Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Beloftes van ons voorvaders  (Read 2799 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #20 op: May 24, 2010, 02:04:06 PM »
Wonder hoe het ons voorgeslagte by die gebruik uitgekom of is dit iets wat saam met ons gekom het uit vere verlede geloofs gebruik.

Dadelik dink ek aan Lukas 19:37-40

En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

Dalk is die klippe die "getuies" wat sal uitroep as ons ons beloftes aan die Lewende God vergeet (soos nou die geval was), of as ons sou nalaat om Hom die eer vir al die "wondere" in ons geskiedenis te gee...

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #21 op: May 24, 2010, 04:50:19 PM »
Wonder hoe het ons voorgeslagte by die gebruik uitgekom of is dit iets wat saam met ons gekom het uit vere verlede geloofs gebruik.

Dadelik dink ek aan Lukas 19:37-40

En toe Hy al naby die afdraand van die Olyfberg kom, begin die hele menigte dissipels God met blydskap te prys met 'n groot stem oor al die kragtige dade wat hulle gesien het, terwyl hulle sê: Geseënd is die Koning wat kom in die Naam van die Here, vrede in die hemel en heerlikheid in die hoogste hemele! En sommige van die Fariseërs uit die skare sê vir Hom: Meester, bestraf u dissipels! En Hy antwoord en sê vir hulle: Ek sê vir julle, as hulle swyg, sal die klippe uitroep.

Dalk is die klippe die "getuies" wat sal uitroep as ons ons beloftes aan die Lewende God vergeet (soos nou die geval was), of as ons sou nalaat om Hom die eer vir al die "wondere" in ons geskiedenis te gee...

'n Baie interessante siening!
Ons Sal!!!

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #22 op: May 24, 2010, 07:53:57 PM »
Andre ek stem saam.  Boo - "Great mindset!"  Regtig interesante uitkykpunt
Livitikus

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #23 op: May 24, 2010, 08:12:59 PM »
Goeie insig Boo. ;)Dis net vir my belangrik dat die volk die dieper dinge sien en leer. Nie net aanvaar dis net n klomp klippe en het geen verdere betekenis nie. Geloftes,beloftes,verbonde het n baie meer en grooter en dieper betekenis in die VADER se OE en die wyse waarop en met wat en hoe dit gedoen word.

Baie dankie vir die insig.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Sanderis

  • Gas
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #24 op: May 25, 2010, 10:59:36 AM »
"Toe het hy die stukkende altaar van die Here weer reggemaak .
Hy het twaalf klippe gevat , net soveel as die stamme van die nageslag van Jakob vir wie die Here gesê het : "Jou naam sal Israel wees ."
Met die klippe het hy die altaar van die Here reggemaak en 'n behoorlike sloot daar rondom gegrawe . "
1 Konings 18 : 30 - 32

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #25 op: May 25, 2010, 12:22:22 PM »
Goeie werk Sanderis. ;)So die klippe  is nie toevalig nie en daar is n ander dieper rede.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #26 op: May 25, 2010, 01:00:37 PM »
Goeie werk Sanderis. ;)So die klippe  is nie toevalig nie en daar is n ander dieper rede.

Vir die Jode van die Ou-Testament.....

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #27 op: May 25, 2010, 01:29:04 PM »
'n Ander baie verwante teks wat ek opgespoor het, is Genesis 28:11-22. Let op hoe die klippe ook as huis van die HERE sal dien - nes die klippe by die VTM gebruik sou word om 'n kerk te bou.

Aanhaling
Daarop kom hy by 'n plek waar hy die nag oorgebly het, want die son was al onder. En hy neem een van die klippe van die plek en sit dit onder sy hoof, en hy gaan lê en slaap op dié plek.

En hy het gedroom -- daar is 'n leer op die aarde opgerig waarvan die spits tot aan die hemel reik, terwyl die engele van God daarlangs opgeklim en daarlangs neergedaal het.

En kyk, die HERE het bo-aan gestaan en gesê: Ek is die HERE, die God van jou vader Abraham en die God van Isak. Die land waar jy op lê en slaap, sal Ek aan jou en jou nageslag gee;

en jou nageslag sal wees soos die stof van die aarde, en jy sal uitbrei na die weste en ooste, en na die noorde en suide; en in jou en jou nageslag sal al die geslagte van die aarde geseën word.

En kyk, Ek is met jou, en Ek sal jou bewaar oral waar jy heengaan, en Ek sal jou terugbring in hierdie land; want Ek sal jou nie verlaat nie, totdat Ek gedoen het wat Ek jou gesê het.

Daarop word Jakob uit sy slaap wakker en sê: Waarlik, die HERE is op hierdie plek, en ék het dit nie geweet nie.

En hy het bevrees geword en gesê: Hoe vreeslik is hierdie plek! Dit is hier niks anders as 'n huis van God nie, en dit is hier die poort van die hemel.

Toe staan Jakob die môre vroeg op en neem die klip wat hy onder sy hoof gesit het, en rig dit as 'n gedenksteen op; en hy het olie daaroor uitgegiet.

En hy het die plek Bet-el genoem; maar die naam van die stad was tevore Lus.

En Jakob het 'n gelofte gedoen en gesê: As God met my sal wees om my te bewaar op hierdie weg wat ek gaan, en aan my brood sal gee om te eet en klere om aan te trek,

en ek behoue na die huis van my vader sal terugkom, dan sal die HERE my God wees.

En hierdie klip wat ek as gedenksteen opgerig het, sal 'n huis van God wees, en van alles wat U my gee, sal ek aan U sekerlik die tiendes afstaan

Groete

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #28 op: May 25, 2010, 01:41:10 PM »
Goeie werk Sanderis. ;)So die klippe  is nie toevalig nie en daar is n ander dieper rede.

Vir die Jode van die Ou-Testament.....

O, so daar is geen betekenis aan die klipstapel by die Monument nie en kan net sowel opgeruim word?  Ek raak erg bewoe! Die klippe is definitief getuienis van iets wat daar gebeur het.  Dit verteenwoordig 'n verbond.  Vir my is die rede waarskynlik dat klippe 'n neiging het om nogal lank te bestaan, redelik lank.  En aangesien Mense 'n bietjie korter lewe word die klippe as 'n getuienis geroep om die volgende geslagte (wat outomaties deur 'n verbond gebind word) te herinner aan hulle verbond met God. - anders sou dit mos tot nul en gener waarde wees?  Die Ou Testament en sy voltooiing het niks daarmee uit te waai nie.  Dit gaan oor die bestaansrede daarvan en die redelike onverganklikheid - net soos die verbond of gelofte veronderstel is om te wees.... dis maar net my opinie - ek kan verkeerd wees......

Boo, Sanderis, Van Zyl - Ek stem saam - erken die getuienis vir wat dit is.
Livitikus

Afwesig van zyl

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 122
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #29 op: May 25, 2010, 02:00:05 PM »
Sekerlik het ons eerbare voorvaaders besef om n gelofte te maak n erenstige gebeurtenis is.Dan met die bybel as enigste leiding nagelees oor hoe om dit te doen. Dit sekerlik in die"ou testament" gelees en dit uitgevoer volgens wat dan voorgeskryf is in die bybel om dit geldig en bindend te maak.

Liviet ja ek stem saam. ;)Boo baie interesant goeie werk :)
Dis net my Siening.
Uit die wit bulle geslag sal ons die stryd oorwin.

viki

  • Gas
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #30 op: May 25, 2010, 03:09:50 PM »
Ek vind die gesprek baie leersaam. Ek het nog nooit so aan dit gedink nie. Wel ja, as jy 'n gelofte met die Vader doen wat betrekking het op jou nageslagte, dan sal jy tog na iets soek wat as getuie kan dien. En nie saam jou graf toe gaan nie.
Wat sal ons vandag doen as ons 'n gelofte met Hom doen? Ek dink ons gaan dieselfde doen. 'n Klipstapel - solank die mense wat agterbly weet wat die stapel beteken het.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #31 op: May 25, 2010, 03:13:19 PM »
Die verduideliking van die klipstapel en die belofte wat daar gemaak is:




Let daarop dat dit hier gaan om 'n belofte en nie 'n Gelofte nie.

Die feit dat klippe gekap of ongekap is, is onbelangrik. Dit gaan oor wat in die hart is (die gesindheid).

Afwesig Die Liviet

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 94
Re: Beloftes van ons voorvaders
« Antwoord #32 op: May 25, 2010, 03:31:07 PM »
Dankie Ben.  Ek stem saam oor die relativiteit kan gekep of ongekap in die geval.  Let tog daarop dat die 2de paragraaf wel se dat die klippe in die toekoms sou dien as bewys dws word wel tot getuienis geroep.  Dat dis dien as simbool en wie weet dalk sal die Afrikaners van 2038 tog daardie behoefte tan 1938 tot volmag bring?
Livitikus


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal