Skrywer Onderwerp: VTM Nuus  (Read 6738 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #60 op: October 26, 2010, 02:05:49 PM »
Die volgende dokument bevat interessanthede, seker niks nuut nie, maar tog bevestigend...

http://www.voortrekkers.org.za/VTMON/VTErfenisstigtingToekomsAfrikaner.pdf
"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #61 op: December 31, 2010, 09:52:11 PM »


Afwesig Ruan Combrink

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 307
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #62 op: January 02, 2011, 07:44:56 AM »
Gert Opperman is besig om 'n Afrikanerbaken te vervuil. Ons sal iets grootskaals moet doen hieraan.
Kneg van die Allerhoogste, teen die hele wereld vry

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #63 op: January 04, 2011, 12:17:53 AM »
As dit maar net 'n Afrikanerbaken was Ruan sou dit miskien nog aanvaarbaar gewees het ; maar dit is meer as net 'n Afrikanerbaken .

Die Voortrekkermonument is spesifiek vir die doel opgerig om Geloftedag te herdenk ; vir geen ander doel of gebruik nie . Dit moet dus heilig gehou word vir daardie spesifieke dag elke jaar .

Deur Gert se wanbestuur ontheilig en besoedel hy dit .

Miskien is ek verkeerd in my opvatting....

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #64 op: January 04, 2011, 12:36:36 AM »
Lam verskonings!!!!


MEDIAVERKLARING            Vir onmiddelike vrystelling

ONDERWERP: VOORTREKKERMONUMENT VERWERP AANSTOOTLIKE OPTREDE VAN SANGGROEP TYDENS OUJAARSKONSERT

Pretoria, 3 Jan 2011: Die Voortrekkermonument se groot Amfiteater is op 31 Desember 2011 aan TuksFM verhuur vir die aanbieding van ’n oujaarskonsert. Tuks FM was verantwoordelik vir alle aspekte rakende die programsamestelling en keuse van kunstenaars. Lg. twee aspekte is in geen stadium vooraf met die bestuur van die Voortrekkermonument uitgeklaar nie. Die Voortrekkermonument het slegs die groot Amfiteater teen betaling aan die organiseerders beskikbaar gestel, soos wat gewoonlik die geval is, ook met die jaarlikse uiters suksesvolle AfriForum-konsert, ten opsigte waarvan daar nog net komplimente en nooit enige klagtes ontvang is nie.

TuksFM het ook reeds ’n paar jaar gelede ’n Oujaarskonsert by die Amfiteater aangebied. In daardie getal was hul programsamestelling en keuse van kunstenaars sodanig dat dit net komplimente en geen klagtes uitgelok het nie. Daar het blykbaar intussen ’n gesindheidsverandering by TuksFM ingetree.

Die Voortrekkermonument het wel, via die media, laat Desember kennis geneem dat ’n groep bekend as Die Antwoord aan TuksFM se program sal deelneem en dat hulle beoog om, op hul normale trant, van vuil taal tydens hul optrede gebruik te maak. Daar is onmiddellik met Tuks FM hieroor geskakel, maar hulle was nie bereid om hul program of keuse van kunstenaars aan te pas nie. TuksFM  het gedreig dat ’n eis vir kontrakbreuk en skadevergoeding teen die Voortrekkermonument ingestel sou word indien hulle nie toegelaat sou word om met die konsert voort te gaan nie, in die lig van al die uitgawes wat reeds deur hulle aangegaan is.

Graag wil die direksie en bestuur van die Voortrekkermonument hul misnoeë uitspreek oor die styl en optrede van Die Antwoord en hulself ten sterkste daarvan distansieer. Die groep se aanstootlike taalgebruik en -optrede getuig van swak styl en is nie iets waarmee die Voortrekkermonument graag geassosieer wil word nie.

Die direksie en bestuur is baie sensitief oor die hele kwessie van die gebruik van fasiliteite wat onder hul beheer val. Streng keuring en verskillende grade van sensitiwiteit word toegepas, vanaf die Senotaafsaal en die Monument self wat as die mees sensitiewe beskou en slegs vir bepaalde tipe aktiwiteite beskikbaar gestel word, tot by die groot Amfitater, wat as die minste sensitief beskou word en wel vir normale kommersiële benutting, soos die TuksFM-konsert, uitverhuur kan word. Alle aansoeke word deur ’n fasiliteitekomitee op meriete oorweeg, wat ook in hierdie geval gebeur het. 

Verdere versoeke van TuksFM om van die Amfiteater se fasiliteite gebruik te maak, sal voortaan met ’n groot mate van skeptisisme bejeën word, omdat hulle klaarblyklik onverskillig staan teenoor die sensitiwiteite van die Voortrekkermonument en nie oop kaarte met hul aanvanklike aansoek gespeel het nie.

UITGEREIK DEUR:
GERT OPPERMAN
HOOF UITVOERENDE BEAMPTE
VOORTREKKERMONUMENT
TEL:      012 326 6770
FAKS:   012 326 8374
E-POS:  hub@voortrekkermon.org.za
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1751
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: VTM Nuus
« Antwoord #65 op: January 04, 2011, 07:39:13 AM »
Ai ou vuilGert, ag ek bedoel RooiGert, as die knape mos oneerlik was toe die kontrak opgestel is, kan hulle jou mos nie dagvaar vir kontrakbreuk nie, maar jou vuil gedagtes maak seker dat jy nie reguit kan dink nie.

Dit is skandelik, hoe op dees aarde laat hulle so 'n tipe mens toe om na ons erfenis om te sien.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: VTM Nuus
« Antwoord #66 op: January 05, 2011, 02:37:42 PM »
Om een of ander rede kon Willie Smith nie 'n boodskap op hierdie draad plaas nie en het gevra dat ek dit sal plaas.  Ek reken dit is belangrike inligting wat bekendgemaak behoort te word.  Ek stem met Ruan saam, daar sal weer ernstig gekyk moet word hoe ons die saak moet hanteer.  Daar is sprake dat Gert se 2IB binnekort aftree en dat hy ook in die loop van die jaar pad vat.  Die bekommernis is egter dat ons dalk die duiwel verruil vir die Satan.  Ons sal daadwerklik moet druk toepas dat daar iemand aangestel word wat die volks se saak verstaan en in belang van volkskultuur en erfenis sal optree. 

Hier volg Willie se brief.
Goeiedag –

Na die Jakaranda "pienk" konsert van Augustus 2009 is daar 'n besluit geneem dat elke aansoek om gebruik van VTM fasiliteite deeglik deurgewerk sal word. So sou sorg gedra word dat die terrein nie deur instansies en persone uitgebuit of misbruik word nie. Die aard van elke konsert moes deeglik vooraf uiteengesit word. In die vergadering waar die besluite geneem is - was teenwoordig; Genl Opperman, Kobus Jacobs en myself. Die besluit is na die ander bestuurders op 'n bestuursvergadering deurgegee.

Die organiseerders van die pienk konsert het vroeg verlede jaar (2010) probeer om voorbrand te maak vir 'n konsert in 2010. Hul poging was nie geslaagd nie. Dinge het beter begin lyk...

Later in dieselfde jaar was daar 'n aansoek deur lidmate van die Reformerende Kerk in Pretoria om 'n kerssangdiens in die Monument te hou. Ek het vir Kobus Jacobs daarop gewys dat die kerk 'n "kerk onder praktiserende homoseksuele" is, en dat hulle nie die Monument of terrein kan gebruik vir 'n kerssangdiens of enige ander diens nie. Hy het met my saamgestem en het bely dat hy nie vertroud is met hierdie kerkgroep nie. Ek het daarna verneem dat die kerssangdiens nie sou plaasvind nie. 'n Herhaling van Augustus 2009 is voorkom - of so het ek gedink.

Die kerssangdiens het wel plaasgevind. Dit is my mening dat sommige VTM personeel hierdie konsert by die agterdeur en verby die besluite van vergaderings ingedra het. Ek heg fotos hierby of u kan self die "gaychurch" se webwerf besoek - kyk onder "Foto Galery" - by www.gaychurch.co.za

Wat Tuks FM betref; As die Universiteit van Pretoria weier om Tuks FM partytjies op hul gronde toe te laat, waarom sou VTM hulle toelaat? Die antwoord is eenvoudig; daar is nie huiswerk voor die tyd gedoen nie - lesse is nie geleer nie en indien lesse geleer is, word dit nie toegepas nie.

Waarom hierdie opeenvolgende verleenthede vir die VTM?

Die personeel-omset by die VTM bewerkstelling nie kontinuiteit nie. Ondervinding stap saam met personeel by die deur uit. Nuwe personeel bring nuwe, soms onbeproefde idees. Wat op 'n jaar of twee gelede se vergaderings besluit is gaan die ashoop in en die gevolg is dan 'n groot verleentheid - soos ons nou weer gesien het.

Groete,
Willie Smith


Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: VTM Nuus
« Antwoord #67 op: January 05, 2011, 02:55:07 PM »
Hoe word die poste gevul? Waar word dit geadverteer? Wie doen die aanstellings? Dit is alles vrae waarop ons antwoorde moet kry as ons op een of ander manier iets wil doen om te keer dat die duiwel vir die satan verruil word.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Sanderis

  • Gas
Re: VTM Nuus
« Antwoord #68 op: January 05, 2011, 08:57:21 PM »
Om een of ander rede kon Willie Smith nie 'n boodskap op hierdie draad plaas nie en het gevra dat ek dit sal plaas.

Is hy 'n geregistreerde lid ?

Afwesig Willie Smith

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: VTM Nuus
« Antwoord #69 op: January 06, 2011, 06:40:37 AM »
Goeiemore Ds Adri,

In my 13 maande by die VTM het ek een aanstelling hanteer. Die beskikbaarheid van die pos het ek geadverteer deur 580 kerke op 'n poslys te epos - AP Kerke ingesluit. Daar was by die 70 aansoeke en ek het daaruit 'n aanbeveling en daarna 'n aanstelling gedoen.

Ek het my eie pos bekom deurdat die HUB my telefonies geskakel het en gevra het of ek beskikbaar is vir die pos. Hy het 'n voorlegging aan die Direksie gedoen waarna ek aangestel is. In daardie tyd was ek onder-voorsitter van die Bloedrivier Gelofteherdenkingskomitee, asook mede organiseerder van Bloedrivier Gelofte 170 - waarby 23 geloftefeeskomitees oor 13 dorpe suksesvol betrek was.

Terloops, sluit gerus aan by die Bloedrivier.org bladsy op Facebook - of besoek Bloedrivier.org - Bloedrivier Gelofte 175 (vir 2013) is nou in die pyplyn en insette word gevra.

Vriendelike groete,

Willie Smith

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1481
Re: VTM Nuus
« Antwoord #70 op: January 06, 2011, 10:33:23 AM »
Goed om van jou te hoor, Willie.

Klink vir my of die aanstellings maar so tref-en-trap gebeur daar!
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Werner Smook

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1112
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #71 op: February 18, 2011, 01:26:00 PM »
Geagte Vriende

 

Soos u op die ingeslote foto van me Annatjie Erasmus met haar vol hande kan sien, was daar ‘n oorweldigende positiewe reaksie op die beoogde verklaring van die Voortrekkermonument as ‘n graad 1 nasionale erfenisterrein. Meer as 2 500 dokumente is ter ondersteuning by die VTM ontvang en geen een daarteen nie (een naamlose sms het sonder opgaaf van redes gevra “ons moet heroorweeg”?). Die vorms word vandag per koerier na Kaapstad versend en dit sal derhalwe nie moontlik wees om nog verdere ondersteuningsbriewe te verwerk nie. Die aksie word derhalwe nou as afgesluit beskou, baie dankie!

 

Dit is nie bekend hoeveel kommentaar direk aan SAEHA gelewer is in reaksie op die advertensies wat in Rapport, Beeld, Die Burger en Die Volksblad verskyn het nie.

 

Na verneem word sal die aangeleentheid op 26 Februarie voor die raad van SAEHA dien en indien goedgekeur, sal die formele verklaringsproses daarna afgehandel word.

 

Graag word almal wat só entoesiasties aan hierdie proses deelgeneem het, van harte daarvoor bedank. Aangesien soveel van hulle nog nie formeel as Vriende van die Voortrekkermonument en van Bloedrivier ingeskakel is nie, neem ek graag die vrymoedigheid om die betrokke aansoekvorm hierby aan te heg, met die vaste vertroue dat ons spoedig weer van hulle sal hoor. Ek heg oog graag weer die naamlys van opbetaalde Vriende soos op 17 Februarie ter insae aan.

 

Nogmaals baie dankie!

 

Vriendelike groete

 

Gert Opperman

Hoof Uitvoerende Beampte

Voortrekkermonument en Die Erfenisstigting

Tel : 012 326 6770

Faks: 086 615 9587

Sel: 083 300 4580

E-pos: hub@voortrekkermon.org.za

             gerto12@telkomsa.net

            www.voortrekkermon.org.za


"Bring bymekaar wat uit innerlike oortuiging bymekaar hoort"
- DF Malan

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: VTM Nuus
« Antwoord #72 op: February 18, 2011, 04:31:12 PM »
Het 2500 liberaliste die mandaat om dit wat aan 'n volk behoort, aan die vyand te gee?

Afwesig Bittereinder

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 183
  • Verkenner
Re: VTM Nuus
« Antwoord #73 op: February 18, 2011, 04:40:47 PM »
Geagte meneer Geldenhuys,

U vraag kan direk teruggeneem word na 1990, en uit daardie mooi ding wat ons geskiedenis noem, sal u 'n antwoord op hierdie vraag kry.

Groete, Bittereinder

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: VTM Nuus
« Antwoord #74 op: July 17, 2011, 10:24:09 PM »
MEDIAVERKLARING                              VIR ONMIDDELLIKE VRYSTELLING

VOORTREKKERMONUMENT EN DIE ERFENISSTIGTING  BETREE NUWE BESTUURSBEDELING

Pretoria, 16 Julie 2011.  ’n Nuwe bestuursbedeling word met ingang van 1 Augustus 2011 vir die Voortrekkermonument en Natuurreservaat en Die Erfenisstigting, beide organisasies sonder winsmotief, ingestel. Die Erfenisstigting is sedert dit in 2002 gestig is, deur die Voortrekkermonument bestuur, maar vanaf 1 Augustus 2011 sal dit onder ’n eie bestuur staan, alhoewel dit steeds vanaf die VTM Erfenisterrein sal opereer.

Genl-maj Gert Opperman, wat sedert Maart 2000 aan die hoof van die Voortrekkermonument gestaan het, en sedert 2002 ook die Erfenisstigting bestuur het, sal met ingang van 1 Augustus 2011 vir ’n verdere vier jaar as die besturende direkteur van Die Erfenisstigting aangestel word. Hy sal derhalwe met ingang van vermelde datum afstand doen van die pos van hoof uitvoerende beampte van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat. In belang van kontinuïteit sal hy in die plek daarvan as direkteur van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat aangestel word.

Mev Sonja Lombard is met ingang van 1 Augustus 2011 as die waarnemende hoof uitvoerende beampte van die Voortrekkermonument en Natuurreservaat aangestel, totdat daar ’n besturende direkteur vir dٌíe organisasie aangestel kan word. Mev Lombard dien die afgelope agtien maande as die hoof operasionele beampte van díe VTM, gedurende welke tyd sy reeds grootliks die gewone bedryfsfunksies daarvan oorgeneem het.

Die Erfenisstigting is gestig om te help omsien na bedreigde erfenisgoedere, veral díe wat van belang is vir die Afrikaanssprekende gedeelte van die bevolking. Op grond van die suksesse wat reeds landswyd deur die Erfenisstigting behaal is, het die aanvraag vir sy dienste en die gevolglike druk op die organisasie dermate toegeneem dat dit nou meer gefokusde aandag vereis.

Omdat daar steeds ’n baie noue band tussen die twee organisasies sal bestaan en om onnodige duplikasie te voorkom, sal daar ’n aantal onderlinge samewerking-ooreenkomste gesluit word. Meer besonderhede daaroor volg mettertyd. In wese kom dit daarop neer dat die Voortrekkermonument en Natuurreservaat, waarby Bloedrivier en Kerkenberg ingelyf is,  afsonderlik bedryf sal word en nie langer vir die bestuur van Die Erfenisstigting verantwoordelik sal wees nie.

Die Erfenisstigting sal daarenteen landswyd en internasionaal konsentreer op afgeleë standplase en bedreigde erfenisterreine en -goedere, waarby ingesluit is alle konsentrasiekampbegraafplase, asook burger- en krygsgevangenegrafte en sekere slagvelde. Die Erfenisstigting het ook reeds ’n groot rol gespeel ten opsigte van die redding van die Nasionale Afrikaanse Letterkunde Museum en Navorsingsentrum in Bloemfontein en is gereed om dit voort te sit, sodra ’n verdere ooreenkoms daaroor met die Vrystaatse owerhede gesluit kan word. Die Erfenisstigting het ook reeds aangedui dat hy bereid is om die erg-verwaarloosde Voortrekkermuseum en -monument te Winburg oor te neem, sodra die Vrystaatse owerhede sover kom om daarvan afstand te doen.

In wese sal die VTM dus konsentreer op die bestuur van drie belangrike erfenisterreine te wete die Voortrekkermonument, Bloedrivier en Kerkenberg.  Die Erfenisstigting met sy hoofkantoor in die Erfenissentrum, op die terrein van die VTM Erfenisterrein, sal daarenteen  ’n breë, oorkoepelende sambreelfunksie vervul en omsien na verskeie erfenisterreine landwyd en internasionaal.
 
Die Direksies van beide die VTM en Natuurreservaat en die Erfenisstigting is oortuig dat die stappe wat nou geneem word, in die beste belang is van die beskerming en bevordering van Afrikaanse erfenisgoedere.  Met die kundigheid en ervaring tot ons beskikking is die Erfenisstigting ook bereid en gewillig om ander kultuurgemeen-skappe te help om hulle eie kultuurgoedere te beskerm en te ontwikkel.
     


UITGEREIK DEUR:
LEN DEKKER
VOORSITTER VAN DIE DIREKSIES VAN DIE VOORTREKKERMONUMENT EN DIE ERFENISSTIGTING
TEL:      012 346-8774
FAKS:   086 517 4770
E-POS:  len@lendekker.co.za
SEL: 082 923 0307
Ons Sal!!!

Afwesig Henk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 324
Re: VTM Nuus
« Antwoord #75 op: July 18, 2011, 06:23:01 AM »
En ek het gehoop Gert Opperman sal die trekpas kry.
Ek en my huis ons sal die Here dien


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal