Volksekonomie > Departement van Finansies

Voedselpryse

(1/1)

RiaanvS:
Vanaand sit ons en nuus kyk om 7 op SANCBC 2 toe hulle berig dat voedselpryse uiteindelik daal.  Ek wonder toe by watter winkel, want ek het vandag 3 sakkies uiters noodsaaklikhede gaan koop, en amper R600 betaal.  Wens hulle wil vir ons se wie se pryse is laer, want ok s'n is definitief nie.

Is dit dalk 'n manier om die volk te paai, om te dink dinge gaan beter terwyl ons stadig maar seker soos 'n vrot skip sink?

Ten minste kan ons spog dat ons R200 in een inkopiesak kan pas.  Kan iemand beter doen?  Dws meer as R200 in een sakkie?  Ons voorouers sou trots gewees het dat ons so hard werk om plastiek te verminder!  ;D

André Strydom:
Afhangende van wat 'n mens aankoop, kan dit maklik ook net een sakkie wees!  :o >:(

Oom Fanus Rautenbach het jare gelede op "Flink uit die Vere" gesê dat met inflasie gaan ons nog eendag ons geld in 'n kruidenierswaentjie saamsleep winkel toe en inkopies doen wat ons dan in ons beursies sal pak. :o

Ek stem saam dat hierdie net 'n paaiery is deur politici om die ekonomiese treurmare te verdoesel!

MEERKAT:
Wereldwyd het voedselpryse reeds ses maande gelede begin daal. Die voedselpryse daal nog nie hier nie - dit begin nou eers stabiliseer.

Daar is ongelukkig nie in hiedie land n effektiewe metode om die gaping tussen die produksieprys-indeks, en die verbruikersprys-indeks akkuraat te bepaal nie. In lande soos Noorweë en Swede, word hierdie dinge met valkoë dopgehou.

Die inkopie-kettingwinkelbedryf is hier in die hande van enkele groot spelers. Hulle druk hulle voorsieners vir afslag, en 90 tot 120 dae krediet, terwyl hulle self slegs vir kontant verkoop.

Daar is al bereken dat n bekende kettinggroep n nuwe winkel kan oopmaak, en vyf keer kan bevoorraad, en vir kontant verkoop, voordat die voorsieners betaal word.

Die moonlikheid van prysvasstelling, en winsneming as gevolg hiervan, moet ook nie uitgesluit word nie. Besparings aan die aankoopkant word ook nie onmiddelik deurgegee aan die verbruiker nie - daar word eers n "fiskale dividend" opgebou.

Maar dis mos gerieflik.

Plaas Botha:
As ek reg onthou, het ek in die begin van die week 'n berig op die radio nuus gehoor waar Solidariteit gesê het dat al die kettingwinkels se pryse die afgelope maand gestyg het.

Die daling storie op die ANC se nuus is sommer bog

Sanderis:
Ons kan verwag dat die voedselpryse gaan styg (indien dit nie reeds het nie) , a.g.v. verskeie faktore o.a. Eskom tariefverhoging en verwagte swakker rand/dollar wat petrolpryse kan beinvloed .

Navigation

[0] Message Index

Go to full version