Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!  (Read 5211 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« op: September 20, 2009, 12:20:09 AM »
 ??? :o ??? :o ??? :o
Kyk na die name! Afrikaanses? Hier is waar alle probleme begin! Slapgat ouers wat die NSA gedienstig is of gebruik hulle nou die "skoolbeleid" om hulle eie ongelowigheid te verdoesel? Wonder hoeveel van hierdie mense se kinders is gedoop waartydens hulle die doopbelofte afgelê het?

Aweregs: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool
2009-09-19 15:33
Rothea Kleynhans

Attie Koekemoer van Linden in Johannesburg het onlangs ’n skool vir sy vyfjarige begin soek. Die Laerskool Louw Geldenhuys, waar hy ook skoolgegaan het, is vir hom gerieflik geleë.

“Met groot verwagting het ek by die ope dag van die skool opgedaag. Ek was verbaas dat verrigtinge daar steeds met Skriflesing en gebed geopen word soos in die ‘ou Suid- Afrika’.”

Die godsdiensbeleid van die departement van onderwys (Wet op Nasionale Onderwysbeleid nr. 27 van 1996) wat in 2003 gepromulgeer is, is aan Attie bekend. Die hart van die beleid is om alle kinders tuis te laat voel in hul skool en respek vir ander se oortuigings te leer. Enige voorkeur aan ’n spesifieke godsdiensoortuiging in openbare skole is taboe. (www.info.gov.za/view/DownloadFileAction?id=70211.)

“Dit is teenstrydig met die riglyne van die nasionale beleid. Ek was geskok toe ’n personeellid die gehoor meedeel dat godsdiensaktiwiteite afgeskaal word wanneer die onderwysdepartement die skool besoek sodat slapende honde nie wakker gemaak word nie.”

Hierdie ingesteldheid is deur nog ’n skoolhoof (anoniem) van Pretoria beaam. Hier word alles “reg gedoen” wanneer hulle ’n besoek van die departement ontvang. Maar sodra die departement by die hek uit is, gaan die skool voort met Bybelstudie volgens die ou TOD-leerplan. Talle bekeringsaktiwiteite, soos CSV, gewyde sangperiodes, skriflesing en gebed vind in klastyd plaas.

Die nasionale beleid het reeds tydens die opstel daarvan opslae gemaak. Die stof ná die promulgering daarvan het nog nie gaan lê nie. Voorheen was die meeste kritiek vanuit godsdiensgeledere en téén die beleid. Maar dit word nou duidelik dat daar ouers en organisasies is wat die beleid geesdriftig ondersteun. Hulle is krities oor skole wat huiwer om die beleid te implementeer.

Mnr. Walter Mercuur, adjunk­direkteur van kurrikulum-ontwikkeling in die Wes-Kaap, sê die dae van window dressing is getel.

“Skole is verplig om die riglyne wat reeds daar is, na te volg.

“Skole mag nie adverteer dat hulle ’n spesifieke geloof voorstaan nie, al is die meerderheid van die kinders van daardie geloof. Dit druis in teen die wet wat sê dat daar in ­model C-skole aan geen godsdiens­tige oortuiging voorkeur gegee mag word nie.”

Hans Pietersen is ’n ouer wat gefrustreerd is omdat die Laerskool Stellenbosch hul eie godsdiensbeleid opgestel het, en dit eers nadat ouers verlede jaar gekla het.

Hy verwag dat skole kinders realisties moet voorberei vir die openbare lewe en hul toekomstige werkplek, waar mense moet saamwerk en godsdiens niemand beskerm nie. Elke leerling, watter geloof sy ouers ook al aanhang, moet welkom en gerespekteer voel. Demokrasie vereis dat alle godsdiensoortuigings ’n gelyke speelveld in die openbare ruimte moet hê en dat kinders onbevange onderrig moet word.

“Ek het ’n probleem daarmee wanneer tradisie nie bevraagteken mag word nie, veral wanneer ’n skool kwansuis kritiese denke bevorder. Geloof het nie ’n monopolie op waardes of waarheid nie. Die Christelik-Nasionale onderwys van ons verlede het juis ons Boetman-geslag soos sam­pioene hanteer; ons was in die duister gehou en perdevye gevoer.

“Kernaspekte van wetenskap en politiek word steeds op aandrang van konserwatiewes opsetlik verskraal of vermy. Darwin het byvoorbeeld ’n fantastiese deurbraak vir die wetenskap gemaak, maar hoeveel van ons skole herdenk vanjaar sy 200ste geboortejaar?”

Volgens Mercuur is dit skandalig dat ons kinders afgewaterde godsdiensonderrig ontvang. ’n Spesifieke kurrikulum vir godsdiensonderrig moet gevolg word en uitkomste moet soos enige ander leergebied gemeet word. Ouers het nie die reg om die inhoud van ’n leerplan te bepaal nie.

Prof. Chrissie Steyn, skrywer van Religion in Life Orientation, het bevestig dat selfs die bietjie godsdiens wat in die vak lewensoriëntering voorgeskryf word, deur baie skole geïgnoreer word. Volgens haar moet ’n kind reeds op ’n vroeë ouderdom aan die rykdom van verskillende godsdienste blootgestel word.

“Net deur kennis van die ander kan ’n kind geleer word om mense wat nie noodwendig soos hy glo nie, te respekteer.”

Dirk Koekemoer van Faerie Glen in Pretoria het verlede jaar sy tweeling by die Laerskool Tygerpoort ingeskryf. Hy was in ’n plaasskool en wou sy kinders ’n soortgelyke ervaring gee. Die skool se ope dag het hom egter onwelkom laat voel en hy het ’n brief aan die skoolhoof gerig om sy misnoeë te betuig.

Hy skryf: “Ons gesin volg ook Jesus, maar ek was verbaas om te sien hoe ’n skool in die ‘nuwe Suid-Afrika’ ’n spesifieke lering ondersteun en bemark, boonop ten koste van ander godsdienste. Ek wil nie eers dink wat ’n Katoliek, Jehovasgetuie, Hindoe of Moslem sou gevoel het as hulle Tygerpoort se ope dag bygewoon het nie. Ek het nêrens, voordat ek by die skool ingeloop het, ’n bord ‘Slegs Christene’ gesien nie.

“Ek het julle webblad besoek en was geskok dat Tygerpoort selfs hier ’n spesifieke godsdiens aanhang. My vrees is dat ek geen benul het wat hierdie sogenaamde Christelike ‘norme en waardes’ is wat bemark word nie. Is aborsie reg of nie, is Jesus ’n god of nie, moet ek tot Maria bid of nie, is Satan ’n werklikheid of nie, is Islam die Antichris, mag ’n man met meer as een vrou trou of nie? – en nog vele ander vrae – almal onoplosbare Christelike kwessies. Dit is duidelik dat die skool nie net ‘norme en waardes’ bemark nie, maar voorkeur aan ’n spesifieke lering gee.”

Volgens Koekemoer, ’n oud-teoloog, is daar nie ’n algemeen-aanvaarde “Christelike karakter” nie, want Christene kon nog nooit saamstem oor wat presies dit beteken om ’n Christen te wees nie. Soos ander pa’s wil Koekemoer nie godsdiens van kinders ontneem nie, “maar bid self vir jou kind in die motor voordat jy hom by die skool aflaai.

‘Dit is my verantwoordelikheid om my kind in sy religieuse ontwikkeling te begelei. Dit is nie die onderwyser se voorreg nie.

“Hoe word gekontroleer wat my kind vertel word? Christene verskil dramaties. Gaan my kind moet hoor dat hy in die hel gaan brand as hy ‘sondig’?

“Moet hy hoor dat gays en Moslems gedoem is en dat evolusie ’n duiwelse geloof is?” vra Koekemoer.

“Openbare skole is nie die plek vir geloofsinskerping nie – daar is ruim tyd buite die skool daarvoor. Dit is ouers se voorreg om hul geloof aan hul eie kinders oor te dra,” sê Pietersen.

“Maar daardie voorreg strek nie tot ander se kinders nie. Elkeen moet sy oortuigings op sy eie manier kan uitleef.

“Om skole aan dogma onderhewig te maak verleen ’n spesiale status aan godsdiens. Só word plaaslike groepwaardes bo staatswette verhef, wat polities baie gevaarlik is.

“Vergelyk maar wêreldwyd die lande waar godsdiens en politiek meng, selfs informeel, met lande waar staat en kerk goed geskei is. Dit is duidelik oorwegend eersgenoemdes wat deur geweld en armoede gekenmerk word en laasgenoemdes wat welvarend en veilig is.

“Bybelboere moet vrede maak met die beginsels van ’n oop, demokratiese gemeenskap. Beskerm ons skole teen fundamentalisme.”

’n Gesprekforum is gestig vir ­ouers wat die nasionale beleid ondersteun en gedagtes wil uitruil by http://groups.google.com/group/skoolbeleid.

http://www.rapport.co.za/Content/Weekliks/Nuus/2317/bdaf0e8363664511b6d689931f0bc18f/19-09-2009-03-33/Aweregs_Nie_almal_is_ten_gunste_van_Bybel_en_gebed_op_skool
Ons Sal!!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #1 op: September 20, 2009, 03:01:42 AM »
Dankie vir hierdie plasing André.

Ons moet onthou dat "Afrikaanses" nie almal dieselfde waardestelsels deel nie, en dat sekeres van hierdie groep nie sal huiwer om ons kultuur te ondermyn nie.

Ek was nie bewus daarvan dat Bybel-onderrig nou al in die geheim moet plaasvind in Afrikaanse skole nie - sekere maar oor ek op Kleinfontein woon, waar hierdie aspek nie n probleem is nie.

Die feit dat "Afrikaanses" bereid is om ons by die owerhede te verkla oor hierdie aangeleentheid spreek boekdele. Wanneer ons praat van vryheid, moet ons besef dat ons ook vry van diegene moet wees. Hopelik kom daar n tyd, dat die opdrifsel en die skuim afgeskep, en weggegooi kan word.

n Groter alliansie van "Afrikaanses"? Nee, ek dink nie so nie. Dis wanneer saamgevoeg word wat nie saam hoort nie, dat hierdie dinge gebeur. Eie skole en gesagsstrukture raak nou onontbeerlik.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #2 op: September 20, 2009, 09:22:26 AM »
Dis oorlog oor skole-godsdiens.

Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.

Claassen, ook ’n buitengewone professor aan die Universiteit van Stellenbosch, tree op namens ’n groep ouers wat ontevrede daaroor is dat godsdiens wederregtelik in skole bedryf word. Die skole wat hy in sy visier het, sluit vooraanstaande instellings soos die Laerskool Stellenbosch en Linden se Laerskool Louw Geldenhuys in.

Skoolhoofde en onderwysorganisasies het ontstoke gereageer dat Skepties Suid-Afrika die regeringsbeleid oor skolegodsdiens waninterpreteer.

“Die Grondwet sê jy kan nie godsdiens afdwing nie, maar jy kan ewe min die afwesigheid van godsdiens afdwing,” reageer prof. Rassie Malherbe, grondwetkenner aan die Universiteit van Johannesburg.

Claassen meen onder meer dit is onaanvaarbaar dat skole soos die Laerskool Stellenbosch hulself amptelik beskryf as ’n skool met ’n “Christelike karakter” waar “Christelike waardes” onderrig word.

Volgens Claassen sou daar verlede jaar by dié skool ’n Jesusweek plaasgevind het waartydens kinders geel strikkies kon dra indien hulle gelowig was. “Dit is net omdat ouers met ’n sekulêre wêreldbeeld oor dié openlike oortreding van die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys gekla het dat die skool die Jesusweek gekanselleer het.

“Onderwysers gebruik klastyd om Christelikheid te onderrig en ’n Christelike skeppergod te aanbid.”

Dr. Johan van der Merwe, voorsitter van die Laerskool Stellenbosch se beheerliggaam, meen Claassen beskuldig die skool verkeerdelik. Hul godsdiensbeleid “is nagesien en in orde bevind deur vooraanstaande kenners van die onderwysreg en konstitusionele reg.

“Dit is bevestig deur die direkteur van onderwys in die Wynlandstreek en die twee kringbestuurders.”

Die onderwysdepartement het glo ook al die godsdiensbeleid van die Laerskool Stellenbosch ondersoek en geen fout daarmee gevind nie.

Volgens mnr. Hawkie de Villiers, skoolhoof, is die deelname aan dié skool se godsdiensaktiwiteite “absoluut vrywillig”.

Mnr. Arrie Genis, skoolhoof van die Laerskool Louw Geldenhuys, het gesê die beskuldigings teen sy skool is feitelik verkeerd.

Mnr. Jaco Deacon, nasionale bedryfshoof van die Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse skole, meen die regeringsbeleid laat wel ruimte vir godsdiens in skole.

“Ingevolge die raamwerk van die Grondwet kan ’n skool steeds ’n Christelike of ’n Moslemskool wees. Die Grondwet bepaal bloot jy kan nie meer alle leerlinge verplig om aan godsdiensaktiwiteite deel te neem of mense met ander menings uitsluit nie. Skole moet begrip en verdraagsaam- heid kweek, eerder as om een siening rigied af te dwing.”

Baie skole het glo selfs ’n godsdienskomitee sodat ’n verskeidenheid kerke in die omgewing betrokke kan raak.

Volgens Malherbe, wat al artikels oor die grondwetlikheid van skolegodsdiens gepubliseer het, is enige beleid oor dié kwessie ondergeskik aan die Grondwet se beskerming van godsdiensvryheid. Regter Arthur Chaskalson van die konstitu­sionele hof het reeds in die 1990’s bevind die staat moet ’n ruimte skep waar mense hul geloof vrylik kan beoefen. Dit sluit openbare skole in, meen Malherbe.

Daarenteen beskou Claassen sy organisasie se standpuntinname die naweek as ’n ultimatum aan skole.

“Skepties Suid-Afrika oorweeg dit om strafregtelike klagte teen skole aanhangig te maak tensy dié optrede dadelik gestaak word en skole begin om die nasionale beleid oor godsdiens in onderwys te gehoorsaam. Ons woon nie meer in Nazi-Duitsland of die apartheidstaat nie.”


- Rapport
http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/585ff6c44cdb49258804f36fed2abc65/19-09-2009-08-08/Hare_waai_oor_skole-godsdiens_

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #3 op: September 20, 2009, 12:36:59 PM »
Hoe rym veelgodsdienstige opvoeding met ons doopsbelofte? Ek het op 'n baie interessante dokument afgekom en heg dit hierby aan vir u inligting.
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #4 op: September 20, 2009, 01:13:32 PM »
Dis oorlog oor skole-godsdiens.

Prof. George Claassen, voorsitter van die organisasie Skepties Suid-Afrika, het die naweek formeel begin om skole te monitor ten einde dié wat Bybellees en gebed in klastye toelaat moontlik strafregtelik te laat vervolg.

Is hierdie die begin van godsdiensvervolging? Word ander skole ook gemonitor waar ander godsdienste van toepassing is? Nee! "Afrikaanses" word ingespan teen die Boere-Afrikaners want dalk sal die weerstand minder wees! Wat het ons voorsate met hierdie "verraaiers gemaak"? George Claassen is 'n liberaal en 'n ateïs wat die regte geluide maak vir wie dit belangrik is om die Boere-Afrikaners te vernietig.
 
Dit bring my terug by wat ek op 'n ander draad gesê het naamlik dat jy moet weet wie jou vyande is, ook in "eie" geledere. Die stelling het tot beskuldigings gelei van o.a. "verdagmakery", "teorieë van sameswerings", ens. Ervaring oor die jare het vir my 'n paar lesse geleer oor wie jy kan vertrou en wie nie. Selfs nie eers 'n donkie stamp sy kop tweekeer op dieselfde plek nie. 'n regering het geslaag om in die verlede 'n paar generasies van ons mense te breinspoel deur gebruik te maak van sogenaamde "eie" mense. Ons kan dit nie weer toelaat nie!


Ons Sal!!!

Sanderis

  • Gas
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #5 op: September 20, 2009, 01:34:59 PM »
Prof. Chrissie Steyn, skrywer van Religion in Life Orientation, het bevestig dat selfs die bietjie godsdiens wat in die vak lewensoriëntering voorgeskryf word, deur baie skole geïgnoreer word. Volgens haar moet ’n kind reeds op ’n vroeë ouderdom aan die rykdom van verskillende godsdienste blootgestel word.



Eie skole en gesagsstrukture raak nou onontbeerlik.

Sê ek ook al lankal .
So die prof sê eintlik dat Satanisme aanvaarbaar is en gerus op die proef gestel moet word ?
Meng jou met die semels en die varke sal jou vreet .

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #6 op: September 20, 2009, 05:48:36 PM »
Ek is ten gunste van keuses vir almal. Mens kan nooit iemand dwing om deel te neem aan enigiets nie. Ek se nie iets moet aan kinders opgedwing word nie, so ook godsdiens. Ons is maar almal net mense. 

Afwesig Sjarko

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 563
  • Verkenner
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #7 op: September 20, 2009, 06:36:31 PM »
En almal wat ook godvrugtig wil lewe in Christus Jesus, sal vervolg word. Maar goddelose mense en bedrieërs sal voortgaan van kwaad tot erger, hulle wat verlei en verlei word. Maar bly jy in wat jy geleer het en waarvan jy verseker is, omdat jy weet van wie jy dit geleer het, en dat jy van kleins af die heilige Skrifte ken wat jou wys kan maak tot saligheid deur die geloof in Christus Jesus.
(2Ti 3:12-15)

Ek sal nie my kinders in 'n skool sit waar daar NIE met skriflesing en gebed geopen word nie. Dit Mike, is MY keuse, wat ek met trots uitoefen.

Dankie tog vir CVO skole.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #8 op: September 20, 2009, 06:43:23 PM »
Ek is ten gunste van keuses vir almal. Mens kan nooit iemand dwing om deel te neem aan enigiets nie. Ek se nie iets moet aan kinders opgedwing word nie, so ook godsdiens. Ons is maar almal net mense.

Wat jy eintlik sê is dat kinders nie opvoeding nodige het nie. Hulle kan dus toegelaat word om alles te beproef en te doen. Dwelms gebruik, hoereer, geen respek hê vir ander mense nie ensovoorts! Waar trek jy die streep? Wat is dan die grondslag vir jou kinders se opvoeding?
Ons Sal!!!

Afwesig Mike

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 277
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #9 op: September 20, 2009, 07:48:52 PM »
Andre moenie woorde in my mond le nie. Kinders het opvoeding nodig. Kinders moet geleer en opgevoed word. Maar kom ons se die kind het nou 'n ouderdom bereik waar hy vir homself kan dink hy besluit dat hy 'n spesifieke godsdiens wil beoefen, wat gaan jy dan doen, hom tugtig?

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #10 op: September 20, 2009, 08:21:00 PM »
Andre moenie woorde in my mond le nie. Kinders het opvoeding nodig. Kinders moet geleer en opgevoed word. Maar kom ons se die kind het nou 'n ouderdom bereik waar hy vir homself kan dink hy besluit dat hy 'n spesifieke godsdiens wil beoefen, wat gaan jy dan doen, hom tugtig?

Ek lê nie woorde in jou mond nie Mike. Ek interpreteer wat jy sê. Jy sê "Ek is ten gunste van keuses vir almal" en "die kind het nou 'n ouderdom bereik waar hy vir homself kan dink hy besluit dat hy 'n spesifieke godsdiens wil beoefen, wat gaan jy dan doen"! Is daardie keuse dan beperk tot net 'n keuse oor Godsdiens of sluit dit keuses oor alle aspekte in? Wat gaan jy maak as jou kind, vir welke rede ookal, 'n anderskleurige as lewensmaat kies, of hy/sy kom bedwelm by die huis aan volgepomp van dwelmmiddels, of hy/sy raak by rooftogte betrokke? Wat maak jy dan want hy/sy het net haar keuse uitgeoefen. Maak jy een of meer uitsonderings?

Ek sê vir jou dat as 'n kind se opvoeding 'n gesonde Christelike grondslag het, sal hy/sy weet hoe om enige versoekings te weerstaan en/of hoe om nie in sulke situasies te beland nie. Dit is wanneer daar 'n gebrek aan gesonde opvoeding is dat kinders se oordeel hulle in die steek laat en alles wat anders wil gaan probeer. Daardie kinders wat wel goed opgevoed is, is nie "nerds" en/of "koeke" nie. Hulle staan daagliks hulle plekke vol in die samelewing op 'n trotse en beskaafde wyse sonder om "skaam" te wees vir dit wat hulle in glo reg of verkeerd is. As jy voorbeelde van sulke kinders wil sien, is jy welkom om my te kontak!
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #11 op: September 20, 2009, 08:28:01 PM »
As ek my kind die kans gun om enige ander geloof aan te hang, buiten in dit waarin ek belowe het. Het ek 'n gruwelike sonde gepleeg teen God Drie-Enig. Ek het 'n doopbelofte, 'n sakrament, verbreek......
Moed Vryheid Eer

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #12 op: September 20, 2009, 09:43:58 PM »
Die Prof. Claassen se idee dat jy skole strafregtelik kan vervolg as hulle godsdiens beoefen, is fundumenteel verkeerd. Jy kan tog nie iemand van 'n misdryf aankla as hy vir jou uit die Koran lees nie. As hy my vasbind, ja dan is dit ontvoering, maar net lees uit die Bybel is nie 'n misdryf nie. As Claassen enigsins wou voorgee dat hy iets weet, dan moes hy eerder gese het dat hy skole moontlik in terme van die administratiefreg sal dagvaar, waar hy 'n klag by die departement le, en dalk menseregte kommissie. Godsdiens by skole kan nie 'n misdryf wees nie, daar bestaan nie so 'n misdaad nie, en jy kan ook nie een nou uitdink tensy die staat 'n nuwe misdryf by wyse van 'n wet afkondig nie.

Op die ou end sal net CVO skole oorbly, en wys dit net weereens dat staatskole eintlik lankal nie meer die plek vir Boere Gelowiges is nie.
Apartheid is Liefde

Afwesig Alwyn

  • Staatspresident
  • ****
  • Poste: 1620
  • Verkenner
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #13 op: September 21, 2009, 09:42:19 AM »
Ek beaam wat Sjarko gese het: Dankie vir CVO skole. Daar kan ons volk en ons kinders onbeskaamd Christen wees en ook Afrikaans wees.
Ons staan op die punt om of 'n groot volk te word, of om op te hou as 'n volk te bestaan. Laat ons dus werk terwyl dit dag is. Laat ons ons volk opbou.~ Christiaan de Wet

Afwesig corrie

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 1
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #14 op: September 21, 2009, 10:49:35 AM »
Dankie Here dat ek skool kon gaan waar daar aan my streng dissipline, Christelike beginsels, en Afrikaans geleer is.
Dankie ook dat my kinders so amper dieselfde voorregte kon geniet.
Mag God met ons volk wees en ons weer leer bid en vertrou op Hom.

Ons kan debatteer laat die byle huil, maar op die einde sal ons of die stryd alleen moet aanse (as ons glo dat ons al die antwoorde het), of die kleed van Jesus moet aanraak en Hom vra om saam met ons die pad te stap

En o ja .. Baie dankie HERE vir CVO skole om die nageslag van my kinders te kan help. Wees U asseblief saam met hulle om te lei.

Sanderis

  • Gas
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #15 op: September 21, 2009, 10:56:03 AM »
Indrukwekkende eerste pos corrie , Welkom in Bravoland .

Afwesig Alphaomega40777

  • Besoeker
  • *
  • Poste: 2
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #16 op: September 21, 2009, 02:00:22 PM »
EK is bly vir die voorreg dat ek dan nou maar grootgeword het in die satanistiese SA as dit dan nou maar so moet wees. Christelike waardes vorm jou karakter en integritiet. Die Bybel leer ons om die boompie te buig wyl jonk. Daar is n rede daarvoor. Gin wonder God draai op ons soos die Israeliete van ouds nie. Kyk net watter twak sommige mense hier kwyt raak oor Godsdiens. My kinders nie meer God kan aanbid nie, haal ek hulle uit die skool uit en de hel dan met hierdie kommunistiese regering. "ek is tot alles toe in staat deur Jesus Christus, wat my krag gee" en ek voel jammer vir die wat dit nie volkome vertrou en glo nie!

kuberkoos.zar

  • Gas
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #17 op: September 21, 2009, 03:00:27 PM »
Ek self is nie ‘n christen nie. My kind ook nie. Ek vind dit uiters moeilik om ‘n ruimte van aanvaarding binne, nie net die Afrikaner- hegemonie te vind nie, maar ook die breë Afrikanergemeenskap. Hoekom?

Ek verstaan die eksklusiwiteit van die hegemonie glad nie. Die meeste Afrikaners wat ek ken is nie christene nie. Die Afrikaner is hoeka nie meer ‘n christelike volk nie. Baie van ons is agnosties, of Boeddhiste, Pagan, Gnostiese christene of New Age. Baie christen Afrikaners het ook geen probleem om met Afrikaners van ander gelowe saam te leef – en werk nie. Vanwaar dan hierdie eksklusiwiteit?

Ek wou my seun inskryf by die Voortekkers, maar moes daarteen besluit omdat die hoof voorskrif ‘christen’ is. Om by die Voortekkers aan te sluit moet jy ‘n christen wees anders is jy nie welkom nie! Ek wou vandag betrokke raak by die projek om geld in te samel vir behoeftige Afrikaners, maar weereens was daar die voorskriftelikheid. Die sin lees:

“Ons roep u op tot diensbaarheid – ons is immers Christen-Afrikaners wat uit dankbaarheid ook hierdie jaar ons weldaad wil verrig”.


Hoeveel Afrikaners word uitgesluit van aktiewe deelname aan die Afrikanersaak omdat hulle nie christene is nie? Hoeveel professionele Afrikaners is daar wat vaardighede het wat broodnodig is vir opheffingswerk onder ons mense, wat nou eenvoudig uitgesluit word?

Is daar nie ‘n ander opsie nie? Is dit nie moontlik om te fokus op gedeelde geestelike beginsels eerder as godsdiens nie?

Is daar nie ‘n gedeelte in die Bybel wat lees: “wees stil, en weet ek is jou God” nie?

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #18 op: September 21, 2009, 03:14:19 PM »
Kuberkoos, die Afrikaner is tradisioneel Christelik sedert sy ontstaan en dit word steeds beskou as deel van die Afrikanerkultuur, soos jy nou oral agterkom. As jy en ander Afrikaanssprekende blankes ander gelowe wil beoefen, kan ons min daaraan doen, maar om te verwag dat ons ons beginsels en Boerekultuur moet wysig ter wille van sulke mense wat ons nie as ware Boere-Afrikaners beskou nie, is verregaande en ononderhandelbaar. Jou gebruik van die Bybel toon dat jy nie veel kennis daarvan het nie. Die vers bedoel juis dat ons voor die almagtige Skepper-God stil moet wees en Hom volledig moet vertrou - iets wat jy klaarblyklik nie wil doen nie. Ek dink jy moet maar elders 'n forum vind waar jy jou ideale kan uitleef, maar hier gaan jy nie welkom wees nie.
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Jan Beyers

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1341
  • Verkenner
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #19 op: September 21, 2009, 04:21:05 PM »
Kuberkoos,

As jy nie 'n Christen is nie, is jy ook nie deel van ons volk nie.  Dan is jy 'n dit of dat.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal