Skrywer Onderwerp: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 15995 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« op: August 08, 2009, 09:27:41 PM »
Bravolanders!

Ons beoog om in Desember weer 'n volwaardige kersaksie te loods. Dit behels dat ons van nou af gaan begin met insamelings om blanke minderbevoorregtes gaan help, om ook die Kerstyd vir hulle spesiaal te maak. Ons vra u om asb te help, dit hoef nie net skenkings te wees nie, teenwoordigheid op die dag van die Kersaksie sal ook hoog op prys gestel word. Dit doen 'n mens se hart goed om ander te kan help, al is dit ook hoe gering.

As u dan ook voorstelle kan gee van waar en wie ons kan bystaan, is u welkom om dit ook hier te plaas. Dan kan ons ook so gedurende die gesprekke op 'n datum besluit.

Ek dank u by voorbaat vir u hulp, ondersteuning en gebede in verband met hierdie projek.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #1 op: August 08, 2009, 10:26:38 PM »
Dit is moeilik , deesdae is daar so baie plekke . Dit kan seker makliker wees as bepaal kan word watter plekke het dit meer nodig as ander , ek weet vir 'n feit party plekke sukkel nie finansieël nie maar die inwoners wel .
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #2 op: August 10, 2009, 07:42:07 AM »
Ek weet dit is 'n moeilike besluit, wie om te help en wie moet oorgeslaan word. Ek dink hier spesifiek aan ons mense wat nou self in plakkerskampe woon. Het enige iemand dalk meer inligting oor hierdie groepe?
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #3 op: August 10, 2009, 09:52:59 AM »
Ek weet dit is 'n moeilike besluit, wie om te help en wie moet oorgeslaan word. Ek dink hier spesifiek aan ons mense wat nou self in plakkerskampe woon. Het enige iemand dalk meer inligting oor hierdie groepe?

Ek sal graag so 'n aksie wil steun soverre dit moontlik is.

KB ek wil voorstel dat ons met Hans Janse van Rensburg van DOULOS kontak. Daar is verskeie aksie aan die gang om hierdie armoede probleem op verskeie plekke aan te spreek. Hans kan moontlik vir ons meer inligting gee en dan kan ons besluit wat, wie en waar. As dit reg so is sal ek met Hans kontak (ons is saam in die kerk) en reël om die inligting te bekom.

 
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #4 op: August 10, 2009, 11:59:32 AM »
Baie dankie vir die moeite, oom Andre. Dit sal baie waardeer word.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #5 op: August 17, 2009, 05:45:40 PM »
Terwyl ons nog wag vir terugvoering vanaf oom Andre se vriend, kan ons solank die ander besonderhede bespreek?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #6 op: August 17, 2009, 05:52:14 PM »
Watse bydraes word benodig? Samel ons geld in en koop dan goed aan, of samel ons goed in om uit te deel?

En: vir wanneer word dit beoog? Dit sal ook bepaal wie daar sal kan wees.

Ek sal graag volledig wil meedoen.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #7 op: August 17, 2009, 05:57:02 PM »
Ons samel geld in om kos van te koop, maar as produkte geskenk word, is dit meer as welkom.

Ons beplan dit vir iewers in Desember, vroegerig.

Dit is die ander aspekte wat ons kan bespreek.
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #8 op: August 17, 2009, 07:27:49 PM »
KB ek het dokumente aangeheg wat ek vanaf Hans J van Rensburg van DOULOS verkry het. Hy meld ook die volgende:

"Daar  is natuurlik nie gebiede waar armoede bediening gepleeg word nie, daar  is wel baie nedersettings waar mense werk en baie hulp verleen. Ons werk in n klompie van hierdie nedersettings. Hulp wat verleen word behels dinge soos kos, daarna klere, dan begin maatskaplike, sielkundige, finansiële, werk skepping, opheffing, kinders op skool, enkelouer, ma kind verhoudinge, pensioene, geboortes, troues,  begrafnisse,  klinieke en ander dinge. Indien julle nog nie voorheen met sulke aangeleenthede betrokke was nie sou ek julle aanraai om eers saam met ander na so n nedersetting of gesinne toe te gaan sodat julle kennis kan opbou van wat en hoe dit gedoen word en wat die wetlike aspekte daaraan verbonde is. Dit sal sake net makliker maak. Daar moet ook in gedagte gehou word dat hierdie n voltydse en volhoubare werk is. Uit hierdie bietjie inligting kan julle reeds baie van julle aksies in plek kry voordat julle wil begin met die werk.
 
Liefdegroete in Hom wie ons eerste liefgehad het.

Hans"


Aan die hand van die inligting hierbo wat beslis gerig is op 'n organisasie/struktuur wat volgehoue steun wil lewer, wil ek voorstel dat Bravoland 'n nedersetting of 'n ander instansie wat welsynswerk doen identifiseer en dat ons dan fokus op daardie keuse.
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #9 op: August 17, 2009, 07:32:57 PM »
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #10 op: August 17, 2009, 08:10:07 PM »
Bravoland het van die ontstaan af gepoog om gereeld 'n verskil te maak, maar ongelukkig was die finansies nie so gereeld daar nie. Dit het ons gedwing om ons hulp af te skaal na twee, drie maal 'n jaar, in plaas van maandeliks. Al wat ons op hierdie stadium wil doen, is om 'n spesiale Kersfees viering vir 'n groepie mense (ek dink so 30-60) te doen.

Ons het in die verlede al met ander groepe saam 'n aksie gedoen, maar dit het heeltemal nie uitgewerk nie.  :-\

Wat dink julle?
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #11 op: August 17, 2009, 08:35:00 PM »
Ek plaas graag die volgende op die tafel vir gesprek:

1. Kom ons gee die projek 'n toepaslike naam. Noem dit bv. "Kersfees vir ons mense in nood". Voorstelle asseblief!

2. Ons identifiseer 'n groep / nedersetting / tehuis of wat ookal waar daar mense is wat werklik nood het, met so ongeveer 50 afhanklikes. Indien dit deel vorm van 'n bestaande welsynsstruktuur, stel ek voor dat ons so 'n struktuur ken in dit wat ons beplan sonder om so 'n struktuur effektief deel te maak van ons aksies.

3. Ons bepaal wat die aard en omvang van hierdie aksie gaan wees bv. 'n kersete en 'n geskenkie of enige ander formaat en/of kombinasie.

4. Ons stel 'n begroting saam en bepaal die haalbaarheid - pas die plan aan indien nodig.

5. Samel fondse in en kry borge waar moontlik

6. Wys 'n koördineerder aan. Ek stel vir KB voor saam met Sjarko wat heelwat ervaring het van hierdie tipe dinge.

7. Tref al die nodige reëlings ter uitvoering van die plan.

8. Voer die plan uit!

Kommentaar en/of ander voorstelle asseblief
Ons Sal!!!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #12 op: August 17, 2009, 08:45:40 PM »
Dit klink goed so. Die "geskenk" wat jy in gedagte het, sal dan seker iets soos 'n geskenkpakkie bestaande uit kos en ander lewensmiddele wees?
Wat het jy in gedagte vir die kers-ete? 'n Mens kan 'n heerlike maaltyd voorsit sonder tierlantyntjies wat net geld kos, maar waaraan die armes nie (meer) gewoond is nie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 4392
  • Ons sal nooit opgee nie !!
    • Friendfeed
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #13 op: August 17, 2009, 09:13:59 PM »
Dit klink goed André , lyk of jy ondervinding het . Dankie vir die Vottle skakel .
http://bravolandmedia.blogspot.com

Vir navrae oor Arbeidsaangeleenthede besoek gerus  Navrae en versoeke en plaas asseblief u navrae daar .
MOENIE vir my 'n epos stuur m.b.t. arbeidsnavrae nie . Ek sal dit ignoreer .


sanderis@bravoland.co.za

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #14 op: August 17, 2009, 06:26:28 PM »
Dit klink goed so. Die "geskenk" wat jy in gedagte het, sal dan seker iets soos 'n geskenkpakkie bestaande uit kos en ander lewensmiddele wees?
Wat het jy in gedagte vir die kers-ete? 'n Mens kan 'n heerlike maaltyd voorsit sonder tierlantyntjies wat net geld kos, maar waaraan die armes nie (meer) gewoond is nie.

Sanderis ek het nie regtig ondervindingm van hierdie tipe welsynaksies nie. Ek noem graag dat die gedagte vanaf KB gekom vir so 'n geleentheid. Ek probeer net 'n beskeie bydrae lewer en wil nie KB se poging kaap nie.  ;) ;D

Adri 'n geskenkie kan tipies lewensmiddele bevat soos bv. broodnodige toiletware. Etes moet regtig prakties wees maar tog spesiaal. Waar is die "denkers" in ons geledere wat altyd sulke pragtige idees mee vorendag kom?
Ons Sal!!!

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #15 op: August 18, 2009, 12:51:14 PM »
Twee opmerkings.

1. Ons is reeds in 'n mate betrokke by die deurgangshuis op Vanderbijlpark, kan ons nie maar hierdie poging ook daar aanwend nie?

2. Wat die kersete betref:  Ons het in ons gemeentes op Parys en Vryheid jaarliks vir die gemeente 'n tradisionele kersete aangebied, waar daar ook die kersverhaal vertel is en sang gedoen is tussen die ete deur, soortgelyk aan hoe my ouers dit in hul ouerhuise gehad het en vir in ons huis gedoen is.  Dit is net aangepas om in groter groepverband gedoen te kon word.   Miskien kan die ete ook so ingerig word, dan bring ons daarmee saam die boodskap van hoop wat daar in die koms van Christus is.

As geskenk stel ek voor dat ons aan elke persoon sy eie Bybel gee, dit is immers die voedsel wat meer as die liggaam voed.
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #16 op: August 18, 2009, 01:01:05 PM »
Kapelaan,

Ek hou van hierdie gedagte.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #17 op: August 18, 2009, 01:08:00 PM »
Nee, kyk, een ding is nou wel nie twee nie en dit is dat Bravolanders vindingryke gedagtes het.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #18 op: August 18, 2009, 01:53:28 PM »
As geskenk stel ek voor dat ons aan elke persoon sy eie Bybel gee, dit is immers die voedsel wat meer as die liggaam voed.

Martin, dit klink baie goed, maar wat van 'n Jaarboek daarmee saam, ter wille van die dagstukkies? Dit mag dalk net meebring dat die Bybels gebruik word.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #19 op: August 18, 2009, 04:35:17 PM »
Sal daar dan soveel beskikbaar wees? Daar is gewoonlik 'n tekort...
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal