Skrywer Onderwerp: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 16065 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #100 op: October 13, 2009, 11:58:49 AM »
Dankie Ds Adri,

Net vir die interessantheid en as ek mag vra, waarom is daar toe op die 1983 vertaling besluit en nie die 1953 nie?

Groete
Oeps! Groot fout! Jammer, maar dit is inderdaad die 1953-vertaling! Hierie ding wat hulle ouderdom noem ...  :-[
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #101 op: October 13, 2009, 12:06:00 PM »
Slaak ek nou 'n sug van verligting... ;)

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #102 op: October 13, 2009, 01:26:25 PM »
Baie, baie dankie Oomdoom! Dit is voorwaar wonderlike nuus.  Baie dankie ook aan die APK!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #103 op: October 13, 2009, 01:30:11 PM »
KB, sodra ek skriftelik en amptelik kennis kry van die besluit, sal ek dit vir jou laat kry. Jy is seker die regte een om amptelik namens Bravoland 'n bedankingsbriefie te skryf???
Dit kan dalk nog 'n rukkie duur, want die skriba van die SKK, ds. Aubrey Hough lê in die hospitaal ná 'n hartaanval en nou moet ds. Alwyn Swanepoel die notule en voorvloeiende besluite hanteer.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #104 op: October 13, 2009, 01:32:56 PM »
Dit is reg, Oomdoom. Ek dink dat dit gepas sal wees as ons dit na die aksie vir hulle skryf, dan kan ons foto's byvoeg van ons aksie en waarheen die Bybels regtig gegaan het.
Moed Vryheid Eer

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #105 op: October 13, 2009, 03:37:55 PM »
Dit is uitstekende nuus oom Adri !
Baie dankie vir die moeite .

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #106 op: October 15, 2009, 03:51:10 PM »
Ons totaal, tot op vandag, staan op R3 610-00.

Ons het nog so om en by 6 weke om ons totaal van R10 000-00 te haal.
VOEL TUIS

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #107 op: October 16, 2009, 07:26:40 AM »
Ek het gehoop dat ons al verder sou wees op pad na die teiken van R10 000. Is dit dalk moontlik om vir ons op n daaglikse basis te wys hoe die geld inkom?

Byvoorbeeld:

Datum                Ontvang            Totaal
15 September      200                   200
17 September      250                   450
20 September      100                   550
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #108 op: October 16, 2009, 07:53:01 AM »
Oom Meerkat, die staattrekking by ABSA kos nogal heelwat, so ek weet nie of dit moontlik is om daagliks 'n navraag by die bank te doen nie. Of verstaan ek nou verkeerd?

Ek is jammer as ek nou so plaerig is, maar kan ons asb gou besluit hoe ons te werk gaan? Gaan ons as geheel skenk of gaan ons presentjies insluit, ens?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #109 op: October 16, 2009, 08:12:20 AM »
Ek het gehoop dat ons al verder sou wees op pad na die teiken van R10 000. Is dit dalk moontlik om vir ons op n daaglikse basis te wys hoe die geld inkom?

Byvoorbeeld:

Datum                Ontvang            Totaal
15 September      200                   200
17 September      250                   450
20 September      100                   550

Op hierdie stadium trek ek elke week by ABSA 'n staat, maar die laaste 2 weke was daar nie enige deposito's gewees nie

Oranjekas stuur 'n SMS wanneer daar deposito's gemaak is.

By ABSA kan ek nie die SMS funksie aktiveer nie, want Suzanne moet saam met my gaan en ons moet 'n afspraak by 'n besigheidskonsultant maak om dit te doen. Sy werk egter tans in George en dit is dus nie moontlik om by die bank uit te kom nie
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #110 op: November 04, 2009, 10:21:45 AM »
Ek wil net ons Volkshulpaksie van Desembermaand onder almal se aandag bring. Die inbetalings sluit op 30 November 2009 en ons is nog 'n hele ent van ons R10 000.00 merk af.

Ons wil bitter graag hierdie feesgety ook vir hierdie mense by Lochvaal Deurgangshuis in Vanderbijlpark 'n aangename dag gee en ons vra u om u weg oop te sien om dit te kom bywoon saam met ons.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #111 op: November 04, 2009, 11:26:52 AM »
KB, kan ons nou aanvaar dat die datum 19 Desember is? Weet ons al wie sal kan gaan? Afhangende van die sukses van my oog-operasies (katarakte verwyder en lense inplant) op 4 en 7 Desember, beplan ek om beskikbaar te wees.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #112 op: November 04, 2009, 01:45:15 PM »
Die bydraes vir die 2009 Kersaksie beloop, tot op datum, 'n totaal van R4 110-00

Baie dankie vir almal wat tot dusver bydraes gemaak het.
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #113 op: November 04, 2009, 03:44:30 PM »
Oomdoom, ek sal my stem moet verander, want dit lyk my ek sal net die 12de se Saterdag daar wees. Ons ry seker die 18de of 19de  weer terug.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #114 op: November 05, 2009, 07:28:55 AM »
Vir my maak dit nie saak nie. Wat sê die ander wat kan gaan?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #115 op: November 05, 2009, 03:04:39 PM »
Ek gaan ongelukkig die 12de plaas toe julle, sal dit ongelukkig nie kan meemaak nie.  Ek hoop dat daar genoeg is wat dit wel kan bywoon en dat dit 'n geslaagde aksie sal wees!!!
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #116 op: November 05, 2009, 03:19:01 PM »
Ek kan R1000 belowe voor die einde van die maand, en ek en my vrou kan ook teenwoordig wees indien ons hulp benodig word.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #117 op: November 06, 2009, 08:59:05 AM »
Vir my maak dit nie saak nie. Wat sê die ander wat kan gaan?

Ek si ook reg vir enige een van die naweke.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #118 op: November 06, 2009, 04:27:33 PM »
Ek kan R1000 belowe voor die einde van die maand, en ek en my vrou kan ook teenwoordig wees indien ons hulp benodig word.

Werner

Baie dankie. Julle is beslis welkom om saam te gaan die dag.

Die datum moet nog net gefinaliseer word
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #119 op: November 20, 2009, 09:13:13 AM »
Ek wil net julle gevoel toets rondom die beplande aksie. Weens 'n paar dingetjies wat nou intussen voorgeval het, het ek gewonder hoe julle mense sal voel om so iets op 'n Sondag te doen?

Ek dink byvoorbeeld aan Sondag, 13 Desember 2009. Ons begin almal saam deur 'n diens saam met Lochvaal se mense by te woon. Ek verstaan dat hulle dit sommer daar in die saaltjie hou?

Wat is julle gevoel hieroor?
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal