Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Wat gaan van die VTM word?  (Read 1238 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Wat gaan van die VTM word?
« op: August 10, 2009, 11:36:37 AM »
Die wêreldresessie het sy spore ook op die Voortrekkermonument (VTM) gelaat.

Die Hoofuitvoerende amptenaar van die VTM, genl. Gert Opperman, berig dat ongeveer 280 00 minder buitelandse besoekers die VTM vanjaar besoek het as verlede jaar. Dit het meegebring dat R600 000 minder aan hekinkomste verdien was.

Staatsubsidies maak slegs 16% van die VTM Groep se bedryfsinkomste uit en dit plaas geweldige druk op die organisasie se kontantvloei.  Hierdie druk word direk weerspieël in die inkomstepakkette van die amptenare en personeel wat wat tussen 30 en 50% minder as hul eweknieë in sogenaamde verklaarde instellings elders verdien.  Die VTM moet ‘n  jaarlikse bedryfstekort van R160 000 te Bloedrivier absorbeer.  Die VTM moet ook ongeveer R400 000 per jaar tot die salarisse van die Erfenisstigtingpersoneel bydra. Die Erfenisstigting en Bloedrivier, asook die ander terreine onder beheer, ontvang geen staatssubsidie nie.

Om op te som, die Afrikanervolk se geskiedkundige plekke verkeer onder groot druk.

Om die situasie die hoof te bied, het die VTM Groep spanne kundiges saamgestel om ondersoek in te stel na moontlike strategieë wat die toekoms van die monument en ander erfenisterreine moet bepaal. Die kundiges sal hul dienste gratis verskaf en sal waarskynlik hul aanbevelings vroeg in 2010 maak, aldus die generaal.

Voorverlede week het ons Bloedrivier besoek. Die historiese voorligting was uitstekend en die gevoel van werklikheid binne die walaer gee mens hoendervleis. Gedurende die drie en ‘n half uur terug na Pretoria het ons nie veel gepraat nie, vasgevang in die wete dat ons voorgeslagte slegs kon oorleef weens ysere dissipline, samehorigheid en geloof. Lees gerus oor die Groot Trek hier.

Terwyl ‘n handjie vol Afrikanerorganisasies probeer om die geskiedenis van die Afrikaners in stand te hou, is daar minstens ‘n veertigtal ander organisasies wat voorgee dat hulle die Afrikanervolk van ondergang wil red. Hul onbetrokke houding jeens die VTM asook ander erfenisterreine noop mens om te vra hoe hulle ‘n volk se toekoms kan red as hulle nie eens sy verlede wil red nie?

Een van die ondersoekkomitees se taak is om met voorstelle vorendag te kom om die VTM en ander erfenisterreine se finansiële voortbestaan te bestendig. Hulle word ook aangemoedig om buite die vierkant te dink.

Ek wil aan die hand doen dat hulle dit sal oorweeg om hul mandaat uit te brei en om ‘n breër belangstelling by Afrikanerorganisasies teweeg te bring sodat ‘n veel wyer volksbetrokkenheid daaruit sal voortspruit.

Eerstens kan die komitee dit oorweeg om ‘n jaarlikse Afrikanerkongres te reël. Alle Afrikanerorganisasies kan die kongres bywoon; nie net kultuurverenigings nie, maar ook godsdienstige –, opvoedkundige –, landbou– en beskermingsdienste-organisasies. Dan is daar ook die Verkenners, Voortrekkers, vakbonde, vroueorganisasies en sakekamers.

Met sy hoë profiel en organisasievermoë wil ek voorstel dat Solidariteit en Afriforum saam met die Erfenisstigting die leiding hiermee neem. Anders sal Jacob Zuma se mense weer ‘n saamtrek soos voor die verkiesing moet reël...

Tydens so ‘n jaarlikse kongres sal almal kan sien hoe die praters van die doeners onderskei word. Elke organisasie kan uitgenooi word om ‘n erfenisterrein, hetsy alleen of saam met ander, volgens hul vermoë onder beskerming te neem en om die verantwoordelikheid vir die insameling van fondse vir daardie projek se instandhouding te aanvaar. Daarmee sal hulle hul akkreditasie as lede van die jaarlikse Federale Afrikanerkongres kan verdien. Sou organisasies te klein wees om individueel op te tree, kan hulle met sustersorganisasies saamsmelt om hulle in staat te stel om hulself by die Afrikanersaak in te presteer.

Slegs organisasies wat aktief bydra om ons verlede te help red, kan gevolglik daarop aanspraak dat hulle ook aktief deelneem om die Afrikanervolk se toekoms van ondergang te red. Dit sal ‘n einde maak aan die voortbestaan van die nie-presterende pratende groepies wat nooit iets tot stand bring nie, maar wat nogtans die volk wil red.

Ek is reeds jare lank kampvegter vir ‘n Afrikanerraad en het die argumente daarteen reeds herhaalde keer gehoor. Die hoofargument daarteen is dat dit byna onmoontlik is om organisasies met ‘n honderdduisend lede oor dieselfde kom te skeer as organisasies wat uit ‘n faksmasjien of ‘n rekenaar bestaan. Alle organisasies sal nooit ewe groot of ewe belangrik kan wees nie, maar nou word die geleentheid geskep vir groeiende werksgroepe om op ‘n gedesentraliseerde basis hulself in te presteer in die Afrikanersaak.

Die Afrikanerkongres kan ‘n jaarlikse instellng wees waar die erfenisbegroting goedgekeur word en waar ander kwellende sake bespreek en standpunte geformuleer kan word. Sodoende sal die Erfenistigting se las oneindig verlig word en sal die instandhouding van ons volksgoedere nie meer ‘n gedelegeerde verantwoordelikheid aan ‘n handjievol amptenare wees nie. Dan sal dit weer ‘n volksaak word soos dit in in vroeër jare was.

 ‘n Afrikanerraad sal dan nie meer nodig wees nie, en sal Afrikaners uiteindelik ‘n redelike verenigde front aan die buitewêreld kan toon. In hierdie opsig kan ons gerus ‘n blaadjie uit prof. Danny Titus se Bruin Belange Inisiatief (BBI) neem.

Waarteen Afrikaners sal moet waak is om te verhoed dat hul geskiedenis by verstek aan die staatskas uitgelewer word en dat hulle beheer oor hul erfenisterreine sook die VTM deur transformasie verloor wanneer Afrikaners se geskiedkundige plekke deur volksvreemdes bedryf word. Die dag as dit sou gebeur, is dit ikabod met ‘n eens trotse volk.

‘n Volk sonder ‘n verlede het ook geen toekoms nie.

Dan verdien Afrikaners om as ‘n groepie enkelinge uit Afrika verdryf te word.


http://praag.co.za/content/view/5321/403/
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wat gaan van die VTM word?
« Antwoord #1 op: August 10, 2009, 12:13:06 PM »
Raak ontslae van die huidige "vyandige" besture van die VTM en die Erfenisstigting wat Boere-Afrikaner organisasies aanval en te na kom en kry mense in beheer wat werklik ons volk se saak wil en kan dien! Dan hopenlik sal daar meer positiewe reaksie kom vanuit Boere-Afrikaner geledere!
Ons Sal!!!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Wat gaan van die VTM word?
« Antwoord #2 op: August 10, 2009, 12:41:35 PM »
By Paarderkaal en Majuba is die situasie anders.

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Wat gaan van die VTM word?
« Antwoord #3 op: August 10, 2009, 07:03:39 PM »
Hoor! Hoor! Werner ek stem heeltemal saam met jou. Afriforum is op hierdie stadium die regte organisasie om mee te gaan praat. So 'n afrikaner kongres kan suksesvol deur hulle gereel word.
Die probleem le by sekere mense wat alles waarmee hulle nie noodwendig saamstem nie as vyandig sien. Dan word nog nuwe... net pratende organisasietjies gestig met letterlik net 'n faks masjien en 'n rekenaar. Dit bevorder net verdeeldheid. Ek dink tog hierdie organisasietjies is besig om uit te sterf.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Wat gaan van die VTM word?
« Antwoord #4 op: August 10, 2009, 07:33:15 PM »
Mike

Ek is jammer as dit lyk of ek die stuk geskryf het.  Dalk moes ek meer inlig bo-aan geplaas het.

Dit is egter die skrywe van:

Johann Wingard

Volg die skakel vir meer agtergrond.

Die rooi het ek uitgelig, omdat ek skepties is daaroor.  Die oom lyk of hy iets weet, maar ek dink nie iemand wat dink dat die Verkenners en die Voortrekkers iets in gemeen het weet baie van die Verkenners en/of die Voortrekkers nie.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Wat gaan van die VTM word?
« Antwoord #5 op: August 10, 2009, 10:58:46 PM »
By Paarderkaal en Majuba is die situasie anders.

Omdat die mense wat dit beheer se harte op die regte plek is! Daarom is mede volksgenote bereid om dit te ondersteun.
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal