Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering  (Read 4969 times)

0 Lede en 2 Gaste bekyk die onderwerp.

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #40 op: September 29, 2009, 03:11:57 PM »
Die berig wat vandag in die liberale media verskyn het... ai ai.

Ondersoek kom na beweerde rassisme op ‘volksvergadering’)?
Susan Cilliers

JOHANNESBURG. – Die organiseerders van ’n byeenkoms verlede week waar ’n strategie bespreek is om die “Geloftevolk te bevry”, vrees geen menseregte-ondersoek óf -organisasie nie.

“Ons het niks om oor skaam te wees nie,” het mnr. Frikkie Strauss gister gesê.

Strauss van Piketberg in die Wes-Kaap is ’n lid van die komitee wat die “Volksvergadering” by Vegkop naby Heilbron in die Noord-Vrystaat gereël het.

Hy het reageer op mediaberigte oor beweerde rassistiese uitlatings op dié vergadering verlede Vrydag tot Sondag, onder meer dat God wil hê verskillende rassegroepe moet apart woon en dat swart mense se enigste erfenis kleipotte is.

Mnr. Vincent Moaga, woordvoerder van die Menseregtekommissie (MRK), het gister gesê die kommissie gaan die beweerde uitlatings ondersoek.

Strauss sê sowat 400 mense van oor die land heen het die vergadering bygewoon. Een van die sprekers, dr. Lem Theron, het glo gesê die naaste wat swart mense nog aan breinchirurgie gekom het, was om die Voortrekkers met knopkieries te slaan.
Strauss het gister erken dié uitlatings is gemaak en dat hy self gesê het swart mense is geneties geprogrammeer “om te vernietig”. Hy het ook op die vergadering gesê die ANC-regering is daar om “ons volk te vernietig”.

Strauss sê egter sy en ander sprekers se uitlatings is hul persoonlike mening en verteenwoordig nie dié van enige organisasie nie. Hy sê die Geloftevolk is die “Afrikaner- of Boerevolk” en verwys na die “enigste wit volk in Afrika”.
 
“Ons verkies om na volk te verwys, pleks van ras.”

Volgens Strauss was die doel van die vergadering om met “volksgenote” te beraadslaag oor ’n strategie vir “bevryding”.

“Die korttermynstrategie sal wees om die vryheidsideaal tot in volksgenote se harte te dra deur middel van die media, individue en ander kommunikasiemetodes.”

Hy het gesê hy kan nie sê of bruin en swart Afrikaanssprekendes tot die beweging toegelaat sal word nie. Strauss wou ook nie uitwei in watter opsig die Afrikanervolk “onvry” is nie, omdat hy nie persoonlike menings mag lug nie. “Ek kan sulke vrae net in oorlegpleging met die komitee beantwoord.”

Volgens die webwerf www.volksvergadering.com was die hoofdoel van die volksvergadering om “as Afrikaners ooreen te kom oor ’n strategie vir die herwinning van die vryheid van ons volk”.

“God (het) die verskeidenheid van volkere ingestel en aan hulle elkeen hul woonplek gegee. Ons is ’n politiek verknegte volk omdat vreemdes oor ons heers. In hierdie toestand van verknegting kan ons nie ons God waarlik dien nie,” word op die webwerf gesê.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #41 op: September 29, 2009, 03:14:31 PM »
Hierdie berig hierbo is slegs 'n vertaling van die berig wat in die Sunday Times verskyn het.

Daar was GEEN verslaggewer van Media24 nie, so hoe de hel kan hulle hierdie berig onder hul eie naam publiseer? Is dit nie plagiaat nie?

Kan ons nie die vroumens opskroef nie?
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig Jankejan

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 231
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #42 op: September 29, 2009, 03:32:30 PM »
Lets Pretorius

Meld dat hy weet van 2 manne wat by die mikrofone gepraat het wat vir NI werk.  Hy se ook dat ons nie moet toelaat dat hul baarde en die feit dat hulle ons Skepper op Sy naam aanspreek ons moet mislei nie.

Ja kyk ek wil ook darem nou net vir Lets bedank, as dit nie vir hom was nie sou ons volk ook seker darem baie erg verraai gewees het deur ons huidige leierskap. Hy is darem so slim en ingelig, dankie tog ons het hom, anders sou ons nooit kon dink of wie nou eintlik die NI manne onder ons is nie. Lets sorg vir ons, en ons behoort hom baie dankbaar te wees. Hy weet wie is almal NI, en dit is ook goed so want dan kan hy die ware ligitieme leier wees wat ons nou nodig het. Dankie Lets!

Of praat ek nou nonsens??  :P
Apartheid is Liefde

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #43 op: September 29, 2009, 10:26:45 PM »
Ek het vanmiddag die volgende e-pos van oom Flip Swanepoel ontvang:

Geagte Volksgenote

Hiermee die bekendstelling van die besluite geneem gedurende die Volksvergadering van die Geloftevolk van Suid Afrika 25-27 September
2009 te Vegkop Gelofte-feesterrein.

Ons komitee verwerk tans die beeldmateriaal en sal dit D.V. eersdaags in DVD formaat tot u beskikking stel.

Diegene wat afskrifte daarvan benodig moet asb. met my skakel.

Vrede

Flip Swanepoel [nms. Volksvergadering Reelingskomitee]

Goeiedag Almal
 
Besluite geneem op die Volksvergadering te Vegkop Gelofte terrein op 25-27 September 2009.
 
Die vergadering was dit eens dat:
 
1.   Die Geloftevolk se vrywordingsproses geskoei moet word op die grondslag van die volksgeloftes.
2.   Dit noodsaaklik is dat alle huidige middele wat tans aangewend kan word om die Geloftevolk in stand te hou, op alle lewensterreine benut moet word.
3.   Dit noodsaaklik is dat die geloftevolk 'n soewerein-vrye volk moet word.
4.   Die grondslag waarop die toekomstige vryheid van die volk vereis word, regverdigbaar is.
5.   Die vrywording van die Geloftevolk binne bereik is.
6.   Die toekomstige staatsmodel van die vrye Geloftevolk Skrifgefundeerd (op Bybel gegrond) moet wees.
7.   Dat die oproep en ordening van die vergadering aan die byeenkoms legitimiteit verleen as 'n Volksvergadering.
8.   Dat 'n volksdatabasis dringend tot stand gebring moet word, sodat die Geloftevolk doeltreffend kan kommunikeer - as 'n eerste stap op pad na vryheid.
9.   Dat die nakoming van die Volksgeloftes 'n teokratiese staatsmodel vereis. 'n Komitee is saamgestel om die funksionering van 'n teokratiese staatsbestel te ondersoek om by 'n volgende Volksvergadering aan die volk te kom voorlê vir oorweging.
10.   Die vergadering besluit dat die instelling van 'n Reddingsdaadfonds deur die voortsettingskomitee ondersoek sal word.
11.   Die vergadering spreek sy waardering uit vir die offers wat ons seuns, wat in die gevangenis verkeer, vir die volk gebring het.
12.   Die vergadering gee opdrag dat die volk ingelig sal word oor die besluite van die Volksvergadering.
13.   Die vergadering stel 'n voortsettingskomitee saam om uitvoering te gee aan die besluite wat geneem is.
14.   Die Voortsettingskomitee kry opdrag om die volgende Volksvergadering byeen te roep, so gou as wat prakties moontlik is.
15.   Na aanleiding van 'n uitspraak wat vanuit die gehoor gemaak is, het die vergadering hul eenparig gedistansieër van die gebruik van gewapende geweld in die vrywordingsproses.
16.   Die komitees sal te alle tye 'n oop-deur-beleid handhaaf, sodat Volksgenote deurlopend insette kan lewer.
17.   Die vergadering gee goedkeuring daaraan dat Gelofte komitees of komitees wat volksbyeenskomste reël, voortdurend inligting kan aanvra vanaf die voortsettingskomitee om aan hulle vergaderings bekend te maak.
18.   Die vergadering erken deurgaans die Geloftevolk se volle afhanklikheid van ons Hemelse Vader en eer Hom vir die ordelike verloop van die volksvergadering.
 
                                                             A
 
             Die volgende mosies is eenparig op die Volksvergadering aangeneem.
 
•   Die vergadering van die Geloftevolk bevestig dat hul met groot deernis dink aan die seuns van ons volk wat tans in die gevangenis verkeer, of reeds gevangenisstraf uitgedien het. Die vergadering verseker hierdie seuns van die besef by hulle volksgenote dat die beproewing wat hulle deurgaan, nie die gevolg is van die nastrewing van eie belang nie, maar die gevolg is van die brandende versugting na die vryheid van ons volk. Die vergadering dra hulle op in ons Gebede.
•   VERKLARING van die Volksvergadering. Die vergadering verklaar hiermee dat teen die agtergrond van die vryheid en immuniteit wat misdadigers in die huidige samelewing geniet, die voortgesette aanhouding van ons volk se seuns 'n simboliese gebaar van die staat is, om die huidige onderwerping van die Geloftevolk te demonstreer. Die vergadering stel dit onomwonde dat die algemene beskouing van reg en geregtigheid vereis dat ons volk se seuns vrygelaat word.
•   Die vergadering van die Geloftevolk verklaar hiermee dat die volk in rou verkeer oor al ons volksgenote wat vermoor is in hierdie volksvreemde staatsbestel. Die vergadering spreek sy innige meegevoel uit teenoor die geliefdes  van ons vermoorde volksgenote, asook teenoor hulle wat oor die jare slagoffers was van roof en pogings tot moord.
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #44 op: September 29, 2009, 11:29:46 PM »
Ek sien daar word gepraat van 'n voortsettingkomitee en van ander komitees. Is daar meer duidelikheid hieroor en wie is op die voortsettingskomitee verkies? Was die VVK hoegenaamd bespreek, behalwe vir die vermelding deur Letsie dat die VVK en die BVS (wie hulle ookal verteenwoordig met hulle volksregister) nader aanmekaar moet beweeg?
Ons Sal!!!

Afwesig Karina Marais

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 1925
  • Bravolander
    • Die Bravolander
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #45 op: September 29, 2009, 11:44:39 PM »
Organisasies se name mag nie genoem geword het nie, maar Abel Malan van die Verkenners, ook die VVK-verteenwoordiger in die Oos-Transvaal, het 'n baie goeie toespraak oor die VVK gelewer sonder om die naam te noem, maar ek dink almal het geweet waarvan hy praat.

Daar is twee komitees verkies, 'n Teokratiese komitee, ek dink hulle moet ondersoek instel na 'n Teokratiese stelsel (bv. teenoor die Westminister stelsel). Ek was op hierdie oomblik toe die komitee verkies is nie in die saal nie, want ek het gaan vuurmaak.

Van die name wat ek wel weet op die komitee is, is:

Johan Schlebush van Bloemfontein
Dirk Kotze (IV) van Vredendal
Dr. Ronnie van der Merwe van Piketberg
en dan een of ander advokaat wat in elk geval ook Israel is en ook betrokke by een of ander verootmoedigingsaksie-komitee.

Dan is daar die Voortsettingskomitee verkies, toe was ek darem weer terug:

Volksvergadering-koördineringskomitee:

Almal wat op die vorige komitee was, Frikkie Strauss, Ronnie vd Merwe, Flip Swanepoel, Phillip ?, en Japie ?, en ek kan nie onthou wie nog op daardie komitee was nie.

Nuwe lede:
Abel Malan
Lets Pretorius
Barend Pienaar
Johan Erasmus
Dirk Kotze
My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis. ~ Hosea 4:6 ~

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2157
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #46 op: September 30, 2009, 12:09:00 AM »
Organisasies se name mag nie genoem geword het nie, maar Abel Malan van die Verkenners, ook die VVK-verteenwoordiger in die Oos-Transvaal, het 'n baie goeie toespraak oor die VVK gelewer sonder om die naam te noem, maar ek dink almal het geweet waarvan hy praat.

Daar is twee komitees verkies, 'n Teokratiese komitee, ek dink hulle moet ondersoek instel na 'n Teokratiese stelsel (bv. teenoor die Westminister stelsel). Ek was op hierdie oomblik toe die komitee verkies is nie in die saal nie, want ek het gaan vuurmaak.

Van die name wat ek wel weet op die komitee is, is:

Johan Schlebush van Bloemfontein
Dirk Kotze (IV) van Vredendal
Dr. Ronnie van der Merwe van Piketberg
en dan een of ander advokaat wat in elk geval ook Israel is en ook betrokke by een of ander verootmoedigingsaksie-komitee.

Dan is daar die Voortsettingskomitee verkies, toe was ek darem weer terug:

Volksvergadering-koördineringskomitee:

Almal wat op die vorige komitee was, Frikkie Strauss, Ronnie vd Merwe, Flip Swanepoel, Phillip ?, en Japie ?, en ek kan nie onthou wie nog op daardie komitee was nie.

Nuwe lede:
Abel Malan
Lets Pretorius
Barend Pienaar
Johan Erasmus
Dirk Kotze

Oeps!!!!!
Ons Sal!!!

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7643
  • Christa Burger
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #47 op: October 01, 2009, 11:37:39 AM »
Dit is nogal nuus dat my neef ook op die komitee is...

Moed Vryheid Eer

Afwesig Hannes Lottering

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 44
Re: Volksvergadering 25 - 27 September 2009: Terugvoering
« Antwoord #48 op: October 01, 2009, 07:43:13 PM »
Organisasies se name mag nie genoem geword het nie, maar Abel Malan van die Verkenners, ook die VVK-verteenwoordiger in die Oos-Transvaal, het 'n baie goeie toespraak oor die VVK gelewer sonder om die naam te noem, maar ek dink almal het geweet waarvan hy praat.

Daar is twee komitees verkies, 'n Teokratiese komitee, ek dink hulle moet ondersoek instel na 'n Teokratiese stelsel (bv. teenoor die Westminister stelsel). Ek was op hierdie oomblik toe die komitee verkies is nie in die saal nie, want ek het gaan vuurmaak.

Van die name wat ek wel weet op die komitee is, is:

Johan Schlebush van Bloemfontein
Dirk Kotze (IV) van Vredendal
Dr. Ronnie van der Merwe van Piketberg
en dan een of ander advokaat wat in elk geval ook Israel is en ook betrokke by een of ander verootmoedigingsaksie-komitee.

Dan is daar die Voortsettingskomitee verkies, toe was ek darem weer terug:

Volksvergadering-koördineringskomitee:

Almal wat op die vorige komitee was, Frikkie Strauss, Ronnie vd Merwe, Flip Swanepoel, Phillip ?, en Japie ?, en ek kan nie onthou wie nog op daardie komitee was nie.

Nuwe lede:
Abel Malan
Lets Pretorius
Barend Pienaar
Johan Erasmus
Dirk Kotze

Eish!
Dit wemel van die Israel visie en Israel waarheid op daardie kommitee.
Is die Israelwaarheid geloof die Boere se voorland in die Volkstaat? Eish!

Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

* Nuwe Inskrywings

SA Topsites

SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal