Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Gaan Harold Pakendorf ook daar wees?  (Read 3951 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Gaan Harold Pakendorf ook daar wees?
« Antwoord #40 op: September 17, 2009, 03:01:49 PM »

Beginsels.... Wat is 'n beginsel. Ek dink ons het iewers begin dink dat beginsels enigiets is waaraan ek vashou wat vir my waardevol is. NEE! 'n Beginsel is gebaseer op die Bybel.

Hoe kan ons dan praat oor beginsels sonder om oor die woord te praat?



OD , wat jy eintlik nou sê is dat nie-gelowiges nie beginsels kan hê nie ?
Dit is 'n totale wanopvatting .
Die punt is : hoe wil jy volksvreemdes help maar daar is nie genoeg hulp vir ons eie volk beskikbaar nie ?
Moet my nie verkeerd verstaan nie , indien daar oorvloed was vir ons eie volk , sou ek nie omgegee het om volksvreemdes te help nie - maar daar is nie oorvloed nie , daar is 'n tekort .
Het jy al gesien hoe word 'n blanke vrou wat karwag is , wat afhanklik van kospakkies is , weggewys sonder hulp omdat sy nie kinders het nie maar swart vrouens word gehelp omdat hulle kinders het - en dit van 'n NG Kerk in Pta. N . Het jy die trane in dié vrou se oë gesien , die moedeloosheid ? Sy is nie te sleg om te werk nie , elke dag staan sy in die skroeiende hitte of ysige koue !

Watse indruk skep dit , dat sy kinders moet maak waarvoor sy nie kan sorg nie voordat die kerk haar help ?


Die definisie wat die HAT vir 'n beginsel gee, is Oortuiging, stelreël, prinsipe. M.a.w. elke mens het beginsels, vaste reëls waarvolgens hy lewe. Christene s'n is uiteraard op die Woord van God gevestig.  Ons beginsels verskil dus van mekaar omdat die basis waarop dit rus, veskillend is.

Wat die optrede van die kerk betref, kan ek maar net sê dat dit net aandui hoe ons mense al geïndoktrineer is om soos Afrika te redeneer. Dit is 'n skreiende skande en pas nie by Christene nie! Dit is een van die redes waarom ek baie jare gelede al elders 'n kerklike heenkome help skep het.
« Laaste verandering : September 17, 2009, 03:03:51 PM deur Adri van Staden »
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: Gaan Harold Pakendorf ook daar wees?
« Antwoord #41 op: September 17, 2009, 03:04:51 PM »

Ek het niks gesê oor hulp aan volksvreemdes nie. EK wil my ook nie daaroor uitlaat nie want ek weetnie waarvan jy praat en hoe dit nou relevant is nie...



Klink ek vandag soos 'n gramafoonplaat wat vashak of jy lees jy wat jy wil ?

ons moue op te rol vir ons eie mense wat arm geword het, maar ook vir alle armes in die land.




[/quote]
« Laaste verandering : September 17, 2009, 03:06:42 PM deur Sanderis »

Afwesig Oranje-Doring

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 457
  • Teen die hele wêreld vry
Re: Gaan Harold Pakendorf ook daar wees?
« Antwoord #42 op: September 17, 2009, 03:15:59 PM »
Sanderis, ek hoor jou, maar dit het niks met my argument uit te waai nie. Dit is een van BAIE klippe wat na Sol gegooi kan word en wel gegooi word.

Dit verander niks aan my standpunt nie.


oom Adri, dit is juis wat ek sê. as jy jou beginsels op enigiets anders as die woord van God baseer is dit 'n valse beginsel wat nie eendag by die laaste oordeel van waarde sal wees nie.

ONS beginsels is gebaseer op die woord van God as grondslag. Die reg is toepassings, waardes en norme. Wel dit is hoe ek geleer is by die AVKB van my kinderdae af en weer bevestig by die AP Akademie tydens my teologiese studie.
ONS VOLK SAL WEER OPSTAAN!

Afwesig Hektor

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 123
Re: Gaan Harold Pakendorf ook daar wees?
« Antwoord #43 op: May 19, 2010, 06:59:07 PM »
Harold Pakendorf skryf die volgende in sy artikel in Rapport van 12 Aug.
Aanhaling
Die negatiwiteit moet afgeskud word. Ons kan dit begin deur volgende maand by die Tweede Ekonomiese Volkskongres ons moue op te rol vir ons eie mense wat arm geword het, maar ook vir alle armes in die land.

Dat ons ’n kongres gaan hou, is reeds kritiek op die regering van die dag, want dit faal om armoede te bekamp.
Nou wil ek net weet, het solidariteit vir pakendorf uitgenooi na die "ekonomiese volkskongres" volgende maand? As dit waar is, dink ek ons sal moet begin werk aan 'n eie vakbond vir ons mense. As solidariteit mense soos Tutu jnr. FW de Klerk en Pakendorf om hulle vergader dink ek dit is tyd om te herbesin oor lidmaatskap van so 'n organisasie.

Solidariteit is lankal nie meer die "volksgesinde" vakbond wat dit was nie! Die Afrikanerbond is in beheer van Solidaiteit! Daarom die vermenging met volksvyandiges!
Het enige iemand 'n plan om dit terug te vat?


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal