Skrywer Onderwerp: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument  (Read 1524 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« op: November 13, 2009, 03:04:57 PM »
Skrywe gerig aan Gert Opperman se prokureur, Mnr Jan Ehlers.




Geagte Mnr Ehlers,

In die aangehegte skrywe meld u dat daar kennis geneem is van die Verkenners en BRAVOLAND wat die musiekfees sal bywoon op Saterdag. Dit is egter nie duidelik of die lede van Bravoland ook uitgesluit word van sekere gebiede van die Voortrekker Monument nie. Daar word ook melding gemaak van die beplande vergadering wat om 16h00 sal plaasvind. Ter kennisname, die vergadering wat om 16h00 sal plaasvind is gereel deur die VF+ jeug Gauteng(sic) en Bravoland en so ook die Verkenners Jeug is slegs genooide gaste van die VF+ jeug Gauteng(sic). Sou die verbod wat geplaas word ook die verbod op die voorgenome vergadering wees, sou ek voorstel dat u die VF+ jeug Gauteng(sic) kontak en hulle in kennis stel van die verbod. Na wat verneem word, is daar ook verskeie ander jeug organisasies wat hierdie genoemde vergadering gaan bywoon, o.a. Afriforumjeug.

Indien daar slegs 'n verbod is op die Verkennersjeug en nie die ander jeug organisasies nie (Bravoland waaroor ek graag sal duidelikheid wil verkry), moet ek u in kennis stel dat die Afrikanerjeug baie "vloeibaar" is en dat daar verskeie lede is wat aan meer as een organisasie behoort. So bv is die leier van VF+ jeug Gauteng(sic), ook 'n lid van Afriforumjeug en ook 'n lid van Bravoland.

Dan is dit ook nie duidelik wat bedoel word met "Verkennersjeug" nie. Beteken dit die Verkenners Jeug Pretoria, of enige Verkenner onder 'n sekere ouderdom?

Dit is ook onduidelik hoe hulle presies by die amfiteater moet uitkom, aangesien hulle deur sekere gebiede sal moet beweeg waar hulle wel belet is?

"Inmeng" is 'n baie wye begrip en ek sal bly wees as u asb dit duidelik sal uitspel wat daarmee bedoel word. Sou dit bv. beteken dat die persone wat sekere aksies belet word, ook belet word om met enige persoon te praat? M.a.w beteken "inmeng" ook om met iemand te praat? Indien wel, merk ek dat daar nie met "gewone besoekers" ingemeng mag word nie. Kan u vir my duidelikheid gee van wat is 'n "gewone besoeker"? Hoe sal "gewone besoekers" uitgeken word? Hoe word die huurders en werknemers van die perseel uitgeken, kan u moontlik 'n lys stuur met hulle name?

Daar word ook duidelik genoem van welke areas nie toegangklik is nie, kan ons moontlik 'n kaart kry van die terein waarop duidelik gemerk is welke areas verbode is? (Ek is verantwoordelik vir bykans 2000 lede en wil seker maak dat hulle presies weet waar hulle mag wees en waar nie). Miskien 'n kaart van hoe hulle van die hek tot by die plek kom waar die musiekfees is, net om dood seker te maak niemand oortree onwetend nie. Wat ek nie raaklees nie, is watter toiletgeriewe gebruik mag word nie. Indien in ag geneem word dat lede van 08h00 tot 16h00 daar sal wees, kan mens aanneem dat die lede wel op 'n stadium die toilette moet gebruik. Die laaste ding wat ek sal wil sien gebeur is dat iemand in die moeilikheid beland wanneer die natuur roep! 

Sal u asb so vriendelik wees om DRINGEND lig te werp op hierdie onduidelikhede?

Vriendelike groete,


Ben Geldenhuys
President
Bravoland

Sanderis

  • Gas
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #1 op: November 13, 2009, 03:59:00 PM »
As dit rêrig moet kan 'n ander vergaderplek seker gevind word .
Verder sal ek graag wil weet hoe hul ons ons erfenis terreine kan belet ? Dit is mos verregaande !

Afwesig Plaas Botha

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 3191
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #2 op: November 13, 2009, 06:16:52 PM »
Gaan hulle vir elke persoon wat die dag wil bywoon eers vra of hy deel is van Bravoland of die Verkenners?

'n Benoude kat, maak benoude spronge
VOEL TUIS

Afwesig Anné Thiart

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 336
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #3 op: November 13, 2009, 09:05:59 PM »
Die prokureursbrief is bietjie onduidelik... SP, jy het dit in 'n vlymskerp humoristiese manier vir die prokureur uitgewys. Ek wonder of hy besef die brief impliseer dat selfs die Presidentsverkenners van die Voortrekkers nou nie op die terrein mag kom nie. Die brief veroorsaak babelse verwarring.
"Ons glo in die beskikking van 'n alwetende, alwyse Skepper - daarom lê daar in die terugblik op ons stryd in die verlede die sterkste motivering..."
- Elizabeth Verwoerd

Afwesig Kleinbekkie

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7399
  • Christa Burger
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #4 op: November 14, 2009, 10:11:45 AM »
Dis duidelik dat die generaaltjie op 'n baie warm plaat beweeg  ;) 

Dankie, vir die skrywe, SP.
Moed Vryheid Eer

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #5 op: November 14, 2009, 11:05:03 AM »
SP, ek moet sê dat dit baie goed gestel is.  Wat sal ons ooit sonder jou gedoen het?
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #6 op: November 15, 2009, 02:28:09 PM »
Die Direksie van die Voortrekkermonument (VTM) en die Erfenisstigting het vir rooi gert versoek om vir 'n verdere termyn tot 31 Jul 2012 as Hoof Uitvoerende Beampte aan te bly. Hy het ingewillig!
Ons Sal!!!

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #7 op: November 16, 2009, 04:23:03 AM »
Goeie werk SP - Is dit inmeng as jy iemand met 'n kopknik groet of met 'n kopskud jou afkeer betoon?
Kennis is mag

Afwesig Clem de Klerk

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 4081
Re: Onduidelikheid oor Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #8 op: November 16, 2009, 04:33:02 AM »
As die generaaltjie nou slim was, het hy eerder die Verkennersjeug per spesiale uitnodiging gevra om die geleentheid by te woon - dit sou vir die hele VTM saak bevorderlik wees.

Maar almal is nie ewe verstandig nie.......
Kennis is mag


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal