Bravoland

Please login or register.

Login with username, password and session length
Advanced search  
collapse
* Nuwe Inskrywings
Volksmoord by Werner Smook
[September 03, 2010, 11:37:39 AM]


2010 Volkshulp aksie by Adri van Staden
[September 03, 2010, 08:50:45 AM]


Werksgeleenthede vir Volksgenote by Sanderis
[September 03, 2010, 04:39:18 AM]


De la Rey toekenning by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:15:01 AM]


Vordering in moordsake by Werner Smook
[September 01, 2010, 09:05:03 AM]


Heldinne-aand 2010 by Ruan Combrink
[September 01, 2010, 09:01:13 AM]


Bees Roux by Boo
[September 01, 2010, 08:25:21 AM]


Ons gaan baie armer word by Clem de Klerk
[August 31, 2010, 04:40:20 AM]


Oud-politikus, vrou aangeval by Werner Smook
[August 30, 2010, 10:11:37 AM]


Vakbonde, Arbeid en Stakings! by André Strydom
[August 29, 2010, 11:29:21 PM]


* SA Topsites
SA Topsites :: .

Pages: 1 2 3 4 5 6 [7] 8 9 10   Go Down

Author Topic: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 9342 times)

0 Members and 1 Guest are viewing this topic.

Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 423
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #120 on: November 20, 2009, 10:20:40 AM »
KB,

Ek is gemaklik daarmee. Wat beplan ons verder ? Ons moet nou finale reelings begin tref. Ons begin dan deur die oggend diens daar by te woon. Ons kan dan ook dalk net voor die diens die bybels uitdeel. Wat doen ons na die diens ? Indien ons vir hulle 'n spesiale ete wil reel, moet ons die logistiek daaragter in ag neem. Dit gaan nogal 'n uitdaging wees.

Ons moet dalk eerder probeer om vir elke inwoner 'n spesiale pakkie saam te stel wat dan die noodsaaklike sowel as 'n bederf ietsie kan insluit. Ons moet dan net bespreek wat in die pakkie moet wees. Ek is nie te goed met sulke dinge nie. Dalk kan julle idees rondgooi hier op die forum. Ek wil graag sien dat ons dit veral vir die kinders iets spesiaal maak.

Ek hoor graag van julle.

Groete,

Sjarko.
Logged

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #121 on: November 20, 2009, 10:47:14 AM »
Dit sal vir my baie moeilik wees om op 'n Sondag los te kom. As dit regtig moet, kan ek reëlings tref. Maar ek het in beginsel geen beswaar nie.
Vergewe my as ek so terloops vra wie die prediker gaan wees.
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #122 on: November 20, 2009, 12:54:14 PM »
Oomdoom, ek het eerlikwaar geen idee nie. Dit is net 'n idee wat vanoggend posgevat het toe ek en Anneke gesels het. Dit hoef ook nie soseer in die oggend te wees nie, dit kan dalk alles in die namiddag geskied. Ek stem saam met Sjarko, ons sal nou moet ernstig gedagtes uitruil en tot 'n finale besluit moet kom, anders gaan die tyd ons inhaal. Ek wou net eers weet hoe julle voel oor die Sondag idee.

As ons enigsins beplan om 'n ete te hou, sal dit so eenvoudig moontlik moet wees. Ek weet nie of 'n ete so 'n goeie idee is nie, dalk miskien iets soos 'n koek en tee?

Ek voel ook dat ons dit vir die kinders spesiaal moet maak. Ons moet dalk net in gedagte hou dat tannie Sally gewaarsku het dat daar nie-permanente inwoners ook gedurende daardie tyd daar kan wees. Miskien moet ons op 'n geskenktipe besluit vir seuns, meisies, mans en vroue en 'n aantal van dieselfde koop. 'n Lekker groot sjokolade was nog altyd 'n veilige keuse  ;D

Gaan ons hierdie slag net kos koop met die geld wat ingesamel is?
Logged
Moed Vryheid Eer

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #123 on: November 20, 2009, 01:34:47 PM »
Ek dink ons moet die ete of welke vorm van onthaal ons ook al beplan, so klein en goedkoop as moontlik hou. Dit is duur en ons gebruik geld wat dalk beter bestee kon word aan meer kos.
Bedoel jy ons moet behalwe kos, klere ook uitdeel? Dit gaan lol, want dan sit jy met groottes, ens.
As ons die Bybels (wat binne 'n dag of twee hier behoort te wees) by iemand kan kry wat gaan meedoen aan die aksie, hoef ek nie noodwendig teenwoordig te wees nie.
Ek sal stem vir sjokolade vir 'n geskenk (ek persoonlik sal myne uitruil vir biltong as ek sjokolade sou kry  ;) ).

Kom ons stel vas wie beplan om te gaan en wanneer dit vir die meeste geval. Dan kan dié wat gaan, finaal besluit oor wat die dag gaan gebeur.
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #124 on: November 20, 2009, 01:52:00 PM »
Ek beplan om self daar teenwoordig te wees, dit is hoekom ek gevra het oor die Sondag.  Mense, kan ons asb hulp kry met gedagtes uitdeel? Hier sal mense wees wat dalk baie beter idees het. Dit moet asb so gou moontlik by besluite eindig.
Logged
Moed Vryheid Eer

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #125 on: November 20, 2009, 03:28:00 PM »
Ek stel voor ons volstaan by 13 Des. Ek sal die hele dag beskikbaar wees. Hoop maar die prediker waarna ek dalk moet luister, praat nie onsin nie.

KB, is jy daardie tyd in Petoorsdorp? Dan kan ek die Bybels vir jou of SP gee indien ek nie kan gaan nie.
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #126 on: November 20, 2009, 04:09:30 PM »
Ja, Oomdoom, die beplanning is dat ons daar in julle area gaan wees. Ons gaan spesiaal op vir die groot trek  ;)

As Oomdoom die Bybels dalk by Ben of Jan of Oranjekas kan kry, behoort dit te werk, maar die ideaal sal wees as u dit self kom gee. Wat van 'n diens deur Oomdoom self?
Logged
Moed Vryheid Eer

Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 423
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #127 on: November 21, 2009, 12:56:10 AM »
Quote
Wat van 'n diens deur Oomdoom self?

Puik idee !
Logged

Sanderis

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 2489
    • WWW
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #128 on: November 21, 2009, 08:31:39 AM »
Ek wil net opmerk , sjokolade in Desember het 'n goeie kans om gesmelt te wees indien dit warm is , miskien kan dit verkoel word alvorens .
Logged
http://bravolandmedia.blogspot.com
http://bravolandads.blogspot.com


Kliek op boonste logo om Oranjekas te besoek

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #129 on: November 23, 2009, 08:13:57 AM »
Quote
Wat van 'n diens deur Oomdoom self?

Puik idee !

As daar nie 'n vaste prediker is nie, of as so iemand 'n bietjie vir af vat, kan dit gedoen word. Kan iemand uitvind hoe verloop die reëlings vir eredienste daar? Daar is so iets soos profesionele etiek!
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 423
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #130 on: November 23, 2009, 10:45:00 AM »
Geen vaste reelings met die predikers nie. Ek het bevestig dat Oom Doom is meer as welkom om die diens daar waar te neem daardie dag.

Tannie Sally het ook voorgestel dat ons pakkies saamstel met die meeste basiese benodighede soos tandeborsel, tandepasta, seep ens. en dan as 'n bederf lekkergoed en koekies. Dit is iets wat hulle feitlik nooit kry nie en almal na smag.

Ek stel voor dat ons sulke pakkies opmaak (dit sal eintlik baie goedkoop wees) en dan kan ons ook daaraan dink om 'n klein geskenkie ook in te sluit. Dit hoef niks duur te wees nie, maar moet iets wees wat spesiaal is, wat hulle nie normaalweg kry nie. Weer vra ek vir idees.

Indien ons besluit om vir hulle 'n ete te gee, het ek gedink dat ons vir elkeen 'n braaipakkie kan gee wat hulle self kan braai. Dit is ook iets wat hulle nooit doen nie.

Ek hoor graag weer van julle.
Logged

Adri van Staden

  • Staatspresident
  • ****
  • Offline Offline
  • Posts: 1021
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #131 on: November 23, 2009, 12:03:41 PM »
Dankie Sjarko. As dit in orde met almal is, sal ek 'n kort erediens waarneem.

Wat die geskenkie betref, moet die dames ons help - daarmee in ons mans mos maar dommerig so half-en-half aan die eenkant.  :D

Verder klink alles vir my goed. Is die idee dat die vleis die Sondag gebraai word? Eet ons dan saam? Sal daar vuurmaakgoed beskikbaar wees. En braaiers?
Logged
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #132 on: November 24, 2009, 01:39:10 PM »
Baie dankie, Sjarko en Oomdoom.

Die idee van die pakkies is goed. Hoeveel sal ons moet opmaak?

Sjarko, is julle dalk bereid om die aankope te gaan doen? Ek wou baie graag by wees, maar ons dinge gaan nou nie so kan uitwerk nie. Ons ry eers die 11de van Kenhardt af tot op Krugersdorp.
Logged
Moed Vryheid Eer

Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 1581
  • Bravolander
    • WWW
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #133 on: November 24, 2009, 04:39:14 PM »
Die totale skenkings staan nou op R5910.00. Ons mik steeds vir die R10 000-kerf!!

Onthou ook van die aanbod dat elke rand tot en met R10 000 verdubbel sal word!
Logged
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Offline Offline
  • Posts: 423
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #134 on: November 25, 2009, 09:33:16 AM »
Quote
Die idee van die pakkies is goed. Hoeveel sal ons moet opmaak?

Sjarko, is julle dalk bereid om die aankope te gaan doen?

Ek sal die finale getalle van tannie Sally af kry en die aankope doen. Wat gaan ons in die geskenk pakkies sit ?

Quote
Is die idee dat die vleis die Sondag gebraai word? Eet ons dan saam? Sal daar vuurmaakgoed beskikbaar wees. En braaiers?

Dit is die lekker van braaivleis. Die van ons wat kan, kan saam met die inwoners braai. Die wat ander verpligtinge het en regtig nie kan vertoef nie, kan ry sonder dat dit die braai beinvloed. Indien ons 'n aansit ete gegee het, sou dit moeilik gewees het aangesien almal sou moes help. Ek vra egter dat indien dit moontlik is, almal sal bly vir die braai. Dit sal vir die inwoners baie beteken. Sover dit die braais aangaan, dit klink nie vir my of daar is nie, want vleis braai is 'n luukse wat hulle nie kan bekostig nie. Ek sal net eers dit ook met tannie Sally bevestig, en dan sal ons sien hoe ons dit kan hanteer.

Sover dit die geskenke vir die kinders aanbetref, kan ons dalk vra dat die kinders 'n wenslysie maak wat ons dan kan probeer om vir hulle te gee wat hulle regtig begeer (binne redelike perke natuurlik). Uit vorige ondervinding weet ek dat die geskenke gewoonlik baie basies en goedkoop is. Soms selfs iets wat as 'n basiese behoefte gesien kan word. Dit is net 'n voorstel en ek hoor graag weer van julle.

Karina, KB, kan julle dalk 'n basiese behoefte pakkie saamstel vir mans, vroue, tiener meisies, tiener seuns, en kinders ?

Dankie.
Logged

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #135 on: November 25, 2009, 09:40:53 AM »
Sjarko, ons sal net 'n ietsie ekstra moet vat vir ingeval daar nie permanente inwoners is. Hoeveel Rand per kop vir die geskenke?
Logged
Moed Vryheid Eer

Ben Geldenhuys

  • Bravoland Burger
  • *
  • Offline Offline
  • Posts: 7105
  • Verkenner
    • WWW
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #136 on: November 25, 2009, 04:02:44 PM »
Sjarko en KB,

Kan julle asb 'n artikel skryf m.b.t die kersaksie sodat dit op die voorblad geplaas kan word?
Logged
Die waarheid is haatspraak vir enige mens wat iets wil wegsteek.

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #137 on: November 25, 2009, 07:17:24 PM »
Ek is nie goed met artikels nie, ek skryf net fiksie, want dan kan ek beter lieg  ;)  :D

Ben, oor daardie stuk wat nog vertaal moet word van die skryfbehoefte aanvraag, kan ons dalk vir Oomdoom vra? Karina is op hierdie stadium te vas.
Logged
Moed Vryheid Eer

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #138 on: November 27, 2009, 12:10:44 PM »
Feestyd ?

Die jaar snel weer vinnig na ‘n einde en almal sien uit na Desember. ‘n Maand van rus, ontspan en kuier saam met familie en vriende. Daar word druk beplan aan die vakansie wat voorlê. Diegene wat na die see of vakansie oorde toe gaan, tref opgewonde die laaste reëlings. Kersdag en nuwejaarsdag word haarfyn beplan: wie kom kuier, wat gaan ons eet, watter geskenke gaan ons vir wie gee. Die moeilike jaar wat verby is, is vir eers vergete.

Maar ongelukkig is Desember en veral Kersfees of selfs die nuwe jaar nie iets waarna almal kan uitsien nie. Daar is volksgenote wat niks het om na uit te sien nie. Hulle toekoms is donker. Geen werk, geen besittings, geen geld, geen kersete, geen kersgeskenke, geen familie wat kom kuier nie. Niks nie. En daar is niks om oor opgewonde te raak nie, want sien, hulle kans op ‘n beter lewe word in die wiele gery deur rasstellende aksie en swart bevoordeling. Dit is mense wat ander mense in die oë moet kyk net vir hulle daaglikse brood. Mense in wit plakkerskampe en welsynshuise. En dit is ons mense. Hulle het nie gevra om daar te wees of om in hierdie omstandighede te wees nie. Maar hulle is daar en het hulp nodig.

Bravoland is ‘n kubertuiste vir ons mense, maar ons voel dat ons mense is meer as net diegene wat ons op die rekenaar kan besoek. Ons mense is al ons volksgenote. Ook die wat hulle in sulke moeilike omstandighede bevind. Dit is hartverskeurend om te dink dat daar kinders is wat nie eers na ‘n kersete kan uitsien nie, wat nog van ‘n kersgeskenk.

Daarom het ons in die verlede en wil ons weer nou in Desember na hierdie mense uitreik. Ons beplan om op die 13de Desember die Lochvaal deurgangshuis naby Vanderbijlpark te besoek. Die beplanning is dat ons die oggend ‘n erediens saam met die inwoners bywoon in hulle eetsaal (wat ook as kerk gebruik word) wat gelei sal word deur een van Bravoland se eie dominees. Net voor die diens wil ons vir elke inwoner ook ‘n Bybel gee - voedsel vir die siel. Na die diens wil ons graag aan elke inwoner ‘n geskenkpakkie uitdeel – van die kleuters tot die bejaardes. Daarna gee ons aan elke inwoner ‘n braaipakkie en braai ons almal heerlik saam. Graag wil ons ook genoeg kosvoorraad aan die deurgangshuis skenk om hulle verder deur te sien tot volgende jaar toe.
Maar dit alles kos geld. En Bravoland verdien nie ‘n inkomste nie. Hierdie aksie is slegs moontlik omdat ons daartoe bydra. Daarom wil ek graag ‘n beroep op almal doen om te help deur ‘n skenking te maak. Dit kan geld, kos, geskenke, klere, enige iets wees – maar groot asseblief help ons om hulle te kan help. Kom ons sit weer ‘n glimlag op ‘n kind se gesig en ‘n huppel in ‘n ou mens se stap. Hierdie mense kan nie help vir die omstandighede waarin hulle verkeer nie, maar ons beskeie bydraes kan ‘n baie groot verskil maak in hulle lewens. En dan nooi ek u, kom saam met ons op die 13de na Lochvaal. Kom ons wys vir hierdie inwoners daar is baie mense wat vir hulle omgee. U sal dan ook die ware boodskap agter Kersfees self ervaar naamlik:

Ek het julle in alles getoon dat ons deur so te arbei die swakkes moet help en die woorde van die Here Jesus moet onthou, dat Hy gesê het: Dit is saliger om te gee as om te ontvang.
(Handelinge 20:35)

Dit is altyd moeilik om te besluit wat moet nou eintlik in die geskenkpakkies wees. Daarom wil ons almal se hulp inroep deur ‘n kompetisie te hou. Die inskrywing wat vorendag kom met die beste geheel voorstel, dit beteken 'n voorstel van 'n geskenkpakkie vir elk van die groepe hieronder, staan 'n kans om ’n splinternuwe NOKIA N73 mobiele telefoon te wen ter waarde van ongeveer R3,500.00. Omdat Bravoland nie oor onbeperkte fondse beskik nie, beperk ons die waarde per geskenkpakkie tot 'n maksimum van R50.00. Almal van Bravoland kan deelneem. Die Volksraad sal die wenner bepaal en die Volksraad se besluit is finaal. Die sluitingsdatum vir die inskrywings is middernag van 3 Desember 2009. Die wenner sal op 10 Desember 2009 aangekondig word. Daar is nie baie tyd oor nie en dié wat deelneem moet gou spring en hul inskrywings instuur na: scburger@bravoland.co.za of u kan dit faks na 086 666 7740. U voledige naam asook forumnaam en kontakbesonderhede moet op u inskrywing verskyn.

Die inskrywing moet die volgende bevat:

- Voorgestelde inhoud (item moet beskryf word) van geskenkpakkie per groep;
- Voorgestelde leweransier van elke item;
- Prys vir elke voorgestelde item.

Die groepe is:

MANS
DAMES
DOGTERS - 1 tot 4 jaar
DOGTERS - 5 tot 9 jaar
DOGTERS - 10 tot 15 jaar
DOGTERS - 16 tot 18 jaar
SEUNS - 1 tot 4 jaar
SEUNS - 5 tot 9 jaar
SEUNS - 10 tot 15 jaar
SEUNS - 16 tot 18 jaar

Onthou u moet vir elke groep hierbo 'n geskenpakkie saamstel om te kwalifiseer vir die prys!

Sou u graag 'n finansiële bydrae wou maak vir die kersaksie, dan kan u dit steeds doen deur die geld te deponeer in een van die volgende rekeninge:


 Volkshulp Bankrekening Besonderhede

Naam:     Bravoland Ondersteuners Klub
Bank:      ABSA
Tipe:       Tjek
Tak:        Mosselbaai
Rek nr:   407 1429 502
Verwysing: Kersaksie

Rek naam :  Oranjekas Spaar en Krediet
Rek no :  27 124 0490
Tak kode : 01 05 45 (Silverton)
Tipe : Tjek
Verwysing : Bravoland

Al die fondse wat so ingevorder word sal aangewend word vir Kersaksie 2009.

Kom ons maak van hierdie ‘n grootse aksie.

Boere groete.
Logged
Moed Vryheid Eer

Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Offline Offline
  • Posts: 6649
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Reply #139 on: November 27, 2009, 12:12:12 PM »
Die pos hierbo is geplaas met innige dank aan Sjarko wat die artikel geskryf het en oom Andre vir sy idee van 'n kompetisie en prysskenking.
Logged
Moed Vryheid Eer
Pages: 1 2 3 4 5 6 [7] 8 9 10   Go Up