wat beoog om die vergadering by te woon, veral met die oog op die tref van die nodige voorbereidings. Alle volksgenote is welkom.

Betrokkenheid: U hulp word dringend benodig, daarin dat u hierdie oproep sal eerbiedig en dit sal opdra aan al u kennisse binne Volksverband.

U kan selfs meer betrokke raak en verantwoordelikheid aanvaar vir die verspreidingskoste van hierdie pamflet  vir 'n dorp wat nog nie bereik is nie. Kontak ons gerus indien u kan help by die bostaande adresse.

Soet is die stryd van die stryder,
selfs al moet hy verloor.
Maar hy wat opsy staan en sy aandeel weier,
dit is die man wat sy volk vermoor.
I D du Plessis

Hierdie is 'n landswye kennisgewing!

 
Soos jul kan sien vind dit plaas vanaf 24 - 27 September 2009 en word aangebied deur BVI .
Die ander geleentheid te Vegkop word aangebied deur GK267 en vind plaas 17 - 18 Oktober 2009 .
« Laaste verandering : August 20, 2009, 02:45:40 PM deur Sanderis »

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #4 op: August 20, 2009, 02:28:27 PM »
Dankie Sanderis!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #5 op: August 20, 2009, 02:50:23 PM »
Hier is die skakel na die geleentheid wat aangebied word deur GK267 :
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4975.msg62144.html#msg62144

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #6 op: September 09, 2009, 11:29:02 PM »

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #7 op: September 09, 2009, 11:35:25 PM »
Mens kan kamp ook! Dis lekkerder, want dis tussen die mense en mens kan lekker kuier en mekaar leer ken.

Is daar enige Bravolanders wat hierdie vergadering gaan bywoon? Ek en Nelius en my ma en my oupa en ouma gaan bietjie Vegkop toe vanaf die 25ste. Dit sal lekker wees om van die Bravolanders ook daar te sien.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #8 op: September 10, 2009, 12:41:13 AM »
Karina ek weet nie of ek sal kan gaan nie alhoewel ek baie graag sal wil . So dit is miskien .
Ek sien op FB is daar 'n saamrygeleentheid vir Vredendal.

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #9 op: September 10, 2009, 12:32:12 PM »
Inligtingstuk vir voornemende deelnemers aan die beoogde Volksvergadering.

Kampgeriewe:
U word hiermee hartlik uitgenooi om as volk vir die eerste keer ooit uit te kamp ten einde as volk te vergader waartydens ons moet herbesin oor ons toekoms as volk. Daar is genoeg plek op die terrein vir etlike duisende kampeerders. Die aantal staanplekke wat van krag en water voorsien is, is beperk. Daar is voldoende boorgatwater. Die komitee sal sorg dat die verspreiding van water uitgebrei word, en beoog om 8 warmwatertoestelle oor die hele kampterrein op te rig . Die komitee sal die hout vir die warmwater toestelle voorsien.

Toilette en storte:
Daar is ongeveer 8 storte en 10 binnenshuise toilette wat aan die moeders en dogters van die volk toegeken sal word. Vir die vaders en seuns van die volk sal daar buite toilette beskikbaar wees. Ons beoog om 'n aantal buite storte op te rig, maar kan weens onvoldoende fondse nie waarborg dat dit voldoende sal wees nie. Om enige ongerief te voorkom, beveel ons aan dat u, u sal inrig om met die minimum geriewe van die terrein se kant klaar te kom. Die komitee tref tans voorbereidings om 5000 mense van die mees basiese geriewe te voorsien.

Braaigeriewe:
Daar is nie braaigeriewe nie, en u sal u eie rooster en hout daarvoor moet saambring. Ons wil u nou reeds vra om uiters versigtig te wees met die maak van 'n vuurtjie vir braai doeleindes. 'n Veldbrand ontstaan baie maklik. Bring 'n spitgraaf saam om skoon te maak om u braaiplek.

Stoele en sonskerms:
Na aanleiding van die groot belangstelling wat die vergadering tot nou toe onder volksgenote geniet, sal die vergadering in alle waarskynlikheid deels in die ope lug plaasvind. Indien dit die geval sou wees moet voornemende deelnemers onthou om die nodige beskermings maatreëls teen die son te tref. U moet ook die kampstoele onthou aangesien daar maar ongeveer 700 stoele in die saal beskikbaar is.

Potjiekos kompetisie:
Neem ook kennis van 'n Potjiekos kompetisie wat beplan word vir die aand van die 26ste. 'n Boer van Rooibokkraal omgewing het 2 Blouwildebeeste en 2 Rooibokke geskenk as pryse om op sy plaas gejag te word. Onthou ook u flitslig - u kamp op 'n plaas sonder spreiligte.

Opkoms:
Omdat hierdie die eerste poging in baie jare is om die volk te laat vergader, sodat daar oor ons gemeenskaplike toekoms binne Gelofteverband besin kan word, weet ons as komitee nie hoeveel volksgenote gaan opdaag nie. Ons het 'n webwerf geskep waarop u onder andere u voorgenome teenwoordigheid te kenne kan gee. Dit is vir ons van die uiterste belang, aangesien ons die vergadering so vlot as moontlik wil laat verloop. Ons wil u egter nie ontmoedig om die vergadering by te woon nie, maar wil u betyds in kennis stel van wat u te wagte kan wees, sodat u ten volle voorbereid daar kan opdaag.

Roete:
Die grondpad tussen Vegkop en Lindley is blykbaar onlangs geskraap en kan gebruik word. Die grondpaaie na Vegkop, na aan Heibron op die Edenville pad, moet vermy word. Die pad tussen Heilbron en Vegkop is geteer en in 'n goeie toestand. Verversings: Aanvanklik sou die plaaslike CVO Skool behulpsaam wees met die voorbereiding van verversings en iets te ete, maar is tans net beskikbaar om 'n snoepwinkel te bedryf. Ons het intussen 'n aansoek ontvang van iemand wat Worsbroodjies wil maak, asook iemand wat Biltong en Droë wors wil verkoop. Hierdie aansoeke is aanvaar, maar ons wil u nogtans vra om selfvoorsienend te kom - die naaste dorp is 20km ver.

Kinders:
As daar iemand is wat inisiatief aan die dag wil lê om die kinders tydens die vergadering besig te hou met bergklim of Boeresport of volksspeletjies, sal ons dit waardeer as u na vore kom. Die kinders kan ook help om die groot vlag te ontplooi. Die grootste Vierkleur ooit beslaan byna 2 ha, en het baie gewillige hande nodig om oop- en toegemaak te word.

Alkoholiese drank:
Onthou asb. om die plaaslike Geloftefees komitee (wat die terrein aan ons beskikbaar gestel het) se reël, dat geen alkoholiese drank op die terrein toegelaat sal word nie, te eerbiedig.

Kontak:
Indien u oor e-pos fasiliteite beskik kan u aanlyn registreer by www.volksvergadering.co.za]http://www.facebook.com/l/24c9c;[url=http://www.volksvergadering.co.za]www.volksvergadering.co.za[/url] of u kan ons laat weet by vvr@xsinet.co.za of by vrkomitee@gmail.com. Andersins kan u een van die volgende nommers skakel: Phillip by 083 3341 547 of Flip by 082 4554 303.

Sien u D.V. by die volksvergadering.
Die Volksvergadering Reëlingskomitee.

Sanderis

  • Gas
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #10 op: September 10, 2009, 07:29:25 PM »
Program

VOLKSVERGADERING

'N OPROEP AAN ALMAL WAT VERLANG NA VRYHEID VIR ONS VOLK

"Die vryheidstryd, as dit eenmaal begin, word van die vader bloeiend deur die seun geërf, en die stryd sal altyd gewen word, hoe moeilik ookal ".

Hierdie woorde kom van George Byron, 'n man in wie se gees die vryheidsvlam onuitblusbaar gebrand het.  Hy kon dit sê omdat die drang na vryheid deur God self in ons gees ingeskape is en dus onvernietigbaar is.

Die vryheidsgees vind ook neerslag in die lewe van volkere en ons volk is as't ware daarmee gebore.  Jan van Riebeeck het aan die Kaap geland, slegs vier jaar na die einde van die tagtigjarige oorlog waarin die Hollanders geveg het om vry te word van Spaans/Roomse oorheersing.  Die vryheidstema het soos 'n goue draad dwarsdeur ons volk se geskiedenis geloop en ons voorours was bereid om groot offers te bring vir die verkryging en behoud van vryheid.

Vandag is ons weer 'n verslane en verknegte volk, maar die vryheidsvlam het reeds weer in die harte van die harde kern van ons volk ontbrand en dit is hierdie manne en vroue wat opgeroep word na die volksvergadering.  Oor die naweek van 25 - 27 September sal ons weë moet vind om die vryheidsvuur in die harte van ons volksgenote aan die brand te steek van "waar Tafelberg begin tot ver in die Transvaal".  Dit sal die grondslag lê vir die uiteindelike herstel van ons vryheid en soewereiniteit waardeur ons in staat gestel sal word om 'n volkshuishouding tot eer van God te stig.

Die beplande program  is hierby ingeslote.  Dit sal u help om u voor te berei vir deelname aan die besprekings.  Die stuk, aanvullende inligting bevat ander tersaaklike besonderhede omtrent kampeerreëlings, metodiek van die vergadering, besprekings, kontaknommers vir navrae ensovoorts.  Bestudeer dit asseblief deeglik.

Ons webtuiste by www.volksvergadering.co.za  gee ook meer inligting oor die vergadering en ons beplan om dit op 'n deurlopende basis verder op te dateer.  Besprekings kan ook aanlyn gedoen word.  Onthou asseblief dat besprekings voor 19 September gedoen moet word.

Die volksvergadering is die eindresultaat van twee jaar se omvattende raadpleging met mede-volksgenote, intensiewe beplanning en baie ure van harde werk.  Ons is daarvan oortuig dat daardeur 'n groot tree in die rigting van die herstel van ons vryheid gegee sal word.  Ons glo dat geen Boer/Afrikaner dit sal wil misloop nie en ons hoop om elke leser van hierdie brief daar te sien.

Volksvergadering Reëlingskomitee


Dokumente beskikbaar by :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/97afd0239aaaa807

Direkte skakel na program :

http://www.facebook.com/topic.php?uid=67798931573&topic=10595

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #11 op: November 26, 2009, 01:29:38 PM »
Geagte Volksgenoot

Soos wat u teen hierdie tyd dalk reeds weet vergader die Geloftevolk Koördineringskomitee vanaf 27-29 November (hierdie naweek) te Bloemfontein ten einde te bespreek hoe om uitvoering te gee aan die besluite wat by die volksvergadering te Vegkop gedurende September geneem is. (Die besluite word aan die einde hiervan weergegee.)

Volksgenote van die omgewing kom op Vrydag 27 November om 12:30 en weer om 14:30 (Die vergadering neem om 15:00 in aanvang) by die vergadersaal bymekaar om die lede van die komitee en die vergadering aan ons Almagtige Vader op te dra.

Ons wil graag 'n beroep doen op volksgenote landwyd om (waar hulle hulself ookal bevind) op hierdie twee spesifieke tye ook vir hierdie komiteelede en die vergadering by God in te tree in gebed.

Waar moontlik wil ons vra dat u selfs in groepies bymekaar kom om aan hierdie aksie deel te neem.

Ons vra ook dat u in u onderskeie ondersteuningsgroepe nie net alleen op hierdie twee tye nie, maar ook regdeur die naweek voortdurend in u gebede aan hierdie komiteelede en die vergadering sal dink en Sy seën en genade daarop sal pleit.

Aangesien dit reeds môre die 27ste is, wil ons u graag vra om asseblief hierdie e-pos so spoedig as moontlik en so wyd as moontlik versprei.



God se rykste seën word u toegebid.

Vriendelike groete

Aksie-Volksoorlewing



Besluite:
Die Geloftevolk se vrywordingsproses moet geskoei word op die grondslag van die Volksgeloftes.
Dit noodsaaklik is dat alle huidige middele wat tans aangewend kan word om die Geloftevolk in stand te hou, op alle lewensterreine benut moet word.
Dit noodsaaklik is dat die Geloftevolk 'n soewerein-vrye volk moet word.
Dat die grondslag waarop die toekomstige vryheid van die Volk gebou word, regverdigbaar is.
Die vrywording van die Geloftevolk binne bereik is.
Die toekomstige staatsmodel van die vrye Geloftevolk, Skrifgefundeerd (op Bybel gegrond) moet wees.
Dat die oproep en ordening van die vergadering aan die byeenkoms legitimiteit verleen as 'n Volksvergadering.
Dat 'n volksdatabasis dringend tot stand gebring moet word, sodat die Geloftevolk doeltreffend kan kommunikeer - as 'n eerste stap op pad na vryheid.
Dat die nakoming van die Volksgeloftes 'n Teokratiese staatsmodel vereis. 'n Komitee is saamgestel om die funksionering van 'n Teokratiese staatsbestel te ondersoek om by 'n volgende Volksvergadering aan die Volk voor te lê vir oorweging.
Die vergadering besluit dat die instelling van 'n Reddingsdaadfonds deur die voortsettingskomitee ondersoek sal word.
Die vergadering gee opdrag dat die komitee aandag sal skenk aan volksverootmoediging.
Die vergadering gee opdrag dat die Volk ingelig sal word oor die besluite van die Volksvergadering.
Die vergadering stel 'n voortsettingskomitee saam om uitvoering te gee aan die besluite wat geneem is. Die voortsettingskomitee sal as die Geloftevolk Koördineringskomitee bekend staan, en kry opdrag om die volgende Volksvergadering byeen te roep, so gou as wat prakties moontlik is.
Na aanleiding van 'n uitspraak wat vanuit die gehoor gemaak is, het die vergadering hul eenparig gedistansieër van die gebruik van gewapende geweld in die vrywordingsproses.
Die komitees sal te alle tye 'n oop-deur-beleid handhaaf, sodat Volksgenote deurlopend insette kan lewer.
Die vergadering gee goedkeuring daaraan dat Geloftefees-komitees of komitees wat volksbyeenskomste reël, voortdurend inligting kan aanvra vanaf die koördineringskomitee om aan hulle vergaderings bekend te maak.
Die vergadering erken deurgaans die Geloftevolk se volle afhanklikheid van ons Hemelse Vader en eer Hom vir die ordelike verloop van die volksvergadering.

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #12 op: November 26, 2009, 01:48:47 PM »
Sjoe, praat van kort kennisgewing!!  :o

En weet iemand dalk waar hierdie byeenkoms gaan plaasvind?? Lyk my nie die mense wil hê ons moet dit bywoon nie.

As iemand dalk meer inligting het, laat weet asb. dan sal ek môre se verrigtinge bywoon, maar ek glo nie Saterdag s'n nie. Ek glo dit sal weer in die CVO-skool se saal wees...?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #13 op: November 26, 2009, 02:27:01 PM »
Jammer Karina, ek kan nie help nie. Ek het die e-pos vanmiddag gekry en dit dadelik hier kom plak.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Kennisgewing van Volksvergadering
« Antwoord #14 op: November 26, 2009, 10:35:09 PM »
Dankie oom Adri, maar ek het nou bietjie navraag gedoen. Dit is net vir die "komitee", nie vir ons gewone mense nie.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal