Wereldwyd het voedselpryse reeds ses maande gelede begin daal. Die voedselpryse daal nog nie hier nie - dit begin nou eers stabiliseer.
Daar is ongelukkig nie in hiedie land n effektiewe metode om die gaping tussen die produksieprys-indeks, en die verbruikersprys-indeks akkuraat te bepaal nie. In lande soos Noorweë en Swede, word hierdie dinge met valkoë dopgehou.
Die inkopie-kettingwinkelbedryf is hier in die hande van enkele groot spelers. Hulle druk hulle voorsieners vir afslag, en 90 tot 120 dae krediet, terwyl hulle self slegs vir kontant verkoop.
Daar is al bereken dat n bekende kettinggroep n nuwe winkel kan oopmaak, en vyf keer kan bevoorraad, en vir kontant verkoop, voordat die voorsieners betaal word.
Die moonlikheid van prysvasstelling, en winsneming as gevolg hiervan, moet ook nie uitgesluit word nie. Besparings aan die aankoopkant word ook nie onmiddelik deurgegee aan die verbruiker nie - daar word eers n "fiskale dividend" opgebou.
Maar dis mos gerieflik.