Afdeling van die Afrikanerfront > Algemene Besprekings
Volksonderwysdirektoraat
(1/1)
Ben Geldenhuys:
‘n Nasionale Onderwyskongres, ‘n Volksonderwysdirektoraat
en ‘n Afrikaner Onderwysowerheid.
Teachers should be at school, in the classroom, on time, teaching and not abuse children.
Learners should be at school, on time, learning, be respectful of their teachers and do their homework.
Dit is die klingel wat amper elke dag op RSG uitgesaai word om die onderwys in ons land van totale ondergang te probeer red.
The Toxic Mix.
Graeme Bloch skryf in sy boek The Toxic Mix met die subtitel What’s wrong with South Africa’s schools and how to fix it, dat:
Ons eintlik in ernstige moeilikheid is.
Uitkomsgebaseerde onderrig klaaglik misluk het. (Ons hoor nou van onderwysers wat kla na die aankondiging van Angie Motshega, nuwe minister van onderwys, dat met die dat portefeuljes gaan verval daar minder leerlinge deur sal kom.)
80% van die nagenoeg 28 000 skole in Suid-Afrika disfunksioneel is – daar vind weinig tot geen onderrig plaas nie en vakbonde hou onderwysers uit die klaskamer - die wat nie laat of dronk by die skool opdaag nie.
Baie kinders wat die skool na matriek verlaat nie eens kan lees, skryf of somme maak nie.
Kinders nie geleer word van eerlikheid, staatmakerskap, deursettingsvermoë, leiereienskap en die wil om te werk nie.
Kinders nie geleer of aangemoedig word om kreatief of oorspronklik te wees of ‘n sin vir geregtigheid te ontwikkel nie.
Graeme Bloch, eggenoot van Cheryl Carolus, voormalige Suid-Afrikaanse hoë kommissaris in London, was een van die hoofargitekte van die huidige gemors. Hy sê dat die onderwys ontspoor het, maar nog erger - dat dit 30 jaar sal neem om te herstel.
Wat ontstellend van die hele aangeleentheid is, is dat die Afrikaner wat aangekla is van menseregte skendings in die vorige bedeling eintlik ‘n onderwysstelsel aan die huidige regime oorhandig het wat “op die spoor was”en dat die ANC regering dit binne 15 jaar ontspoor het.
Verder moet ‘n mens besef dat van die nagenoeg 28 000 skole wat in 1994 aan hulle oorhandig is, was minder as 3000 skole deur Afrikaners benut, maar die Afrikaner word aangekla van wandade teen die mensdom.
As daar ooit iemand vervolg moet word oor die vertrapping van mense regte, dan is dit die ANC-SAKP-CUSATU regime oor die onreg wat hulle pleeg – nie net teen hulle eie mense nie, maar ook teen die Afrikaner.
Baie swart ouers in die townships besef die waarde van goeie opvoeding en onderwys, daarom stuur hulle hulle Engelse kindertjies met taxis na die Afrikaanse skole in ons dorpe en stede waar daar nog steeds ‘n redelik standard gehandhaaf word. En nou word ons Afrikaanse skole verengels daardeur.
En dit pas die ANC regering wat nie net ons taal wil vernietig nie, maar ook die Afrikanervolk. Die Afrikaner moet opgeslurp word in ‘n koffiekleurige, Engelssprekende reënboognasie. Dit is hulle doelwit daarmee.
Volgens navorsing van dr Bertie du Plessis van Mind Pilot was daar in 1993 1396 suiwer Afrikaansmedium skole in die land en in 2004 toe sy verslag uitgekom het, was daar slegs sowat 600 skole oor. Vandag is daar minder as 300 oor en is die druk op 129 skole om vanjaar hulle status van Afrikaansmedium na parallelmedium te verander. Teen hierdie tempo sal daar in 2012 geen Afrikaansmediumskool in die land oor wees nie.
En ons het nou gesien hoe skole soos Hoërskool Hans Strydom van Naboomspruit en Hoërskool Ermelo ten duurste in howe moet baklei om Afrikaans te bly.
Want die Onderwysowerheid dring aan dat die skole parallelmedium moet word, maar daar word nie geld beskikbaar gestel om dit te handhaaf nie.
In parallelmedium skole is daar twee tale van onderrig – Afrikaans en Engels. In sulke skole is die taalgroepe in aparte klasse en vir sommige mense is dit aanvaarbaar.
Maar ons weet mos wat gebeur....
In standerd 8 kies die leerlinge die vakke wat hulle wil neem.
En omdat die groepe te klein is om nog ‘n onderwyser te regverdig word die Engelse en Afrikaanse kindertjies in dieselfde klas gegooi. Dan hoef daar net een leerder op te staan en te sê: Miss I do not understand. Dan word die hele les in Engels aangebied, want ons verstaan mos almal Engels.
Die parallelmediumskool word dan ‘n dubbelmediumskool.
So word ons skole verengels en verbaster.
Tweetaligheid.
Iemand sê nou die dag vir my dat hy in ‘n dubbelmediumskool was en hy het daarby gebaat, want nou kan hy redelik goed Engels praat en dit help hom in sy besigheid.
Hallo meneer, sê ek vir hom. Jy moet ‘n bietjie appels met pere vergelyk.
Destyds was jy saam met kinders wat soos jy gelyk het, wat dieselfde kultuur, waardes en tradisies gehad het.
Nou sit jou kinders in ‘n klas met kinders wat verskil soos dag en nag. Nou sit jou wit kinders saam met swart Engelse kindertjies in dieselfde klas. En jou kinders sal eerder vir die swart kind Engels kan leer praat. TOE VERSTAAN HY WAAROOR DIT GAAN.
Sommige mense sê dit gaan nog relatief goed in ons skole. Vir hoe lank?
Verlede jaar het navorsing onder 42 000 graad 6-leerlinge in 2 250 skole in 14 lande getoon dat Suid-Afrikaanse skole in Afrika! die swakste is. En ons kinders is tans deel van daardie stelsel
Kyk wat gebeur met Afrikaanse onderwysers. Hulle voel magteloos en moedeloos, want die mat is onder hulle voete uitgepluk toe lyfstraf afgeskaf is.
So het prof Flip Louw van die departement kurrikulumstudies aan die skool vir opvoeding aan die Vrystaatse Universiteit in Januarie 2006 gesê. Hy het navorsing onder 925 onderwysers in die Vrystaat, Noord- en Oos-Kaap gedoen.
Die onderwys as beroep het vir Afrikaanssprekendes wat ál die jare die ruggraat van die onderwys in Suid-Afrika was, minder aantreklik geword.
Volgens mnr Chris Klopper, uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysunie (SAOU) is die Afrikaanse onderwyser ‘n spesie wat kan uitsterf! Jaarliks verlaat tussen 600 en 700 Afrikaanse onderwysers die beroep terwyl slegs sowat 200 Afrikaanse onderwysers afstudeer.
Al die onderwyskolleges se deure is deur die regime gesluit. Verder kry voornemende Afrikaanse onderwysstudente nie beurse nie, omdat hulle velkleur verkeerd is.
En Naledi Pandor, vorige minister van onderwys, het verlede jaar gesê dat die personeelkamers te wit is en dat dit moet transformeer. Een van die dae staan daar ‘n swart Engelstalige onderwyser voor in jou kind se klaskamer.
Wat sê dit vir ons?
Dit sê vir ons dat die Suid-Afrikaanse owerheid nie te vertrou is met die land se onderwys nie, allermins die Afrikanerkind se opvoeding en onderrig!
Die Afrikanervolk het geen ander keuse as om by die regime aan te dring dat die Afrikaner sy eie onderwys behartig en sy eie onderwys owerheid kry.
Wat sê die Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans vir u?
Ons sê dat elke volk die reg het om sy eie kinders te op te voed en te onderrig.
Ons sê dat die Boervolk, die Afrikanervolk daardie reg opeis.
Ons sê dat die grondwet voorsiening maak vir die behoud en beskerming van kultuurregte en onderwys is ‘n kulturele saak.
Ons sê dat die Regering verbind is deur internasionale konfensies en protokol wat hulle onderteken het wat minderheidsregte en kultuurregte beskerm.
Ons sê dat, elke ouma, elke oupa, elke vader, elke moeder, elke jong man en jong vrou nou moet opstaan en daardie regte op te eis.
Ons sê dat ons nou moet agiteer vir ons eie Afrikaner Onderwysowerheid. Nie ‘n departementjie onder Angie Motshega nie.
Ons sê dat ons die oorspronklike 3000 Afrikanerskole asook twee universiteite opeis as vertrekpunt, want ons het daardie skole en universiteite met ons geld opgerig en uitgebou.
Ons sê dat ons die belastinggeld wat ons aan hierdie miserabele regering betaal, prorata opeis sodat ons self ons onderwys kan bestuur, onderwyskolleges kan oprig en onderwysers kan aanstel.
Ons sê dat die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamer. Daar waar ons die kinders kan leer van hulle heroise geskiedenis en dat hulle niks het om skuldig oor te voel of verskoning hoef te vra oor hulle volk se verlede nie.
Ons wil ons eie onderwysowerheid hê, sodat ons kan bepaal, sonder inmenging van onbevoegde staatamptenaartjies, wat die onderrigmedium in die skool moet wees. En ons sal Afrikaans as onderrigmedium kies.
Ons wil ons eie onderwysowerheid hê sodat ons kan bepaal wat die metode van onderrig gaan wees. En ons sal dit kies wat gewerk het. En ons sal terug gaan na die basiese sodat ons kinders nie as ongeletterde barbare uit die skole gaan nie, maar as volwaardige verantwoordlike en selfstandige burgers van hierdie land.
Ons wil ons eie onderwysowerheid hê sodat ons die leerplanne en leerinhoud kan bepaal.
En ons sal dit kies wat nuttig is vir ons kinders om ons volk weer sterk te maak en weer selfrespek te gee.
Ons wil ons eie onderwysowerheid hê sodat óns die standaard kan bepaal wat kan vergelyk word met internasionale standaarde.
Ons wil ons eie onderwysowerheid hê sodat ons weer ons godsdiens, ons kultuur, ons tradisies en dissipline in ons skole kan herstel.
WAT DOEN ONS.
Om dit te realiseer het ons in samewerking met die Tussentydse Afrikaner Raad en die Afrikanerfront waarvan die GHA ‘n lid is ‘n loodskomitee op die been gebring met dr Muller Pretorius, die Uitvoerende Direkteur van die GHA as sameroeper. Dit het die volgende ten doel:
‘n Volksonderwysdirektoraat wat saamgestel word uit vrywilligers wat kundig is op die onderwysgebied. In die verband het ons die samewerking van die VCHO en die BCVO wat die privaatskole sal verteenwoordig. Verder is mnr Leendert van Oostrum ‘n kundige op tuisonderrig betrek. So ook talle ander wat die openbare skole verteenwoordig.
Die Volksonderwysdirektoraat is die voorloper van so ‘n Afrikaner onderwysowerheid.
Tweedens beplan ons ‘n Nasionale Onderwyskongres wat in Pretoria of Bloemfontein sal plaasvind. By hierdie kongres sal die volk ingelig word oor die noodsaaklikheid van moedertaalonderrig. Daar sal gepraat word oor die onderrigmetode, onderrigmedium standaarde, die etos van ons skole en die leerinhoud.
Na die Nasionale Onderwyskongres sal daar streekkongresse reg oor die land gehou word om die volk in te lig en op te roep om te agiteer vir ons eie onderwysowerheid.
Daarom pleit ons by u om hierdie saak ernstig op te neem. Ons is bereid om reg oor die land te gaan en van verhoog tot verhoog die ideal van ‘n Volks Onderwysowerheid daar te stel
Solank ons klaskamers onder die beheer van ‘n bende kommuniste is, solank sal ons onderdruk word.
Die vryheid van die Afrikaner loop deur die klaskamers – die klaskamers van ons kinders en kleinkinders. Ons moet die klaskamer weer vry kry, dan sal ons volk weer vry word.
André Alkema
Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans
Voorsitter
0825700184
Mike:
Baie goeie plan Ben. Ek sal so iets eenhonderd persent ondersteun. Daar was sulke planne in die verlede wat deur die FAK geïnisieer was en wat op 'n seminaar bygewoon was deur verskeie ander organisasies. Ek was uitgenooi deur Afriforum.
Het my nogal 'n paar rand gekos, maar lyk my dit was meer gehou omdat sekere dames nie lus was vir kosmaak die betrokke aand nie. Ek het nooit weer 'n woord gehoor van hulle na die tyd nie :o
Sanderis:
'n Goeie stap in die regte rigting .
Boo:
Die eise klink goed - ons moet net eers seker maak ons het die hefbome in plek... anders versoek ons.
Navigation
[0] Message Index
Go to full version