Nuusflits

Aandag aan alle Bravoland Besoekers. Hier kan u 'n aansoek indien om Bravoland Burgerskap te verkry:
http://www.bravoland.co.za/forum/index.php/topic,5566.0.html

Skrywer Onderwerp: DIE GELOFTE VAN 16 DESEMBER  (Read 1815 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7622
  • Verkenner
    • Verkenners
DIE GELOFTE VAN 16 DESEMBER
« op: October 22, 2009, 08:52:43 PM »
DIE GELOFTE VAN 16 DESEMBER
 http://www.afrikanerfront.co.za/3732/Gelofte.htm

Dr. W.J. Snyman

Dit word allerweë besef dat die geskiedkundige gebeure rondom Geloftedag besig is om geleidelik te vervaag in die bewussyn van ons opkomende geslag namate die feite rondom die dag deur die onderwysowerhede (laer en hoërskole) geïgnoreer word.  Kinders word nie meer opgevoed met die inhoud en wese van die Voortrekkergelofte nie.  Hul ouers woon in al hoe minder getalle geloftefees-geleenthede by en selfs sommige Afrikaanse kerke hou eerder ‘n sogenaamde Versoeningsdag-diens in hul onderskeie kerke en laat sodoende baie van hulle eie lidmate onder die wanindruk dat hulle voldoen het aan die heilige gelofte van 1838.  Geloftedag is en bly ‘n Volksfeesdag en nie ‘n kerklike feesdag nie.
 

Vrae oor wat is die mens buitendien dat hy dit homself kan toe-eien om ‘n 53ste Sondag in te stel.Op dié dag en datum behoort die Afrikanervolk dus as Volk byeen te kom, en nie gefragmenteerd en verdeeld in onderskeie kerke nie.

 

Omdat die skool-invloed nou finaal verdwyn het, lê die dure verpligting op die skouers van ons ouers en Afrikaner-kultuur organisasies om toe te sien dat daardie plegtige gelofte nou “dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel – ook aan ons opkomende geslagte sodat die Eer van Sy Naam daardeur verheerlik sal word en dat die roem en Eer van die oorwinning aan Hom gegee sal word.”   Die Here het op ‘n wonderbaarlike wyse by twee geleenthede, nl. 16 Desember 1838 by Bloedrivier en 27 Februarie 1881 by Amajuba die hulpkreet van ‘n volk gehoor en met ‘n magtige ingryping tot ons Volk se redding gekom en ons as volk bewaar en beskerm het met Sy reddende Regterhand en ons as Volk op die wyse eintlik in  aansyn geroep het en ons gevestig het in hierdie Suiderland van Afrika.
 

Maar soos dit ook gebeur het in die verlede is ons weer besig om daardie dure gelofte te versaak, daarom het die straf vir ons ongehoorsaamheid ook nie uitgebly nie. Tans verkeer ons al vir 14 jaar in ballingskap in die land van ons inwoning, en nog is daar geen teken van Redding of enige teken van ware verootmoediging van ons Volk voor die God van ons vadere nie.
 

In hierdie omstandighede is dit van pas om weer te luister na die woorde van Staatspresident S.J.P. Kruger op 16 Desember 1891 by Paardekraal.

 

“Nou gaan ek die verdere wording en ontwikkeling van die Republiek verby tot op die tydstip waarop die gelofte van Bloedrivier weer hernu is.  Gedurende dié jare het voorspoed en teëspoed mekaar afgewissel en onder alle afwisselinge is die plegtige gelofte van 16 Desember te Bloedrivier weer uit die oog verloor. Die so dierbare verkreë skat is nie meer beskou as ‘n dierbare skat van vryheid, as deur God’s hand geskenk nie.  Die gelofte van 16 Desember is nie trou volbring nie, waaroor daar donker dae oor ons gekom het, sodat ons, toe God ons weer die vryheid gegee het, die vryheid dierbaar mog ag en tot erkentenis gelei mog word dat ons sterkte alleen in God is. En so het ons in hartsbenoudheid bymekaar gekom, alle kwessies en belange van die boerdery uit die oog verloor en huis en hof feil gehad.  Die oog was op God gevestig  om in Hom sterkte te soek, en God het andermaal gehelp.  Die vryheid is teruggekry en die staat is herstel.
 

Hier, toe ons in benoudheid verkeer het, het elkeen sonder dat die regters daartoe bevel gegee het, ‘n steen opgeneem en dit op hierdie plek gegooi as ‘n gedenkteken tussen ons en die Here. Daarmee is die gelofte van Bloedrivier hier hernu. Kyk, weer Gods besier en almal en wysheid. Hy bring ons nou terug op dieselfde tyd waarop die glofte afgelê is. U ken die geskiedenis van 1880 en 1881. God se hand was daarin so sigbaar dat selfs die blinde heiden en ongelowiges moes erken dat dit God se hand was, God se hand, wat nog dieselfde is as onder die Ou Verbond. ,Ek sal jou’ , so staan daar, ,met bittere teëspoed besoek, indien jy afwyk, maar Ek sal my geloftes nie terugtrek nie, wat bly tot in ewigheid’.”

 

Kom laat ons mekaar opskerp en aanmoedig tot nakoming van hierdie plegtige gelofte, dan weet ons vas en seker dat die Here die Koning van die Konings Sy beskermende en seënende hand oor ons nie sal terugtrek nie.


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal