Skrywer Onderwerp: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 16070 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #140 op: November 30, 2009, 08:11:44 AM »
Die Bybels wat ons gaan uitdeel is hier afgelewer (saam met ander vir die Boekwinkel) en ons 50 sal later vandag in my kar gelaai word. As my oog-operasies 'n sukses is, sal ons mekaar DV daar "sien". Iemand sal net vir ons presies moet beduie hoe om daar te kom en hoe laat ons daar moet weers.

Wat die ete betref, sal ons moet dink aan by-kosse vir die braaiery. Broodjies? Pap en sous? Slaaie? Ek vra maar net!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #141 op: November 30, 2009, 09:20:04 PM »
Baie dankie, Oomdoom!

Terwyl die ander so stil is met voorstelle, sal ek maar lostrek met ene. Ek neem aan dat ons so R50 per persoon kan werk?

Seuns + Meisies 0-12 Jaar
Karakter (disney ens.) badskuim/sjampoe +/_ R30
karakter waslap +/_ R12
pakkie lekkers +/_R8

Dogters 12+ en dames
goeie tipe lyfroom of clicks geskenkpak +/_ R50

Seuns 12+ en mans
stortjel en/of skeerskuim
moontlikheid van goeie tipe weggooiskeermes. Kan bv een pakkie van 5 of 10 deel dat elkeen 1 kry.

Ek hoop nou dat die res die moed sal he om ook hul voorbeelde hier te kom plaas  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #142 op: December 01, 2009, 03:57:03 PM »
Baie dankie vir almal se bydraes, dit is wonderlik om te sien dat die Bravolanders omgee vir hul mede Volksgenote wat swaar kry.

Die totale bydraes staan nou op R6 910-00.

Kom ons het nog tyd tot die einde van die week om die R10 000-kerf te haal

Onthou ook van die aanbod dat elke rand tot en met R10 000 verdubbel sal word!

VOEL TUIS

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #143 op: December 01, 2009, 04:34:14 PM »
Baie dankie vir almal se bydraes, dit is wonderlik om te sien dat die Bravolanders omgee vir hul mede Volksgenote wat swaar kry.

Die totale bydraes staan nou op R6 910-00.

Kom ons het nog tyd tot die einde van die week om die R10 000-kerf te haal

Onthou ook van die aanbod dat elke rand tot en met R10 000 verdubbel sal word!

Net 'n regstelling - ons totaal vir die Kersaksie staan nou op R 7 950-00!!

Daai R10 000-00 is nou so naby ek kan dit al proe ;D
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #144 op: December 02, 2009, 04:27:59 PM »
Mense, onthou asb ons kompetisie! Kom neem deel!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #145 op: December 03, 2009, 10:01:45 AM »
KB, dit is nie weens 'n gebrek aan belangstelling dat ek nie met voorstelle kom nie - ek is bloot te dom met die klas van ding. Geskenke kies was nog altyd my swakpunt - gee gewoonlik liewer sommer die geld en sê gaan koop vir jou iets. Jammer, hoor.

Maar hierdie verskoning is net myne! Kom julle ander, help die kind!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #146 op: December 03, 2009, 10:09:19 AM »
Oomdoom doen alreeds 'n groot deel vir hierdie Volkshulpaksie. Ek sal net graag wil he dat ons burgers moet betrokke raak en dalk kan een van hulle sommer nog 'n prys losslaan.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #147 op: December 04, 2009, 01:41:30 PM »
Ek wil net graag weet hoe werk die braaireelings. Gaan elke Bravolander wat die aksie bywoon hul eie vleis bring, of word daar vir almal as 'n geheel gekoop?

Dan het Oomdoom gevra of ons almal iewers eers bymekaar gaan kom en saam na die aksie ry.

Jammer as ek die verkeerde goed vra, ek is besig om my reisbeplanning agtermekaar te kry  ;)
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #148 op: December 04, 2009, 06:45:51 PM »
Ons weet nie hoeveel Bravolanders die aksie gaan meemaak nie, dus is dit moeilik om te beplan hoeveel vleis om te vat. As ek weet hoeveel Bravolanders daar gaan wees, en gaan bly vir die braai, sal ek seker maak ons vat genoeg vleis vir almal. Kom ons begin 'n lys van name wat daar sal wees.

Ek het ook vandag weer met tannie Sally gepraat. Daar is nie braais nie, maar sy sal in die omgewing probeer leen vir die dag. Vir bykosse sal ons alles wat nodig is  saamneem vir slaai wat daar gemaak sal word.

Aangesien ons almal uit verskillende rigtings kom, dink ek dit is beter om mekaar daar te ontmoet. Ons moet nog die tyd vasmaak. Enige voorstelle ?

Mense wat gaan meemaak:

1) Sjarko en gesin - 2 volwassenes, 2 kinders

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #149 op: December 05, 2009, 08:55:26 AM »
2. Christa en gesin - 3 volwassenes en 1 kind

Sjarko, die diens begin om 10:30. Is dit moontlik dat ons so 'n uur vroeer al daar kan bymekaarkom?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #150 op: December 05, 2009, 10:52:23 AM »
Dankie KB. Ons kan dan om 09H30 daar bymekaarkom.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #151 op: December 05, 2009, 11:42:06 AM »
Vandag voel ek ekstra trots om 'n Bravolander te wees.

Die Bravolanders het ten spyte van slegte ekonomiese tye, gehoor gegee aan ons versoek hulp te verleen aan ons mede Volksgenote in nood.

Die totale bydraes deur Bravolanders, vir die 2009 Kersaksie, beloop R8 950-00!!

Hiermee 'n opregte woord van dank vir elke persoon se bydrae
VOEL TUIS

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #152 op: December 05, 2009, 01:06:07 PM »
Dit is wonderlik!

Plaas, ek het nog so paar sent inbetaal sodat dit 'n ronde getal is, ek is bang die mense wat sulke groot beloftes gemaak het, sukkel met die somme...  ;D

Dus staan ons nou op R 9000-00!

Ek hoop dit gaan 'n wesenlike verskil aan 'n paar behoeftige mense hierdie Kerstyd maak. Ons kan maar net elke dag ons seëninge tel en dankbaar wees vir wat ons het en dat ons nog in staat is om vir ander te gee.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #153 op: December 05, 2009, 03:18:51 PM »
Dankie Karina!

Die somme is nou baie makliker :D
VOEL TUIS

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 53
    • Aikona
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #154 op: December 06, 2009, 02:35:38 AM »
Ek wil graag 'n bydrae maak(via die internet), maar my bank vra die adres (verpligtend) van die ontvanger (Bravoland Ondersteuners Klub).
Ek neem aan die "city" is Mosselbaai, maar moet of 'n fisiese of 'n posadres insluit.
Hopelik is dit nie 'n probleem om die adres van die Klub hier te plaas nie? Indien wel, stuur dit per epos, asb.
Mag die Kersseisoen 'n vreugdevolle en geseende tyd vir elkeen hier  wees, en dankie aan almal wat deelneem aan die spesifieke Kersaksie!


Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #155 op: December 06, 2009, 02:52:52 PM »
Hi Desia

Baie dankie vir jou ondersteuning in hierdie aangeleentheid

Hier is die besonderhede van die Bravoland Ondersteunersklub:

Posbus 921
Hartenbos
6520

Partykeer vra hulle die provinsie ook - Wes-Kaap

As hulle nog inligting soek, vra gerus

Groete

Plaas
VOEL TUIS

Afwesig Desia

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 53
    • Aikona
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #156 op: December 06, 2009, 11:00:31 PM »
Dankie Plaas, die inligting was genoeg en ek het dit nou net gestuur - sal glo 4-5 werksdae neem om in die rekening te wys. (150 Kanadese $ minus persentasie hulle daai kant vir bankkoste neem.)
Die verwysingsnommer is 6WI093401242520
Hoop die aksie gaan goed afloop, jammer ons is te ver om fisies te help.
Mooi bly!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #157 op: December 06, 2009, 11:03:58 PM »
Dankie Desia! Elke sent word ontvang met groot waardering!

Ons Sal!!!

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #158 op: December 07, 2009, 05:00:10 PM »
Weereens dankie Desia
VOEL TUIS

Sanderis

  • Gas
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #159 op: December 07, 2009, 08:56:32 PM »
Ek neem aan die kompetisie is gesluit ?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal