Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Vegkop Herdenkingskamp reëlings  (Read 3031 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« op: August 11, 2009, 10:09:35 PM »
Ek plaas die volgende kennisgewing namens GK267.  Ek heg ook die dokument by die plasing.

--------------------------------

Geagte Volksgenote

U word hiermee uitgenooi na die tweede groot volksherdenking-kamp van die jaar!  Bykans 600 mense word verwag by die eerste groot jaarlikse herdenking van die slag by Vegkop.

Die universiteitstudente van Potchefstroom het onder die vaandel van 'n studenteorganisasie met die naam Gouvernements Kennisgeving No. 267 (“GK 267”) die inisiatief geloods om vanjaar, naas Majuba, 'n tweede groot herdenkingskamp te Vegkop te hou, ter herdenking van ons roemryke geskiedenis.

In onseker tye soos dié waarin ons tans leef, moet ons elke poging moontlik aanwend om ons kultuurhistoriese erfenis te bewaar.  Daar is oral vergrype aan ons erfenis: ons straatname, ons dorpsname, ons monumente, ja, selfs ons ganse historiese bestaan!  Dit is daarom dat ons elke geleentheid benut om ons kultuur te bewaar.

Kom geniet 'n onvergeetlike kamp saam met GK 267 en talle ander vrygesinde volksgenote!!

Datum:         

Vrydag, 16 Oktober 2009 – Sondag, 18      Oktober 2009

 

Tyd:                                         

Verwelkoming Vrydagaand om 19:00

 

Plek:                                       

Vegkopterrein, 20 Km buite Heilbron

 

Toegang:                               

R 50.00 per volwassene, R 20.00 per kind

 

Bankbesonderhede:           

Absa-Spaarrekening
Rek. no.:  91 799 08 7881
Tak no.:  632005
(U naam en van as verwysing)

 

 

(Akkommodasie in Heilbron beskikbaar vir diegene vir wie kamplewe nie moontlik is nie. Besoek http://vegkop.co.za)


Wat kan u verwag op die naweek van 16-18 Oktober 2009?

 

Op die program is ondermeer die volgende:

·         'n Staproete na die koppie

·         Kranslegging en Vlaghysing-seremonie

·         Kos- en ander stalletjies met aandenkings

·         Geriewe: Karavaan-staanplekke, Kragpunte, Saal, Ablusiegeriewe, Konferensiesentrum

·         Studente-Cantus en Boeresport

·         Kamp op vegterrein

·         Kampvuur-gesellighede

·         Gassprekers

·         Erediens Sondag

Wat is Vegkop?

Vegkop is 'n terrein, skaars 20 Km buite Heilbron, waar daar in die dae van die Voortrekkers 'n veldslag tussen niksvermoedende Voortrekkers en 'n magdom aggressiewe Matabeles plaasgevind het...

Op 2 Oktober 1836, skaars 'n jaar ná die Groot Trek, vind 'n vyandig-gesinde aanslag teen die voortrekkers plaas in die omgewing van Heilbron.  Onder leiding van Hendrik Potgieter en Sarel Cilliers staar 35 weerbare mans 'n gillende oormag uitsinnige Matabeles in die gesig.  Slegs twee Voortrekkers, Nicolaas Potgieter en Piet Botha, onderskeidelik die broer en swaer van Hendrik Potgieter, sneuwel tydens die slag van Vegkop, teenoor 430 Matabeles.

Hierdie en ander veldslae van die glorieryke trekkertyd, herinner ons daaraan dat daar nog altyd 'n gerekende aanslag teen die Christelike beskawing was.


Hoekom herdenk ons Vegkop?

Ons herdenk ons gedenkwaardighede en veral ons veldslae, sodat ons eerstens ons erfenis vir ons kinders kan bewaar, maar ook om hulde te bring aan ons helde.  Manne en vroue wat alles wat bekend en gerieflik was, agtergelaat het vir hul vryheid en om 'n nalatenskap vir hul kinders te verseker.  Mense wat in die brandpunt van gevaar hul eie lewe gering geag het, sodat óns vandag 'n republiek kon hê...

Dit is al male sonder tal gesê:

“As jy nie weet waarvandaan jy kom nie,
 sal jy nie weet waarheen jy oppad is nie...”

Kom herdenk ons erfenis saam met ons!

Ons wil graag vir u meer inligting stuur rakende die program, asook die geskiedenis rondom die Slag van Vechtkop.  Indien u belangstel, of vir enige navrae, stuur asb. u naam, van en e-posadres, via sms of e-pos, na een van die volgende persone:


Francois du Plessis: 082 335 6680 (e-pos: swysie@gmail.com)
Zak Reineke: 083 208 6831 (e-pos: sjreineke@gmail.com)


Boere-groete
“GK 267”
« Laaste verandering : October 14, 2009, 09:33:09 PM deur Karina de Jager »
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: Vegkop Herdenkingskamp relings
« Antwoord #1 op: October 08, 2009, 11:54:14 AM »

Jy word hiermee uitgenooi na die tweede groot volksherdenkingkamp van die jaar nl. die eerste groot jaarlikse herdenking van die slag by Vegkop:
Datum: 16-18 Oktober 2009

Plek: Vegkop (±20km buite Heilbron, 170km vanaf Potch).
Koste: R135 (Sluit in vervoer, toegang, kos)
R.S.V.P: Voor Sondag 11 Oktober by Elandi (0823046695)

Laat weet ook of jy sal kan vervoer aanbied asook hoe laat jy sal kan vertrek. In onseker tye soos dié waarin ons tans leef, moet ons elke poging moontlik aanwend om ons kultuurhistoriese erfenis te bewaar. Daar is oral vergrype aan ons erfenis: ons straatname, ons dorpsname, ons monumente, ja, selfs ons ganse historiese bestaan! Dit is daarom dat ons elke geleentheid benut om ons kultuur te bewaar.

Benodighede
• R135
• Braaivleis vir 2 aande
• Geld vir kos vir saterdagmiddag
• Kampklere
• Kerkklere
• Stapskoene
• Slaapsak & kussing
• Eetgerei
• Kampstoel
• Hoed, beker, baadjie, das (Cantus)
• GK-Hemp (Indien jy een het) vir Saterdag
• Tent indien jy een het

“As jy nie weet waarvandaan jy kom nie,
sal jy nie weet waarheen jy oppad is nie...”

Sanderis

  • Gas
Re: Vegkop Herdenkingskamp relings
« Antwoord #2 op: October 10, 2009, 08:42:51 PM »
Tersaaklike dokumente hier beskikbaar :
http://groups.google.com/group/onsstem-van-die-nasie/browse_thread/thread/840ae8e0b8b535f4

Daar word o.a. genoem dat mense uitgenooi word om stalletjies te bedryf vir die naweek . Koste van toegang en die stalletjies word ook genoem .

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #3 op: October 14, 2009, 09:33:59 PM »
So, wie gaan almal die naweek Vegkop toe? Ek het ongelukkig klaar my beurt gehad, maar dié wat wel gaan, julle moet dit geniet!
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #4 op: October 14, 2009, 11:24:39 PM »
As daar nie iets voorval nie sal ek dit bywoon saam met 'n paar van die ander jonges waaronder Anne, Jan, Ruan, Cobus wat hier op Bravoland is.
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #5 op: October 15, 2009, 08:56:03 PM »
Ek kan nie wag nie! Ek dink dit gaan baie lekker wees!
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #6 op: October 21, 2009, 12:20:29 PM »
« Laaste verandering : October 21, 2009, 12:22:24 PM deur Ankoren »

Sanderis

  • Gas
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #7 op: October 21, 2009, 05:01:02 PM »
Ankoren ?
Het die mense wat daar was vir ons terugvoer ?

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #8 op: October 21, 2009, 10:16:48 PM »
 Sanderis
Jammer oor die oepsie... te wyte aan tegnologiese gestremdheid...

Geluk aan die manne en meisies van GK267 - dit was puik gereël.  Deur my lastige kameralens het dit so gelyk:

« Laaste verandering : October 21, 2009, 10:18:45 PM deur Ankoren »

Sanderis

  • Gas
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #9 op: October 22, 2009, 08:51:25 AM »
Dankie vir die fotos Ankoren .

Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #10 op: October 22, 2009, 11:11:38 AM »
Ja dit was uitstekend gereël en heerlik. Ek is jammer ek het nie 'n Bravoland vlag gehad op op die berg (kop)te wapper nie. Volksliedere is gesing, cantus is gehou, vleis is gebraai, 'n erediens is gehou en ons het laatnag gekuier om die kampvuur. Sover ek kon aflei het almal ook in suiwer afrikaans aanbid.

Dankie Gk 267. Dit was 'n groot sukses.

Hoop die hele Bravoland kan dit volgende keer meemaak!
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #11 op: October 22, 2009, 01:21:42 PM »
Tannie Anita

Het tannie al die foto's iewers op bakkiesblad (Facebook) geplaas?
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #12 op: October 24, 2009, 09:01:50 PM »
Die slag van Vegkop herdenk.
In Die Afrikaner, 23-29 Oktober 2009.


       Wyl die son sak oor die Vrystaat se vlaktes en die lug in rooskleurige koper tooi, weer die Voortrekkerbeeld, aan die voet van Vegkop,  steeds die assegaaie van sy lyf. Dit is Saterdag, 17 Oktober 2009 en die tweede dag van die herdenking van die slag van Vegkop, sowat 20 km weg van Heilbron. In die saal ʼn entjie weg, vergestalt die GK267-lede Jopie Fourie se verhaal in ʼn toneelstuk.
       Die vorige aand die organiseerders van die herdenkingskamp hulself aan die kampeerders voorgestel. Gouvernements Kennisgewing no. 267(GK 267), ʼn studente organisasie van die Pukke wat hul ten doel stel om gedenkwaardighede en veral veldslae te herdenk - sodat ons erfenis vir ons kinders bewaar kan bly, maar ook om aan ons helde hulde te bring. Hul grootste beweegrede: “as jy nie weet waarvandaan jy kom nie, sal jy nie weet waarheen jy op pad is nie...”
       Vroegoggend, na die opening en vlaghysing, het Jan van Zyl die gebeure wat hier afgespeel het, 173 jaar gelede, geskets. Die wonder, maar ook die vernuf waarmee omtrent 33 voortrekkermans en hul vrouens en kinders, hulself  teen duisende Matabeles, verdedig het.
      ʼn Kranslegging het gevolg en na ʼn besoek aan die Museum, is die koppie deur die aanwesiges bestyg. Die vlag van GK267 is geplant. Van bo af het dit helder oor die slagveld weerklink: “Dit is die lied van Jong Suid-Afrika.” “Ons sal lewe, ons sal sterwe, Ons vir jou Suid-Afrika...”Die Pukke het hul studentelied: ...”want in U lig, sien ons, sien ons Die Lig”  uit volle bors gesing. Barend het met die UP se lied, “...Alma Mater, bron van krag, besiel alleen tot mag...” geantwoord. Om af te sluit is die Jakaranda Cantus Gilde se lied: “Ons is trou – Jopie Fourie!”  gesing.
     Hierdie singery het die grondslag gelê vir die groot woordgevegte in die Cantus – wat net na die toneelopvoering sou volg. Die studente van die PUK is in getalle heelwat meer, maar TUKS se manne het besluit: “die Matabeles was ook in die meerderheid...”
     Een van die GK267-lede het vroeg reeds vir oom Kruger gevra om later die aand om die kampvuur meer te vertel oor die voorgeskiedenis van Vegkop. Spesifiek oor die Liebenberg-moorde aan die Vaalrivier en die kinders wat daar ontvoer is. Geskiedenis wat aan heelwat van ons onbekend is.   
     Met die reënbui wat uitgesak het vroegmiddag, is op tipiese boer-maak-‘n-plan-manier besluit om die boeresport te verander na speletjies in die saal, met Neef Horst van die Handhawerjeug aan die stuur van sake.
     Almal het met groot pret en vrolike deurmekaar passies, saam Volkspele gespeel.
     Barend Uys, wat sy volksgesprek – soos aangetoon op die program - verander het na ʼn eenrigting-gesprek, was volgende aan die beurt. Hy het uitgelig, met ʼn enkel sin uit ʼn TV-nuusberig as voorbeeld,  hoe ʼn groot sielkundige aanslag daagliks teen ons gevoer word. As ons nie die geskiedenis in harde feite gaan leer ken nie, sal ons dit nie kan afweer nie. En as ons dit ken sal ons ook besef dat ons nog altyd die morele hoë grond beklee het, en dit nog steeds met trots kan doen.  “Ons is min, Ons het mense nodig om more ook die stryd te stry,” het hy gesê. Daarom moet ons die slagspreuk van Zapata om “eder op my voete te sterf as op my knieë te lewe” verwerp.  Ons kan veel eder Bismarck se goeie raad volg: “Dwase sê hul leer uit eie ondervinding. Ek verkies om uit die ondervinding van ander te leer.”
   
     Of u gedeel het in die besonderse geleentheid of nie - merk vroegtydig op volgende jaar se kalender die naweek naaste aan die 16de Oktober, om nie die volgende herdenking van Vegkop mis te loop nie! 
« Laaste verandering : October 24, 2009, 09:05:49 PM deur Ankoren »

Afwesig Ankoren

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 104
    • Uit my ("Boeremag")-dagboek
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #13 op: October 24, 2009, 09:08:43 PM »
Tannie Anita

Het tannie al die foto's iewers op bakkiesblad (Facebook) geplaas?


Werner
Ja -  (ek sien dis verander na die "gesiggieblad"...)
http://www.facebook.com/album.php?aid=118751&id=558026294&l=60ca8b6567

Afwesig mdkmichelle

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Vegkop Herdenkingskamp reëlings
« Antwoord #14 op: December 04, 2009, 11:31:30 AM »
Ons as GK267 bestuur wil ook net ons dank uitspreek vir die mense wat daar was, en almal se ondersteuning!  Baie dankie!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal