Skrywer Onderwerp: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 16001 times)

0 Lede en 4 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Re: Volkshulp Bankrekening Besonderhede
« Antwoord #80 op: October 07, 2009, 05:43:59 AM »
Ek hoop hierdie is die regte draad oor die Bravoland Kersfees aksie.

Die uitdaging staan nog steeds dat ons R10,000 moet byeen bring om n bykomende skenking van R10,000 te kry, wat sal beteken dat ons met R20,000 werklik n verskil kan maak aan die omstandighede van ons verarmde volksgenote.

Alhoewel ons reeds goed op pad is daarheen, moet daar nog n aansienlike bedrag bymekaar gemaak word.

Kom Bravolanders, ons kan dit doen! Dit is werklik Koninkryk werk wat hier gedoen word.
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #81 op: October 07, 2009, 05:45:46 AM »
Die uitdaging staan nog steeds dat ons R10,000 moet byeen bring om n bykomende skenking van R10,000 te kry, wat sal beteken dat ons met R20,000 werklik n verskil kan maak aan die omstandighede van ons verarmde volksgenote.

Alhoewel ons reeds goed op pad is daarheen, moet daar nog n aansienlike bedrag bymekaar gemaak word.

Kom Bravolanders, ons kan dit doen! Dit is werklik Koninkryk werk wat hier gedoen word
Kennis is mag

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #82 op: October 07, 2009, 07:35:55 AM »
Kom Bravolanders, kom ons verbaas die wereld met die verskil wat ons kan maak.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #83 op: October 07, 2009, 07:03:13 PM »
Stuur hierdie aksie se inligting vir julle vriende ook, persone wat nie Bravolanders is nie, is ook welkom om 'n skenking te maak

My ondervinding is dat daar baie keer mense is wat by so 'n aksie wil betrokke raak, maar nie weet waar en hoe nie
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #84 op: October 08, 2009, 08:05:00 AM »
Goeie gedagte Plaas. Vriende hier is 'n voorbeeld van so 'n e-pos, gebruik dit gerus:



Bravoland help jaarliks om die Kersseisoen 'n mooier tyd te maak vir menige verarmde volksgenoot. Behoeftiges word nie net met 'n heerlike maaltyd bederf nie. Die noodsaaklikheid van geestelike versorging, tesame met die aanvulling van ander noodsaaklike lewensmiddele geniet ook aandag.

Dit bring vreugde in die harte van jong moeders, van bejaardes waarvan die lewenstog al moeisamer geword het, van baie suigelinge wat tevrede moet wees met bitter min.....

In Bravolanders se poging om verligting te bring, het ons meer volksgenote se ondersteuning nodig. Hierin kan jy 'n beduidende rol speel deur vanjaar se aksie te steun. Ons is almal Christen-Afrikaners.

Kom ons doen wat Christus ons geleer het. Kom ons ontferm ons oor ons naaste.

Jy kan 'n bydrae lewer met 'n gewaardeerde skenking op hierdie bankrekening, waarvoor ons byvoorbaat dankbaar is:

Naam:     Bravoland Ondersteuners Klub
Bank:      ABSA
Tipe:       Tjek
Tak:        Mosselbaai
Rek nr:   407 1429 502

Of besoek Bravoland by hierdie internet adres:http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,4963.msg64351/topicseen.html#new

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #85 op: October 08, 2009, 08:26:14 AM »
Dankie Ben

Ons kan dalk net byvoeg dat die verwysing "Kersaksie" moet wees

*****************************

Waar is die Taalpolisie?

Is Kersaksie reg of is dit met 'n koppelteken? Ek ken nie meer my Afrikaanse Spelreëls nie!!! :o
VOEL TUIS

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1749
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #86 op: October 08, 2009, 08:31:40 AM »
Kersaksie is reg Plassie!  ;D

My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #87 op: October 08, 2009, 08:36:44 AM »
Dankie Kaptein ;D
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #88 op: October 08, 2009, 01:49:06 PM »
Ek het vandag so bietjie Bybelpryse gaan uitvind. Dit is wat ek raakgeloop het:

Sakbybel met 1953 vertaling Psalms en Nuwe Testament - R27.00

Sagteband Nuwe Lewende Vertaling - R38.00

1953 Naslaan - R69.99 (snaaks genoeg om hierdie ene in Shoprite raak te loop  ;) )

Oomdoom, hoe lyk ons kerk se pryse? Kan ons dit dalk deur ons Kerk by die Bybelgenootskap goedkoper kry? Dit lyk my nie die Gideons Organisasie wil betrokke raak nie, so ons sal dit moet aankoop.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #89 op: October 08, 2009, 02:14:04 PM »
Ek het met prof. Izak Brink, ons Direkteur van Kerkadminstrasie gaan praat. Hy het my gevra om 'n briefie aan die Sentrale Kerkekommissie (SKK) te skryf waarin ek twee dinge vra: 'n donasie om Bybels aan te koop vir gratis verspreiding of alternatiewelik om Bybels aan ons beskikbaar te stel teen kosprys. Hulle het onlangs R8000 uit die Bybelsverspreidingsfonds beskikbaar gestel vir Bybels in Taiwan! Hy is baie optimisties dat hulle vir ons ook sal gee. Die SKK vergader hoeka Maandag. Ek sal net moet weet van hoeveel Bybels praat ons. Hoeveel Bybels moet ek vra? Die kosprys van die goedkoopste 1953-vertaling is R50. Laat weet my en hou solank duime vas!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #90 op: October 08, 2009, 02:24:34 PM »
Joe, ek het ingedagte so 20 tot 50 Bybels. Wat se die slim manne?
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #91 op: October 08, 2009, 06:15:06 PM »
Aanhaling van: Jan Beyers on October 07, 2009, 14:28:42
Nog iemand wat betrokke is by die Gideons :   Dr Petrus Retief  Sel  083 302 1181  epos petrus@hvo.co.za


Ek het met dr Petrus Retief geskakel. Hy is betrokke by die Gideons en hy het onderneem dat as ons vir hom die presiese behoefte/getal deurgee, hy dit sal opneem met die "Gideon's Laer" in Vanderbijlpark. Ek het 'n syfer van 80 Bybels genoem en dit lyk nie of getal noodwendig 'n probleem sal wees nie.

Daar is egter een vereiste/bepaling en dit is dat die Gideons nie Bybels skenk aan ander instansies om uit te deel nie. Die Gideons oorhandig self die Bybels. Ek het persoonlik nie 'n probleem daarmee nie mits ons dit kan koördineer om op dieselfde dag plaas te vind as die Bravoland aksie.

So gou as wat ons dus 'n vaste datum het en 'n getal, sal ek dit kommunikeer aan dr Petrus.
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7538
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #92 op: October 08, 2009, 07:24:04 PM »
Dankie Oom Andre.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7390
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #93 op: October 08, 2009, 07:49:04 PM »
Dit is dieselfde wat Mev. Monnik (non  ;D ) vir my ook gese het. Ek het regtig nie 'n probleem daarmee nie, maar dit sal goed wees as ons dit op dieselfde dag en tyd die aksie kan doen.

Baie dankie, oom Andre vir die moeite. Waardeer dit regtig baie.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4072
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #94 op: October 09, 2009, 05:08:01 AM »
Dit is uitstekende werk Andre, baie dankie.
Kennis is mag

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #95 op: October 09, 2009, 07:11:40 AM »
Watter vertaling deel die Gideons uit?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #96 op: October 09, 2009, 07:58:14 AM »
Watter vertaling deel die Gideons uit?

Goeie vraag! Sal probeer uitvind.
Ons Sal!!!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1475
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #97 op: October 13, 2009, 11:19:19 AM »
Die Sentrale Kerkekommissie het gister op sy vergadering goedgekeur dat die nodige fondse vir die aankoop van 50 Bybels vir gratis verspreiding deur Bravoland bewillig word. Die uitgawe wat aangekoop sal word, is die 1983-vertaling en dit het 'n helderkleurige blou omslag ( die sg. "denim"-uitgawe). Sodra al die burokratiese rompslomp afgehandel is, sal die Bybels seker hier by my afgelewer word.

Nou moet ons net finaliteit kry oor die datum. Ek aanvaar ons gaan na die Lochvaal Deurganghuis toe. As gevolg van onsekerheid of en wanneer my vrou verlof sal kan neem gedurende Desember, hang ons verlofreëlings nog in die lug. Dit is dus baie moontlik dat ek op enige van die twee voorgestelde datums sal kan meedoen.

Waar trek ons fonds, Plaas? Gaan ons ons doelwit bereik?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2142
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #98 op: October 13, 2009, 11:37:51 AM »
Die Sentrale Kerkekommissie het gister op sy vergadering goedgekeur dat die nodige fondse vir die aankoop van 50 Bybels vir gratis verspreiding deur Bravoland bewillig word. Die uitgawe wat aangekoop sal word, is die 1983-vertaling en dit het 'n helderkleurige blou omslag ( die sg. "denim"-uitgawe). Sodra al die burokratiese rompslomp afgehandel is, sal die Bybels seker hier by my afgelewer word.

Dankie Adri! Dit is goeie nuus. ;)
Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #99 op: October 13, 2009, 11:44:58 AM »
Dankie Ds Adri,

Net vir die interessantheid en as ek mag vra, waarom is daar toe op die 1983 vertaling besluit en nie die 1953 nie?

Groete


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal