Skrywer Onderwerp: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009  (Read 16071 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #160 op: December 07, 2009, 09:49:22 PM »
Die kompetisie het op 3 Desember gesluit. As gevolg van geen belangstelling nie, het die Volksraad besluit om die prys terug te hou vir 'n toekomstige kompetisie.

Ek bedank elkeen diep uit die hart vir alle hulp en die skenkings, waar sonder ons glad nie hierdie aksie sal kan doen nie. Ek hoop van harte dat daar Sondag DV heelwat Bravolanders teenwoordig kan wees.

Sjarko, spesiale dank aan jou en Mariaan vir jul moeite met die aankope en reelings.

Oomdoom, baie dankie vir die reel van die Bybels en dra asb ons innige dank aan die AP Kerk oor vir die skenking daarvan.

Plaas, baie dankie vir jou moeite met die toue in ABSA om ons op hoogte te hou van die stand van banksake. Se asb vir Ferdi dankie vir sy geduld  ;)

Oom Andre, baie, baie dankie dat oom gehelp het met die reelings en die goeie raad, asook die skenking van die prys.

Moed Vryheid Eer

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #161 op: December 09, 2009, 11:05:33 AM »
2. Christa en gesin - 3 volwassenes en 1 kind

Sjarko, die diens begin om 10:30. Is dit moontlik dat ons so 'n uur vroeer al daar kan bymekaarkom?

Hoewel ek nie goed sien nie, sal ek en Elsie DV daar wees. Dit is nou as ek kan uitvind waar dit is.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #162 op: December 09, 2009, 11:19:04 AM »
2. Christa en gesin - 3 volwassenes en 1 kind

Sjarko, die diens begin om 10:30. Is dit moontlik dat ons so 'n uur vroeer al daar kan bymekaarkom?

Hoewel ek nie goed sien nie, sal ek en Elsie DV daar wees. Dit is nou as ek kan uitvind waar dit is.

Ek en my gesin sal ook daar wees. Ek moet egter ook eers uitvind waar "daar" is.
Sjarko, kan jy vir ons aanwysings stuur asseblief.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #163 op: December 09, 2009, 07:26:04 PM »
Ek kan vandag weereens sê dat ek trots is daarop om 'n Bravolander te wees.

Ons het ons mikpunt van R10 000 gehaal, danksy wonderlike mense wat ons aksie, om van ons Volksgenote se nood te probeer verlig, ondersteun het.

Danksy 'n goedhartige skenker is die bedrag van R10 000 geëwenaar en het ons dus vir die 2009 Kersaksie, R20 000 tot ons beskikking!

Weereens 'n opregte dankie vir elkeen se bydrae.
VOEL TUIS

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #164 op: December 09, 2009, 07:36:00 PM »
Bravo!
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Anneke

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 574
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #165 op: December 09, 2009, 08:02:49 PM »
Jippie........ons is klaar gepak en trek more,kan nie wag nie!!!!Ons sal daar wees ,jammer nie laat as nooit maar me die trek reelings was dit bietjie nag. ;)

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #166 op: December 09, 2009, 08:08:40 PM »
Sterkte, Anneke! As alles volgens plan verloop, sien ons julle DV oormore!
Moed Vryheid Eer

Afwesig Werner Pereira

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 45
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #167 op: December 10, 2009, 10:43:24 AM »
Wat is die finale datum?

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #168 op: December 10, 2009, 01:27:56 PM »
Die Volkshulpaksie te Lochvaal Deurgangshuis te Vanderbijl Park word gehou op eerskomende Sondag, 13 Desember 2009. Ons begin die dag deur 'n diens om 10:30 te hou. Dit word waargeneem deur Ds. Adri van Staden. Daarna gaan ons heerlik saamkuier en saambraai.

Sjarko, kan jy dalk die rigtingaanwyser wees?
Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #169 op: December 10, 2009, 01:31:43 PM »
Dankie, oom Andre!

Vanaf Pretoria/Johannesburg: Ry op N1 rigting Kroonstad (Suid). Neem die R57 (Golden Highway) afrit en ry in suidelike rigting to by kruising met die R42 (Barage Road). Draai regs op die R42  en ry tot by 4de Laan (4th Avenue - eerste teerpad wat links uitdraai). Draai links in 4 de Laan en ry vir ongeveer 1.5 km. Lochvaal Emfuleni op regterkant.

http://maps.google.co.za/maps?f=d&source=s_d&saddr=Vanaf+Pretoria%2FJohannesburg:+Ry+op+N1+rigting+Kroonstad+(Suid).+Neem+die+R57+(Golden+Highway)+afrit+en+ry+in+suidelike+rigting+to+by+kruising+met+die+R42+(Barage+road).+Draai+regs+en+ry+tot+by+4de+Laan+(eerste+teerpad+wat+links+uitdraai).+Draai+links+in+4+de+Laan+en+ry+vir+ongeveer+1.5+km.+Lochvaal+Emfuleni+op+regterkant&daddr=-26.734714,27.757809&hl=en&geocode=&mra=mi&mrsp=1&sz=15&sll=-26.730931,27.759104&sspn=0.028402,0.055747&ie=UTF8&z=15
Moed Vryheid Eer

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #170 op: December 10, 2009, 01:41:06 PM »

Vanaf Pretoria/Johannesburg: Ry op N1 rigting Kroonstad (Suid). Neem die R57 (Golden Highway) afrit en ry in suidelike rigting to by kruising met die R42 (Barage Road). Draai regs op die R42  en ry tot by 4de Laan (4th Avenue - eerste teerpad wat links uitdraai). Draai links in 4 de Laan en ry vir ongeveer 1.5 km. Lochvaal Emfuleni op regterkant.

http://maps.google.co.za/maps?f=d&source=s_d&saddr=Vanaf+Pretoria%2FJohannesburg:+Ry+op+N1+rigting+Kroonstad+(Suid).+Neem+die+R57+(Golden+Highway)+afrit+en+ry+in+suidelike+rigting+to+by+kruising+met+die+R42+(Barage+road).+Draai+regs+en+ry+tot+by+4de+Laan+(eerste+teerpad+wat+links+uitdraai).+Draai+links+in+4+de+Laan+en+ry+vir+ongeveer+1.5+km.+Lochvaal+Emfuleni+op+regterkant&daddr=-26.734714,27.757809&hl=en&geocode=&mra=mi&mrsp=1&sz=15&sll=-26.730931,27.759104&sspn=0.028402,0.055747&ie=UTF8&z=15


Die B in die "groen traandruppel" op die kaart dui aan waar Lochvaal Emfuleni is.

Indien iemand dalk sou wou verdwaal, Lochvaal Emfuleni kan gekontak word by:

016 987 1948
083 496 9052
Ons Sal!!!

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 513
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #171 op: December 10, 2009, 07:58:26 PM »
Dankie oom Andre en KB dat julle die aanwysings geplaas het. Ek was ongelukkig maar skaars die laaste paar dae. Ons het so bietjie gaan uitkamp in Nylstroom. Ons het vanmiddag weer teruggekom en sommer dadelik begin om die geskenke aan te koop. Ek glo egter ek gaan 'n probleem he om al die geskenke en kos voorraad te vervoer. Ek het slegs 'n sleepwaentjie wat ek kan gebruik.

Indien daar iemand is wat Sondag Lochvaal toe gaan en 'n bakkie het en naby Roodepoort is of naby Roodepoort verbygaan, sal ek dit baie waardeer indien ons van die voorraad op die bakkie kan laai. Die ander alternatief is dat ek die res van die voorraad volgende week gaan aflaai.


Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #172 op: December 14, 2009, 10:40:17 AM »
Kapelaan Adri rapporteer op 'n ander draad dat dinge goed afgeloop het by Lochvaal Emfuleni met die Kersaksie. Ons sien regtig uit na 'n fotoverslag as iemand bereidwillig sal wees.

Van my kant af 'n woord van opregte dank en waardering vir ieder en elk wat betrokke was om van dié dag 'n sukses te maak. 'n Spesiale woord van dank aan Sjarko en sy gesin vir al die harde werk met die aankope, verpakking, vervoer, dag se reëlings en oorhandiging. Ook 'n woord van dank en waardering aan elkeen wat 'n bydrae gemaak het! Elke bietjie het gehelp!

Laastens, ek is trots om 'n Bravolander te wees en met mense soos die Bravolanders te kan assosieer! Ons Hemelse Vader se seënwense word u elkeen toegebid!
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #173 op: December 14, 2009, 07:15:55 PM »
Alwyn was die amprelike fotograaf, kom ons hoop hy plaas vir ons 'n paar fotos.

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1167
  • Verkenner
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #174 op: December 16, 2009, 10:33:51 PM »
Ben, hierdie internet verbinding van my wil nie die goed laai nie. Ek sal die fotos plaas sodra ek weer op 'n vaste lyn verbinding het.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #175 op: December 17, 2009, 08:49:13 AM »
Ben, hierdie internet verbinding van my wil nie die goed laai nie. Ek sal die fotos plaas sodra ek weer op 'n vaste lyn verbinding het.

Ai, ai. Ons sal maar geduldig wag :)
VOEL TUIS

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #176 op: December 21, 2009, 08:43:11 AM »
Ek moet darem nou eers 'n lansie kom breek vir die Bravolandmans.

Ek weet nie hoeveel ander dit al agtergekom het nie, maar basies van my skooljare af is dit asof die vrouens al hoe meer leiding neem in goeters wat gereel moet word en die werk daaragter.

Met trots kan ek darem aankondig dat die Bravolandmans darem nog ware mans is. Met die Volkshulpaksie was hulle die ouens wat die voortou en uitdeelwerk behartig het. Dankie aan Marianne wat ook deelgeneem het daaraan.

Ek wil darem net 'n spesiale dankie aan diegene gee wat die aksie kon bywoon. Sonder julle sal dit regtig nie 'n sukses wees nie. Dankie Oomdoom en tannie Elsie, Sjarko, Marianne, Ben, Anneke, Alwyn, Theresa, Pa Louis, Ma Hanna, Bennie, Jaco, Kristian en Sjarko se dogter, swaer en suster.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #177 op: December 22, 2009, 07:39:50 AM »
Ek dink die Bravolanders het hulle deel gedoen - baie dankie aan almal, selfs ons immer gewilde KB wat van Elders gekom het, spreek van toewyding en opregte sorgsaamheid.

Nogmaals baie dankie vriende
Kennis is mag

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #178 op: February 03, 2010, 02:46:08 PM »

Moed Vryheid Eer

Afwesig Kleinbekkie

  • Moderator
  • *****
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Volkshulp - Kersaksie Desember 2009
« Antwoord #179 op: February 03, 2010, 02:47:48 PM »

« Laaste verandering : February 03, 2010, 02:51:10 PM deur Kleinbekkie »
Moed Vryheid Eer


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal