Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!  (Read 5211 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #40 op: October 02, 2009, 08:57:49 AM »
Baie dankie Oom Adri!

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #41 op: October 02, 2009, 09:01:03 AM »
SP, is dit wat jy in gedagte gehad het?
... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #42 op: October 02, 2009, 09:45:19 AM »
Dankie Oom, hy is nou op die voorblad.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #43 op: October 04, 2009, 12:12:13 AM »
Dis nou geestelike oorlogvoering soos min.

Duisende mense het Vrydag gelyktydig tien minute lank op hul knieë gegaan om vir die behoud van godsdiens in skole te bid – sommige so ver as Amerika en die Midde-Ooste, ander in groepe in dorpe soos Witrivier, Bothaville en Vryheid.

Dit was een van die grootste gebedsveldtogtein ’n lang tyd en is gereël deur ’n 18-jarige kruisvaarder.

Jessie Bester is ’n matriekleerling en CSV-voorsitter aan die Hoërskool Nico Malan in Humansdorp. Hy behoort vir sy skooleindeksamen te leer, maar toe hy twee weke gelede in Rapport van die debat oor godsdiens in skole lees, het hy oornag ’n landwye teenveldtog gereël.

So suksesvol is dié veldtog dat Jessie Vrydagaand mense van die VSA, Ierland, die Midde-Ooste en oor die hele Suid-Afrika heen gemobiliseer het om van 21:00 tot 21:10 vir die behoud van godsdiens in skole te bid.

Die herrie het begin toe prof. George Claassen twee weke gelede aangekondig het hy gaan skole verkla wat wederregtelik godsdiens beoefen. Sedertdien is die mantel in dié stryd oorgeneem deur die Afrikanervrydenkersbeweging (AVB) onder leiding van mnr. Hans Pietersen.

Nadat hy van die herrie gehoor het, het Jessie ’n Facebook-groep genaamd “Christenskap sal Vrylik in Skole Aanbly, Come Hell or High Water!!” gestig. Hy het briewe aan koerante gestuur en selfs die hulp van die prediker Angus Buchan ingeroep (hoewel Buchan nog nie sy deelname aan die veldtog bevestig het nie).

Binne ’n week het hy bloot op Facebook 3,000 geesgenote gemobiliseer, selfs die taalstryder Dan Roodt. “Daar is ’n tannie van iets in die 60, maar ook kinders van 12 en 13 jaar oud,” vertel Jessie.

Teen gisteraand was daar 4,062 lede.

Net uit die mense wat hul deelname aan sy beplande biddag aan hom bevestig het, kon hy aflei daar was meer as 5,000 saambidders. En boonop het nog talle stil-stil deelgeneem.

“Ek weet watter bekerings in die CSV plaasvind,” vertel Jessie. “Dit is hoekom ek so vuur en vlam hieroor voel.”

Jessie self was by vriende in Stellenbosch toe hulle Vrydagaand saam met hul geloofsgenote gebid het. “Ons was net klaar toe die elektrisiteit afgaan. Toe dink ek ons moes seker maar vir Eskom ook op ons gebedslys gesit het.”

Intussen het Pietersen en die AVB beklemtoon dat hul veldtog nie ’n stryd van ateïste teen Christene is nie. Daar is ook Christene aan hul kant, insluitend die prominente betrokkenheid van mnr. Attie Koekemoer, met ’n teologiese kwalifikasie van die Hervormde Kerk, wat sy bedenkinge oor die inhoud van sommige skole se godsdiensbeoefening het.

Die AVB het al dreigemente ontvang van mense wat skryf hul “dae is getel” en “as die kragte losbars, sal julle dit berou”, maar volgens Pietersen gaan hulle hul nie laat afskrik nie.

http://www.rapport.co.za/Content/Suid-Afrika/Nuus/2315/c6f300dee5f240ba84d6d7e188724fc5/03-10-2009-10-20/Jessie_(18)_lei_w%C3%AAreld_in_gebed_vir_God_in_skole_
Ons Sal!!!

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #44 op: November 03, 2009, 10:29:44 PM »
Kruisbeelde "skend menseregte"

Strasbourg - Europa se regbank vir menseregte sê die tentoonstelling van kruisbeelde in Italiaanse publieke skole skend godsdienstige en opvoedkundige vryheid.

‘n Paneel van sewe regters het die klag deur Soile Lautsi van Italië ondersteun.

Sy dring daarop aan dat kruisbeelde publieke skole se beleid van sekulêre onderrig, ondermyn.

Lautsi, een van die skool se ouers, het aangedring dat die kruisbeelde in ‘n publieke skool in die noorde van Italië, verwyder word.

Volgens die beslissing, sal Lautsi ‘n som van R58 233 van die Italiaanse regering ontvang.

Die hof het egter nie beveel dat die kruisbeelde verwyder moet word nie.

http://www.nuus24.com/Content/Wereld/Nuus/1481/da1c44e7c85a4804bd31b093310cbc7f/03-11-2009-07-47/Kruisbeelde_skend_menseregte


Ons Sal!!!

Afwesig Boo

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 356
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #45 op: November 04, 2009, 09:32:09 AM »
So doen hulle die regte ding om die verkeerde redes... die hof moes net gelas het dat die beelde verwyder moet word.

Wat leer die Wet ons oor die afbeeldings van God?
« Laaste verandering : November 04, 2009, 09:33:53 AM deur Boo »

Afwesig Adri van Staden

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1564
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #46 op: November 04, 2009, 09:50:45 AM »
Jy is heeltemal reg, Boo. Die Roomse gebruik om veral 'n Christus-figuur aan die kruis uit te beeld, is 'n oortreding van die tweede gebod. So ook alle prentjies van die Here Jesus - selfs kerskaartjies, ens. En daai poppe in die wiegies in kerstonele!!!  >:(

... verlustig jou in die HERE; dan sal Hy jou gee die begeertes van jou hart - Ps. 37:4.

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #47 op: November 15, 2009, 07:14:54 PM »
GODSDIENS IN DIE SKOOL EN ONS VERANTWOORDELIKHEID

Die beoogde optrede van die organisasie  Skepties Suid-Afrika, teen skole wat Christelike godsdiens bedrywighede beoefen, het hewige reaksie ontlok. ’n Lewendige debat oor wat die presiese feite is en hoe die grondwet daaroor oordeel word van alle kante gevoer.

Elke Christen moet sekerlik ook hieroor besin en ’n eie standpunt hieroor kan stel wat die toets van Christenskap kan deurstaan. In ’n berig oor die saak in Rapport van 20 September 2009 gaan dit hoofsaaklik oor die regsgeldigheid van die skole se optrede. Betrokke partye verdedig hulle optrede soos wat hulle die grondwet verstaan. Die organisasie dreig selfs met regstappe teen twee skole. Die vraag wat ons onsself moet afvra is of dit dan die enigste norm is wat hier verreken moet word?

Wanneer ons oor die meriete van ’n saak moet oordeel is die norm tog nie in die eerste plek ons eie siening of die wette van die land nie maar die Woord van God. Dit gaan nie in die eerste plek oor die aantasting, al dan nie, van die reg van die kind nie. Dit gaan ook nie in die eerste plek oor die grondwet se voorskrifte vir beheerrade nie. Ons moet vra: wat wil die Here hê?

Die Bybel leer ons om die owerheid te gehoorsaam en daarom is dit reg as die beheerrade kennis neem van die wette oor godsdiens beoefening in die skole. Onderwysers moet die reëls nakom wat hulle voorgehou word. Die beperking wat hierop gelê word, is egter dat God altyd meer gehoorsaam moet word as die owerheid en dat ons nie iets mag doen wat stry teen die Bybel nie. Dit is egter nie ’n oproep tot ongehoorsaamheid aan die betrokke wette nie, want daar is maniere om steeds binne die reëls te bly en jou geloof uit te leef. Dit kom voor of die skole waarvan in die berigte sprake is juis dit gedoen het.

Die eerste emosie wat die optrede van  Skepties Suid-Afrika by mens wakker maak is die van woede omdat hulle dit durf waag om die Christelike godsdiens aan te val en te probeer om dit stil te maak. Dalk moet ons as gelowiges op hierdie punt mooi besin. Is dinge soos hierdie nie ’n vingerwysing na ons nie? Is daar net twee beheerrade wat bereid is om openlik hulle geloof in God Drie-enig te wys? Is ons betrokke by ons skole se beheerrade om ’n invloed te kan uitoefen? Het iemand al ’n getuienis teenoor die woordvoerder van die organisasie of sy lede, gelewer oor die liefde van God in Jesus Christus?  Is dit nie wat van ons verwag word nie?

Die Here Jesus sê self dat Hy gekom het om verdeeldheid te bring (Lk. 12:51). Stryd en verdeeldheid is dus te verwagte wanneer ’n gelowige opstaan vir sy geloof in ’n ongelowige wêreld. Die ware onrus wat die gebeure dus bring is: waarom is daar nie baie meer rede vir Skepties Suid-Afrika om onrustig te slaap nie?  Ons optrede moet gemeet word aan die opdrag van ons Hemelse Vader om getuies te wees van die evangelie van Jesus Christus oral waar ons beweeg. Dit is ons roeping en sal stryd meebring. Ons kan dit egter doen want die Bybel leer ons dat ons nie moet vrees of angstig moet  raak nie.  Hy is ons God (Jes. 41:10).

Die berig oor die beweerde “misstap” van die twee skole is dus vir elke Christen ’n boodskap van troos en bemoediging. Iemand is nog bereid om die Here te gehoorsaam! Dit is ook ’n teregwysing aan elkeen van ons oor ons eie stilswye omdat ons tog so polities korrek optree en nie die wêreld wil aanstoot gee nie. Dit is ’n oproep om opnuut te besin oor wat die norm is waaraan ons mense se optrede beoordeel. Dit onderstreep ook die feit dat wanneer ons die wêreld nie op alle terreine wil inpalm met die evangelie nie, ons ingepalm sal word deur plaasvervangende afgode. Hierdie onlangse gebeure onderstreep opnuut dat elke samelewing by een of ander altaar staan. Wanneer dit nie die lewende God is nie, sal die plaasvervangende god en sy wette voortdurend ingespan word om die ware godsdiens aan te val. Dit is hierdie afgode wat uiteindelik aangespreek moet word sodat nie net enkelinge nie, maar ook nasies kan vry word.

Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies.... En kyk, Ek is met julle al die dae van tot aan die voleinding van die wêreld (Mt. 28:19-20).

IA Brink

Voorsitter SKK

http://www.apkerk.co.za/index.php?option=com_content&view=article&id=814:onderwys-in-skole&catid=121:onderwys&Itemid=123
Ons Sal!!!

Afwesig Martin Jordaan

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 125
Re: Nie almal is ten gunste van Bybel en gebed op skool!
« Antwoord #48 op: November 19, 2009, 04:25:09 PM »
Hier is 'n artikel wat ek in ons plaaslike koerant geplaas het oor die saak. Met erkenning aan BCVO.  Meeste van die inligting kom van hulle webblad, ek het dit net bietjie gaan aanpas om in die huidige kontek te pas.

Godsdiens tot in elke  klaskamer.

 
Dit gebeur dikwels in vandag se veeleisende, sekulêre wêreld, dat ons verantwoordelikhede aan ander uitkontrakteer, selfs die onderrig en opvoeding van ons kinders.
Onderwys, wat een van die fundamentele aspekte van  opvoeding is, word dikwels as die regering se verantwoordelikheid beskou.  Indien die regering egter nie ‘n christelike grondslag het nie, of onderwys as ideologiese gereedskap gebruik, kan die onderwys wat die regering bied, uiters negatiewe gevolge inhou vir u kind.
Tans is daar ‘n groot aanslag om godsdien geheel en al uit staatsondersteunde skole te rangeer om by die sekulêre staat se ideologie en multi-religieuse beskouing aan te pas, terwyl die UGO kurrikulum alreeds Christelike vakonderwys uitsluit.

Om hierdie rede is die Beweging vir Christelike Volkseie Onderwys (BCVO) in 1994 in die lewe geroep as ‘n alternatief vir staatsonderwys. Verbondsouers neem self verantwoordelikheid om die onderrig volgens die leer van die Bybel  na te kom en besluit self oor wat hulle kinders geleer word.  Die BCVO streef daarna dat elke vak ‘n venster op God se werke moet wees.  Daarom word godsdiens op skool nie net beperk tot opening en gebed nie maar word elke vak vanuit die Bybelse perspektief aangebied en kan ons dus praat van godsdiens tot in elke klas, juis omdat ons glo dat elke gedagte gevange geneem moet word tot gehoorsaamheid aan Christus.
Die BCVO beskik oor die enigste Afrikaanse, onafhanklike, geregistreerde eksamenliggaam in die land. Die kurrikulum word dan ook so saamgestel dat dit nie net aan  minimum statutêre kwaliteitvereistes voldoen nie, maar met respek erken word deur die land se voorste universiteite, technikons en kolleges. Sodoende verkry ons kinders toegang tot die internasionale- en beroepswêreld.
Die onlangse geskiedenis het dan ook gewys dat dit nie net op akademiese gebied is waar ons leerlinge ‘n voorsprong geniet nie. Omdat ons lidskole as ‘n verlengstuk van die gereformeerde ouerhuis dien, is die gebalanseerde opvoeding sigbaar in hul lewens en maak dit hulle uiters gesog in die beroepswêreld.
‘n Besondere voordeel van ons lidskole is die individuele aandag wat leerlinge kry as gevolg van die struktuur in CVO-skole. Die verhoudings tussen onderwyser/kind, ouer/jonger kinders en kameraadskap tussen ouer/onderwyser, is uniek aan ons skole.
Op sport en kultuurgebied kry nie net die hoogs begaafdes al die aandag nie, maar kry almal die geleentheid om deel te neem en sodoende die nodige selfvertroue ontwikkel.

Lidskole neem, binne volkseie kultuurverband, op streeks- en landwye vlak deel aan sportsoorte soos rugby, netbal, atletiek, krieket,landloop, skaak ens. Op kultuur gebied bou aktiwiteite soos prosa, poësie, musiek, drama en redenaarskompetisies op via streeksverband na ‘n landswye gala – aand.
Alhoewel deel van die privaatskool omgewing, is die BCVO nie gerig op winsbejag nie. Dit maak dit moontlik vir lidskole om, ten spyte van harde ekonomiese werklikhede, ‘n bekostigbare privaat alternatief daar te stel.
Die verskil in die lewe en toekoms van u Godgegewe geskenk en belangrikste prioriteit, kan egter nie in geld gemeet word nie!
http://www.bcvo.co.za/pages/wie-is-ons.html
Geskiedenis was nog nooit deur meerderhede gedomineer nie, maar slegs deur toegewyde minderhede wat onvoorwaardelik by hulle geloof gestaan het.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal