Algemene Sake > Rekenaars en Internet

Facebook

(1/3) > >>

Johan Joubert:
Dag Bravo,

Weet iemand dalk hoe om die gesels funksie regs onder op Facebook te gebruik?  EK kry die naam van die persoon wat aanlyn is.  Ek kry die boodskap getik maar dit wil nie stuur nie.  EK dink mens het 'enter' gebruik om die boodskap te stuur maar sukkel vandat ek my rekenaar oorgelaai het.

Danie Theron:
Johan, ek het presies die dieselfde probleem as jy en het nie 'n idee om dit reg te stel nie.

Karina Marais:
Ek sien baie mense het deesdae daardie probleem, ek weet ook nie hoe om dit reg te stel nie.

Werner Smook:
Johan, Danie, watter webblaaier gebruik julle?

Ek sal nie noodwendig kan help nie, maar sal graag wil weet, want ek het redelik probleme met Gmail in IE 7 gehad.  Ek het toe verneem dat dit 'n algemene verskynsel is.  Iemand het my ook gebel oor verskeie probleme op Projek 2010 se webblad, die goed het vir my baie snaaks geklink.  Ek het toe verneem dat die persoon Google Chrome gebruik. 

Johan Joubert:
Ek gebruik net Firefox.  EK het met IE probeer maar dit het dieselfde probleem as Firefox.

Navigation

[0] Message Index

[#] Next page

Go to full version