Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: [1]   Go Down

Author Topic: Volkshulp 2000  (Read 531 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Volkshulp 2000
« on: November 21, 2009, 08:50:03 AM »
Die werksaamhede van Volkshulp 2000 en die nood wat rondom ons werklose en verarmde volksgenote ontstaan.

Volkshulp 2000 is 'n Welsynsorganisasie wat geen subsidie ontvang nie.  Ons is hoofsaaklik afhanklik van donasies van goedgesinde donateurs.

Ons ontvang donasies in die vorm van kos, klere, meubels, beddegoed en gordyne, speelgoed, breekware, ens.  Kortom alles wat in u huis oortollig geraak het en nie meer bruikbaar is nie, word gebruik om die nood van werklose en verarmde volksgenote te verlig.

Die nood het die afgelope 12 maande geweldig toegeneem.  Daar is daagliks 'n toeloop van mense wat afbetaal is en uit die aard van die saak nie weer werk kry nie.  In die meeste gevalle is daar kindertjies betrokke wat gebrek ly.  Daar is 71 blanke plakkerskampe in en om Pretoria.

Gesinne, pensioenarisse en gestremdes leef onder haglike omstandighede in plakkerskampe.  Hierdie kinders gaan in baie gevalle nie skool nie, omdat daar nie skole naby is nie en die ouers nie vervoerkoste kan betaal nie.

Volkshulp 2000 het in die boekjaar Maart 2008 – Februarie 2009 R 1.5 miljoen se kos en klere uitgedeel.  Daar is 7000 mense gehelp met kospakkies en klere.

Ons gee 'n basiese kospakkie wat bestaan uit:

Mieliemeel/Hawermeel/Maltabella
Boontjie in tamatiesous/Blikkies vleis, vis, vrugte, groente, gekondenseerde melk, tamatiesous, chakalaka, sout, jellie, kookolie, soya.
Pasta/Rys/Mielierys/
Sop
Konfyt/Grondbonebotter
Koffie/Tee/Suiker
Toiletseep/Tandepasta/Sjampoo
Waspoeier
Groente/Vrugte/Brood (wanneer ons dit het)



Die primêre doelstelling van Volkshulp 2000 is werkskepping en indiensplasing.

   Volkshulp 2000 wat 40 werklose volksgenote in diens wat elk 'n klein salaris verdien.
   Volkshulp 2000 se primêre funksie is om werklose volksgenote weer in diens te plaas sodat hulle selfrespek herwin kan word sodat hulle in staat sal wees om self aan hulle gesinne huisvesting en basiese voedsel te voorsien.

Projekte om die maatskaplike nood te bestry.

   Projek bring 'n blikkie of 'n pakkie.  Hierdie projek loop dwarsdeur die jaar.
   Projek Warmslaap – vanaf Maart tot Augustus jaarliks.  Ons probeer om komberse vir die winter in te samel.
   Projek Kos vir Kersfees – vanaf Augustus tot Desember.  Om kos en geskenke vir Kersfees in te samel.
   Projek Vertel vir iemand anders van Volkshulp 2000.  Om meer mense te betrek by die liefdesdiens wat Volkshulp 2000 doen.
   Bid-vir-ons is die belangrikste projek van Volkshulp 2000.  Daarsonder kan ons nie een tree verder nie.

Geldinsamelingsprojekte.

   Snuffels 1, 2, 3, 4.  Ons verkoop tweedehandse klere, meubels, ornamente, speelgoed, ensovoorts om geld in te samel vir al ons finansiële verpligtinge.
   Wit olifant stalletjie by Boeremark in Silverton elke Saterdag.

Hulpverleningsprojekte.

   Verblyf
Volkshulpsentrum in Jan Niemandpark – tehuis vir senior burgers.
Volkshulptuiste te Kleinfontein wat huisvesting bied aan hawelose volksgenote.

Hoe kan Volkshulp 2000 gehelp word om volksgenote te versorg.

   Kyk en luister wat om u aangaan en steek 'n helpende hand uit.
   Verskaf Volkshulp 2000 se adres en kontaknommers aan belangstellende vriende.
   Skenkings van kos, klere, beddegoed, ensovoorts.
   Moontlike erflatings.



Groete




P.G. de Jager
Uitvoerende Direkteur
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Pages: [1]   Go Up