Skrywer Onderwerp: 'n Paar waarhede  (Read 883 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
'n Paar waarhede
« op: September 07, 2009, 09:24:01 AM »
Ek het hierdie per e-pos ontvang en het ongelukkig nie 'n verwysing na die oorspronlike bron nie

************************************************
Dink aan Prof Coetzee se antwoord oor waarom die Afrikaner bo uitkom.


Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar, jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek, apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was..
Laat ons dus maar vandag oor 'n paar sake reguit praat:

'n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie - jy steel omdat jy skelm is.
Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig onderdruk soos die
Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe oorleef het, het na
die doodse leegheid van vernietigde plase teruggekeer - uitgehonger,
hartseer en verpletter. Maar hulle het nie geroof en gemoor en gesteel
nie. Hulle het met harde werk, deursettingsvermoë en swaarkry so presteer
dat hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidigeonderdukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie klippe gegooi en skoleafgebrand en geweld gepleeg nie.
Hulle het hard geleer, hulle eie CVO -skole gestig en uiteindelik bouitgekom sodat die Afrikaner vandag vir niemand op akademiese,tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef te staan nie.

'n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou werkgewer jou
nie tederlik genoeg behandel nie - 'n mens moor omdat jy 'n barbaar is watnie verdien om deel van die samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Afrikanermynwerkers absoluut geen regte
gehad het nie en moes hulle gesinne met minder as 'n hongerloon probeer
onderhou. Maar hulle het nie bejaardes gaan doodmartel en gesinne
uitgemoor nie.

'n Mens word nie 'n agtergeblewene omdat iemand anders nie genoeg vir jou
doen nie. 'n Mens word 'n agterblyer omdat jy nie presteer nie. Niemand het die Afrikaner na die Tweede Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf - apartheid het nooit plase en
poste en posisies aan die Afrikaner uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit enigevordering nie, is dit dalk 'n goeie gedagte om op te hou soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is. Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir vindingryke,
geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk en vir hulleself 'n toekoms los te spook.

Mag die Afrikaner nooit pateties raak nie...
 
VOEL TUIS

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 'n Paar waarhede
« Antwoord #1 op: September 08, 2010, 04:12:59 PM »
Ons het nou al uit gevind dat hierdie waarhede 'n nuuskommentaar van Radio Pretoria was.

 

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: 'n Paar waarhede
« Antwoord #2 op: September 08, 2010, 04:25:46 PM »
Ek wil ook die volgende "waarheid" met julle deel. Dit was gister my voorreg om met Dr Cas Bakkes te gesels. (Hy is o.a die skrywer van Boskroniek).

Dr Cas wat 85 is, vertel my toe tydens die gesprek dat toe hy 17 jaar oud was en pas klaar matriek geskryf het, het die 2de wereldoorlog begin. Hy het toe die opmerking aan sy ma gemaak dat sy lewe verby is. Sy ma se antwoord aan hom was: "dit is goed dat 'n man sy juk opneem terwyl hy jonk is."

Hy vertel ook dat sy ma hom vertel het om drie goed in sy lewe te doen:
1. Hy moet met 'n vrou trou wat met geld kan werk.
2. Hy moet in eiendom bele.
3. Hy moet herhinneringe bymekaar maak.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal