Skrywer Onderwerp: Bravolanders en die Voortrekkermonument  (Read 1284 times)

0 Lede en 1 Gas bekyk die onderwerp.

Afwesig Ben Geldenhuys

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 7542
  • Verkenner
    • Verkenners
Bravolanders en die Voortrekkermonument
« op: November 16, 2009, 04:08:04 PM »
Bravolanders was uiters verbaas toe die nuus breek dat hulle belet is om bepaalde punte by die Monument te betree. Dat iemand belet word weens sekere handelinge, kan moontlik meriete hè, maar om te veralgemeen is werklik swak smaak.

Toe die President van die Verkenners later ’n skrywe ontvang waarin  te kenne gegee word dat mense wat hulle wangedra, optrede kan verwag, het dit minder logies geword waarom die beletsel dan op Bravolanders van toepassing gemaak kon word.

Bravolanders het talle jong, beskaafde burgers, maar ewe so is daar die gryskoppe wat verstom is dat hulle nou ook belet word om daar teenwoordig te wees. Nou blyk dit dat Bravolanders, en blykbaar ook Verkenners daar mag opdaag, solank hulle nie inmeng nie.

Nou waarom dan nou ’n beletsel plaas op honderde Bravolanders waarvan daar myns insiens hoogstens twee of dalk drie persone is wat vir die Generaal probleme gegee het. Waarom nie maar vir die prokureur Jan vra om vir hulle elkeen ’n brief te skryf en hulle belet nie; nee, nou word ek en jy wat baie onskuldig is, onder dieselfde juk gebring. Dit is nou nie iets om oor skaam te voel nie, want onskuldiges het nie nodig om die Generaal te gehoorsaam nie. Onskuldige Bravolanders sou daar kon opdaag en niemand sou dit kon waag om aan hierdie mooi welopgevoede Bravolanders iets te doen nie.

Kom ons wees meer prakties. Hoe gaan enige iemand weet as ek en jy daar opdaag dat ons as Bravolanders nie daar op gegewe plekke mag wees nie – want wie gaan verklaar dat ons Bravolanders is. Tweedens: Soos die Generaal dit gestel het, sal niemand iets aangedoen word wat binne die wet optree nie. Ag nou ja, dan wil dit mos lyk asof enige Bravolander wel besoek kon bring, solank daar nie “ingemeng” of moes dit gelees het “vermeng” het met die vreemdes in ons poorte nie.

Maar daar is ook ’n ander sy van die saak: As Afrikaners nou hierdie houding inneem, dan ontketen dit argwaan en aggressie – veel eerder moes die Generaal ’n brief gerig het en al die Verkenners en Bravolanders vriendelik uitgenooi het na die betrokke geleentheid. Dan het hy die visie van ’n leier openbaar – en die guns van almal op hom verenig. Dan, soos in elke geval, of dit nou wie is, kan daar opgetree word teen enige persoon wat “vermeng” met die amptenary of wie ook almal wat na aan die hart van die Generaal en sy prokureursvriend Jan is.

Dit bring mens by die slotsom – enige persoon wat nie volgens die reëls van die Generaal optree nie, staan ’n kans dat daar teen so iemand opgetree kan word. Nou, waarom dan Bravolanders oor die algemeen kom staan en kwaad maak. Dit wil dus voorkom dat die Bravolanders wat tot hede ’n finansiële bydrae gemaak het, dit sal moet heroorweeg.

Daar kan moontlik regsmening verkry word oor die wettigheid daarvan om Bravolanders wat die afgelope vyf jaar nie naby die terrein was nie, nou te belet om dit te betree. Die rede is eenvoudig: Daar is honderde mense wat nie burgers is van Bravoland nie, wat weet dat ek en jy Bravolanders is, en wat nou vraagtekens plaas oor ons handelinge.

Miskien het die Generaal nie mooi gedink nie – maar net miskien het hy mooi gedink, en wil hy eerder die volksvreemdes by ons erfnis ontvang – Bravolanders is tog Afrikaners.

Sou dit dalk die rede wees waarom die Generaal sulke snaakse dinge toelaat, nee, sulke snaakse dinge reël dat hy nou die vreemde naam gekry het van “pienk”?  Ons sal ernstig moet besin oor ons finansiële ondersteuning solank hy die amp van Generaal-van-die-Monument beklee.

Ons verfoei sy optrede – en ons sal ons nie deur sy kamma-weermag-houding laat intimideer nie!!

Afwesig MEERKAT

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 902
Re: Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #1 op: November 16, 2009, 04:50:55 PM »
Goed gestel SP - ek was baie verbaas en verontwaardig oor die generaal se agressiewe houding. Dit is wel so dat ons sy bestuur soms kritiseer - soos wat ons reg is - maar om ons te brandmerk as onwelkom by die monument laat die hare rys.

Al wat ons vra, is dat hierdie heiligdom van die Afrikaner gerespekteer word. As hy nou vyande wil maak, moet hy vir hom kry.

Ons is nie in sy weermag nie, en ook nie sy troepe nie.  Respek kan nie afgedwing word nie - sy optrede sal bepaal of hy dit verdien. As hy die murg in sy pype het om te sorg dat die monument nie onteer word nie, sal ek hom 100% ondersteun.
Si vis pacem - para bellum. Valere - carpe diem!

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #2 op: November 16, 2009, 05:51:26 PM »
Meskien moet alle Bravolanders en Verkenners hulle finansiële bydraes weerhou en niks gee nie. 
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig Johan Joubert

  • Bravoland Burger
  • *
  • Poste: 1271
Re: Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #3 op: November 16, 2009, 05:52:50 PM »
Meskien moet alle Bravolanders en Verkenners tog hulle finansiële bydraes terug hou aangesien ons nie welkom is by die monument nie. 
Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee

Afwesig André Strydom

  • Lid van die Volksraad
  • ***
  • Poste: 2144
Re: Bravolanders en die Voortrekkermonument
« Antwoord #4 op: November 16, 2009, 07:32:19 PM »
Wonder wat sal die Afrikanerfront se reaksie wees dat twee van sy ledegroeperinge so "geteiken" word?  ::) >:(::)
Ons Sal!!!


Share me

Digg  Facebook  SlashDot  Delicious  Technorati  Twitter  Google  Yahoo

 


* Nuwe Inskrywings


SA Topsites



SA Topsites :: .

SimplePortal 2.3.3 © 2008-2010, SimplePortal